1ste keer dat ek van hulle hoor.....hulle is van Bethlehem
Hulle website is maar pateties.
Shoe dis nou 'n paleis vir 'n perd. Lyk baie netjies en die afwerking is ek mal oor. Wonder of mens die dop en tent kan koop dan rig jy hom in aan die binnekant soos jy dit graag wil hê.
Of hom koop met veranderinge na jou eie behoeftes.
Dis nou iets anders nè.
Well, I don't know why!
I found it a pretty good web site, I found everything I wanted to know about this exciting looking van/trailer/box.
GVM 3250Kg! mens kan die hele huis inpak op vakansie.
Horse boxes" is maar so swaar want 'n perd is 'n stewige stukkie vleis. Van hulle kan tot drie perde hanteer.
Ek sal van so wa hou. Agter in is my slaap kamer. Middel Badkamer, kaste en yskas. En voorste gedeelte sal ek inrig as sit/eet kamer.
Gebruik hom as 'n "Toy Hauler". Ry veld fietse, kanos, opblaasbote en selfs jou Harley saam.
Baie mooi ontwerp, maar die twee asse sit darem baie ver agter. Dit sal die gewig op die haak baie groot maak- heeltemal te veel vir meeste sleepvoertuie, veral met perde in. Ek wonder of dit wettig is? Tog jammer dat hulle weereens die rubax stelsel gebruik. Dit lyk my behoorlike duursame asse bestaan amper nie meer in Suid-Afrika nie.
Wat nog........
Hoeveel is al verkoop?
Die perdewa teen 2300kg en die veeldoelige wa teen 3250kg is te swaar vir die meeste sleepvoertuie want dit oorskrei die tarra gewig. Die waens het ook nie diensrem koppelings wat ek kan sien nie. Dus gaan die meeste mense onwettig sleep. Ek dink nie eers 'n Land Cruiser 200 V8 se tarra is hoog genoeg om die groter wa te sleep nie.
Net vanoggend ry ek agter 'n enkelkajuit bakkie wat een van daai mini-skip dubbelas sleepwaens sleep. Die ding is mos ook te swaar vir daardie bakkie.
Meer as R300 000-00! Eish.
Pragtige binne-afwerking.
Baie mooi ontwerp, maar die twee asse sit darem baie ver agter. Dit sal die gewig op die haak baie groot maak- heeltemal te veel vir meeste sleepvoertuie, veral met perde in. Ek wonder of dit wettig is? Tog jammer dat hulle weereens die rubax stelsel gebruik. Dit lyk my behoorlike duursame asse bestaan amper nie meer in Suid-Afrika nie.
Fred as jy die S/wa vergelyk met meeste ou "Horseboxe's" dan is die aste maar op dieselfde plek. Dit lyk heel uit perporsie uit omrede die "nose cone" op 'n horsebox ook net toe gebou is maar behalwe vir die toe bou gewig is daar nie eintlik gewig daar nie want die perde staan effe terug in die laai ruim in.
Dan stem ek met die beter karavaan ontwerpte model sal mens mooi moet kyk na die uitleg vir gewig verspreiding. Onthou die groter model is steeds 'n Horsebox en sy maksimale gewig is steeds waar die perde staan.
Ek sal die binne kant heel anders wil maak dan is die aste verseker te vêr na agter.
Leon, Ek weet niks van perde en hulle vervoer nie, maar wat jy sê maak sin. Ek wonder of ander perdewaens ligter is. Met die gewig van die perde, kan dit seker nie juis 'n ligte konstruksie wees nie, so ek vermoed hulle is dalk almal onwettig op die pad. As daardie swaar wa begin trieks uithaal, het jy probleme as jou voertuig heelwat ligter as die wa is.
Nee wat hulle is nie onwettig op die pad nie. Selfs Venter S/waens het al op 'n stadium so Horse Box gebou as ek reg onthou.
En dis bekende S/wa vervaardigers wat oor die algemeen dit vervaardig. Jy kry wat tot 4 Perde kan laai twee twee agter mekaar.
Vra maar vir die manne in BFN wat nou betrokke is by die Amerikaanse Saalperd skoue en teëlery. Dis daai perde veral wat so mooi stap en draf stap en die spiders karretjie trek.
Verbeel my ek het 'n tyd gelede in C+OL oor hierdie wa gelees-as ek reg onthou het die persoon wat die Elegance destyds ontwerp het ook hierdie een gedoen het of daarmee gehelp(?)
I seem to remember when we were looking at buying a caravan/trailer, that the Scotty, although very much smaller, could be bought 'empty' for use as a toy / tools / luggage trailer or could be fitted out as a caravan, much the same size as the 'Tiny'.
Jammer dit sou nie in C+OL gewees het nie. Dit moes in WEGSLEEP gewees het!
Hierdie waens gaan ook by die bestemming skou wees
Dis chapperig. Hoe meer by die skou hoe beter.
Dis nou nuut en interessant.
Hou van die idee.
Sal net die GVM laat registreer sodat dit nie my sleepvoertuig oorskry nie.
(Moes iewers iets raak gedruk het. Nou skryf ek blou!)
Die deur is bitter laag, sal verseker my kop ‘n paar keer stamp om te leer om laaaag te buk.
This was a particularly beautiful caravan and I love the design and concept. I think they are going to get that love and support from this camping industry...
Blykbaar ook paar veranderings aangebring aan die Okapi sedert laasjaar se prototipe wat op skou te sien was. Sal môre gaan loer.....
Die waens is mooi maar ver bo my vuurmaak plek
My hart gee 'n bokspring en dan skip hy twee beats as ek by daai wa verby loop.
Sal maar weer gaan droom more.
Eish ek wil baie doen môre by die skou.
Daars n 2de handse een beskikbaar onder classifieds
Daars n 2de handse een beskikbaar onder classifieds
Baie mooi