Goeie dag mede kampers.
Ek besit 'n 1986 Mitsibishi L300 camper. Ek wil graag hoor wat is die beste motor ombouing wat julle kan voorstel, en dalk kontak nommers het van mense wat dit doen. Die 18000 motor is maar bra swak, en as ek my boot sleep loop hy soms 50-60 km teen n klein helling uit, en dit is regtig frustrerend. Hoor graag wat se die manne
Oom Benki onder in die Kaap sal jou meer hier kan help.
Dalk Willem in Phalaborwa ook.
Sterkte
Wally daar is n werkswinkel in Randfontein wat nie ver van jou af is nie.......Leons Service Centre.....hy spesialiseer nogal in enjin ombouings. Ek het al daar snaakse ombouings gesien wat hy suksesvol uitgevoer het. Dit is dalk die moeite werd om hom te kontak.
Dankie manne sal opvolg en kyk wat ek kan uitrig.
Hi Wally. Het jy al besluit watter engin jy gaan gebruik ?
More Bak oor. Ek sak daarvan hou om 'n 4 y Toyota motor in te sit. Dit lyk my na die beste opsie, aangesien daar nie veel elektronika betrokke is nie. Het jy dalk 'n ander voorstel?
Dit is presies wat ek in gedagte gehad het. Dit is n kannie dood engin en parte is goedkoop.
Al wat ek sou doen is net om seker te maak wat die 4Y engin se torque en newton meter is in vergelyking met wat jy nodig het vir die L300 om vir jou te doen.
Ek het vir jare met n Toyota bakkie gery en hoe harder jy hom ry hoe harder hardloop hy. Vrag kon hy bedlis vat. Op 400 000 kilometer omgeruil.
Sal so maak, ek ry ook 'n Hilux en hy het nou 284000km gedoen, en net cambelt gedoen, en so twee maande terug 'n clutch kit. Seker maar van die karavaan sleep.