English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 709
Total Views: 82 537 666
topics: 10 936
replies: 127 690
views: 38 956 661
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Montagu Kampplek

replies: 16
views: 289
03 Oct 2019 @ 13:40:25 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ons manne in die Kaap het nie die voorreg om OORDE, soos julle boggers het, te kan hê nie. Ons het parke, of kampe. Groot verskil. Daarom is dit vir ons lekker om nou en dan 'n park te kan hê waar jy lekker kan gaan staan. Soos Montagu. Warmwater-bron en lekker gras-staanplekke, daar is ook verskeie variasies chalets. In en om Montagu is baie om te sien en te doen, ons het ook die bekende trekker-rit tot heel bo op die berg gedoen, jy moet maar bietjie hare op jou tande hê daarvoor. Daar doer-bo smaak n sherrie'tjie darem bo-baas! Daar is verskeie lekker stap-roetes ook.

So as julle Valie-manne perdalkies hierdie kant toe kom om te kom kwyl oor hoe mooi dit in die Kaap is, hierdie is 'n goeie opsie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 13:57:32 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit lyk heel skaflik.  Sal 'n plan moet maak.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 14:40:37 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4162
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

As Danie says, Montagu is a lovely campsite I have only stayed there once while we were touring. Now it's just down the road from me.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 14:47:39 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Montagu is maar een van vele fantastiese plekke in die Wes en Suid-Kaap. In die noorde is daar darem ook fantastiese plekke met net 'n ander atmosfeer, oa die Bosveld en Kruger park.  Ons staan met 'n voet in beide plekke en waardeer beide.

Daardie trekkerrit en die gepaardgaande potjie is darem iets besonders.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 16:51:22 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 160
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Die mooiheid van bergpasse en uitkyk oor valleie kan deur min dinge geklop word. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 21:23:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

In die jare 80 laas daar gewees.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 23:46:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Jy praat so van ons wat gelukkig is met groot oorde…..soos jy gesien het hou busse vol lawaaierige dag besoekers ook daarvan….dis weer die nadeel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 06:22:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die mooiheid van bergpasse en uitkyk oor valleie kan deur min dinge geklop word. 

Dit is so ware woorde daai.  Maak mooi kop skoon deur net na dit te staar, en die prag van SY HANDE te aanskou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 07:18:58 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Leon ek dink ons moet n ompad ry en daar uitkom.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 08:27:20 am
franso60
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 15 Jan 2015
Experience: 19 years

Pragtige netjiese karavaanpark met 3 swembaddens. Park eienaar duld ook geen nonsens nie, dis hoekom die kamp so ordelik en netjies is. Kan dorp toe stap, fietse huur of wat ook al. Ook baie restourante in die dorp om jouself te treat.  Ek kamp elke Desember daar vir 10 dae en daarna by die Punt in Mosselbaai. Net so lekker daar en ook naby Hartenbos, George en Knysna.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 09:02:42 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die eienaars het ook 'n ander kamp- Silwerstarnd net buite Robertson.  Hulle het dit so 'n paar jaar gelede oorgeneem en toe ons laas daar was, het hulle reeds 'n swembad gebou en heelwat opknappingswerk gedoen.  Die oord was toe reeds puik en en glo dit sal uiteindelik netso goed soos Montagu wees.  Dis op die walle van die Breede rivier en beide oorde laat klein hondjies toe.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 13:34:43 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4162
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Silwerstrand is op my sort lys vir volgende jaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2019 @ 09:28:00 am
Nacraza
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 04 Apr 2014
Experience: 49 years

Stayed there a few months ago, enjoyed the site (clean and quiet at that time of year). However, Eskom were doing line maintenance so the power was off most of the two days!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2019 @ 11:20:10 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Is die oord se naam....  MONTAGU...

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2019 @ 11:38:12 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja, Montagu Caravan Park.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 08:17:00 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Silwerstrand is pragtig, maar jy moet verlief neem met die speed boats se geluid. Die kamp is amper soos die ou Baden Baden, jy moet 'n "lid" wees wat "goedgekeur" is. Dit het vir ons voorgekom asof jy maar van die regte "agtergrond" moet wees. Die van julle wat vroeër jare al by Baden gekamp het sal onthou dat oorbelle op mans en tattoes jou nie toegang-kaartjie was nie. Daar was ook 'n lawaai-sensor by die bad wat jou kinders gewaarsku het as hulle te hard raas. Maak maar seker of jy "lid" is voordat jy by Silwerstrand opdaag. Daar is natuurlik ook Skurwekop, 'n kort entjie daarvandaan, in alle opsigte pragtig en luuks met grasperk-staanplekke en 'n swembad en kiosk. Kyk my foto's. Vanaf die plaas langsaan kan jy op 'n heerlike sundowner gaan waar alles voorsien word .. te heerlik om oor te vertel.  Skurwekop is 'n plek wat nie gemis mag word nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 09:49:25 am
franso60
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 15 Jan 2015
Experience: 19 years

Nog nooit by Skurwekop gekamp nie, maar lyk lekker en skoon daar. Lyk nie of daar veel bome is nie. Eks vir omtrent seker al 20 jr lid by Baden, gaan nog so een keer n jaar soontoe en bly dan sommer in huisie, ek verkies om by Montagu karavaanpark te kamp alhoewel hulle dubbeld so duur is. Hulle kies en keur ook hulle customers.....

en die eienaar (privaat ) vat ook nie nonsens nie nes eienaar van Baden.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required