English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 219
Total Replies: 248 481
Total Views: 83 105 100
topics: 11 374
replies: 136 302
views: 39 261 307
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Nasionale ramps oorlewing

replies: 21
views: 478
21 Mar 2020 @ 10:55:18 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek begin die draad en het nodig dat almal wat kan n bydrae tot inligting ten opsigte oorlewing en self onderhoud gee

Ons is mense van die veld en natuur, ons is kampers, mense wat in baie moeilike omstandighede iets van niks kan maak

Ons moet pro aktief wees vir dit wat vir ons wag. Damage control gaan te laat wees. Baie mense gaan hulle werke verloor, siek word. Daar gaan nie n te kort in die winkels wees Maar daar gaan nie geld wees om dit te koop. Die geld wat wel beskikbaar is moet oordeelkundig gebruik word vir hoofsaaklik mediese self onderhoud.

Wat is die plan.

Ek vra almal om met hul self onderhoudende planne en resepte om vorentoe te kom.

  1. Begin onmiddelik n groente tuin. Gooi jou mooi plantjies uit en plant jou eie groente.
  2. Maak jou eie seep, reinigings middels, 
  3. Wees spaarsamig met elektrieseteit wat n tans n groot Las op almal se finansies is, so ook jou kar se brandstof. (Spaar)

Al die geld wat jy kan spaar kan instaan vir moontlike mediese omkostes, of selfs om ander by te staan.

Baie hardloop winkels toe en koop n warehouse goed. Almal kan dit nie doen dus gee ons jou planne, seep resepte en wat doen jy om nie by die winkel te koop nie.

Nee ek is nie besig om my marbles te verloor, vertrou my ons moet hierdie ramp nie onderskat. Ons is nie china, Italia, of Amerika nie hier kan groot moeilikheid kom.

Ons hospitale is nie genoeg, weermag basise moet in hospitale verander, veld hospitale (soos in die weermag) moet opgeslaan word, nou al voor die vraag groter as die aanbod raak.

Wat is jul denke (as jy wil twak praat hou dit vir jouself)

Wat se planne het jy, wat se self onderhoudende resepte het jy

Kom ons gebruik die draad om mekaar te help en by te staan. Ons is kampers.

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 13:28:46 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 155
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Bakoor, ek stem 100% met jou saam,.ons moet baie goeie planne in plek sit ,hierdie kan n ramp word in ons land .Hierdie is nie gewone griep, geen griep wat ek van gehoor het ,in my lewe kon die werêld tot stilstand bring ,wereld ekonomie in n bloedbad verander .Hoe gouer ons die ding ernstig benader en doen wat ons moet, hoe beter vir jou en die mense om jou .Die beste plek is jou huis, verseker so min as moontlik beweeg .Ek stem saam, ons kan ons weer op n later staduim gaan geniet ,die Covid 19 virus sal verby kan gaan, maar dit hang van ons dissipline af .Ek dink ook hier kan nog n verbod op beweging kom .Ek het vanoggend oor nuus gehoor ,as hulle kan bewys jou aksies? het daartoe gelei dat iemand die virus opdoen en sterf .Kan hulle jou aankla vir aanranding ,Poging tot Moord of selfs Moord .So eienaars van Karavaan parke sal moet versigtig wees ,vir die wat nog oop is .Ek sal eers bietjie wegbly van karavaanpark ,alhoewel ek ook.n langstaner is .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 14:44:47 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ons Suid Afrikaners weet nie wat is n ramp nie, ons ken dit nie. Hierdie is nie n polony storie. Hierdie is aansteeklik, baie.  As ons nie nou dinge begin in plek sit gaan ons meer as net bloed neus kry.

Ek stap vandag in n winkel sentrum en die plek is stamp vol. Insluitende myself het ek net 5 mense gesien wat maskers dra. My skoon laat simpel voel. Maar die bom het klaar gebars, ons wag nou net vir die skrapnel om ons te tref. Dan is keer en koes te laat. 

Dink so daar aan. Vir die wat n claymore myn ken.  Een myn en as hy detonate is daar 700 ball bearing waarvoor gekoes moet word. Geen grap.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 18:44:47 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Tydens enige ramp is die oorlewingsresep om nie jouself oor te gee aan paniek-optrede nie., ook om nie paniek te saai nie.  Dit is ook ons owerheid se versoek, wees verantwoordelik, kom die ramp-maatreëls na maar moenie paniekerig raak nie.

Nou wonder ek, waar trek 'n ou die streep, wanneer begin jou optrede oorgaan tot paniek-optrede ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 19:03:35 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hi Lennie. Presies soos jy se. Maar mens moet feite ken en verstaan. Die nodige beplanning doen en optree teen dit.

Jy gaan beslis nie n paar manne by die kroeg gaan optel,  hulle met ketties voorsien en Afganistan gaan in val.

Kalm Bly, Maar wees paraat,  praat met mense, kry begrip van die probleem en hoe jy die probleem gaan hanteer, hanteer dit na die beste wat jy Kan.

