English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 300
Total Replies: 230 500
Total Views: 82 401 043
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 804 423
Jokes and everything else that makes you laugh

N Gevloekery

replies: 5
views: 1333
10 May 2017 @ 14:40:47 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Die Dominee was eendag besig met huisbesoek met sy fiets toe hy ‘n klein seuntjie op die sypaadtjie sien sit met ‘n grassnyer langs hom. Hy doen sy huisbesoek klaar en toe hy uitkom sien hy die seuntjie sit nog steeds in die warm son op die sypaadtjie. Die dominee stap oor die straat en bekyk die grassnyer. “Middag oom,” groet die seun.
“Middag seun…Wat maak jy met die grassnyer ?” wil die dominee weet.
Die seun verduidelik hom dat hy wil die grassnyer verkoop want hy wil ‘n fiets koop. Die dominee dink so bietjie na oor die saak. Sy ou fiets is nie meer van die beste nie en hy wou lankal ‘n ander een gekoop het. Die grassnyer lyk nog goed en is baie meer werd as die fiets.
“Wil jy die fiets vat vir die grassnyer. Dan ruil ons net.” Vra die dominee.
Die seuntjie is heel inskiklik en vra of hy darem eers die fiets vir ‘n draai kan vat. Die Dominee oorhandig die fiets en daar trek die seuntjie straat af. Klippe en stof en klokkie wat trieng-trieng. Toe hy terugkom gee hy die grassnyer vir die Dominee. Die twee skud hand en die seun maak gereed om te ry.
Die dominee probeer die grassnyer aan die brand kry maar niks gebeur nie. Hy vee die sweet van sy voorkop af. “Seun hierdie grassnyer wil dan nie vat nie. Is hy gebreek ?” Wil die dominee weet. Die seun verseker hom dat die grassnyer goed werk. Die geheim is dat mens hom eers moet vloek voordat hy werk. Die Dominee glimlag vir hom en verduidelik dat hy so lanklaas gevloek het dat hy nie meer eers een vloekwoord onthou nie. Die seuntjie klim op die fiets en glimlag mooitjies terug.
“Hou maar net aan trek oom. Oom sal gou genoeg onthou.” Met dit ry hy straat af en lui die yster klokkie ‘n keer of wat .
Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2017 @ 14:44:13 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2701
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Baie goed...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2017 @ 14:55:21 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Laat my dink aan die laaitie met sy kaskar,

Hy kom die straat af met T Aansluiting. Dominee bly reg oorkant T Aansluiting. Toe mannetjie wou draai breek die tou en hys reg binne in Dominee se heining in. Eina Bliks... skree hy. Dominee kyk oor muur en se vir hom "Nee seun, Mens praat nie so nie. Jy se Dankie Jesus dat ek nie seer gekry het nie"

Mannetjie daar weg, maak tou reg en ry weer af. Draai regs en daar breek die tou weer. Binne in Dominee se heining vas..... Hy Skree, Eina Blik, oops, dankie Jesus dat ek nie seer gekry het nie! Woeps, daar spring sy kaskar weer reg. Dominee kyk die storie so en se .....Blikse@#!!!!!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2017 @ 15:37:25 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years

Laat my dink aan die laaitie met sy kaskar,

Hy kom die straat af met T Aansluiting. Dominee bly reg oorkant T Aansluiting. Toe mannetjie wou draai breek die tou en hys reg binne in Dominee se heining in. Eina Bliks... skree hy. Dominee kyk oor muur en se vir hom "Nee seun, Mens praat nie so nie. Jy se Dankie Jesus dat ek nie seer gekry het nie"

Mannetjie daar weg, maak tou reg en ry weer af. Draai regs en daar breek die tou weer. Binne in Dominee se heining vas..... Hy Skree, Eina Blik, oops, dankie Jesus dat ek nie seer gekry het nie! Woeps, daar spring sy kaskar weer reg. Dominee kyk die storie so en se .....Blikse@#!!!!!

laughing laughing so n blik...... se kaskar

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2017 @ 16:55:10 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Baie goed Dassie en Grumpy.  laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2017 @ 16:23:19 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Lekk gelag puik
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required