English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 691
Total Views: 82 536 747
topics: 10 936
replies: 127 677
views: 38 956 002
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Mobi Lodge Off Road wa

replies: 86
views: 35514
page 1 of 2
28 Feb 2015 @ 22:36:54 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Vir die wat nie die Beeld Buitelugskou kon bywoon nie, heg ek fotos aan van die nuwe Mobi Lodge wa.
Regverdig die wa die prys van meer as R300,000?
Cheers vir altyd
👍
1
💔
2
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 09:44:25 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Pragtige wa het hom besigtig toe hulle hom by die Brooklyn Mall gedemosteer het  Hy is nou in Maart se wegsleep en die vorige maand. Die ander boswaens kan maar gaan leër by hom selfs die gewone karavaan's ook

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 12:32:13 pm
Frank
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 184
Joined: 14 May 2013
Experience: 42 years

Man ja dis mooi,maar ek is nou nie een vir daai "Off road" paaie manne nie, kan vir my n mooi "Motor home"koop vir R300 000.00. My tiekie...............

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 15:58:56 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5660
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Het ook vandag na hom gaan kyk maar ook nie vir my nie.  Die grootste is die yskas ???

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 17:07:13 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1097
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Die RK300 is die goedkoopste een.  Tel al die opsionele goedjies by en die prys draai naby RK400.  Teen dan het jy darem 'n 90l yskas.

RC jy sê die Gecko was daar maar ek en skoonseun kon hulle nie kry nie.  Die Gecko kom met ingeboude stort en toilet.  As jy by een was wat dit nie in het nie, is hulle spesifikasies aangepas.   Ek dink die Gecko kan stewiger wees as die Mobi-Lodge.  Daai uitskuif module gaan baie stof in die raam insuig op 'n grondpad tensy die seëls baie goed is en daar 'n interne druk waaier is soos in sommige Conqueror waens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 17:21:28 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Theo ek het sopas deur die nuwe Maart uitgawe van Wegsleep geblaai en toe sien ek dat ek toe al die tyd na die Aloe Striata wa gekyk het. Jammer oor my glipsie! Hulle lyk nogal baie eenders met die aluminium checkerd plaat. Jy is reg, Gecko was nie daar nie. Weereens vra ek omverskoning vir die verwarring.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 18:23:12 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Dis mooi maar nie vir my
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2015 @ 07:08:26 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Bekend stellings prys 'n maand terug was R271 000. Wonder wat se materiaal het in 'n maand so duur geword. Dit daar gelaat.

Ek hou van die uitleg, vakmanskap asook die materiaal waarmee die wa gebou is. Mens kan sien dit is 'n gesoute kampeerder wat met die idee vorendag gekom het. Daar is wel klein dingetjies soos met enige karavaan wat "Ek" dink beter afronding verg.

Dan my groot vraag. Hoe prakties is 'n hoë profiel karavaan as 'n "Offroad" karavaan? Dit nou om tussen bome takke en bosse deur te ry.

Andersins hou ek baie van die Mobi Lodge.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2015 @ 07:32:40 am
Sennin
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 26 Jan 2015
Experience: 14 years

Die eerste keer toe ek die Mobi Lodge in Janewarie gesien het, was ek en die verloofde mal daaroor, maar soos tyd verbygaan en mens deur als dink, en weer die naweek by die expo gekyk het, besef mens maar net weereens dat als nie altyd 100% volgens mens se smaak en voorkeur is nie, en mens net moet besluit waarmyy jy kan saamleef en wat onaanvaarbaaar is.

 

Ek sou love om die Xplorer te swaai vir 'n Mobi Lodge, maar finansieel maak dit geeensins sin nie, aangesien my veranderinge aan my Xplorer my al die gerief bied wat die Mobi het.....

