English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 500
Total Replies: 234 844
Total Views: 82 545 822
topics: 4 425
replies: 29 956
views: 17 371 020
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 455
replies: 302
views: 17 256 386

Natal See vakansie

replies: 20
views: 6644
12 Jun 2015 @ 15:09:06 pm
vanvuuren
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 12 Jun 2015
Goeiedag, ons is nuwe kamppeerders en nuut op die forum.

Voor ons gekamp het, het ons gewoonlik vakansie gehou by Ramsgate in Natal.
My vraag is, watter oorde Noord of Suid word aanbeveel vir Desember maande vir kamp
in Natal by die see. Ons wil graag loop afstand aan die see wees,maar is ook opsoek na
'n netjiese oord met skoon ablusie geriewe. Enige raad sal verwelkom word.
BAie dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 15:17:23 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 31 years

Veronica, baie welkom op die forum. Ek is nie baie vertroud met Natal se oorde nie. Jy sal wel nounou van die ervare manne wat daai kant ken hoor. Geniet dit hier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 15:21:17 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Hi Veronica. Baie welkom hier op die forum. Die mense hier is baie behulpsaam en jy sal baie gou n lys van goeie plekke he.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 15:24:33 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Welkom Veronica by die see Rocky Bay

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 15:56:35 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2051
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Welkom Veronica. As jy jong kinders het Natalia. Hulle hou kinders besig in Desember. Karridene Hotel en Villa Spa het baie mooi en skoon geriewe. Aldrie is amper langs mekaar en deel 'n lekker  lang veilige strand. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 16:29:43 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Stem saam met Jan Meyer se keuses. Julle sal gelukkig wees as julle nog by Natalia plek kan kry. Probeer ook Dolphin Holiday Resort by Ballito.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 16:48:00 pm
Nick
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 17 Aug 2011
Dolphin Holiday Resort by Ballito is ons gunsteling oord.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 20:56:24 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Hello Veronica.  Lekker om nog 'n vrou te verwelkom op die forum.  Hier is te min van ons.  Bly asb aktief sodat ons die manne kan aanvat.   Het nog nooit in Natal gekamp nie, maar sou in Mei gegaan het, toe val dit deur die mat.  Baie mense het MacNicols in Bazley Beach vir ons aanbeveel.  Kyk gerus na hul webtuiste.  Ons sal definiteif nog soontoe gaan, sodra moontlik.  Groete, Freda 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 22:13:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14516
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Veronica. Welkom op die forum. Hoop om nog baie van jul te hoor op die forum. Ons gunsteling plek is tans Dolphin holiday resort by Ballito. Die kamp is 100 meter vanaf die hoof swemstrand. Mens wil nie oor Desembers strand toe ry en parkering soek nie...dit sal my uitput. Die kamp is ook lekker beskud teen winde. Oorkant die pad is n klein supermark wat basies alles verkoop wat jy nodig mag kry. As jy groter winkels benodig is daar 5 minute se ry groot sentrums met checkers...super spar...food lovers market ensovoorts. As jy net lekker wil swem gebruik jy nie jou kar nie. Daar is lekker wandel paadjies langs see en daar sien jy amper elke dag baie dolfyne. Hulle tariewe is bietjie hoog...maar moeite werd. Hulle tariewe word per persoon bepaal....kan duur raak as julle groot gesin is....weet nie hoeveel julle is nie? Ek vind ook dat die weer lekkerder is by noordkus as suidkus. Park word baie goed onderhou en het nog altyd n warm stort gehad. MacNicols is ook lekker...maar strand met life savers is bietjie ver....hulle doen Desember maande besprekings van minimum 3 weke. Indien jy wil bespreek sal jy moet spring....as dit nie al te laat is nie. Sterkte...hoop julle kom reg!
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 22:43:00 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5199
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Villa Spa is my top oord wat by die see is.. daarna is dit queensburgh omdat hul hondjies vat oor Desember, maar ver van see af.. maar nie probleem vir ons.. maar as jy by strand wil wees, kyk na Villa Spa.. baie mooi, topklas


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2015 @ 07:26:34 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Welkom ons gunsteling oord by suid kus bly maar ATKV Natalia so baie om te doen. Laat hoor van jou
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2015 @ 07:53:33 am
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years

Welkom Veronica,

 

