English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 292
Total Replies: 230 386
Total Views: 82 395 323
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 804 312
Jokes and everything else that makes you laugh

My Bossie Vreter

replies: 11
views: 1652
13 May 2017 @ 19:55:32 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Jare gelede het ek vir Spoorweg nou deesdae Transnet of is dit Wagnet gewerk .Die geld was min en om privaat huis te huur was buite die kwessie .En so kry ek toe 1 van daai befame Rooi baksteen Spoorweg huisies om te huur met baie billike huur amper asof ek gesponser word deur die Spoorweg .In elk geval omdat ek ook nagdiens werk is ek die dag by die huis sien toe laat my gras nou amper heup hoogte is en besluit ek sal my bossie vreter (weed eater) moet laat kennis maak met die lang gras .Daardie jare het die bossie vreters net uitgekom nogal elektries ook en dink daai goed was nie behoorlik getoets by die fabriek nie die verbruikers was die proef konyne dis my insiens .So gaan ek en die bossie vreter aan totdat daai motortjie so effens warm raak en toe short hy maar hy short nie sommer so nie die krag hardloop in daai aluminium handvatsel ook in .

Nou kyk die huise was goed gebou daai jare en die trip meter het behoorlik sy tyd gevat om uit te skop intussen staan ek buite besig om n Elvis personation na te maak kompleet met die heupe wat swaai en elmboog wat na agter toe swaai .Genadiglik besluit die metertjie hier is fout en hy trip .My ruk bewegings kom onder beheer en op jellie bene vaar ek die stoep op en gaan sit vrywillig op die trap .Lekker vies vir die bossie vreter los ek hom sommer net daar waar hy geval het .Gooi vir my n Coke (sonder versterking) ek moet werk die aand .Laat middag kom skoonpa daar aangery ek sit nog op die stoep .Hy stap nader en sien die bossie vreter daar le en rerig nog voor ek hom kan keer tel hy die ding op en druk daai knoppie .Skoonpa het n kortbroek aan met sy vellies en kouse toe daai Eskom met hom begin praat sien ek net sy maer wit beentjies klap so toe soos n oester sal maak as daar sand in sy bek kom .Die ou se kniekoppe stamp so aanmekaar ek dog hy het permanent skade .En weer besef die metertjie daars fout en trip in die huis .Skoonpa gooi daai bos vreter dat hy soos Javelin deur die lug trek en amper my tref op die stoep .Nou heel bedonnerd voeg hy my n paar woorde toe wat ek nie hier kan herhaal

Dis toe wat ek besef ek sal maaar moet oortyd werk sodat ek ook n tuin dienste kan bekostig soos daai Larnie manne in EGOLI .Skoonpa het my nooit vergewe vir daai poets (soos hy dit stel ) wat ek op hom getrek het nie hy het sy dogter daarvan vertel en op haar beurt is ek nou sekere huweliks regte ontneem

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2017 @ 20:25:45 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1894
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Ai dankie Dassie jy het my Saterdagaand opgefrolik.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2017 @ 20:48:49 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Ai dankie Dassie jy het my Saterdagaand opgefrolik.


PietG dis n plesier mens weet ook nie aldag wat die mense wil hoor nie .Ek is op pension en sit heeldag en dink aan bollie stories .
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 04:16:34 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13830
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Mooi een, Dassie...😂
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 08:53:23 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Lekker gelees ou Dassie.  Jy is 'n champ!   Die forum is maar baie stil deesdae.  Ten minste vrolik jy dit bietjie op met jou lekker stories.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 09:56:18 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Nog een uit die boonste rakke...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 18:26:58 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1315
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years
Dassie, dink jy en Arie kan 'n storie of twee bietjie "co-author" kan dalk nog lei tot die moewie van die jaar! (ietsie oor mooi Belgiese dames?)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 18:46:04 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Dassie, dink jy en Arie kan 'n storie of twee bietjie "co-author" kan dalk nog lei tot die moewie van die jaar! (ietsie oor mooi Belgiese dames?)


Ai Hurricane jy moet nou nie gedagtes in my aan wakker nie ek geniet Oom Arie se stories vreeslik .So gepraat van mooi Belgiese Dames en toer mos n Thailand en 2 van daai dames nader my en vra of hulle my n goeie tyd kan veskaf .Ek see jinne die scooter wat ek ry is genoeg plesier vir my .Nee se hulle dit sal vir my wees soos om die Lotto te wen .En hulle was reg toe ons in die kamer ontklee toe is daar tussen ons 3 ses balle
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 09:17:27 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1315
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years


Ai Hurricane jy moet nou nie gedagtes in my aan wakker nie ek geniet Oom Arie se stories vreeslik .So gepraat van mooi Belgiese Dames en toer mos n Thailand en 2 van daai dames nader my en vra of hulle my n goeie tyd kan veskaf .Ek see jinne die scooter wat ek ry is genoeg plesier vir my .Nee se hulle dit sal vir my wees soos om die Lotto te wen .En hulle was reg toe ons in die kamer ontklee toe is daar tussen ons 3 ses balle
LMGA!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 11:49:15 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7868
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

LMGA
Tops verkoper.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 18:40:58 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1894
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
En jy speel nie eers rolbal nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 18:55:34 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years

En jy speel nie eers rolbal nie.

Ek rol jou hier en ek rol jou daar en siedaar wink

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required