 

dis maar moeilik

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2015 @ 11:45:11 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8375
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years
Ook nie vir my nie, hou maar by dit wat ek het.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2015 @ 11:47:46 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8375
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Die eerste keer toe ek die Mobi Lodge in Janewarie gesien het, was ek en die verloofde mal daaroor, maar soos tyd verbygaan en mens deur als dink, en weer die naweek by die expo gekyk het, besef mens maar net weereens dat als nie altyd 100% volgens mens se smaak en voorkeur is nie, en mens net moet besluit waarmyy jy kan saamleef en wat onaanvaarbaaar is.

 

Ek sou love om die Xplorer te swaai vir 'n Mobi Lodge, maar finansieel maak dit geeensins sin nie, aangesien my veranderinge aan my Xplorer my al die gerief bied wat die Mobi het.....

 

dis maar moeilik


Sal graag wil hoor wat het jy en hoe verander op jou Explorer, dalk kan dit help. Laat jou nommer in kode..
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2015 @ 12:20:30 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Was nie by die skou nie, maar Sjoe!

R300,000,00 dis nou vir jou n helse klomp zero's.... Vir my, as ek hom kon bekostig..cry sou ek en my familie al lankal ievers heen hervesitig..

Maar kyk, as jy die koopkrag het, en nie skuld maak, en jy wil hom he... Go for it... Enjoy!cool

Don't see it going off-roading approach / cresting / departure & lean angles.... Hate to drag that through mud & water...surprised

Perhaps rough / sand roads?....

Waarme sleep n mens so ding?

my 2 Zim dollars worth....

 

 

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2015 @ 12:57:12 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1097
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

RC, g'n probleem.  Ek dag self jy was by die Striata want ons het dit ook eers verwar met 'n Gecko.  Is die Striata nie ook die wa waar die toliet in die voordeur was nie? 

Net oor die pryse.   By die skou is die pamflet uitgedeel waarin 3 pryse geggee word, tw RK296 vir die Custom;  RK345 vir die Expedition en RK 386 vir die Deluxe.   Op die webtuiste word al drie teen RK296 (afgemerk van RK315) aangebied en dan word selfs die goedkoopste een duurder na gelang van die opsionele items wat die koper kies.   Die buite afdak is maar skraps en jy gaan nat reën onder hom dus moet die opsionele voltent met sypanele gekoop word.   Nou is ons oor die RK300.

Die wa bly egter 'n aantreklike opsie.  

👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
19 Mar 2015 @ 18:24:01 pm
nog..
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 16 Oct 2012
Experience: 16 years

hallo Schalk, wanner gaan ons kamp? innocent - net waar jy wil cool

He who smiles in a time of crisis, has found someone to blame
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2015 @ 18:32:39 pm
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years
Nice maar ook ni vi my ni
"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2015 @ 19:57:57 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Deon, Ons gaan baie weg wees tot in Julie. Die eerste beskikbare naweek is 10de tot 12de Julie vir Bosfontein. Hoe lyk dit met julle? Daarna is naweek van 18de September oop.
Groetnis.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2015 @ 19:59:03 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Deon, e pos my eerder.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2015 @ 21:36:25 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Ons is amper daar. Die beloofde afleweringsdatum vir 25 Mei kon nie realiseer nie. 23 Julie is nou die beloofde leweringsdatum. Ons sien uit daarna. Ons sal verslag doen oor die afwerking en kwaliteit nadat ons eers 'n naweek gaan kamp het met die Mobi Lodge. Ons het bespreek by Tikwe in die Vrystaat vir volgende naweek. (Mits ons die karavaan ontvang het)
Ons hou julle op hoogte.
Cheers vir altyd
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2015 @ 21:43:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Kan glo julle is opgewonde...darem mooi wa...laas een gesien staan by Weesgerus
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2015 @ 21:49:50 pm
Anonymous

Baie geluk Schalk, hoop julle geniet die nuwe wa.laughing

Ek merk op dat jou onderskrif verwyder is, is die smart wa toe verkoop? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2015 @ 09:23:58 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Ons is amper daar. Die beloofde afleweringsdatum vir 25 Mei kon nie realiseer nie. 23 Julie is nou die beloofde leweringsdatum. Ons sien uit daarna. Ons sal verslag doen oor die afwerking en kwaliteit nadat ons eers 'n naweek gaan kamp het met die Mobi Lodge. Ons het bespreek by Tikwe in die Vrystaat vir volgende naweek. (Mits ons die karavaan ontvang het)
Ons hou julle op hoogte.

