English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 712
Total Replies: 255 267
Total Views: 83 335 296
topics: 11 681
replies: 140 677
views: 39 387 961
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

My Rear View Camera System

replies: 64
views: 12138
page 1 of 2
10 Jul 2015 @ 17:32:52 pm
Anonymous

Hier is my kamera sisteem se spieel monior.. 7" skerm met 2 video inputs.. permanente spieeltjie ook

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 17:34:02 pm
Anonymous

Werkmooi met diekaravaan kamera en reverse kameras.. moet hulle net klaar installeer dan plaas ek nog fotos..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 17:52:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Het jy dit toe by daai chinese plekkies gekry?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 17:53:54 pm
Anonymous

Ekt gaan kyk, maar daar was nie, toe koop ek dit by daai cctv shop in vanderbijl

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 17:56:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Hoe werk dit met die 2 inputs...sien jy beide op skerm of moet jy switch tussen die 2 inputs?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 17:58:20 pm
Anonymous

Wel, miskien het ek nie mooi gekyk nie,en2de wou ek eerder by iemand koop wat met my behoorlik kan kommunikeer.. goeie diens gekry en ek ondersteun liewer ons mense se winkels.. mens wonder maar altyd, maar ek dink dit was beste besluit..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 17:58:51 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 34 years

Wat  kos dit en waar is die cctv winkel

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 18:01:14 pm
Anonymous

Hyt n skakelaar, touch skakelaar, V1/V2... en hyt ook n sein om outomaties die reverse kamera aan te sit as jy in tru rat sit.. maar ek wil dit weer split met 2 reverse kameras.. dis my gedagte.. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 18:05:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Wel, miskien het ek nie mooi gekyk nie,en2de wou ek eerder by iemand koop wat met my behoorlik kan kommunikeer.. goeie diens gekry en ek ondersteun liewer ons mense se winkels.. mens wonder maar altyd, maar ek dink dit was beste besluit..


Ja/nee ook al gesien....van hulle verstaan niks engels nie...maar verstaan wel as daar van geld bedrae gepraat word
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 18:10:36 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1603
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years
Klink na n goeie kombinasie,hou ons dommies op hoogte.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 18:14:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Die karavaan kamera...is dit wireless?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 18:33:46 pm
Anonymous

Nee, hyt n kabel, maar ekt n wireless module vir die reverse jamera, hulle werk net tot op so 5m afstand.. maar ek hou van die kabel, dis betroubaar.. monitor was R799, kamera vir karavaan was R700 rofweg, met IR LEDs, en die reverse kamera was R500.. ook met IR LEDs.. 20m kabel is R100, en ekt voorheen n 7m gokd pkated kabel ook gekoop, gaan alles nou miet insit.. het dit darem op expo destyds gedoen, sal maar weer inklim en die storie doen. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 18:42:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Jammer ek vra so baie vrae...die karavaan kamera: Loop jy die kabel onderdeur jou wa? Monteer jy kamera onder agter die wa? Dan neem ek aan jy sit n connector in by jou trekhaak en die 12v trek jy van jou towbar harnas?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 19:27:53 pm
Anonymous

Die kamera gaan weer bo sit by skuinste van dak waar my vorige een was. Ek sien baie meer as kamera hoog is en sien sommer bo die karre uit sodat ek als mooi sien.. kabeks word in hoekie afgevoer onderdeur die karavaan.. krag van kamera gaan aan ligte weereens gekoppel word soos voorheen. Ek sit ligte aan en kamera het krag.. werk vir my beter..kan seker ook op kar se 12V koppel, maar ligte het ek beheer oor dit..  mak seker nie saak nie.. ek het gerneem ek kan die video sein ook op die oop pin op die 7pin sit?? Weet nie of dit gaan werk nie. Op my mazda 6 het ek proppie gebruik wat inprop. As ek afhaak steek dit weer netjies weg.. ek miet nog kyk wat op die gakkue vir my die beste gaan werk. vorige draad op bakkie het losgekom oor ek te haastig was en toe ry ek die draad in sy m.er in.. so ek begin nou oor met alles..

