English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 939
topics: 778
replies: 6 342
views: 2 393 115

Neus Gewig Meter

replies: 39
views: 612
04 Jun 2020 @ 12:10:09 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 246
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Ek is besig om garage skoon te maak en al die surplus goed te verkoop. Ek het 'n Reich Tow Load Control wat splinternuut is. R400

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 13:53:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hi Willie...ek stel belang 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 13:55:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hi Willie....ek sal hom graag by jou wil oorneem. Ek sien jy is van Bloemfontein....kan via Postnet courier

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 15:12:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Willie....kan jy vir my kyk wat is die maksimum gewig wat hy kan meet? Op Reich se website wys dit 109kg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 16:33:16 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 246
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Dagsê Geert, op die boksie se spesifikasie is dit 115kg. Ek hoop dat die foto word geheg anders stuur jou e-pos aan my dan laai ek 'n foto van die spesifikasies. My epos is eteen1@gmail.com

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 16:50:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Skuus Willem....ek het nou hierbo genoem dat ek hom wil koop by jou, maar met 115 kg makisimum gaan hy nie vir my werk nie. Ek het my wa onlangs heeltemaal leeg gepak en die gewig was reeds in die omgewing van 115kg. Ek wil hom veral gebruik as ons alles pak vir lang verlof om te meet dat ek nie te veel oorlaai nie, maar gaan definitief ver oor die 115kg wees. 

Weereens jammer, maar gaan dan ongelukkig nie belang stel nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 17:04:24 pm
Verlen
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 11 Jan 2013

Gentlemen, if I may add my 2 cents worth. If your nose wight already exceeds 115 kg, then I respectfully submit that your balance is out. I seem to think that legally, your nose weight may not exceed 75 kg, although I suspect most people run at about 90 kg. You may also want to check what the towbar manufacturer, and/or vehicle manufacturer specify as the maximium down weight.  Good Luck

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 17:09:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Gentlemen, if I may add my 2 cents worth. If your nose wight already exceeds 115 kg, then I respectfully submit that your balance is out. I seem to think that legally, your nose weight may not exceed 75 kg, although I suspect most people run at about 90 kg. You may also want to check what the towbar manufacturer, and/or vehicle manufacturer specify as the maximium down weight.  Good Luck

I agree Verlen. According to me, my caravan must be a design fault.....axle to far to the back.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 17:12:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 17:34:31 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 246
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Hi Geert, ek stem met jou saam, hy gaan nie vir jou werk nie. Soos ek gesê het begin ek my garage leegmaak en raak van al die ekstra goed ontslae. Ons het altyd lank aaneen gekamp en 'n mens het nie agter gekom hoe gaar jy op nie. Ek dink as ek alles moet lys, sal mense dink ek bedryf 'n tweedehande winkel. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 17:57:07 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

So 'n groot neusgewig klink vir my baie gevaarlik.  Die disselboom kan dalk knak.  Ek dink jy moet ernstig na die probleem kyk voor jy weer ry Geert. Ek kan nie glo dat die karavan so verkeerd ontwerp is dat die groot gewig onvermydelik is nie.  Kan jy jou voorstel wat die gewig op die haak is as jy hard rem en die gewig van die karavaak vorentoe verplaas word!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 18:19:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

So 'n groot neusgewig klink vir my baie gevaarlik.  Die disselboom kan dalk knak.  Ek dink jy moet ernstig na die probleem kyk voor jy weer ry Geert. Ek kan nie glo dat die karavan so verkeerd ontwerp is dat die groot gewig onvermydelik is nie.  Kan jy jou voorstel wat die gewig op die haak is as jy hard rem en die gewig van die karavaak vorentoe verplaas word!

Ek is nie so bekommerd daaroor nie....dink dis n algemene probleem. My Splash en Swing was ook ver oor die 100 gewees, so glo dis by almal se karavane en hoor van geen probleme nie. Alhoewel ek dit sou verkies het dat dit onder die 100 moes wees.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 18:20:37 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Liewe vriende, volgens "wet" mag dit nie meer as 100kg wees nie.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2020 @ 19:28:57 pm
Dawie
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 04 Oct 2017

Is hier dalk iemand wat die neusgewig van n 2002 en op Penta met n lugversorger in die neuskas en battery op die disselboom geweeg het?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 07:23:23 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek pak dat dit nie 80kg oorskry nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 08:38:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gentlemen, if I may add my 2 cents worth. If your nose wight already exceeds 115 kg, then I respectfully submit that your balance is out. I seem to think that legally, your nose weight may not exceed 75 kg, although I suspect most people run at about 90 kg. You may also want to check what the towbar manufacturer, and/or vehicle manufacturer specify as the maximium down weight.  Good Luck

This is a general problem with the caravans available here in SA.  For a very long time the manufacturer has manipulated the Tara and GVM weights on caravans to allow for lighter vehicles to tow larger caravans.