Schalk dit raad nou seker moeilik om te slaap, nog net 3 oor dan slaap jy in jou eie Lodge. Hoop alles loop mooi en kyk uit na jou kommentaar. Ek kry my nuwe wa oor 4 weke.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2015 @ 20:32:29 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Dankie Johann en Piet. Ja ons wag maar en sien of hulle alweer die datum gaan aanskuif. Die beloofde datum was 25 Mei 2015 en toe weer drie weke later aangeskuif en toe weer vyf weke aangeskuif. Ek het vanaand weer gehoor ek gaan die karavaan dalk eers einde Augustus in ontvangs kan neem. My moermeter is flippen HOOG vanaand! Ek sal verslag doen soos dinge vorder.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2015 @ 20:36:31 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
O ja Johann, ek het maar die advertensie afgehaal omdat niemand nog navraag hier op die forum gedoen het nie. Ek glo die regte koper op die regte tyd sal kom.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2015 @ 20:57:40 pm
Anonymous

Schalk, het jy dit ook die classified gesit? Hoop regtig jy kry koper, ek sou wat wou gee vir daai karavaan,  dit het net twee jaar te laat gekomsealed.

Wie daai karavaan koop, kry regtig 'n winskopie.

Ja so ge-uitstellery kan maar mens se geduld beproef, dit is nie goeie verkoops publisiteit nie, sterkte met die geduld.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2015 @ 20:57:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Kan verstaan frustrasie is hoog as dit so gaan....sterkte!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2015 @ 21:10:57 pm
Anonymous

My bakkie het net gaan staan, en ek laat dit toe insleep na iemand in Vanderbijl wat al vir baie jare my voertuie diens na waarborge verval het.

Die eienaar is so 3 jaar gelede oorlede, en nuwe mense het maar aan gegaan, lang storie kort, na vyf weke se gesoek kon hlle nie die fout kry nie. Elke dag as ek bel, dan wil hulle nog een ding probeer, week vyf bel ek insleep diens en gee opdrag dat hulle my bakkie net moet gaan haak en na die agente toe vat.

Selfs hulle het 'n week gesoek, maar nadat hulle eers die petrol pomp (binne die tenk) moes vervang wat die ander spul so op geneuk het dat ek 'n nuwe moes koop. Die fout is toe die kataliseerder of so iets in die uitlaat wat op gepak het. Nodeloos om te sê, die eerste ou sal my en my vriende hier NOOIT weer sien nie.

So ek ken van geduld wat opraak.

👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
21 Jul 2015 @ 07:50:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As julle so moet wag is daar seker 'n klompie ander toekomstige eienaars ook wat wag. Of dalk druk hulle voor jou in omdat jy nie genoeg bohaai maak nie.

Jy moet skree maat, jy moet skree. Anders kry jy eers jou wa volgende jaar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2015 @ 09:06:25 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Help nie om die mense aan te jaag nie, dan maak hul net droog om vinig klaar te kry. Dis nie die enigste fabriek wat lang wagtye het nie, ongelukkig gaan dit maar so. Baie dinge beinvloed sulke karavane se produksie spoed. Gee kans dat hul klaarmaak, as iets dan fout is met wa, dan weet jy dis nie omdat jy hulle aangejaag het nie..in hierdie land is dit afrika tyd elkgeval. Dalk vind fabrieke ontwerpsfoute en probeer hulle dit oplos voor nog waens terugkom..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2015 @ 09:19:09 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3726
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Help nie om die mense aan te jaag nie, dan maak hul net droog om vinig klaar te kry. Dis nie die enigste fabriek wat lang wagtye het nie, ongelukkig gaan dit maar so. Baie dinge beinvloed sulke karavane se produksie spoed. Gee kans dat hul klaarmaak, as iets dan fout is met wa, dan weet jy dis nie omdat jy hulle aangejaag het nie..in hierdie land is dit afrika tyd elkgeval. Dalk vind fabrieke ontwerpsfoute en probeer hulle dit oplos voor nog waens terugkom..

