English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 955
Total Replies: 272 082
Total Views: 83 934 699
topics: 12 407
replies: 150 956
views: 39 709 065
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Moenie MY fout maak nie

replies: 32
views: 724
04 May, 2022 @ 13:11:12 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1358
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Manne manne manne, ek het n lekker groot fout gemaak. Op pad na Elandsbaai het my kar gebewe soos n ou wat malaria het. Op pad terug NOG ERGER. Ek het my kar volledig laat ondersoek, gedog dis my drive shaft wat vibreer. Vanoggend my karavaan geneem om die bande te laat balanseer  ............. en met n skok agtergekom my bande is TIEN JAAR OUD. En die gevolg? Kyk maar na die foto's. Oppas wat julle doen, ek is gelukkig om nie n ernstige situasie op te getel het nie.  Jou bande moet NIE ouer as vyf jaar wees nie, al lyk die loopvlak HOE GOED.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May, 2022 @ 14:05:44 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1798
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Danie dankie vir die inligting

en Ja die bande van 5 jaar is 'n onderwerp op sy eie

Daar is baie vaktore wat mens saam met die 5 jaar moet neem.

Die riglyn van 5 jaar is op redelikke harde gebruik swak berging ens, bepaal

Daar is baie goed wat daar in berekeing gebring moet word

My riglyn vir my eie bande is en ek glo ook die belangrikste

Behoorlikke inspeksie voor elke gebruik maak nie saak of hulle 1 maand of 10 jaar oud is nie (Sukkel bietjie om onder die wa tekom maar ek haal nou wiel af en ondersoek hom Kraatjies stampe ens)

Band druk tydens stoor ook

Wat is die humiditeid waar jy die wa hou en gebruik

Vrag wat jy laai

my 1956 MB het nog sy uit die fabriek bande op (66 jaar oud) 

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
04 May, 2022 @ 16:23:44 pm
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1561
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Ek kou ook lang tand aan daardie "5 jaar" beperking ....... ek glo dis eerder te wyte aan ander faktore - banddruk (volgens die vrag), tipe bande, wielsporing, laers, skokbrekers, storing ens. Ek het egter ook al so 'n loopvlak verloor a.g.v 'n stadige lekkasie wat ek opgedoen het tydens my rit ....

Tydens toetse wat ek vroeër jare vir General Bande gedoen het was daar selfs 'n voorskrif van waar 'n voertuig lank gestoor moet/mag word - die oppervlak behoort so min vibrasie oor te dra as moontlik, dus, grond/gras of plaveisel .... sement of konkreet vloer is nie goed nie! Ook is hierdie van toepassing waar wiellaers te sprake kom ........

Ek stem saam dat band inspeksie baie belangrik is en dat 'n mens maar sulke dinge moet doen met die tyd saam. Ons voertuie lek deesdae nie (soos in die verlede!) baie olie nie, en tog doen ons die oliestok toets baie gereeld, dan  nie??

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May, 2022 @ 18:45:05 pm
Gerden
Moon Member
55% Profile Strength
Posts: 733
Joined: 04 Jan, 2021

Manne manne manne, ek het n lekker groot fout gemaak. Op pad na Elandsbaai het my kar gebewe soos n ou wat malaria het. Op pad terug NOG ERGER. Ek het my kar volledig laat ondersoek, gedog dis my drive shaft wat vibreer. Vanoggend my karavaan geneem om die bande te laat balanseer  ............. en met n skok agtergekom my bande is TIEN JAAR OUD. En die gevolg? Kyk maar na die foto's. Oppas wat julle doen, ek is gelukkig om nie n ernstige situasie op te getel het nie.  Jou bande moet NIE ouer as vyf jaar wees nie, al lyk die loopvlak HOE GOED.

Al wat ek kan sê is:-"Call Yourself a Lucky Camper Without an Accident".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May, 2022 @ 19:28:19 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16951
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Die vyand van rubber is

  1. Lig soos ultraviolet lig in sonlig en 
  2. Suurstof

Dit breek rubber oor tyd af.  Dit is ook waarom bande wat minder in aanvraag is en ook baie sagte bande gestoor word met daai blink wrap om wat lyk soos foil.  Gaan loer by bande plek se stoor, jy sal dit daar sien.