 

Ek weet nie presies waar die plek is nie, google cctv shop en kyk vir een by vanderbijl. Ekt maar gebel en bestel, en hulle het gister koerier gestuur en vanoggend afgelewer

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 19:45:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Brommer...dankie vir al die inligting wat jy deel....waardeer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 19:51:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Ek het al gedink om gordyne voor en agter van wa oop te maak....dan kan ek lekker deur tru-spieel agter sien...maar dan het travel blanket nie doel nie. Al gehoor mense sit venster in travel blanket, maar ek glo nie jy kan mooi sien deur tru-spieel deur plastiek venster nie. Jou idee het my sommer lus gemaak om kamera in te sit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 20:06:09 pm
Anonymous

My pa het sy kamera in 1998 ingesit daai tyd toe hul eerste wa gekoop het.. was nog swart en wit, maar het goed gewerk en ek was sommer frustreerd om net kort afstand sonder dit te sleep. Was 1ste ding op my expo en nou 1ste ding op my fleetline. Ek kon nooit sien deur vensters van expo nie, en as son verkeerd le blink dit elkgeval erg.. kamera werk 99% van die tyd heel lekker, behalwe as son direk in hom skyn as jy ry in saktyd of vroeg oggend..

 

Jyweetasiemand agter op jou karavaan sit, jy weetas iemand aankom, jy kan oor karre agter jou sien wat gebeur en ekvoelnet gemakliker dis nie n duur storie nie, veral nie as jy dit self doen nie.. ek spandeer maar bietjie meer om dinge op my manier te doen vir my doel, maar daar is goedkoper kameras, en seker skerms ook.. maar hierdie gaan vir my nou lekkerder erk as voorheen.. het ook n 7" portable screen gebruik.. nou het ek nog my LED skermpie, sal maar kyk of ons dit as cctv sekuriteit dalk in karavaan kan gebruik of so iets

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 20:27:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Ek het in gedagte om kamera middel onder agter wa te monteer...dis net heelwat makliker met bedrading...onderdeur.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 20:38:26 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4826
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years
Brommer netjies geld goed bele kyk ou mater nou kan jy daai wa haak en gaan kamp
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 20:48:10 pm
Anonymous

Ek het in gedagte om kamera middel onder agter wa te monteer...dis net heelwat makliker met bedrading...onderdeur.

Waar ja, maar help nie vir my onder nie, ry n kar agter jou, sien jy net hom en nie ook agter hom nie.. my kabeks gaan ook onderdeur, kamera word op regterkant naby aan kant monteer sodat kabeltjie nie oor karavaan loop nie

 

@Bostoe ek wou al vandag netry, jaravaan is gepak, maar kleintjie alweer siek, so het op uur voor ons wou ry vanoggend uitgestel, sy moes eers dokter toe en sit nou met griep, ons kyk maar oor paar dae weer... :(

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 20:53:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Jy moet maar foto's plaas as jy klaar is met instalasie...nuuskierig
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 20:55:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Wat  kos dit en waar is die cctv winkel


Kan ook miskien gaan kyk by Elvey of Regal
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:10:17 pm
Anonymous

Geert, tik in by title search, "rear view camera"  daar is baie daaroor gegesels, kompleet met adresse en kontak besonderhede, plus fotos.

Dit is naas die movers, die beste geld wat ek op my karavaan uit gegee het. 

As jy nie regkom nie, laat weet my op die draad hier, dan sal ek CCTV Vanderbijlpark se kontak besonderhede vir jou opsit. Ek het myne by hulle gekoop, en is baie tevrede. (Ek bly 10 km van hulle af)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:12:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geert, tik in by title search, "rear view camera"  daar is baie daaroor gegesels, kompleet met adresse en kontak besonderhede, plus fotos.

Dit is naas die movers, die beste geld wat ek op my karavaan uit gegee het. 

