Bring Geert lat ek hom toets vir jou.
Nog nie gesien nie.
Met muskiete is daar net een ding wat werk: moenie gebyt word nie!
Ons bly in rooi malaria area en het al baie soorte goggavangers probeer.
Wat werk?
@ spuit jouself goed met iets soos Peaceful sleep voor jy buite gaan sit. Onthou agter jou ore, nek en sagte deel onder voet as jy sandale dra.
@ hou hulle uit jou blyplek uit met gaas. Ook tent/wa- maak toe die gaas, betyds. Spuit maar 'n insekdoder so uur of twee voor slaaptyd om die slim muskiet wat ingevlieg het se lewe te beeïndig. Spuit steeds jouself met weermiddel.
As muskiete jou pla en jy kamp gereëld in die bos, sit maar goeie gaas voor die wa se vensters en deur. Dit is die koste werd.
Die res?
Ander moet maar gaan toets. Dis alles gadgets.
Pottie het jy of ander al die goed probeer wat jy op klere spuit?
So paar jaar terug was dit 'n spesiale skou prys by Beeld se buitelewe skou teen so iets soos R80 'n houer. Nou sien ek dit as ek reg onthou vir R40 vir 2 spuit bottels.
Ek sien op Dave Pepler ‘s facebook hy gebruik ‘n herlaaibare USB muskietlig waarmee hy heel tevrede is. Ek kry nie die foto hier afgelaai nie 😡😡😡 en die prys is heel skaflik R219-00

Danie
Ons het by Peaceful Sleep vasgehaak want dit werk. Mijn vrouw spuit dit op ons linne en klere waar nodig.
By ons neem 'n mens nie kanse nie en doen maar wat werk. Dit is die veiligste.
Ek het hier gesien hoe iemand (oud kollega) Dinsdagmiddag deur 'n muskiet in sy motor op die enkel, deur sy kous, gebyt is. Die Woensdagmiddag lê hy in die waakeenheid in Nelspruit en veg vir sy lewe.
Sommige mense hier glo aan Tabart wat dieselfde effek het as die ander.
Ek sien op Dave Pepler ‘s facebook hy gebruik ‘n herlaaibare USB muskietlig waarmee hy heel tevrede is. Ek kry nie die foto hier afgelaai nie 😡😡😡 en die prys is heel skaflik R219-00
Met muskiete is daar net een ding wat werk: moenie gebyt word nie!
Ons bly in rooi malaria area en het al baie soorte goggavangers probeer.
Wat werk?
@ spuit jouself goed met iets soos Peaceful sleep voor jy buite gaan sit. Onthou agter jou ore, nek en sagte deel onder voet as jy sandale dra.
@ hou hulle uit jou blyplek uit met gaas. Ook tent/wa- maak toe die gaas, betyds. Spuit maar 'n insekdoder so uur of twee voor slaaptyd om die slim muskiet wat ingevlieg het se lewe te beeïndig. Spuit steeds jouself met weermiddel.
As muskiete jou pla en jy kamp gereëld in die bos, sit maar goeie gaas voor die wa se vensters en deur. Dit is die koste werd.
Die res?
Ander moet maar gaan toets. Dis alles gadgets.
Oom Prof dit wat jy sê is ook al jare deur die weermag getoets en gebruik. Muskiet weer middel gaas voor vensters en deure en 'n muskiet net oor die bed.
Die res is Gadgets.
Ek het nou bietjie info gekry op die net hoe hierdie traps werk. Dit klink of die lig die muskiete trek.....sodra muskiet na die lig gaan is daar in waaier onder wat die muskiet insuig en hy vrek daar op die ou einde omdat hy diadreer. Eintlik snaakse konsep
Fan Suction Principle:
- The newly upgraded mosquito killer is designed with strong suction fan and advanced LED light source, effective for luring mosquitoes and sucking them into the lamp, they will dehydrate and eventually die.
VERY IMPORTANT NOTE !!!