This was proved at the Brits Weigh bridge when caravaners was pulled off to be weighed.

So, on many caravans if you have packed your van so that the nose weight is below 100 kg the chances are that a lot of your weight is behind the wheels of the caravan and this could lead to a instability tow (Fish tailing).

There is a trade of on most caravans:

  • Either exceed the nose weight and tow with a bit better mind.
  • Reduce the nose weight and risk instability.

I would say that with 80% of caravans your nose weight is already above regulations without you packing anything into it.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 08:41:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

This is basically a test each caravaner has to check before hitching the caravan for the first time.

You will be surprised what that figure is with nothing loaded in the van apart from what comes with the van.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 11:43:09 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons het nie meer 'n karavaan wat gewigsprobleme op die haak kan hê nie, maar ek vermoed na my ondervinding oor meer as dertig jaar met 'n Sprite Supersport, die probleem is eerder in die laai as in die konstruksie van die karavaan.  Nuwe karavane het groot neuskaste wat 'n mens kan uitnooi om te veel gewig daarin te laai.  Ek dink ook nie dis 'n keuse van gewig op die haak of agter in die karavaan nie.  Met die Sprite het ek swaar artikels soos die voltent, op die vloer ongeveer reg bokant die as geplaas.  Wat nie gemaklik in die die karavaan kon gaan nie, is in die sleepvoertuig gelaai.  Maar ons het 'n Kombi gehad met hope pakplek en ons het in elkgeval nie baie saamgeneem nie, selfs met maandlange toere met drie kinders.  Ons het gereeld langs die pad gestop vir veral ontbyt wat ons in die karavaan voorberei het en ons kon gemaklik instap omdat daar nie veel losgoed in die wa was nie.  Ek dink as ons uitkamp, moet ons minimalisties dink, met ander woorde, neem, net saam wat jy nodig het en nie ook wat  gaaf is om te hê nie.  Maar dis maar ons uitgangspunt en daaroor kan jy nie voorskriftelik wees nie.  Almal sien nie uitkamp op dieselfde manier nie en almal se keuses is reg vir hulle behoeftes.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 17:32:32 pm
Dawie
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 04 Oct 2017

Ek vra maar weer of daar al iemand is wat n Penta met n luversorger in die neuskas en n battery op die disselboom seneusgewig gemeet het al is die wa leeg?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 18:06:23 pm
Dawie
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 04 Oct 2017

Vir die rekord Leon ek dink jy is spot on met jou 80% is oorgewig nog voor ons n pakkie blitz ingelaai het 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 18:08:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek vra maar weer of daar al iemand is wat n Penta met n luversorger in die neuskas en n battery op die disselboom seneusgewig gemeet het al is die wa leeg?

Probeer om n badkamer skaal onder jou jockey wiel te sit....maar sak gewig stadig, ek het ons badkamerskaal gebreek wat net tot 140kg kon weeg.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2020 @ 23:00:09 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ek laai my karavaan tussen 65 en 70kg op die neus en die verskil op die bakkie. Die gewigs verplassing werk mooi uit en die kombinasie verstaan mekaar goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 07:42:21 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As jy presies akkuraat wil wees, moet jy die gewig op die haak meet aangesien die jockeywiel bietjie nader aan die as is en dus 'n effens hoër gewig sal aandui.  Gebruik 'n stuk hout van die regte lengte waarop die haak rus en die ander punt op 'n plankie op die skaal anders druk jy dalk 'n gat in die skaal.  Laat sak dan met die jockey wiel soos Geert sê, STADIG.  Laat weet ons interessanheidshalwe wat die gewig is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 09:43:26 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Toe ek besluit het om my lugverkoeler op die A- raam net voor die neuskas te monteer het ek badkamer skaal gebruik om gewig te bepaal. Kan nie presies onthou nie maar was onder 80kg. Dit is hoekom ek dit toe gedoen het want wou nie goed uit die neuskas haal wat dan iewers anders plek moet kry of rondlê nie.

My Swing het die gewone neuskas goed in soos spaarwiel, waterkan, gasbottel en braai rooster en braai gereedskap. Onder my bed twee stoele, twee klein tafeleltjies wat ons buite gebruik en sykante vir die awning. Ons ry nie tent saam nie want ons het die awning wat permanent aan die wa is. 

