English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 433
Total Replies: 233 384
Total Views: 82 470 119
topics: 4 421
replies: 29 854
views: 17 361 420
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 87
replies: 61
views: 5 569
Mokala National Park - Motswedi Campsite - SanParks
Northern Cape, Kimberley
9
Total Ratings: 9
9   
0
Rated: 09 Apr 2018
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Mokala Nasionale Park Gekose Oord

replies: 6
views: 90
03 Oct 2019 @ 13:14:39 pm
CaravanParks.com
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2758
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 46 years

Mokala Nasionale Park - Kimberley, Nood-Kaap
Kamp & Leef Gekose Oord

Mokala Nasionale Park is die nuutste toevoeging tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke en wag om verken te word. Mokala is die Tswana-woord vir die Kameeldoring (Akasia erioloba) wat algemeen in die gebied voorkom. Hier kan u die skaars baster-gemsbok en die hartebees, buffels, kameelperde en swartwitpense by die watergat sien as hul kom drink. Die kameeldoring-bome voltooi hierdie Afrika-toneel. Vermake sluit in: begeleide oggend-, dag en nagritte, asook rotskuns-ritte. Geniet die braai-geleenthede en ook ontbyt onder ‘n 400jaar oue kameeldoring.

Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.

Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm

Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 13:27:44 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 663
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Nog een van die juwele van ons land! Pragtige PRIVAAT badkamers vir elke staanplek. Ons het 'n uiters-heerlike ete by die restaurant gehad. Ons het ook een keer in die chalets gebly, WOW. Soos ek dit verstaan was die park eers in privaat hande (ek het gehoor dit was Christo Wiese) en is aan SANParke verkoop, en later met 100% vergroot. Dit is die heel nuutste park van al die SANParke.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 14:08:41 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Alhoewel ons nooit by Mokala gekamp het nie - hetsy die ou Haak-en-Steek kampeeerterrein of die huidige Motswedi - het ek vele besoeke aan Mokala gehad. Tydens my werksjare moes ek gereeld die saadbehandelings-toerusting van GWK by die Modderrivier silo's gaan kalibreer. Voor Mokala vir die publiek oopgestel is, het ek maar gewoonlik in Kimberley by 'n gastehuis oorgebly. Maar sedert Mosu Lodge in Mokala sy spreekwoordelike deure oopgemaak het, was dit menige keer ons oorbly-plek. Ek't gewoonlik op 'n Saterdag by die huis vertrek en in die Karoo Nas Park oornag. Die Sondag gery tot Mokala, die Maandag gaan kalibreer by Modderrivier en die Dinsdag weer tot Karoo en die Woesdag terug huistoe. By Mosu Lodge het ons eenheid No 2 verkies - met 'n onbelemmerde uitsig op die bedrywige watergat.

Mosu beskik, wat my aanbetref, oor die beste restaurant in enige Nasionale Park. Die park beskik oor unieke topografie met 'n verskeidenheid van wildspesies. Die primêre doel van die park is om sommige van die skaarser wildspesies, soos bastergemsbokke, tsessebe's en swartwitpense te teel. Sanparke het dié gedeelte waarop die park geleë is oorgeneem vanaf Winterhoek Safari's. Die park is egter intussen uitgebrei met die aankope van omliggende plase.

Ek was aanvanklik baie ongelukkig oor die deproklamasie van die destydse Vaalbos Nasionale Park naby Barkly-Wes. Dit was 'n klein juweel. Maar 'n grond-eis het Vaalbos se "dood" beteken. Mokala (die Tswana-naam vir "kameeldoring") is toe aangekoop en geproklameer. Ek reken dit is een van ons land se top Nasionale Parke. Net jammer dat ek nie ge-"gear" is met my padwa om by Motswedi te gaan kamp nie. Die paaie in die park is heel begaanbaar, maar die 21 km vanaf die N12 tot by die ingang kan soms in n skrikwekkende toestand wees.

As jy nog nie by Mokala was nie, skuld jy jouself 'n besoek aan hierdie pronkstuk van die Noord-Kaap. Ai - hoe verlang ek nou.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 17:00:38 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Was daar laas jaar. dit is regtig n pragtige plek en het baie wild om die watergat gesien. Daar is net n paar kampe pleke wat in n halfmaan om die watergat gelee is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 17:30:04 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1089
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Mokala bly 'n juweel.  Ons was al 'n paar keer daar en het in die chalets gebly omdat die padkaravaan nie daar kan uitkom nie.  Mosu was laaskeer ons keuse.  Die wind was kwaai maar braai het ons gebraai.  Vorige kere by Lilydale gebly want die is nader aan Modderrivier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 21:22:29 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8268
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie.

Goed omte weet.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 07:41:24 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 276
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Was ook daar, het destyds my JL's en vasbyt in daai park gedoen. Die plek het n sagte plekkie in in my hart.

Ons was so twee jaar terug daar, nie gekamp nie, was baie lekker gewees en sal weer gaan.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required