Ja stem saam met 5 jaar oud om dan te vervang.  Die eerste tekens van verweer is baie fyn krakies tussen die groewe op die loopvlak.

Die koste van bv twee bande is baie minder gemeet aan die hertel kostes as die loopvlak afkom en die karavaan om die wiel area stukkend slaan

Danie het weer die rooivlaggie opgesteek................ dis maar elke ou se saak wat hy daarmee maak

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May, 2022 @ 21:25:31 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1966
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

My beskeie mening is dat die vyf jaar vereiste dieselfde is as die "sell by date" op "droë" medikasie.

Hoe kan 'n band wat nie stilstaande aan sonlig, bloot gestel word nie, nie teen lae druk gebruik word nie en nie oorlaai word nie met min loopvlak slytasie na net vyf jaar oor die muur wees?  Hoe kan pille wat in 'n lugdigte houer in 'n koel plek geberg word voortydig onbruikbaar wees?

Ek lees dat blikkieskos wat uit die tweede wereld oorlog dateer onlangs getoets was, en dat niks daarmee verkeerd was nie.

Ek vermoed die sogenaamde "built in obsolessence" faktor wat verkope stimuleer is die grootste sondaar hier.

Enige produk se lewensverwagting word tog sekerlik bepaal deur gebruiksomstandighede, en nie rak lewe nie.

As jy nie van my redenasie hou nie, gaan kyk hoe oud en absoluut diensbaar plaas implimente se bande is na baie, baie jare se gebruik. 5 jaar se voet - dit gaan net oor verkope! 'n Band moet vervang word wanneer sy karkas en of loopvlak nie meer diensbaar is nie. Vergeet wat die bemarkingsmense te sê het.

Moet 'n spaarwiel wat nooit uit die bagasiebak gehaal was en altyd op die regte druk gehou was na vyf jaar weggegooi word? Hoe lui kleintyd se uitdrukking? Moet nie vir my kom vertel perde drolle is vye nie! 🙂

Hoekom bars minibus taxis se bande? Misbruik, swak versiening en oorlading as jy my vra.

Ek het ook 'n karavaan band gehad wat skeef afgeloop het, maar dit was nie as gevolg van ouderdom nie, maar 'n slaggat wat die wielsporing ge-affekteer het.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May, 2022 @ 11:52:37 am
Fienie
Gold Member
51% Profile Strength
Posts: 97
Joined: 08 Dec, 2021

Dit is soos jy se n geldmaak storie. Ongelukkig ry die assuransies ook op dit, en kan n ongeluk eis afgekeur wird as die bande ouer is. Hulle soek mos verskonings om nie uit te betaal nie.

Jare gelede het ek n stel bande gekoop en gestoor vir n jaar of so todat ek dit nodig het. Daai bande gee baie meer kms aangesien rubber cure en harder word oor tyd

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May, 2022 @ 15:08:24 pm
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1561
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Ek het vroeër, toe hierdie onderwerp ter sprake was, deeglik by my versekeraar navraag gedoen omtrent dié bande kwessie wat die "5 jaar" vervanging en "afkeur" van versekering aanbetref - beide op my karavaan en voertuie.

Daar is onomwonde verklaar dat dit BTO (bog, twak en onsin) is. Solank die bande wettige loopvlak het, nie ooglopende skade het nie, sal 'n versekering eis nie geweier word nie.

Indien jou versekering van 'n ander mening toegedaan is, stel ek voor, kry 'n beter een!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May, 2022 @ 16:01:25 pm
Gerden
Moon Member
55% Profile Strength
Posts: 733
Joined: 04 Jan, 2021

Ek het vroeër, toe hierdie onderwerp ter sprake was, deeglik by my versekeraar navraag gedoen omtrent dié bande kwessie wat die "5 jaar" vervanging en "afkeur" van versekering aanbetref - beide op my karavaan en voertuie.

