English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 307
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 618
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Namibia

replies: 10
views: 314
03 Jun 2021 @ 09:00:31 am
Cheeta
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 03 Jun 2021

Halo .

Ons familie beplan om Desember2021 na Namibia te gaan toer net so vir 2 weke .Wat is die beste roete van Pretoria na Namibia is dit deur Botswana of deur die Wes Kaap .As dit deur Botswana is waar kan mens veilig slaap ( Naam van slaap plekke .)In Namibia waar is die best slaap plekke en watter plekke kan ons besoek . Ons ry met n Ford Ranger 2 Liter Outomaties  4x2 . Gaan nie met n Karavaan nie .Ek sal alle raad of voorstelle waardeer . Dit is die eerste keer wat ond Namibia toer . 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2021 @ 10:24:31 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1393
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years
Welkom Willem,
My seun bly in Windhoek en hulle ry deur Botswana. (ek vlieg ORT - WINDHOEK)
met die Covid nou sal ek dalk aanbeveel om maar via die NoordKaap tery. Ek weet nie wat die Covid  toetsing (reels) via ZAR / Botswana / Namibia is nie
Geniet die trip
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2021 @ 11:08:02 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4953
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Willem ek hoop jy kry jou antwoorde maar sterkte met julle reis en welkom

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2021 @ 13:15:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Sal ook graag wil weet, dis my voorland volgende jaar as als goed gaan. 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
03 Jun 2021 @ 18:49:15 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1244
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 8 years

Ons slaap oor by Kang in kamers met ablusies en 'n swembad om in af te koel.  Daar is halfpad deur Botswana 'n One Stop ( nie RSA se 1-Stop nie) by Kang met brandstof en eetplek met heerlike kos.   Die lorrie mense stop daar vir ete.   Ons kan die beesvleisbredie aanbeveel - dis wat die lorriedrywers koop want dis vars en lekker.   Dan is dit 400km+ na Buitepos by Namibië waar EastGate wag om jou brandstof aan te vul.

As daar nie beperkings is nie, ry in daglig ure deur Botswana en gehoorsaam net die spoedbeperking - dis nie Suid-Afrika nie.

Om Upington om te ry is 500+km verder.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2021 @ 22:29:41 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Willem as jy nie via Botswana ry nie sou ek by Ariamvlei grens wat 24h oop is ingaan. Agter die Shell garage net buite Grunau is 'n paar kamers en woonwa oornag staanplekke met 'n braai en privaat ablusie.

As ek reg onthou is Grunau net mooi halfpad tussen Gauteng en Walvisbaai. Ek het daar oornag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 18:36:33 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2272
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Stem saam met oorslaap by Kang in Botswana. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2021 @ 09:28:35 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Het ook al by Kang geslaap. Kamers gerieflik, maar nie baie luuks nie. Ons het ons bostreiler by ons gehad en het voor die deur gebraai, nie uitge-eet nie.

Afhangende hoe vêr julle op een dag ry, dis n ongelooflike ervaring om by Zelda te slaap nadat jy deur die Mmamuno-grens gery het. Ek het op Base-Camp gaan kyk en dis ongeveer 1200km vanaf Pretoria tot by Zelda kamp, miskien n bietjie vêr vir julle. Hoe jy ookal ry, moenie by Zelda verby ry nie, bly sommer oor net vir die Lekker.

As julle n klein ompad wil ry, gaan bly ook gerus oor by Ghanzi in die Tautona-lodge. Heerlik.

Dis bietjie verder as 850km vanaf Pretoria na Oranjerus by Keimoes, ook n wenner-plek om te bly. Dan kan julle deur Ariumsvlei-grenspos in Namibie inry. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2021 @ 22:45:21 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 26 May 2017
Experience: 4 years

Ons het in Aug 2019 so 'n toer gedoen.

Dag 1 : Slaap: Red Sands, Kuruman

Dag 2: Besoek Augrabies en ry Riemvasmaak roete terug tot op Upington (2 en 'n half ure)

            Slaap in Upington by Habitat Guest Village 

Dag 3: Ariamsvlei Grenspos via N10, Karasburg, waar ons brandstof kry en koop by Spar.

             Ry dan tot by Ais-Ais.

Dag 4: Sit rond en verken staproetes om Ais-Ais.

Dag 5:  Ry noord. Besoek Hobas (park was gesluit tydens ons besoek: hulle het gewerk aan die pad. Die pad na die uitkykpunt was erg sinkplaat, maar die moeite werd.

Eet middagete by Canyon Roadhouse.

Dag 6: Luderitz via Naute Dam.

Dag 7: Kolmanskop Toer en Diaz Kruis.

Dag 8: Pomona en Bogenfels toer (effe duur, maar die moeite werd)

Dag 9: Port Nolloth

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 13:27:06 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Willem, wat jy ook-al beplan, maak n lys van die volgende en probeer dit alles inpas. Gaan sit met n kaart en KYK NET hoe n great toer dit is  :

01 Swakopmund

02 Quad Bikes by Mosselbaai

03 Boot-rit by Mosselbaai (oesters!)

04 Verskeir eetplekke in Swakop 

05 Minstens een nag in Hentiesbaai (ry ook verder Noord)

06 Spitzkoppe (absolute moet}

07 Erindi (luuks!)

08 Etosha (Uit die pad uit, altyd mooi)

09 Epupa-valle (Rybare grondpad vanaf Ruacana)

10 Sesfontein

11 Ongongo Hot springs

12 Brandberg

13 Goba Goba Lodge OF Zelda

14 Ry die C22 (Jy MOET DIT DOEN) Suidwaarts

15 Ry verby Leonardville en slaap in Stampriet

16 Slaap in Koes

17 Uit bt Rietfontein-grens

18 Gaan kyk Hkskeenpan

19 Slaap in Askham (koop n vluitjie-ketel)

20 Oranjerus

21 Huistoe 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 20:03:18 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1413
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Danie - jy bedoel sekerlik Walvisbaai en nie Mosselbaai nie. En wat die quad bikes aanbetref, stem ek 100%. Lekker!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za