English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 504
Total Replies: 234 930
Total Views: 82 553 689
topics: 85
replies: 1 559
views: 186 798
Share your best or worst experiences to help others out.

My ou magnificent C

replies: 15
views: 3442
30 Nov 2016 @ 16:55:11 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5656
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Dis darem verskriklik hoe tweede handse karavane se waardes vermeerder.
Sien onder classify n magnificent C ve R27500. Ek het n nuwe daardie tyd gekoop vir,,, ek dink,,, R4500. Het die "rostyle" rims laat chroom. Gas bottel sakke opgesit etc.
Moes hom iewers daar rond verkoop en het gesukkel om R4500 te kry.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2016 @ 17:31:49 pm
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Baie waar, maar ek dink dis 'n geval van baie insit, en later weer baie wil uitkry, of ten minste net wil uitkry wat jy ingesit het, sonder om te verloor op die deal. In my geval bv, het ons 'n '82 Sprite Sport gekoop by 'n ou omie van die Vrystaat vir R11000-00, en het in die omgewing van R15000-00 spandeer op houtvrot verwydering en ander dinge soos 'n eiland bed wat ons laat insit het, nuwe skokbrekers, wiellaers, nuwe huis yskas en diesmeer. Ons wou spesifiek di tipe wa h omrede hy lekker groot is binne en nog die hande wasbakkie ook het. Daarbenewens is hy lig genoeg om te sleep met die Camry. Hy is nou presies soos ons hom wil h, en sal ons hom nie sommer verkoop nie. Indien ons sou wou verkoop, sou ek niks minder as R27000-00 oorweeg nie. Party sal dalk s ek's laf, maar dis wat hy vir my werd is. Hy is "spotless" en het ook alles wat benodig word vir 'n lang kamp, voltent asook rally tent met sykante.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2016 @ 17:59:13 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Gelukkig hou karavane hulle waarde redelik goed, nie soos karre wat net jaar na jaar by val nie.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2016 @ 18:04:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14526
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Mens hoor gereeld dat hulle meer kry as wat hulle hom gekoop het. Dit kry jy as jy mooi na jou wa omsien
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2016 @ 19:43:59 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ek stem pas jou wa op die dag sou jy verkoop sal jy terug kry wat jy ingesit het
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2016 @ 19:57:12 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5204
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

No ways... dan moes ek brood gekoop het toe dit R1 was en gehou het tot vandag... jy spandeer 10k op karavaan nuut.. oor20 jaar kos hulle R200k.. as jy nou R20k ir hom kry het jy steeds BAIE verloor


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2016 @ 22:32:39 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5656
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
My 2003 exclusive was nuut 125k. Ek het hom tweedehands gekoop ve 145k, ingeruil op elegance en weer 145k gekry. As jy nou n 2003 exclusive vir 145k kry is dit n bargain.
Kyk gereeld in C. OL vir pryse. 159k.
Sal die elegance probeer hou. Dalk word hy nog 400k i.p.v. 265k wat hulle my wil gee ve inruil.
Gaan net afhang van nuwe exclusive se pryse en my wa bly in n goeiectoestand.

In 2004 koop ons n nuwe merc. C180 vir 265k. In 2009 ruil ons hom in en kry slegs 115k.
Nou ,, n merc het mos goeie inruil waarde , of so het ek gedink. Maar nee motor karre verloor waardes like hell.

Brommer in 1963 toe ek n appy was kon ek ve R1 genoeg petrol in die volla gooi om hele week te ry. My eerste Volvo het R2-60 gevat ve n vol tenk in 1964.
Vandag kos dit amper R1000 se diesel om jeep vol te maak.

1970 het n nuwe Volvo 122S R2997 gekos. My salaris was R3000 per jaar. Dws. Een jaar se pay kon n nuwe Volvo koop.
Vandag is dit buite bereik. Volvo XC 90 +- R800k.
My huidige jeep 2010 crd overland was 410k. Nuwe crd overland R1miljoen.

Slotsom is die rand se waarde het so drasties afgeneem. Wie moet ons bedank.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2016 @ 07:07:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Soos voorheen al genoem het ek nog nooit enige van my kamp S/waens of karavane verkoop vir minder as wat ek vir hom aanvanklik betaal het nie.

  • Venter Camper 6 " Gekoop vir R3105 verkoop na 11jaar vir R7500. 
  • 1994 Penta Gekoop in 1997 vir R38 000 verkoop na 4jaar vir R38 500.
  • 2000 Penta Gekoop vir R63 700 verkoop na 11jaar vir R85 000.
  • 2011 Classique Gekoop vir R197 000 verkoop na 3,5 jaar vir R225 000.

Die rede waarom ek altyd 'n hoër prys gekry het was weens die volgende.