Ek het by Natalia gekamp April 2015 en sal dit defnitief aanbeveel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2015 @ 18:59:24 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1385
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years
Welkom hier! Ons staan in Julie vakansies altyd by Scottburgh, ablusies is oud maar word basies 20 ure 'n dag skoongehou met skoonmakers tot baie laat in die aande en weer van omtrent 5 uur in die oggende op diens. Lekker van die park is dat dit teenaan 'n strand is so die see klink in die nag amper asof die golwe binne die wa breek! (Staanplekke verder terug is effe "sagter" maar jy het geen twyfel dat jy by die see is nie!), Rocky Bay lyk ook goed, maar het self nog nooit daar gestaan nie, dis net effe verder aan. Ons het Dolphin in Ballito laas jaar ook probeer en alhoewel die park baie mooi is hoor jy basies glad nie die see nie en jy kan dit ook nie sien nie met woonstelblokke tussen die park en die see - ons gevoel is dat as mens ver ry om by die see te kamp wil ek die see op my voorstoep sien en hoor; ek sit gewoonlik vroegoggend en kyk hoe dolfyne en partymaal walvisse hier voor ons wa spring! Ons ervaring by Dolphin was ook dat die ablusies nie so gereeld skoongemaak word as by Scottburgh nie....net ons ervaring gewees. Maar in alle geval soek ene uit wat jy dink kan werk vir julle eie voorkeure/afkeure en probeer hom uit, gaan kyk ook sommer dan by ander parke in die omgewing vir die volgende vakansie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2015 @ 12:17:31 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Hurricane ek het selfde probleem met Dolphim ja mooi oord maar geen see uitsig
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2015 @ 12:38:53 pm
Johnnie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 442
Joined: 30 Apr 2014
Experience: 51 years

Rocky Bay, Dolphin, Mc Nicols, TO Strand, Natalia, Carradene en Villa Spa. Dis omtrent die beste oorde na my mening. Jy het stap nodig, dus pla die seeuitsig my as persoon nie veel nie. 

As jy die see sien, sien die wind jou!!!





BIG TIME!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2015 @ 13:07:55 pm
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 60 years
Rocky Bay (Best in my opinion), Salt Rock and Scottburgh are on the sea side of the railway lines so right on the beach with sea views. Scottborough gets a bit crowded. Villa Spa has beautiful gardens but you have to walk over the Railway lines as you do for Natalia and Karridene which are both good,but not sure if they are shark net protected. Mac Nicols Bazeley is top class but you have to cross railway line to unprotected beach but if you want kids entertained this is the park for you due to all the activities they have. They do provide a tractor ride to swimming beach about 1.5km away each day during Holidays.
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2015 @ 15:02:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14516
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Rocky Bay, Dolphin, Mc Nicols, TO Strand, Natalia, Carradene en Villa Spa. Dis omtrent die beste oorde na my mening. Jy het stap nodig, dus pla die seeuitsig my as persoon nie veel nie. 

As jy die see sien, sien die wind jou!!!


Stem...ek hou baie van see uitsig soos scottburgh...maar het al te veel wind gekry...kry paar aande agter mekaar wat jy nie eers kan braai nie, want vonke waai orals teen ander mense se tente vas. Dolphin, mcnicols ensovoort is darem weer lekker beskut teen daai see winde...maar kan weer nie see sien nie. Mens kan seker nie jou brood altwee kante gebotter kry nie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2015 @ 15:59:33 pm
vanvuuren
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 12 Jun 2015
Baie dankie vir almal se terugvoering. Het al gehoor van sekere oorde wat genoem word maar nog nie van Rocky Bay nie, gaan dit definitief ook google. Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2015 @ 17:53:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14516
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Baie dankie vir almal se terugvoering. Het al gehoor van sekere oorde wat genoem word maar nog nie van Rocky Bay nie, gaan dit definitief ook google. Groete

Dis lekker op die strand....maak maar net seker oor swemstrand
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 07:26:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14516
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

n Plek wat vir my nog lekker lyk is Happy Wanderers. Ek het nog nie daar gekamp nie, maar het Desember daar gaan inloer en sommer iets by hul oulike restaurant op die oord gaan eet. Hulle strand is basies daar net vir die oord se gebruik...so dis nie overcrowded nie. Lekker swembad op die strand met gras perke as jy nie op die sand wil lê nie. Ek het gehoor as jy Desember daar wil inkom, moet jy vroeg speel. Google hulle....regtig n oulike oord

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2019 @ 16:44:18 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14824
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wonder hoe het Veronica hulle se vakansie by die see toe verloop en waar hulle toe gekamp het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required