Hai al die manne, ek het nou-al sekerlik in elke modder-toestand denkbaar gery op plekke wat die uiterstes uit my gehaal het. Maar ek het nog nooit gevind dat my bande balansering uit raak as gevolg daarvan nie. Ek aanvaar dat ek al bande gehad het wat uit balans geraak het as gevolg van erg sinkplaat en roetes soos van Zylspas en die Raubicon waar jou band honderde groot slaggate tref. Wel, verlede week het ek n moddder-modder pad in die Sandveld gery tussen Aurora en Redelinghuys en Velddrif.
Hoor wat ek julle vertel, daai blêddie modder het DERTIG milimeter dik aan die binnekant van die rims aangepak. Gedurende die nag het die modder afgesak en n 50mm dik "ball" gemaak. Toe ek daar uit Mykonos wegtrek het my mouster die stopsels uit my tande geskud. Die moddder het kliphard geraak. Ek moes by Malmesbury indraai en die rimme laat skoonmaak en balanseer.
Nadat ek die situasie ge-annaliseer het het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit die tipe modder spesifiek van die Sandveld is wat VASSIT in stede daarvan om af te spin. Ek meen, ek kom mos al n lang pad met modder, en dis die eerste keer dat ek so-iets teëkom. So, as jy vind dat jou bande skielik sonder rede begin hop, kyk eers na die binnekant van die rimme voordat jy panic.
Ek dit al geondervind met die Suzuki SJ as ons lelike 4x4 trails gery het. het al geleer om die Powerwach te vat en skoon te spuit na so n trip
.
Danie waar ek groot geword het was ons in die jare 1965-1972 sowat 50km v d naaste teerpad. Daar het ons gereeld nie kon ry behalwe die grenspos se 4x4. Ook baie vragmotors vol denne chips op pad Usutu papiermeule met trekker uitgetrek. Dit was vir ons niks snaaks om spin en gly gly oor die weg te kom nie. Die pad was opgevul met 'n klei basis grond. Selfs by ons plaas kerkie het mens baie keer erg moes spin om by die hoofpad te kom. Ons het ook maar as mens voel die voertuig vibreer soos jy beskryf die wiele afgehaal en net die modder verwyder. Balanseer - nie nodig en die naaste was in elk geval 90km ver. Geen krag gehad en geen power washers - hehehe.
Ek het dit eenmaal met sement oorgekom. Ford bakkie nog splinternuut toe begin dit bokspronge oor die pad maak. Ek is terug na Ford toe en hulle het hulleself oor 'n mik gesukkel om agter die probleem te kom. Na twee dae bel hulle my om in te kom en die werktuigkundige sit stukke sement in my hand. Ek het deur nat sement gery en dit het in die bande se groewe vasgeklou. Ek wou hulle eers nie glo dat stukkies nat sement sulke moeilikheid kan maak nie, maar die probleem was opgelos. So ek glo dat klewerige modder dit ook kan doen.
Jy ry ook nie die regte voertuig nie. Dis net 'n Ford wat dit kan doen.
Ek het nog net klam sand van die duine naby Upington in die rims sien vassit. Maar dit het nie lank gebly nie. Sodra hy spoed gekry het is hy weg.
Dankie vir die waarsku. Sal 'n ogie gooi as die geleentheid hom voor doen. So leer mens mos maar by ander.
Het dieselfde ondervind met Bantam bakkie jare gelede. Besigheid gedoen met sandwerke buite Pta.
Van daar af spuit ek al my voertuie se onderstelle en wiele deeglik skoon nadat ek grondpad gery het.
Was van kind dae af, soos Danie SLK, bewus van modder in die binnekant van wielvelling. As hy ongelyk is en droog word, gooi hy balans heeltemal uit.
Ek praat van De Soto, Borgward, Landrover, Ford, Chev bakkies van daardie tyd al (1960+).
Wanneer ek met die Defender gery het en daar was sand en modder betrokke, altyd oppad tyd gemaak om dit af te skraap (min water op toer).
By die huis dan ook met Kärcher vellings binne en voertuig onder gewas.