As jy nie regkom nie, laat weet my op die draad hier, dan sal ek CCTV Vanderbijlpark se kontak besonderhede vir jou opsit. Ek het myne by hulle gekoop, en is baie tevrede. (Ek bly 10 km van hulle af)


Johann...baie dankie...waardeer. Brommer het my sommer lus gemaak vir die storie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:14:10 pm
Anonymous

Probeer die link, ek hoop dit werk, ek het nog nooit 'n link op die tab l et suksesvol kon laai nielaughing 

http://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Comminuty-Forums.htm?forumaction=1&loadcategory=1022&loadpost=250041784&highlight=Camera#Post250041784

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:21:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
My storie gaan meer "straight forward" wees as Brommer sin, want ek soek net 1x camera agter wa. Het reeds reverse kamera in kar
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:24:43 pm
Anonymous

Yes Johann, ek onthou jyt ook so iets genoem.. ek weet hul nommer begin met iets soos 016392....? Email is info@securitycameras.co.za? Ekt vir my pa nou ook so monitor bestel met kamera.. syne kan maar nou opgradeer word...

Sal fotos plaas sois ek aangaan.. en ja, eksal nuwe draad maak oor my movers, ek is besig met tekeninge vir die montering aan chassis, is eintlik maklik.. behoort nie moeilik te wees nie, ek gaan net nie nou sukkel met wireless beheer nie, ek gaan eers maar met n kabel ook werk, vinniger en makliker, maar dis vir daai draad op sy tyd... tyd... tyd... tyd is die kwessie, maar dinge vorder darem

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:34:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Brommer...gaan jy movers ontwerp om te bemark?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:38:05 pm
Anonymous

Pieter, en Geert

CCTV Shop

Olifantsrivier st 21

Vanderbijlpark

Tel. 016 932 1955

Sel.   079 958 5144

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:42:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Dankie Johann👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 21:48:00 pm
Anonymous

Plesier Geert, hoop jy kom reg.

My rede vir die koop by hulle was onder andere, backup as iets fout gaan, en hulle praat duidelik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 22:05:20 pm
Anonymous

Ek glo nie ek wil myself noodwendig kommersieel bemark en oorlaat aan genade van forums ens nie..? Ek ontwerp myne op die stadium omdat ek die geleentheid en masjiene tot my beskikking het, om so bietjie geld te spaar en om iets te he want my nuwe stoorplek het nie spasie vir my voertuig om karavaan onder die dak te stoot nie. Ek het letterlik geen draai spasie met voertuig nie.. met n mover sal ek wel karavaan kan inkry.. so karavaan kos mens baie, want dis nuwe dakke, plaveisel, hekke, movers ens.. ek het reeds my begroting in stukke gebreek om vir fleetline  gaan ipv expo, plus nou al die kostes vir  dakke ens.. so ek doen meeste goed self om kostes af te kry.. knyp kankal al net ogues tie en hardloop en hoop als kom tot n einde..

Ek sal wel wys hoe dit lyk, maar ek moet byse dit gaan moeite en tyd kos.. het wel goeue planne en tejeninge wat op my fleetline gaan werk, ander ouer karavane en net ander cgassis ontwerpe gaan dalk ander brackets benodig...

 

Hierdie 1 gaan vir nou eers net vir huidige fleetline wees..

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2015 @ 23:22:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Sterkte met jou planne...hou ons maar op hoogte...sal interesant wees om te volg
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2015 @ 08:44:55 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 49 years

Brommer klink intersand soos jy sê daar's geweldige  verberge kostes wat ń mens nie in aanmerking neem nie hou ons op hoogte

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2015 @ 10:13:25 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2260
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Moet ook nou weer kamara in nuwe wa sit. Het kamara op Scout gelos en sal nuwe vandag kry en insit.  Vrydag word mover geinstalleer en dan is ons reg vir kamp en aftrede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2015 @ 10:59:58 am
Sarel / Marietjie
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 59
Joined: 01 Feb 2014
Experience: 7 years
Ek het ook die systeem met die duel kameras geinstalleer. Met die monitor wat oor jou oorspronklike spieel clip. Dit werk baie goed. Die een op my bakkie aan trurat gekoppel. Die ander agter karavaan. die bedrading is glad nie moeilik nie. Was sommer gou gou klaar. En dit lyk netjies.