  • Ek pas die karavaan goed op en onder hou hom so dat hy in beter kondisie is as toe ek hom gekoop het. Het met elke wa Jurgens se swak vakmanskap reggemaak en verbeter.
  • Diens en herseël die wa SELF gereeld. So is ek verseker dat alles REG gedoen is en is die moontlikheid van "Comebacks" uitgeskakel.
  • Enige veranderinge aan die karavaan is beperk tot;
    • Moet die karavaan se waarde vermeerder.
    • Moet glad nie die oorspronklike uitleg en "looks" van die karavaan verander nie.
    • Dit moet funksioneel wees.  Nie net vir my nie maar vir iemand anders ook. 'n Bracket aan die kant van die karavaan mag dalk die hegting van 'n tafel vergemaklik maar dit lyk soos "gat" en kan die verkoop van die wa belemmer.
  • Die pryse van karavane verhoog amper 2 jaarliks. Dit bring mee dat 'n goeie opgepasde en onderhoude karavaan kan vir baie meer as sy aankoop prys verkoop word maar steeds laer as 'n nuwe jaar model.
  • Wat ook daartoe by gedra het is Jurgens wat vir baie lank net kosmetiese veranderinge soos kleur en regtig minimale uitleg veranderinge aan model deur die jare gemaak het. So as jy 'n 1994 Model penta gekoop het het jy eintlik in 2003 steeds dieselfde wa gekoop met 'n prys en kleur verandering binne en buite. So hoekom nie 'n netjiese tweedehanse wa koop wat elkgeval net soos die 2003 model lyk binne vir effens minder nie. Maar dan moet hy goed opgepas wees en onderhou wees.

Laastens wil ek noem dat die tweedehanse karavaan mark nou 'n effense knou gaan kry. Jurgens het nou heel nuwe karavane uitgebring wat moontlik 'n mark verskuiwer is. So nou gaan my ou Classique glad nie meer kan vergelyk met die nuwe Uitleg, materiaal en kwaliteit nie.

As jy gedink het om jou wa te verkoop. Moes jy dit 'n maand terug gedoen het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2016 @ 07:14:57 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1320
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

No ways... dan moes ek brood gekoop het toe dit R1 was en gehou het tot vandag... jy spandeer 10k op karavaan nuut.. oor20 jaar kos hulle R200k.. as jy nou R20k ir hom kry het jy steeds BAIE verloor



Ja Brommer, I see what you mean, BUT, don't forget the use you had out of it over the years. There must be a cost to that. R x.00 per trip or per night.
So what the others are saying is that a caravan is a damned good investment and I agree.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2016 @ 07:26:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat nou met die Jurgens reeks gebeur het is die selfde groot verskil tussen ou Ford Ranger bakkies en die nuwe RANGER modelle sedert 2012 -2013.

Dis voertuie in 'n ander klas en die verkope syfers bewys dit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2016 @ 17:50:15 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5656
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Oky
Wil nie verkoop nie.
:-):-):-)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2016 @ 19:50:48 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 286
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 31 years

Oky
Wil nie verkoop nie.
:-):-):-)

Oom Koos

Ek is so bly ek het einde verlede jaar my Elegance gekoop. Begin van die jaar is produksie gestaak en die uitleg en afwerking is presies waarvan ek en my vrou hou.

Stem saam. Ek wil ook gladnie verkoop nie. Gaan nog 'n gesogte model wordlaughing

 

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2016 @ 11:16:49 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 291
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years
Karavaan hou verseker sy waarde beter as 'n kar, maar mens moet darem onthou dat die rand se waarde baie verswak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2016 @ 13:38:19 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5656
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Oom Koos

Ek is so bly ek het einde verlede jaar my Elegance gekoop. Begin van die jaar is produksie gestaak en die uitleg en afwerking is presies waarvan ek en my vrou hou.

Stem saam. Ek wil ook gladnie verkoop nie. Gaan nog 'n gesogte model wordlaughing

 



Biki af van die draad maar ons is werklik opgetjaf met di wn.
Die uitleg binne en buite is presies wat ons van hou.
Grootste lekker is dat die los goete van buite af kan in en uitlaai. En die opwas wat in die hoek sit. Dit verbreed die leefarea geweldig. Onssit die driehoek tafel onder die bekers,borde deur en ek het n extra plugbox ook daar laat insit. Nou klim jy uit innie more en maak tjoef tjaf koffie.
Die besware teen die skuins bed hou ook nie ve ons water nie. Al my kennisse wat elegances het klae daaroor maar ek en Elma is nou al so gewoond aan dit, ons ruil hom nie. Daars spasie langs die bed ve haar om haar warpaint op te sit en sy like dit. Daar was ook genoeg spasie vir die groter yskas . Die sit gedeelte like ons ook baie.
Karavaan is rerig ou-mens-vriendelik.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2016 @ 11:24:18 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Niks vandag is meer verniet nie, wat nog van minder betaal.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2017 @ 11:57:14 am
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 83
Joined: 20 Feb 2017
Moeilikheid is verniet, dit kom sommer vanself. Behalwe as jy nou self daarvoor soek ne. :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required