English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 451
topics: 87
replies: 1 763
views: 192 746
Share your best or worst experiences to help others out.

NIE N MAKLIKE BESLUIT

replies: 16
views: 2205
20 Apr 2017 @ 22:16:59 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
Groete aan al die kampers.
My algehele gesondheid is besig om my te verplig om daarna te kyk om my karavaan te verkoop. Nou ja een van die dinge wat ek die meeste geniet is om te kamp. Maar cowboys dont cry, sal moet doen wat ek moet doen.

So as julle weet van iemand wat kyk om n karavaan aan te skaf kan my gerus kontak per e pos: safleetsolutions@gmail.com of jul besonderhede los op hierdie draad.

Jurgens Fleetline 2016 (aflewering gevat op die Fleetline as nuut in Januarie 2016)
Kompleet met tent, alles soos as wat jy nuut koop.
Travel Blanket, Aircon met remote, Spaar wiel, 2 x ground sheets.
R 199 000.00
Die karavaan word onder dak toegesluit in stoor plek geparkeer en is in n uitmuntende kondisie



🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2017 @ 22:24:29 pm
Anonymous
Interessant, goeie prys... net toe ek ook oor my fleetline begin wonder om te verkoop.. ander redes natuurlik... sterkte.. vir albei, verkoop en gesondheid.. fleetline bly n praktiese en lekker wa..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 05:11:54 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Sterkte met die gesondheid. 

Dis nie maklike besluit. Mens weet nie wat die toekoms inhou nie. Ja jy kan allerhande "fancy" goeters op jou wa sit soos movers ens ens... Maar somtyds is dit nie genoeg nie. As jou liggaam se dis klaar dan is dit klaar.

Ons weet nie wat jou gesondheid toestant is nie maar alle sterkte vorentoe.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 06:10:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ai John....jammer om dit te verneem. Sterkte!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 06:19:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Sterkte met die gesondheid. 

Dis nie maklike besluit. Mens weet nie wat die toekoms inhou nie. Ja jy kan allerhande "fancy" goeters op jou wa sit soos movers ens ens... Maar somtyds is dit nie genoeg nie. As jou liggaam se dis klaar dan is dit klaar.

Ons weet nie wat jou gesondheid toestant is nie maar alle sterkte vorentoe.

Ditto. Mag dit net beter gaan.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 06:59:25 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

John, ek glo die meeste mense kom op 'n punt waar hulle 'n streep moet trek met sekere dinge.  Dit is die einde van 'n era, maar dit kan ook die begin van 'n nuwe wees.   Jy het jou mooi herinneringe aan kamp maar jy kan nou op ander maniere 'n wegbreek geniet.  Sterkte met jou besluit en mag dit goed gaan met jou gesondheid.

En al sleep jy nie meer nie, jy bly 'n sleper op die forum.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 08:12:15 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

John ons dink aan jou en hoop alles draai uit soos jy dit graag wil he. Voorspoed met die gesondheid.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 08:19:33 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

John, sterkte met jou gesondheid en met jou besluit. Hoop daar is 'n goeie uitweg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 09:06:27 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Oooo my maat. Dis glad nie goeie nuus nie.
Maar ons staan onder die genade van n Almagtige GOD.
Wens jou all sterkte toe.
Ons ander oumense se beurt kom ook al nader.
STERKTE!!!!!
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 09:27:38 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years
John, hoop jou gesondheid verbeter. Kyk mooi na jouself en sterkte met die verkoop van die woonwa.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 13:12:57 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Moet net nie gaan stil sit en wag nie Johnsurprised

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 14:10:09 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
John, jammer om te hoorvan jou gesondheid,
Sterkte vir die toekoms en hou jouself besig...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 16:58:23 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
John ek ken daardie gevoel en ek voel baie jammer vir jou daaroor. 18 maande gelede was dit my beurt. Ek het ook my Fleetline verkoop omdat die Diabetes my liggaam swak gemaak het. Ek kon ook nie meer nie. Daarna het dit beter begin gaan en ek koop toe weer n Swing om net hier rondom die huis te kamp. Dit werk ook maar nie regtig nie. As die liggaamskragte afgeneem het moet ons dit maar in die oe kyk. Ek weet dat dieselfde lot my weer in die oe kyk.....vir die tweede keer. Sterkte my ou vriend. Die groot geluk is jy kan nog die besluit self neem.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2017 @ 20:38:01 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
Hi Piet. Dis juis die ding. Ek self is diabeties. 2015 het ek by Badplaas gekamp en by die swembad n blaas onder my voet gekryen dit het byna my dood gekos met n amputasie ingesluit. Nou n triple bypass. twee maande later weer infeksie op die voet en het amper weer n amputasie in die gesig gestaar. die wond nog steeds nie genees.
Ek beplan om my laaste kamp eiende van die maand by Badplaas af te sluit. Ek kan net eenvoudig nie enige verdere kanse vat nie.

Kry ek nie die karavaan verkoop moet hy maar in die stoorplek bly. Dit sal natuurlik n hengse versoeking bly om te hak en ry.

Dankie vir al jul goeie wense. Ek sal beslis deel van die forum bly. Wie weet dalk sal ek later weer n kans vat soos Piet gedoen het. Wie weet hoe die wind waai want die genade van ons Jesus het nie perke of voor keur nie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2017 @ 19:52:20 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Hierdie draad laat my weer besef, goeie gesondheid is die grootste seën wat jy voor kan wens.  Al die geld in die wêreld kan nie eers daarmee vergelyk word nie.

Soos Oom Jeep sê, GENADE is al wat ons voor kan hoop en bid.

Sterkte, John en Piet. 

My oorlede man was baie lief vir die stelling "God grant me the serenity to accept the things I cannot change and the courage to change the things I can".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2017 @ 21:55:31 pm
Anonymous

Ai john, dit is nou sleg, ons gebede gaan op vir jou, werklik jammer om die te lees, maar, soos jy sê Jesus het die laaste sê.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2017 @ 18:40:19 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
john nie lekke om die te lees nie sterkte vir jou
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za