Daar is onomwonde verklaar dat dit BTO (bog, twak en onsin) is. Solank die bande wettige loopvlak het, nie ooglopende skade het nie, sal 'n versekering eis nie geweier word nie.

Indien jou versekering van 'n ander mening toegedaan is, stel ek voor, kry 'n beter een!!

Nico, ek is geneig om saam met jou te stem.
Ek het dieselfde vraag aan OS gestel toe ek destyds die Swift gekoop het en die antwoord was:- UITERS BOG.
Die antwoord was ook:- Solank die bande se loopvlak binne spesifikasies is, is daar nie ń probleem nie
Toe ek die bande wat ek met aankoop van die Swift na 4-jaar vervang en kon nie "Commercial" kry nie agv dat die bande 13" was het ek OS weer gekontak.
Die antwoord was:-Indien die bande binne gewig spesifikasie is, is daar geen probleem nie. Ek moes slegs ń foto neem van my wa se data plaat en afskrif van bande se faktuur en dit na hulle e-pos. OS se terugvoering was:- Dit is aanvaarbaar en geen probleme word voorsien nie.
Gelukkig het die Penta wat ek nou het meer as genoeg spesifikasie bande op wat nuut is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May, 2022 @ 16:13:37 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20438
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het vroeër, toe hierdie onderwerp ter sprake was, deeglik by my versekeraar navraag gedoen omtrent dié bande kwessie wat die "5 jaar" vervanging en "afkeur" van versekering aanbetref - beide op my karavaan en voertuie.

Daar is onomwonde verklaar dat dit BTO (bog, twak en onsin) is. Solank die bande wettige loopvlak het, nie ooglopende skade het nie, sal 'n versekering eis nie geweier word nie.

Indien jou versekering van 'n ander mening toegedaan is, stel ek voor, kry 'n beter een!!

Stem saam Nico.....as versekering daarop wil terugval, mors jy jou geld. Dieselfde met drop plates.....manne het my gewaarsku dat versekering nie gaan uit betaal as ek met n drop plate ry nie aangesien dit nie standaard is - Net so n klomp bog

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May, 2022 @ 16:15:57 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20438
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Hier in Pretoria is paar plekke wat al vir jare en jare 2de handse bande verkoop....meeste ouer as 5 jaar. As dit onwettig was, sou hierdie besighede al lankal met die gereg te doen gekry het. Dink net hoe lekker sou die spietkops langs die pad aangegaan het as dit so was

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May, 2022 @ 16:33:24 pm
Gerden
Moon Member
55% Profile Strength
Posts: 733
Joined: 04 Jan, 2021

Al waarvan ek bewus is, is "Sidewall Damage".

Op my X-Trail het ń los stuk draad op my R/H voorste band naby aan loopvlak ń "Slow Puncture" veroorsaak.

Supa Quick en ander bande handelaars het geweier om dit te herstel omrede dit volgens wet, onwettig is en sou dit ń ongeluk veroorsaak agv die herstelbare band, is hulle verantwoordelik vir die skade indien daar noukeurige ondersoek sou plaasvind.

Moes maar toe die band vervang wat nog so 20k km kon doen.

👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
05 May, 2022 @ 16:44:59 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1966
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Fienie, as die 5 jaar kwessie wetlik toepasbaar was sou dit mos deel van 'n padwaardigheidstoets kriteria uitgemaak het. Slegs loopvlak diepte is daar ter sprake, en natuurlik opsigtelike skade, wat ook meestal misgekyk word wanneer dit aan die binnekant voorkom.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May, 2022 @ 17:59:19 pm
Fienie
Gold Member
51% Profile Strength
Posts: 97
Joined: 08 Dec, 2021

Jy is reg, maar ek weet van n eis wat geweier is agv daarvan.

My bande ook ouer.

Ek doen met my 4x4 10k km n jaar, en kry 80k plus op n stel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May, 2022 @ 16:36:07 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1358
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Die "vyf jaar" ding is debateerbaar, maar my bande was TIEN jaar oud. MET pragtige loopvlakke nog. Ek het nou ongelukkig twee assuransie-eise gehad gedurende die afgelope vier jaar. En ELKE keer het die assessor met n kamera opgedaag en ..... foto's van die BANDE geneem.