Wise words!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2015 @ 15:51:59 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Dankie Johann en Piet. Ja ons wag maar en sien of hulle alweer die datum gaan aanskuif. Die beloofde datum was 25 Mei 2015 en toe weer drie weke later aangeskuif en toe weer vyf weke aangeskuif. Ek het vanaand weer gehoor ek gaan die karavaan dalk eers einde Augustus in ontvangs kan neem. My moermeter is flippen HOOG vanaand! Ek sal verslag doen soos dinge vorder.

Dit is onaanvaarbaar. Wat is verkeerd daar by hulle fabriek. Ek het my karavaan einde Januarie 2015 bestel met n lang waglys en was belowe dat ek hom sal kry vroeg in September 2015. Hulle is egter voor in die vervaardiging en nou kry ek hom so middel Augustus. Sal volgende vrydag die datum kry wat ek die wa kan kry. Hulle stuur my elke week so twee fotos van die karavaan en so sien ons weekliks die vordering. Baie gelukkig met Gecko sover.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2015 @ 19:32:57 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Die manne by Mobi Lodge verander elke dag eensydig die ooreenkoms wat ons in Maart aangegaan het.. Ons het nou al die vierde afleweringsdatum, nl. 23 Julie (Donderdag) as finale belofte. Ek moet ongelukkig aankondig dat ek nie 'n gelukkige klint is van Mobi Lodge nie. Verskeie items was aangebied, maar daar is vele verskonings dat dit wat ek bestel het, nie moontlik is om uit te voer nie. Daar is nogal 'n verskil tussen die hulpvaardige mense van Sensation Karavane wat volgens hulle klinte, baie behulpsaam is en agteroor buig vir hulle klinte. Kliente tevredenheid hier staan laaste in die ry. Word vervolg.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
21 Jul 2015 @ 19:43:08 pm
Anonymous

Eish, kyk as hulle agter is met werk, ja mindly amusing,  maar as hulle beloftes van afwerking ens verander, nee wat dan kanselleer ek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 08:19:19 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Eish, kyk as hulle agter is met werk, ja mindly amusing,  maar as hulle beloftes van afwerking ens verander, nee wat dan kanselleer ek.

Ek stem saam.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 09:02:59 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Ek sal later die hele verhaal nog vertel. Die wind moet net so bietjie gaan l. Die uiteinde van die hele transaksie was 'n nagmerrie! Ek sal dit egter versigtig moet benader omdat ek klaar gedreig is dat hulle my sal aanvat in die hof vir naamskending. Ek kon nie kanselleer nie, want hulle het reeds R200K van my gehad as deposito. Die ander rede is dat ons regtig baie hou van die hele ontwerp van die wa met sy ekstra gevoel van ruimte en die ruimte van die badkamer met gasgeyser wat konstante warmwater verskaf. Dit is bevestig dat ons more die wa kan gaan haal in Middelburg by hulle fabriek.

Bleikbaar, volgens die eienaar, is die tent en skirt moontlik nog nie klaar nie. Hahaha! Hy sal gaan kyk......
Hierdie bestelling was geplaas 'n week na die Beeld Skou in Maart! Frustrasies en geduld wat net so flippen lank kan hou!!
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 09:17:23 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Oor die algemeen word daar dikwels gekla oor Jurgens Ci se produkte, afwerking en dienslewering.  Miskien is dit tog 'n bietjie oordrewe as 'n mens na Schalk se treurmare met MobiLodge kyk. As dit met die aflewering van die produk reeds so gaan, hoe gaan latere diens- en waarborg-ondersteuning lyk ?

