English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 285
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 804 085
Jokes and everything else that makes you laugh

My eie Toi Toi

replies: 2
views: 2051
07 Apr 2017 @ 13:19:35 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Soos julle weet glo ek nie in protes aksies nie. Maar ek kry toe die foto op gesigboekie vanoggend. Sien die registrasie nommer van buitelandse kar en besluit toe........hel, ek moet ook nou saam protest!

Ek besluit toe, Polokwane, vandag sien jy n ding. Kry die Hilux reg, gooi sommer paar vuurhoutjies in die kebbiehole en 6 jaar terug se Rapport. Hulle brand mos lekker. Lat waai met moee.......se spoed dorp toe, toe onthou ek..................pel, ou Zoempies is hier gekies, jy soek vir k..... en jys deel van die "White Elite"

Okay, ek sal nie die verkeer kan disrupt nie....daar in ek geval net 20 karre hier.

Plan B.....ha, nou sal ek julle wys. Ek is mos oppad Potties toe. Verkeer op die ou pad, hier kom n ding. Net na The Ranch sal ek my plan van aksie in stel. Daars altyd baie karre op daai pad. Ek ry tot by The Ranch, in die middel van die pad, swaai vlag en ry 20km/h! Daar slaan die paw paw die fen!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Daar is nie een kar op die pad nie. So what? gaan doen toe besigheid op die myn in Potties en besluit ha!!!!! al die optogte begin nou eers so oppad terug sal ek julle kry. In Potties gaan niks aan nie. Die EFF het Woensdag optog gehou daar. Hulle het seker die verkeerde E-mail gekry????

Bo op Ysterberg stop ek daai Hilux jy sien net stont ag ek bedoel grond trek!!! Klim uit en begin Toi Toi......ek skop hierdie linker been so hoog dat ek n pyn kry....ek le en tjank op daai teerpad. Hammie gepluk!1! Plaas ek die e-mail gelees het....How to Toi Toi in 3 easy steps! Okay, terug in die Hilux......niks gaan my keer van hierdie protes storie nie. Polokwane het waterbeperkings! Ha.....................ek gaan nou Hilux was!!!!!!!!! Tjek of julle my kan vang! Kry High pressure washer uit koppel aan tuinslang, draai kraan oop ................en raai wat?????????? Geen water nie. Hulle werk aan die pype!!!! 

Nou vra ek jou?????????? Wie werk aan pype op n dag wat n whitey moet Toi Toi????

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2017 @ 17:16:45 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
He he ja so gaan dit Hannes
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2017 @ 05:23:15 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1197
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Maar net weer n bewys, Wit mans kan niks reg doen nie, nie eers toi toi nie. Haha

Hoe se die engelsman "and then the fight started"

Hoop jou "hammie" is ok, of het jy vanmore pyne op plekke wat jy nie eers van geweet het nie.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required