Dit vertel vir my ...... iets.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May, 2022 @ 16:40:01 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1966
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Waarop het hy gefokus, op die vervaardigingsdatum of op die loopvlak? 

Vertel....vertel..... wat was die uiteinde van die fotos storie?

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May, 2022 @ 17:41:37 pm
George
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 924
Joined: 01 May, 2016
Experience: 14 years

Die "vyf jaar" ding is debateerbaar, maar my bande was TIEN jaar oud. MET pragtige loopvlakke nog. Ek het nou ongelukkig twee assuransie-eise gehad gedurende die afgelope vier jaar. En ELKE keer het die assessor met n kamera opgedaag en ..... foto's van die BANDE geneem.

Dit vertel vir my ...... iets.

Did they still pay the claims ?

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May, 2022 @ 07:40:09 am
Shortie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 03 Mar, 2022

Assessor het ook foto's van voertuig se bande geneem. Op navraag het hy gese dit is bewys van loopvlak van bande. Het nog nooit probleem gehad met ouderdom van bande nie. Geen wet wat se bande mag nie ouer as 5 jaar wees nie. Dit gaan maar oor eie veiligheid bepaling.

Indien 5 jaar wet was sou almal  bande wil he wat vars uit die oond is. Nog nooit iemand gesien wat hieroor murmereer by handelaars nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May, 2022 @ 08:35:59 am
Chris Centurion
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 756
Joined: 04 May, 2016
Experience: 35 years

Assessor het ook foto's van voertuig se bande geneem. Op navraag het hy gese dit is bewys van loopvlak van bande. Het nog nooit probleem gehad met ouderdom van bande nie. Geen wet wat se bande mag nie ouer as 5 jaar wees nie. Dit gaan maar oor eie veiligheid bepaling.

Indien 5 jaar wet was sou almal  bande wil he wat vars uit die oond is. Nog nooit iemand gesien wat hieroor murmereer by handelaars nie.

As ek bande koop, kyk ek eers na die vervaardigingsdatum alvorens hulle die bande opsit. Indien die bande ouer as 6 maande is, koop ek hulle nie.

Ek het al 'n band verloor op my woonwa wat 7 jaar oud was en so my les geleer. Rubber bevat olie en met ouderdom droog die rubber uit en dit is wat die die fyn krakies in die groeewe van bande veroorsaak.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May, 2022 @ 22:02:36 pm
BrianB
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4528
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 43 years

This tyre came off my caravan today. Decided to check the tyres as we are about to start our next tour and I knew they were about six or seven years old.

What a shock I got 😬

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May, 2022 @ 22:05:28 pm
BrianB
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4528
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 43 years

deleted

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 06:04:41 am
Hennie Botha
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

This tyre came off my caravan today. Decided to check the tyres as we are about to start our next tour and I knew they were about six or seven years old.

What a shock I got 😬

Scary, but isn't the axle maybe bend. Something does not seem correct.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 07:30:47 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1966
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Mine showed similar wear after a pothole incident, and resulted in an axle replacement.

Because the caravan’s axle is wider than that of the towing vehicle one tend to avoid a pothole with the vehicle, but cannot always swerve enough to accommodate the caravan as well resulting in the bent axle.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 08:41:56 am
BrianB
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4528
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 43 years

Mine showed similar wear after a pothole incident, and resulted in an axle replacement.

Because the caravan’s axle is wider than that of the towing vehicle one tend to avoid a pothole with the vehicle, but cannot always swerve enough to accommodate the caravan as well resulting in the bent axle.

That happened during our first stint while touring, the axle was replaced by ALKO and I put new tyres on after the axle was replaced this was August 2012 . I have not hit any potholes since then so now I wonder if there is still not a problem. I will have to have the axle checked again.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 09:28:22 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 6112
Joined: 20 Jan, 2003

That's bad Brian, better have it checked before you start your trip.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 09:31:07 am
BrianB
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4528
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 43 years

That's bad Brian, better have it checked before you start your trip.

