English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 276
Total Replies: 230 125
Total Views: 82 382 139
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 473 141
Talk about the current road conditions throughout the country

Montagu na Hermanus

replies: 6
views: 7255
21 Mar 2016 @ 09:34:58 am
Johann
Silver Member
22% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 07 Jan 2010
Watter roete sou julle aanbeveel vir karavaan?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2016 @ 13:50:23 pm
Johan
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 161
Joined: 01 Jan 2012
Experience: 22 years
Caledon Stormsvlei Bonivale Ashton Montagu. Daar is padwerke, maar dit is die roete.Tussen Ashton en Montagu by die tonnel voor Montagu is daar padwerke. As jy dit wil vermy is dit n draai van ongeveer 200 km. So eintlik geen opsie nie.
Lekker Kamp

Johan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2016 @ 08:42:48 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7844
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Herman ken ook die omgewing daar, dalk kan hy nog help.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2016 @ 12:43:52 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 514
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 44 years
Montagu na Hermanus
Die beste pad vir my om karafaan te sleep is van Montagu na Ashton en end na Aston draai jy links na Stormsvlei en N2 Ry deur Riviersonderend , Caledon verby tot op Botrivier draai jy links na Hermanus toe Teerpad al die pad
Hoop dit help vir jou
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2016 @ 12:30:03 pm
WL
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 12 Sep 2016
Experience: 59 years
Die nuwe Hemel-en-Aarde pad tussen Caledon en Hermanus is natuurlik ook nou oop.
Dit is `n baie mooi en korter teerpad wat ek beslis sal aanbeveel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2016 @ 10:50:18 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Vanuit Montagu ry jy deur Cogmanskloof (tans padwerke) tot by R60-aansluiting net voor Ashton. Draai links op R60 (rigting Swellendam). 5.7 km verder draai 'n teerpad (regs) na Bonnievale (ongeveer 10 km). In Bonnievale se hoofstraat draai jy links en slegs 500 meter verder weer regs in die rigting van Stormsvlei. By laasgenoemde afdraai is die Parmalat kaasfabriek se fabriekswinkel aan linkerkant - ek ry dit nie verby nie. Nadat jy regs gedraai het na Stormsvlei, kry net sowat 2 km verder die Bonnievale Kelder aan linkerkant - 'n lekker plekkie vir wynproe en -aankope. Sowat 19 km vanaf Bonnievale sluit jy aan by die N2 (by die gehuggie, Stormsvlei).

Die nuwe teerpad deur die Hemel & Aarde-vallei ry lekker, maar ek sal aanbeveel (indien jy sleep) om eerder aan te hou tot Botrivier en vandaar die R43 na Hermanus te neem (14 km langer as die Hemel & Aardepad). Die Hemel & Aardepad sal jou waarskynlik net so lank neem as die R43, omrede dit redelik steil is en ook taamlik draaierig. Verken eerder die Hemel & Aarde-vallei se uitstekende wynplase en restaurante wanneer jy eers rustig in Hermanus is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 11:37:39 am
Marula
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 11 Jan 2015
More julle. As julle eers vannaand die boodskap sien - Goeie naand. Ek en vroulief is besig met ons pesioentoer en wil begin by die Gansbaai, Hermanus omgewing. Kan iemand vir ons kampplekke aanbeveel want ons is onseker oor al die kommentare en "ratings" wat ons op die internet kry.
Byvoorbaat dankie
Marius van Deventer
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required