Ek raai hierdie fabrikant het finansiële probleme en kan nie volhou met hul ideale om hierdie interessante konsep van die grond af te kry en dit daar te hou nie. Sulke firmas werk amper soos 'n piramide skema waar hulle 'n volgende kliënt se deposito gebruik om die vorige ou se produk te voltooi.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 12:10:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Frustrasies😈
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 13:08:57 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Schalk kom ons hoop as jy die wa kry jy gelukkig sal wees en julle lekker sal kamp.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 14:00:40 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Ek bid daarvoor Piet. Ek glo alles sal reg wees. Glo en dit sal gebeur. Sover is die groenlig nog aan vir more, maar die tent is nogsteeds 'n issue.....
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 15:04:10 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Schalk, as jy kan bewys jou kommentaar is die waarheid en dit wat jy kwytraak is in die openbare belang, is enige naamskending saak dood.

Wees net kalm totdat jy solank waarde kry vir die R 200 k deposito wat jy verskaf het. Hierdie is 'n nuwe besigheid en die dreigement is dalk net 'n poging om jou mond te snoer. Enige negatiewe publisiteit, wat 'n hofsaak insluit, sal hulle baie meer skade berokken as vir jou. Sorg net dat jy ontvangs neem van jou wa en dan kan die kleiner dinge uitsorteer word. Hopelik werk dinge 100% uit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 16:26:28 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Hans, Ek waardeer wat jy s en is maar versigtig. Ken jy die manne? Ek kom more deur Middelburg toe vir die oorhandiging. Ek is nie daarop uit om hulle te na te kom nie, maar EK voel BAIE te nagekom. Ek sal eers regsadvies inwin voordat ek my repliek gaan lewer, maar, ja, ek voel die belangstellendes moet maar seker maak daar word 'n skriftelike werkskaart uitgemaak met 'n volledige inventaris wat ingesluit is teen watter tarief met albei se handtekeninge daarop met 'n getuie aan jou kant, voordat jy 'n deposito betaal, want as jy eers daai deposito betaal het, hoor jy nie meer veel van hulle nie. Jou navrae word dan skielik geignoreer en die afleweringsdatum bestaan dan meer nie. Soos die regsgeleerdes sal s "Breach of Contract" en soos ons gewone mense sal s nou het hulle jou aan die bols beet!
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 16:39:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Alle sterkte!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 17:40:18 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Schalk, ek ken die eienaar (ontwerper van die wa ook?) van die besigheid. Hy het vantevore 'n musiekbesigheid gehad. Ek staan heeltemal neutraal. Die konsep lyk goed en ek hoop die nuwe besigheid werk uit. My bekommernis is oor die feit dat 'n duur nuwe produk in die mark gestoot word in tye wat dit ekonomies maar swaar gaan.

Hopelik sal 'n kalm openhartige gesprek ook toesien dat jy waarde vir geld kry, al is dit dan laat. Ek self is maar die versigtige tipe en sal eers wag totdat 'n produk homself bewys het. As almal egter so redeneer sal geen nuwe produk van die vloer af kom nie. Die meeste nuwe produkte het gewoonlik aan die begin probleme wat by die latere produksiemodelle uitgeskakel word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 17:46:47 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Hans, ja die probleme is intussen uitgestryk met so 'n one to one gesprek, maar dit is nie die wa wat ek bestel het nie. Sy broer het beloftes gemaak wat nie uitgevoer kon word nie. Marius is OK. Hy het my kom sien van Middelburg af. Dit tel punte.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 18:36:44 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Schalk, weet jy hoeveel MobiLodges al op die pad is ?  Kon jy dalk al by die ander eienaars hoor wat hulle ervaring met die bestelling was en ook of hulle met die uiteindelike produk tevrede is ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 19:19:04 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Die getalle word baie streng vertroulik hanteer. Geen idee nie. Vraag word gesidestep. Een ou in die KNP raakgeloop met een. Kortliks: Ek en hy het ten volle betaal vir die volgende items wat as ekstras resorteer: glas vensters langs bed bestel maar kan nie installeer nie omdat hulle nie die vensters het nie. Kan blykbaar nie kry van verskaffers nie. My voorwaarde vir die bestelling was dat die venster wat agter die bed is, moes gesentreer wees agter die bed en dit was deur Leon Ras aanvaar dat dit my voorwaarde was totdat ek my deposito betaal het. Toe word dit later 'n probleem en kan kwanseis nie gedoen word nie. Nou sit die venster agter die bed nie in die middel nie. Thule trappie is bestel, maar kan dit nie installeer nie. Fiama tent wat met slinger uitrol kan nie werk nie, want die deur is te hoog die arms vang die deur. Die movers wat die ander klient bestel het, kon nie op daardie stadium geinstalleer word nie a.g.v. hoek teen bulte uit. Die kluisie vir geld en vuurwapen is nie meer beskikbaar nie en dit was ook vir ons belangrik omdat ek nie meer sonder 'n wapen reis nie. Ons sal more sien of die kluis in is soos belowe. Dit gaan vir my oor die beginsel van die saak. Ek sal more sien en besluit of ek ontvangs wil neem of nie. Wat my geweldig grief is hoe my pleidooie op dowe ore val en dat ek kwanseis moeilik is. Ja, ek is moeilik. Sou jy nie ook onder dieselfde omstandighede nie?
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 19:43:13 pm
Anonymous

