English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 302
Total Replies: 230 586
Total Views: 82 406 277
topics: 405
replies: 3 941
views: 1 474 150
Talk about the current road conditions throughout the country

N 11 na Richardsbaai.

replies: 10
views: 288
03 Sep 2017 @ 14:34:06 pm
GT
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 21 Jun 2013
Experience: 45 years
Ons wil graag die beste of beter pad vanaf Nelspruit na Richardsbaai ry. Ons wil egter, indien moontlik, die N2 vermy. Die plan is om die N4 te volg en dan met die N11 te ry dan via Dundee na Richardsbaai. Kan dit werk? Het enige van ons kampvrinne onlangse ervaring van hierdie paaie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2017 @ 18:05:45 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Ons het einde Augustus van Richardsbaai na Meyerton gery via Pongola, Piet Retief, Ermelo en Bethal. Die pad is baie goed. Daar is heelwat swaarvoertuie op die pad maar as jy rustig ry is dit geen probleem nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2017 @ 20:11:37 pm
Toppie
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 26 Mar 2017
Experience: 3 years
Naand Tienie. Ek bly op Richardsbaai en sal nie die pad tussen Dundee en Richardsbaai ry tensy dit regtig nodig is nie. Pad tussen Melmoth en Richardsbaai is baie sleg. Vol potholes.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2017 @ 08:16:08 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2009
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

As dit ek is, sal dit Nelspruit, Baberton, Badplaas, Lochiel, Amsterdam, Piet Retief, Pongola en Richardsbaai wees.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2017 @ 10:52:34 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2704
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Het die paaie in Augustus gery.
Indien jy die kortste pad tussen Badplaas en Piet Retief ry, gaan jy 20-40 km grondpad kry wat nie goed is nie vir padkaravaan nie.
Die res van die pad is baie redelik. Ry eerder tot waar jy die teerpad ontmoed naby Ermelo.
Tussen Dundee en Richardsbaai is hul besig met padwerke en die pad was sleg, so sal die nie aanbeveel nie.
Ek ry die paaie met 4x4 Kamper, so ry maar om nuwe plekke te sien. Ry ook op my tyd...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2017 @ 13:47:13 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2009
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Edge, ons ry die pad gereeld en is alles teerpad. Waar neem jy die gond kortpad?

Baberton/Badplaas links op die R541 na Lochiel. Regs op die N17 (Oshoek/Ermelo) by Lochiel  en dan links op die R33 na Amsterdam. Die afdraai op de R33 is 'n pragtige breë pad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 00:47:31 am
GT
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 21 Jun 2013
Experience: 45 years
Baie Dankie vir al die vinnige terugvoer. Dit maak Ons besluit dan baie makliker. Nogmaals dankie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 09:02:10 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2704
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Hallo Jan,
Jy is reg en ek het van geheue gepraat en die rigtings gegee soos ek gery het, sonder om na die kaart te kyk. Toe ek gesĂȘ het dat ek DIE pad gery, het ek nie jou aanduidings bedoel nie maar die pad wat ek gery het tussen Badplaas en Piet Retief.
Ek et die R38 uit Badplaas geneem vir 20 km, waarna ek suid gedraai het op die grondpad na die R33, dan weer links na die N17, waar ek weer links gedraai het tot op die R33 tot Amsterdam en aan na Piet Retief.
Hier het ek "Trax4Africa" GPS gevolg wat die as die vinnigste tyd aangedui het. Die gewone "streetmaps" het jou roete aangedui.
Die kortpad waarvan ek gepraat het was die grondpad wat van die noordelike gedeelte van die R33 tot die suidelike gedeelte van die R33, wat weer van Carolina in 'n suidoostelike rigting vlooi tot by N17.
Hoop dat my verduideliking DIE punt opklaar...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2017 @ 12:49:34 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2009
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dankie Edge. Ken daardie pad en het dit jare terug gery voordat die pad van Badplaas na Lochiel geteer was.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2017 @ 21:26:59 pm
Rich
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 14 Sep 2017
Please excuse me for my bad manners in using English in this thread but it seems to be along the lines of what I am looking for. I am going to Kruger in Middle Oct towing an old Supersport. Am I correct in my reading of what has been posted that the road Durban N2 Pongola Piet Retief Amsterdam Lociel Badplaas and onwards is in good condition without too many roadworks? Also as a half way stay is Piet Retief a good choice or is there somewhere else better? Please feel free to reply in Afrikaans
Ek kan Lees maar ek skryf nie te goed nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2017 @ 22:12:48 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Rich.

Sundowner Lodge at Piet Retief is the ideal spot to overnight.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required