- AS THIS WORKS ON A FAN PRINCIPLE IT COULD SEEM A BIT NOISY TO SOME
- IT IS NOT RECOMMENDED AT YOUR BEDSIDE IN A VERY QUIET ROOM AT NIGHT IF YOU ARE A LIGHT SLEEPER
- IF YOU ARE NOT BOTHERED BY THE NOISE OF A FAN THEN IT SHOULD BE FINE
As die ding CO2 sou afskei sal dit seeker werk. Muskiete word nie juis deur ultra violet gelok nie. Hulle mik juis vir donker, vogtige plekke.
Moet nie jou geld mors nie!
As die ding CO2 sou afskei sal dit seeker werk. Muskiete word nie juis deur ultra violet gelok nie. Hulle mik juis vir donker, vogtige plekke.
Moet nie jou geld mors nie!
Hoekom neig ek om saam te stem - tensy iemand wat dit reeds prakties beproef het my anders kan oortuig.
Proffie hou van Peaceful Sleep. Ek hou van Tabard (room). Maar as jy noulettend daarop is om jou teen sonsaktyd te smeer, en soggens as jy douvoordag op is, werk dit soos 'n bom. Ek is een van daardie ongelukkige ouens wat 'n besonderse smaaklike bloed vir die klein verpestings het. Hulle vlieg draaie om ander mense om my te kom leegsuig. Maar Tabard hou hulle op hul plek. En saans as ek gaan slaap word die ou Raid muskietmatjie aangeskakel.
Die kontrepsie wat hierbo genoem en gewys word klink vir my alteveel na 'n "gimmick".
Citronela olie werk ook. Veral in plekke wat baia Tabard en Peacefull Sleep baia gebruik word. Soos in Mozambique.
Die Morteen en Raid in plug olie verwaremers werk ook baia goed maar hulle gee my sinusitus.
Jou probleem is nie die muskiet wat gevang word nie.
Dis die een wat muskietwees 101 deurgekom het en geleer het dat muskiete agter CO2 aan vlieg wat deur warmbloedige diere afgeskei word, en nie by gadgets gaan rondfoeter nie.
Of jy nou Peaceful Sleep of Tabart gebruik, om't ewe. Albei doen die ding. Muskietmatjies, sitronella olie, elektroniese muskietafweerders? Alles al probeer. Daardie een ou gaan jou steeds kom byt.
Wel gevind daar is minder vlieë en muskiete waar sitronella gebrand word. Die muskiet gaan egter onder die tafel in en kom jou daar by.
Hou hom weg en word nie gebyt nie.
Net so Pottie, die brand van n' kers of lampie....veral met citronela olie verminder die vliee en muskiete.
In malaria gebied moet mens maar alles doen om nie GESTEEK te word nie. Alle dooders en afskrik middels is maar net om die kaans van STEEK te verminder. Die boggers steek ten spyte van all ons pogings.
Ek het gelees dat daar in die mesopotamiese mummies dooie malaria parasiete gevind is. 2000 jaar terug was hulle daar en hulle gaan lank na ons daar wees ongeag wat ons probeer doen. Net so hulle gasheer!
In Toffo, Inhambane, Mozambique, groet die resort eienaar, Bambie, my die oggend. Die middag 2 uur is hy dood aan cerebraale malaria. Hy woon sy hele lewe lank in Mozambique en het elke jaar 2 of meer keer malaria gekry en met behandeling binne 3 dae gesond geword.
If it is your time to go, you will go!
Jou probleem is nie die muskiet wat gevang word nie.
Dis die een wat muskietwees 101 deurgekom het en geleer het dat muskiete agter CO2 aan vlieg wat deur warmbloedige diere afgeskei word, en nie by gadgets gaan rondfoeter nie.
Of jy nou Peaceful Sleep of Tabart gebruik, om't ewe. Albei doen die ding. Muskietmatjies, sitronella olie, elektroniese muskietafweerders? Alles al probeer. Daardie een ou gaan jou steeds kom byt.
Wel gevind daar is minder vlieë en muskiete waar sitronella gebrand word. Die muskiet gaan egter onder die tafel in en kom jou daar by.