Nou lekker agter kyk Manne
Dankie Jesus vir die voorreg:
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2015 @ 16:34:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Sarel...waar trek jy jou 12v vir karavaan kamera vandaan? Hoe het jy gemaak met konneksie tussen wa en kar?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2015 @ 11:03:28 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5841
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Ek het eer die draadloos kamera ding gedoen, maar jy kry te veel storings sne dit toe verander om met 'n draar van agter na voor te werk.  Ek het die kamera se krag deur die spaar punt van die sleep krag gebruik maar gereeld probleme op getel, met die batery  in die karavaan het ek besluit om sommer die kamera permanent op hom te koppel want hy terk moes nie baie krag nie en omdat die karavaan altyd gekoppel is aan krag het ek die kamera dierek op hom gekoppel en nou is die beeld mooi en stabiel.

Geert

Ek het my kamera agter onder gesit en nog nooit 'n probleem gehad nie, die rede was ek wou hom nie bo sit nie want dan moet ek 'n gat in die bakwerk maak om die draad deur te voeg en dit kan 'n moontlike plek wees vir water om in te kom.  Ek het op die vorige draad skakel na my kamera opset hesit.

In die Title Search sit jy "WilSur" en jy sal my inligting daar tesien kry.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2015 @ 11:22:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Wilsur...Baie dankie, ek het nou gaan loer op jou draad...dit lyk baie goed. Ek dink ook ek gaan maar onder sit. Soos jy noem...ek is ook nie baie gemaklik met idee om gate bo-aan wa te maak nie. Sal net ander plan maak met krag want my wa is nie altyd gekoppel aan krag nie...miskien maar op ligte van wa...moet dan maar met ligte aan ry wat ook miskien goeie ding is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2015 @ 11:48:50 am
Anonymous

Geert, net my 2c, ek het my kamera onder op die chassis gesit, persoonlik voel ek dit is te laag. Ek gaan die kamera na die nommer plaat toe skuif en krag van die no. plaat lig af vat.

Ek vind dat daar baie weerkaatsing van die teerpad op die kamera is, en my afstand op die karavaan se kamera is minder as die een op die kar wat hoër sit.

Hou ons asb op hoogte met wat jy doen en agterna ervaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2015 @ 11:53:16 am
Sarel / Marietjie
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 59
Joined: 01 Feb 2014
Experience: 7 years

Ek het eer die draadloos kamera ding gedoen, maar jy kry te veel storings sne dit toe verander om met 'n draar van agter na voor te werk.  Ek het die kamera se krag deur die spaar punt van die sleep krag gebruik maar gereeld probleme op getel, met die batery  in die karavaan het ek besluit om sommer die kamera permanent op hom te koppel want hy terk moes nie baie krag nie en omdat die karavaan altyd gekoppel is aan krag het ek die kamera dierek op hom gekoppel en nou is die beeld mooi en stabiel.

Geert

Ek het my kamera agter onder gesit en nog nooit 'n probleem gehad nie, die rede was ek wou hom nie bo sit nie want dan moet ek 'n gat in die bakwerk maak om die draad deur te voeg en dit kan 'n moontlike plek wees vir water om in te kom.  Ek het op die vorige draad skakel na my kamera opset hesit.

In die Title Search sit jy "WilSur" en jy sal my inligting daar tesien kry.


Hi seeliefheber.
Die systeem het alles in. Die kabel van karavaan kamera kry sy toevoer van die voertuig af. Niks word gekoppel op die wa se systeem nie. Die kabel is n 4 koord. Het n prop wat opskroef ( male en fermale ) Die enigste probleem wat ek kan sien is as jy die wa afhaak en vergeet om die prop te ontkoppel. Die kabel loop saam met die kragkabel van die wa.
Ons het n Exclusive en die kabel is lank genoeg.

Groete
Dankie Jesus vir die voorreg:
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2015 @ 18:11:39 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5841
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Sarel

Wil jy nie asb. 'n foto van die koppelstuk tussen die karavaan en voertuig plaas nie asb.

Ek het in 2011 by dié ouens gekoop , maar als was los komponente gewees.