Die is raad bit enige struikelblok in jou pad

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 19:33:28 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

"Nasionale Rampoorlewing".

Ek glo ons as Suid-Afrikaanse burgers moet nie net aan ons eie gesinnetjie se oorlewing dink nie, maar ook aan die miljoene mense in ons land wat nie eers iets het om af te skaal nie.  Ek sien netnou oor KykNet-nuus van 'n 86-jarige vrou wat haar kleinkinders en agterkleinkinders aan die lewe moet hou deur groente op straat te verkoop  -  haar verkope het aansienlik gedaal en sy is nie instaat om in haar plakkershuis afstand tussen mense te handhaaf nie.  Sy maak gebruik van 'n gemeenskaplike kraan en toilet wat deur honderde gedeel word.

Het jy dalk al deelgeneem aan die landwye projek om 'n koekie seep te skenk wat aan hierdie tragiese gevalle uitgedeel kan word ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 19:55:26 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1135
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Jy laat mens dink Len.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 20:02:36 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Nadat sekere lede van die regering die land finansieel geplunder het is daar nie meer n koekie seep om weg te gee en die skuldiges bly steeds in hul paleise met staat selarisse (ons geld)

Jammer dat deur al die jare nog niemand tronk toe is Maar die kruisies bly na een plek toe gaan met meerderheid wat tevrede is met hul omstandighede. 

Teen die tyd weet ons nou Al hoe lekker n storie nuuswaardig gemaak kan word. Almal sukkel, kinders sukkel werkloosheid. Kyk net om jou en jy sal sien hoe die wat baie na aan jou werklik sukkel.

Geen probleem om te help waar jy kan. Maar terwyl plase weg gevat word wat almal insluitende die heel armes kos voorsien terwyl die wat hul hand uit strek en gee hul werke verloor, maatskappye wat met load shedding op hul kniee gedwing word kyk ek om oorlewing eerste na my naastes en verder moet daar nie n guilt trip op my gedoen word.

Waar ons vandag is finansieel en ek praat van almal a tot z is die meerderheid van die volk se keuse. Daardie keuse is dieselfde oor en oor gedoen wat bewys dat meerderheid van ons volk tevrede is. 

Ons is nou in nood sittuasie waar na almal gekyk moet word maar se ek weer moenie n guilt trip op my Le, ek weet wat ons Vader van my verwag.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 21:03:48 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Net my eie persoonlike opinie, gerig op niemand nie, net 'n gesprek waaraan ek deelneem :-

Die onderwerp van hierdie draad is "Nasionale ramp oorlewing" , soos ek dit verstaan hoe gaan ons nasionaal oorlewe, dit wil sê hoe gaan ons almal as Suid-Afrikaners hierdie Corona-epidemie oorleef ?

Ons weet almal :-

  • Korrupsie en die gevolge daarvan
  • NVG sukkel om skuldiges aan die pen te laat ry
  • Werkloosheid
  • Vals nuuswaardige stories
  • Plase weggevat (nie seker hiervan nie, maar beslis onsekerheid oor grondonteïening)
  • Beurtkrag gevolge

Ek aanvaar (miskien verkeerdelik) dat ons oor oorlewing moet gesels as gevolg van die Corona Virus epidemie waarin ons land vasgevang is en wat nog vir ons voorlê en nie oor ander reeds bekende probleme in die land nie.  Ek probeer ook geensins blamerend optree teenoor niemand nie.

Ek konstateer net 'n feit naamlik dat ons sal moet help om dié wat nie hulleself kan help nie, te help om sover moontlik die greep van die Corona-virus te ontkom.  En as 'n Christen glo ek dit is wat van my verwag word, sonder enige voorwaardes.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 21:32:51 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Lennie kom ons beweeg vorentoe. Die draad is juis om mense by te staan met raad en daad om elke sent moontlik te Kan spaar en doeltreffend te gebruik. 

Wie het besparings planne wat ons onder mekaar Kan deel en oordra na almal daar buite ?

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 21:55:57 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4270
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

This is a disaster of a totally different nature. The disasters we are used to such as floods, earthquakes, wars etc. people physically get together to support each other and share what they have.

With Covid-19 we have to try and support each other from a distance. This is not easy. Evan families are being kept apart for fear of infecting each other. 

So what can we do?

I agree with Lennie, lets help those that are not so well off through donations.

Do not buy the stores empty. Leave enough for the people that cannot financially make large purchases.

Report stores that are hiking prices of essential goods.

As far as possible avoid high risk areas such as malls, hospitals, licensing departments etc. Talking of which, I have to renew my car license on 1 April. 

 

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 08:55:35 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2193
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

My hardloop maat Tilda Tearle ( Comrades jare gelede gewen) het hierdie jaar besluit sy gaan gedurende die 40 dae Lint nie iets opgee nie maar elke dag iets onbederfbaar in 'n sak sit en dan na die tyd aan iemand wat dit nodig het skenk. 