Hou hom weg en word nie gebyt nie.
A mossie coil placed under every chair and the table where SWAMBO and I sit, seems o deter them pesky things quite well
Net so Pottie, die brand van n' kers of lampie....veral met citronela olie verminder die vliee en muskiete.
In malaria gebied moet mens maar alles doen om nie GESTEEK te word nie. Alle dooders en afskrik middels is maar net om die kaans van STEEK te verminder. Die boggers steek ten spyte van all ons pogings.
Ek het gelees dat daar in die mesopotamiese mummies dooie malaria parasiete gevind is. 2000 jaar terug was hulle daar en hulle gaan lank na ons daar wees ongeag wat ons probeer doen. Net so hulle gasheer!
Paul
Terloops, 'n muskiet byt jou met sy mond dele en spuit bietjie bloedverdunner spoeg in jou sodat hy lekker kan drink.
'n By is een wat steek met 'n angel agter aan sy lyf.
Vraag: Die blou ligte met die elektriese draadjies rondom, lok die blou lig muskiete en ander goggas?
Indien wel, dan moet ‘n mens nie blou ligte bebruik nie?
Ek is baie gelukkig want hulle steek my nie dalk is die bloed bitter of die vel hard. Ek hoor eintlik hoe tel hy rev's op en pyl op my af en skielik jet hy verby my en byt vir ma met alle afweer middels en produkte wat jy aan kan dink aan en dan noem hulle hom n muskiet terwyl ma glo dit is n raak skiet.

.......en dis die blikslaer wat jou byt waar jy nie gespuit het nie.
Kyk broer, hier in KZN word hulle so groot soos budgies. Ons het toevallig so paar aande terug gevind dat ma se "Tree Tree Oil" wat sy vir een of ander kwaal gekoop het heel effektief werk om hulle in hul voetspore te laat omdraai. so twee kolle op arms nek en bene en jy slaap soos 'n babatjie.
Ek sien Heindrich verwys na Tea Tree oil.
Ons het dit nog nie probeer nie en synde in die begin van die malaria risiko periode, wil ons nou nie iets probeer waarvan ons nie seker is of dit mnr anopfheles gaan weghou nie. Hy dra die malaria gogga.
Heindrich, sover ek weet is die groot kusmuskiete daar by jou op Ballito nie anopheles se famile of skoonfamilie nie. (Kyk na hulle bene. Anopheles het gespikkelde bene en is redelik klein)
So ek sou graag wil weet of iemand al die Tea Tree olie in anopheles wêreld getoets het?
As dit werk, is dit dalk 'n meer welriekende alternatief as PSleep of Tabbart.
Ons het onlangs uit Peachfull Sleep gehardloop. Ons het toe nog net die room spray weergawe gehad, maar volgens my werk dit nie vir die 8ure wat dit veronderstel is om te werk nie. Ek het toe die roomspray sommer direk op my vel aangewend....en dit werk vir my baie goed! Ek het intussen al n hele paar keer dit gedoen met goeie resultate. Ek weet nie of dit skadelik vir jou vel of gesondheid is nie? Miskien weet iemand meer?
So ek sou graag wil weet of iemand al die Tea Tree olie in anopheles wêreld getoets het?
As dit werk, is dit dalk 'n meer welriekende alternatief as PSleep of Tabbart. (ala Proffie).
Persoonlik ruik ek eerder Peaceful Sleep of Tabard aleer ek Tee Trea Oil se reuk moet verdra. My vrou sprinkel soms 'n paar druppels van laasgenoemde op my kleinkinders se kussing voor slaaptyd wanneer hul neuse baie toe is. Dit blyk of dit daarvoor help. Maar o wee, die reuk in die kamer is nie vir my bedoel nie.

Het ongelukkig nie 'n idee hoe tea tree olie ruik nie.
Reuksintuig en smaaksintuig baie beperk tot amper nul. Ruik nie eers bloekomolie as die bottel langs my oopgemaak word nie.
Kan nie mijn vrouw vra nie want al die snaakse geure ruik vir haar lekker.