English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 039
Total Views: 82 377 616
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 473 075
Talk about the current road conditions throughout the country

Mount Zebra en Camdeboo

replies: 13
views: 358
02 Sep 2017 @ 10:55:18 am
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Ons beplan om Oktober af te trek in Mosselbaai se rigting en wil by Mount Zebra en Camdeboo aangaan en by elk oorstaan vir 3 nagte. Vorige drade verwys na die swak toestand van die grondpad na Mount Zebra wat nogal rof kan wees. Weet enigiemand wat die toestand van die pad huidiglik is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2017 @ 15:09:38 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Koos - Ek het al uiteenlopende kommentaar oor die betrokke pad gehoor. En die toestand kan seker tussen nou en Oktober verskil. Ek kan net noem dat dit in 'n uitstekende toestand was toe ons verlede jaar (Junie) daar gery het. Vanaf die teerpad tot by die amptelike ingangshek van die park was die pad goed, maar daarvandaan totdat dit later teerpad word, het die gruispad letterlik soos 'n teerpad gery - glad en gelyk. Uit die aard van die saak het ek maar stadig gery ten einde stof te minimaliseer. Maar ek moet dadelik bysĂȘ dat die tipe gruis wat op die finale laag gebruik is inderwaarheid min stof veroorsaak.

Maar blykbaar het andere ander ervarings in die verlede gehad.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2017 @ 20:45:48 pm
Zapiture
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 13 Jul 2017
Experience: 6 years

Ons beplan om Oktober af te trek in Mosselbaai se rigting en wil by Mount Zebra en Camdeboo aangaan en by elk oorstaan vir 3 nagte. Vorige drade verwys na die swak toestand van die grondpad na Mount Zebra wat nogal rof kan wees. Weet enigiemand wat die toestand van die pad huidiglik is. 



Hi Koos, ons was nou laas vakansie daar en die pad was glad nie vir my so sleg nie. Daar was wel heelwat sinkplaat maar nie so dat dit onrybaar is nie. Ek het nou wel n vier trek voertuig.

As ek by my rekenaar sit, plaas ek n foto of twee. Dit is absoluut die moeiete werd.
Pajero 3.8 Gls Shorty
Conquerer Commander
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 14:50:02 pm
Andal
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 6 years

Hi, ek het gister, 7/9/2017, daardie pad gery Koos, sleg sinkplaat hoogste spoed 20kmu, sal hopelik geskr aap word.

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 15:39:28 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Dankie vir al die terugvoer, ek sal die park skakel voor ek ry. Gelukkig sit my huis op my stert, so ek kan kom en gaan soos ek luskry en omstandighede bepaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 16:04:18 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Mount Zebra, is dit nou Berkwagga Nasionale Park waarvan ons praat ? As dit is, dan is my opinie die volgende :-

  • Die pad is 12km vanaf Cradock op die R61 en ons het dit as 'n goeie teerpad beskou
  • Daar is 1.5 km grondpad vanaf die R61 tot by die parkhek  -  nie te waffers nie, maar heel gangbaar vir 'n teerpad-karavaan. Volgens Andal hierbo is die pad tans erg sinkplaat  -  ry dus net baie stadig
  • Dan vanaf die hek tot by die kamp is dit 12km grondpad wat in 'n uitstekende toestand was by die twee geleenthede wat ons laas daar was. (Nie seker of Andal se kommentaar ook op hierdie deel van toepassing is nie).

Koos, julle MOET daar aangaan !

Die kampeerarea :-

Ontvangs en restourant :-

Swembad :-

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 16:36:29 pm
Andal
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 6 years

Len, eks jammer maar dit lyk nie meer so nie, net rooi stowwe, daardie wereld is droog jong. Die grondpad is al 14 of 15 km sinkplaat behalwe ongeveer 2.5km teer voor jy kamp ingaan.

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 20:36:47 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

O liewe land !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2017 @ 16:10:17 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Ha ha ha. Ek ry basies stapspoed op 'n grondpad wat grootliks die rede is hoekom ek net maksimum so 3km sal aandurf. Die pad sal my 'n ewigheid vat om by die kamp gedeelte uit te kom as ek die Maia sleep. Dink ou Varkie moet ingespan word vir daai trip.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2017 @ 20:47:02 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Dankie vir al die respons.

Lyk my ek gaan maar Mount Zebra afskryf. Kan nie die risiko loop met 'n padwa nie. Sal maar langer op Camdeboo oorstaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2017 @ 07:29:47 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dankie vir al die respons.

Lyk my ek gaan maar Mount Zebra afskryf. Kan nie die risiko loop met 'n padwa nie. Sal maar langer op Camdeboo oorstaan.

Hello Koos.  Dis jammer jou planne word nou so in die wiele gery.  Hoekom gaan julle nie ook Addo Olifantpark toe nie?  Ons was lanklaas by Camdeboo maar vir my is dit nie 'n kamp waar ek lank sal wil staan nie.   Sê maar net.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2017 @ 13:41:19 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Koos, kyk of ek jou nie kan lus maak vir Addo nie. laughing

Hier sit ek by die lekker tafel wat hulle vir jou voorsien.

Colin maak vir ons ontbyt by Jack's Place, die piekniekarea in die wildtuin. Heerlik daar!

Die outjie kom eet saam. 

Die trots van die Ooskaap.  Die mooiste olifante in die land.  

Wat sê jy nou?  wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2017 @ 21:43:58 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Freda. Ons was laasjaar in Addo. Ons pad gaan van Cambedoo na Hartenbos (Dibiki) so PE is bietjie wyd uit die pad. Julle moet mooi bly. Groete.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2017 @ 22:39:53 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Koos, as 'n laaste poging, hoekom skakel jy nie die parkbestuurder self en vra haar wanneer word/is die pad geskraap sodat jy  met jou teerpad-karavaan daar kan ry.  Ek het die dame se naam vergeet, sy was so twee jaar terug die Karoo NP se bestuurder en is puik en uiters behulpsaam.  Toe ons daar was 'n paar jaar gelede was daardie grondpad in 'n uitstekende toestand.  Trouens ons was al tweekeer daar toe die pad in 'n uitstekende toestand was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required