Klomp van ons het dit ook begin doen en dit verg min moeite maar kan 'n groot verskil in iemand se lewe maak.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 09:23:00 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1135
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Lieflike idee Jan. Ja - mens kan beslis meer doen. Ek reken meeste mense (ek ingesluit) is te self-gesentreerd en dink in hierdie tyd veral amper net aan ons eie veiligheid en behoeftes. Stem ook 100% saam met Len se gedagterigting.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 21:08:36 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hand Santizer mix:

1/2 cup Savlon, 1/2 cup Aloevera Detol, 1 cup Spiritus, Ditilled water to dilute as needed.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 22:39:16 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dankie vir die sanitizer resep.

Ek lees en hoor almal se alcohol moet gebruik word. Ek sien jy se spirits.

Sal spirits ok wees ?

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 09:22:42 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3213
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

'Spirits' is metiel alkahol.  Ek is bietjie skepties oor die tuis-uitgedinkte rate.  Hoe weet ons dit gaan werk?  Watter gesaghebbende organisasie ondersteun dit?  Detol en Savlon is ook maar dieselfde en werk vir bakterië, maar watter bewys het ons dat dit vir virusse werk?  My inligting is dat virusse nie met sulke middels vernietig kan word nie.  Daar is wel gesaghebbende menings dat alkahol effektief mag wees omdat dit die vetlagie wat deel van die virus is, kan oplos wat tot gevolg het dat dit uitmekaarval.  Maar dan moet die alkahol glo meer as 60% per volume wees.  Bogenoemde resep beteken beslis 'n verdunning van onder 60%. 

Ek dink ons moet regtig ophou om self uitgedinkte ongegronde rate en 'inligting' te versprei en sulke inligting oorlaat aan die mense met kennis. Ons loop ook gevaar om krimineel te oortree deur ongegronde 'inligting' te versprei.    Dit kan mense valse gemoedsrus gee en daardeur net verdere skade veroorsaak.  Verskeie kenners, ook die president,  het al gesê seep en water werk die beste want die seep los ook die vetlagie op en dit was fisies die virus van die vel af.  En dit is ook goedkoop en vryelik beskikbaar en nie skadelik vir die vel nie.  Dit moet minsens 20 sekondes gedoen word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 09:27:33 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dankie Fred, ek is bly jy het die opmerking gemaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 19:46:09 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Niemand in die wereld weet wat illimineer die virus. Die aanbeveeling is om aaneenlopend jou hande te was. 

Ek probeer nou Al Vir twee weke om die regte alcohol te loop. Niks en nerens beskikbaar. Apteke het nie sanitizers. As jy niks het en sanitizer nie kan bekostig is Leon se resep nie beter as niks nie. Seep en water, Leon se muti, solank jy ontsmet en hande was is beter as om niks te doen omdat nog niks goed gekeur is.

Niemand se die spirits werk maar ek is seker dit was skoner as water.

Ek gaan Leon se resep gebruik en beslis hande was met seep en water eerste prioriteit maak

Fred. Wat is die gegronde ding om te doen nou niemand weet nog.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 21:07:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Niemand in die wereld weet wat illimineer die virus. Die aanbeveeling is om aaneenlopend jou hande te was. 

Ek probeer nou Al Vir twee weke om die regte alcohol te loop. Niks en nerens beskikbaar. Apteke het nie sanitizers. As jy niks het en sanitizer nie kan bekostig is Leon se resep nie beter as niks nie. Seep en water, Leon se muti, solank jy ontsmet en hande was is beter as om niks te doen omdat nog niks goed gekeur is.

Niemand se die spirits werk maar ek is seker dit was skoner as water.

Ek gaan Leon se resep gebruik en beslis hande was met seep en water eerste prioriteit maak

Fred. Wat is die gegronde ding om te doen nou niemand weet nog.

John. Ek het hierdie seep vandag by Westpack gekoop. R119 vir 5l. Weet nie hoe goed dit is nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 21:51:01 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Geert. Ek dink a disinfectant moet alcohol in het. Dit wat jy wys is soort gelyk as die blou sunlight liquid/ dishwash kills all germs

Ek glo dit is beter as gewone seep want dit beveg bakteria. 

Belang om te onthou dat n bakteria en n virus is verskillend en val die liggaam ook verskillend aan volgens wat n dokter aan my verduidelik het.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 22:10:57 pm
LEEN
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Sekere mondspoelmiddels bevat 95 % alcohol lees net die labels - werk ook goed as sanitizer.   Apteker het ons ook aanbeveel om ons lessenaars by kantoor paar maal per dag met asyn dettol jik en soutwater af te was.   Beter as niks.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 23:13:38 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Leen Kan jy daai mond spoel met coke mix. 😜

Grap net,  Baie dankie ek gaan beslis more kyk na mondspoel middel. En die tafel skoon maak. Baie bly jy het dit genoem 🙏

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za