No.2, Builder's warehouse centre,
Nobel Street, The interchange,
Somerset west, Cape town
Tel: 021 851 0353, 021 852 6680
Fax: 021 852 6680
www.topcctv.co.za

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2015 @ 18:14:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Sarel...as jy praat van 4-koord...dan werk dit seker nie deur n coax kabel nie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2015 @ 18:26:37 pm
Anonymous

Sarel...as jy praat van 4-koord...dan werk dit seker nie deur n coax kabel nie?

Nee Geert, die kameras werk met video, positive en earth. Jy het dus net drie van die vier drade nodig vir die karavaan.

Die vierde draad gebruik ek weer vir die kar se beeld, omdat die monitors tussen V1 en V2 kan skakel. V1 gebruik ek vir die jar, en V2 gebruik ek vir die karavaan se kamera. Coax kabel gaan net twee "drade" gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2015 @ 07:31:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16255
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Brommer dit is presies dieselfde tipe monitor wat ek gebruik. Die kamera wat jy gekoop het klink net vir my baie duur. R700?!?!?!? Ek het vir myne R250 betaal as ek reg onthou. En dan het hy ook daai stadia lyne in wat help afstand skat as jy terugstoot.

Plaas 'n foto van jou kamera ook asb. Wil graag sien hoe lyk dit wat jy gaan gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2015 @ 14:20:16 pm
Anonymous

Hi Leon, ja daar was goedkoper kameras ook, maar ek het beter een gekoop.. sal foto defnitief plaas, die reverse kamera wat ek gekry het, wys ook lyne, maar ek wou nie lyne op karavaan kamera he nie en het vir high resolution 1 gegaan met IR LEDs.. dit het wel nie saak gemaak of hy nou IR gehad het of nie.. dit gaan darem nie vir my om die goedkoopste kamera nie, maar ek soek goeie kwaliteit en redelik robust kamera wat ek die hoek kan stel wanneer nodig. Sal wel later fotos plaas

 

Vir die wat wonder, ekt my kamera bo monteer om beter te sien, en geen gate in my vorige karavaan geboor nie.. ek glo bo is tog beter visie en ek het geen gate nodig gehad vir kabels nie, dit het mooi in hoekies geloop en as jy nie geweet het om daarvoor te kyk nie, sou jy nie eens drade sien nie..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2015 @ 15:38:35 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5841
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Ek soek so kamera vir agter die karavaan, die een, klik op die skakel

Lens

  • Image Sensor: 1/4 Inch Color CCD Sensor
  • Lens: 3.6mm
  • Wide Viewing Angle: 180 Degrees
  • Standard Viewing Angle: 60 Degrees

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2015 @ 18:52:23 pm
Anonymous

Dis nou nice en al, maar die meerderheid mense wil altyd goedkoop oordie wegkom, ja ok, miskien, maar dit beteken ouens wat die duurder goedjies soek, omdat dit sekere doel dien, sukkel om daai goedte te kry, winkels wil net aanhou wat gou verkoop, so sal ons aanhou sukkel sukkel voortgaan.. maar ja, dalk maar self een stel invoer Wilsur? Toe ek nie kon kry in SA waarvan ek hou nie, toe voer ek my een voertuig se stelsel self in..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2015 @ 20:21:37 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5841
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Ja, ek het iemand gekry wat vir my een sal invoer, moet net wag vir die regte tyd c.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2015 @ 06:33:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16255
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Brommer ek verstaan die goeie kwaliteit. En ja mens betaal seker maar nou daarvoor. 

Karavaan van agter

Op die foto kan jy die kamera net bokant die nommerplaat sien. As jy die kamera koop kry jy sommer die boorstuk om die gaattjie te maak saam.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2015 @ 12:01:24 pm
Anonymous

Leon, ja, dit lyknetjies, maar ek wil nog nie gat boor nie, ek wil maar togmy hoek kan stelen sy dakkiegebruik teen middag of oggend son.. ek wil ook graag weer my kamera bo monteer, dis maar net vir my ideaal bo.. ek stem wel joune lyk goed weggesteek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za