Liewe ouers, dit maak dat 'n ou se bloed kook, as jy soos in jou geval, so toilet vol geld reeds as deposito betaal het, en sulke diens. Nee wat, sal maar liewer my ou Penta hou.

Sterkte more Schalk, hoop maar die mense deliver.

Ek voel nou sommer lus en gebruik Frans se oulke woordeskat, ph--itsealed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 19:46:37 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Die feit dat MobiLodge-getalle "streng vertroulik gehou word" kom vir my uiters verdag voor  -  hulle is deeglik bewus daarvan dat hulle nie 'n goeie rekord het nie.  Die items wat jy spesifiek voor gevra het en nie verskaf word nie, is betreurenswaardig.

Schalk, ek hoop vir jou onthalwe dat jy môre verras gaan wees met die eindproduk, maar aan die ander kant, staal jouself vir 'n teleurstelling en sorg dat jou optrede deeglik beplan is sou jy nie tevrede wees om ontvangs te neem nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jul 2015 @ 20:02:22 pm
Anonymous

Die feit dat MobiLodge-getalle "streng vertroulik gehou word" kom vir my uiters verdag voor  -  hulle is deeglik bewus daarvan dat hulle nie 'n goeie rekord het nie.  Die items wat jy spesifiek voor gevra het en nie verskaf word nie, is betreurenswaardig.

Schalk, ek hoop vir jou onthalwe dat jy môre verras gaan wees met die eindproduk, maar aan die ander kant, staal jouself vir 'n teleurstelling en sorg dat jou optrede deeglik beplan is sou jy nie tevrede wees om ontvangs te neem nie.

Laat nogal dat mens wonder nê.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 12:28:20 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1612
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Enige nuus?

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 19:36:39 pm
nog..
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 16 Oct 2012
Experience: 16 years

hallo Schalk, ek hoop dit gaan sommer baie goed met julle... moet seh - eish ek is ok eintlik 'n geduldige ou - jy's 'n beter mens as ek.... ek hoop genuine jou frustrasies word met die ontvangs van jou nuwe wa weggevat. groete daar..

He who smiles in a time of crisis, has found someone to blame
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2015 @ 00:23:58 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Ons was toe vandag Middelburg toe om ons MobiLodge te gaan haal. Daar aangekom net na 10vm. Ons was gister die versekering gegee dat my wa gereed is om oorhandig te word. Goeiste, julle gaan dit nie glo nie, maar daar moes nog baie ure se werk gedoen word voordat ons om 3nm kon vertrek. Ek sal maar self die tent hier in Krugersdorp kom uitsorteer. Daaraan is toe nog niks gedoen nie. Swak! Die vakmanskap is baie goed en ons is darem baie tevrede met die eindproduk. Ons ry more oggend Tikwe toe in die koue nat Vrystaat saam met die Noord Vrystaat Karavaan Klub vir die naweek. Ek sal volgende week fotos probeer plaas. Groete.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
page 1 of 2