Yes will do Willem,  the van is booked in for a checkup before we leave Cape Town next month👌

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 09:33:50 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 6112
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 35 years

Yes will do Willem,  the van is booked in for a checkup before we leave Cape Town next month👌

Who is going to check it ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 09:47:39 am
BrianB
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4528
Joined: 10 Sep, 2011
Experience: 43 years

Who is going to check it ?

The van is booked in at Tygerberg Caravans but I'm waiting for Alko to return my call they have a local branch in Cape Town and I want them to go and inspect it while its there. Otherwise I'll have to take the van to Alko if they cannot.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 13:53:35 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1358
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Waarop het hy gefokus, op die vervaardigingsdatum of op die loopvlak? 

Vertel....vertel..... wat was die uiteinde van die fotos storie?

Hulle het gefokus op die loop-vlak, maar dalk het hulle ook na die ouderdom geloer ook.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 14:53:32 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1966
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

The van is booked in at Tygerberg Caravans but I'm waiting for Alko to return my call they have a local branch in Cape Town and I want them to go and inspect it while its there. Otherwise I'll have to take the van to Alko if they cannot.

It will be interesting to know how they are going to check it. If they are going to use a tape peasure to measure the difference between the front inside of the rims and the rear inside thereof then you might as well do it youself. 

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 17:31:13 pm
Piet Ford
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 738
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Dit is nou baie interessant. Ons (ek en my pa) het een jaar van hartenbos terug Germiston toe gesleep. Ek het die Gypsy 4 gesleep en my pa die Gypsy 5. Dit was nogal rof. Het n baie sterk sy wind gehad vanaf Beaufort Wes tot Bloemfontein waar ons oor nag het. 

Ek loop van die badkamer terug karavaan toe en met die son op die regte plek vang my oog die karevaan se regter wiel. Die loopvlak op die buitekant van die regter band was weg, heeltemal weg (net staal draad wat wys) a.g.v. van die sy wind. Kyk na my pa se Gypsy 5 en dieselfde storie, albei bande van die Gypsy 5 afgeloop aan die buitekant met net die voorste band wat materiaal wys.  As ons die laaste 400km gery sonder om dit op te tel kon dit groot probleme veroorsaak het. 

Die punt is, hoe verduidelik jy dit dan aan die  versekering as iets gebeur het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May, 2022 @ 20:00:06 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1966
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Ek het in my tyd al baie verduidelikings gehoor oor loopvlak slytasie. Konstante dwarswind en skerp rondingskontoer van die pad oppervlakte was twee van die goed wat my laat wonder het waarom massiewe groot sleepwaens wat baie hoog is se eienaars nooit daaroor kla nie. Dieselfde geld vir die ronding van die pad. Sporing, d.w.s. “toe-in” of “toe-out” was tradisioneel die skuldige party. Miskien het ‘n nuwe party waarvan ek nog nie gehoor het nie nou aangesluit. 🫠

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May, 2022 @ 17:14:19 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4962
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Die dwarswind en ook uitermate kant-toe helling van die pad klink vir my nogal moontlike redes vir een kant van die kant wat afloop. Die eerste verdagte sal  egter myns insiens steeds foutiewe sporing van die wiele wees.  As die wind en pad se skuins helling wel verdag is, wonder ek of die bande nie dalk ook te sag gepomp is nie. 

Die ouderdom van die bande is nie vir my heeltemal aanvaarbaar nie, mits hulle nie vir baie jare in die son gestaan het nie.  Ek het met on Ventertjie met bande, nog kruislaagbande, van meer as 25 jaar ritte van 1600 km met redelike swaar vragte gery sonder enige skade.  Die waentjie het wel deurentyd onderdag gestaan.  Hoewel die rubber redelik hard geword het, was daar nie tekens van haarbarsies nie.  Ek het die bande maar net vervang omdat hulle oud was. Die huidige bande, die nuwes wat ek opgesit het, is nou ook al omtrent 15 jaar oud en nog nie sigbaar oor die muur nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required