Sal tog eendag my wa neem om geweeg te word maar glo hy is baie naby aan spesifikasie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 09:52:29 am
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

As jy presies akkuraat wil wees, moet jy die gewig op die haak meet aangesien die jockeywiel bietjie nader aan die as is en dus 'n effens hoër gewig sal aandui.  Gebruik 'n stuk hout van die regte lengte waarop die haak rus en die ander punt op 'n plankie op die skaal anders druk jy dalk 'n gat in die skaal.  Laat sak dan met die jockey wiel soos Geert sê, STADIG.  Laat weet ons interessanheidshalwe wat die gewig is.

Thanks Fred that makes sense...will try when my van is off stays...at moment it will weigh almost nothing..?

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 06:33:43 am
LEBOMBO
New Member
37% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 13 Jun 2020

HI Willie - is the item still available?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 15:47:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

HI Willie - is the item still available?

Welkom hier op die forum.

Ek lees nie dat hy al n baas het nie.

Hoop hy sien jou raak.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 16:11:34 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 246
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

HI Willie - is the item still available?

Hi Lebombo, welcome to the forum. Yes, the gadget is still available. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 10:56:57 am
LEBOMBO
New Member
37% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 13 Jun 2020

Hi Willem01 - am still interested, you in Bloem?               I am new to the forum how do we go about it?                                 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 11:03:29 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hi Willem01 - am still interested, you in Bloem?               I am new to the forum how do we go about it?                                 

If you don't want to put your contact details here, go to "my dashboard" and click on "admin quick contact". Ask admin to send your contact details to seller

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 11:06:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

If you don't want to put your contact details here, go to "my dashboard" and click on "admin quick contact". Ask admin to send your contact details to seller

Or you can send an email to updates@vserve.co.za {This is admin email address}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 11:51:20 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 246
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Hi Willem01 - am still interested, you in Bloem?               I am new to the forum how do we go about it?                                 

Morning Garth, sorry I'm getting to my computer only now. Please send me an e-mail to williebfn@yahoo.com. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 15:55:09 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 246
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Verkoop

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 20:38:55 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek het ook 'n Reich TLC wat ek 5 jaar gelede 2de hands gekoop het.  Nooit besef dit is nie geskik vir dubbelas karavane nie (volgens Reich se webblad) en dit meet masimum 110kg.

Sou iemand belangstel, laat weet my.

Ek sleep my Excusive al vir 15 jaar en 72 000km probleemvry met my Pathfinder en het geen idee wat die neusgewig is nie, maar ek glo dit oorskry beslis 100kg redelik ver.  Ek het 'n lugversorger op die stert, "mover" battery en kontoleerder agter, onder 'n bank langs die badkamer, stoele, tafels en ander los goedere word in die stort gestoor terwyl ons reis, die watertenk is voor die voorste as en daarom reis ons daarmee leeg.  Onder die dubbelbed is 'n paar los goedre soos komberse terwyl die tent, grondnette, braaier en braaihout en die vrieskassie agter in die Pathfinder vervoer word. Die kruidenierskaste met kosvoorraad is agter die agterste as en die yskas is bo-op die dubbelas. In die neuskas is net die spaarwiel, twee gasbottels en skoonmaakmiddels.

Beter as dit kan ek nie met gewigsverspreiding doen nie.

.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 22:59:35 pm
Hanz
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 67
Joined: 19 Jun 2013
Experience: 39 years

Hallo Lennie, in watter omgewing van die Wes-kaap bly jy.  Ek is op Kleinmond. Ek oorweeg om die neusgewigskaal by jou oor te neem. Wat is jou prys daarvoor?

Dis die LEWE!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 09:43:12 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Hallo Hannes, ons bly in Brackenfell, naby Cape Gate en Makro.  Ek het dit destyds 2de hands gekoop vir R300.  Maak jy sommer die prys en hy is joune.  Kom jy dan en wan in die Kaap of andersins kan ek dit per Postnet na jou Postnet stuur teen ongeveer R100 koerierkoste.

My epos adres is lenl@adept.co.za

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 17:40:51 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Verkoop aan Hannes.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2020 @ 21:35:55 pm
Boerra
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 21 Feb 2011
Experience: 34 years

Nog beskikbaar?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2020 @ 08:54:42 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Soos hierbo bevestig, is myne aan Hannes verkoop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2020 @ 21:15:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Nog beskikbaar?

Loftus karavane verkoop nou soortgelyke skale, maar ongelukkig weeg hulle sin net tot n maksimum van 100kg. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za