English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 421
Total Replies: 232 819
Total Views: 82 449 724
topics: 1 127
replies: 11 533
views: 4 807 644
Jokes and everything else that makes you laugh

Misverstand

replies: 7
views: 4221
26 Jul 2016 @ 21:04:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14206
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
MISVERSTAND:😂😂

Die Smitte het nie kinders gehad nie en al hul pogings was vrugteloos. Die paartjie, na lang oorweging, besluit toe om 'n “surrogaat vader” te gebruik om hul gesinnetjie te help begin. Op die dag wat die instaan-vader moes kom kuier, het mnr. Smit sy vrou totsiens gesoen en sę: "Wel, ek kan nie hierdie gedoente aanskou of selfs aanhoor nie, ek gaan nou liewers werk toe. Die man behoort binnekort hier te wees."

'n Halfuur later, en bloot per toeval, lui die voordeurklokkie. Dit is toe egter 'n deur-tot-deur-baba fotograaf, met die hoop om 'n fotografie sessie aan die huisbewoners te verkoop.
"Goeie môre, Mevrou," het hy gesę, "Ek het gekom om ...''
"O nee, jy het nie nodig om te verduidelik nie," het mev. Smit, diep verleë, gemompel, "Ek het jou verwag. "
"Het jy regtig?" sę die fotograaf. "Wel, dit is goed. Het jy geweet babas is my spesialiteit?"
"Wel, dit is wat ek en my man voor gehoop het. Kom asseblief binne en sit gerus."
Na 'n rukkie het sy, blosend, gevra ... "Wel, waar begin ons?"

"Laat alles aan my oor. Ek probeer gewoonlik om twee sessies in die bad, een op die bank, en miskien 'n paar op die bed in te kry. Soms is die woonkamer vloer ook pret.. Jy kan regtig uitsprei en speelgoedjies bysit."
"Bad, woonkamer vloer? Geen wonder dit het nie vir ons gewerk nie!" Dink mev. Smit.
"Wel, Mevrou, ongelukkig kan ek nie waarborg dat elke skoot 'n goeie een is nie en daarom probeer ons maar 'n paar verskillende posisies en uit ses of sewe hoeke, dan is ek seker jy sal met van die resultate tevrede kan wees."
"My goeiste, maar dis baie!" snak mev. Smit na haar hygende asem.
"Mevrou, in my werk moet 'n man sy tyd te neem. Ek glo nie daaraan om in en uit in vyf minute te wees nie; ek is seker daarvan dat u nie teleurgesteld sal wees nie."
"Ek weet darem nie," sę sy rustig.
Die fotograaf trek toe sy aktetas nader en haal 'n portefeulje van baba foto's uit. "Dit is gedoen op die boonste vloer van 'n bus," sę hy.
"My genade!" roep mev. Smit uit en gryp na haar keel.
"En hierdie tweeling het besonder goed uitgedraai – veral as jy hul moeder sou ken. Sy was baie baie moeilik om mee te werk."
"Sy was moeilik?" vra mev. Smit.
"Ja, sy was so bang dat ek haar uiteindelik na die parkie moes neem om die werk gedoen te kry. Mense daar het ons omtrent verdring en rondom ons tot vier en vyf diep gestaan om 'n goeie blik te kry."
"Vier en vyf diep?" sę mev Smit, haar oë wyd met verwondering.
"Ja," antwoord die fotograaf, "en vir meer as drie uur, ook."
“Die moeder het aanhoudend gegil en geskree - ek kon skaars konsentreer, en toe dit later begin skemer raak, moes ek my skote aanjaag. Die ergste was toe die eekhorings aan my toerusting begin knibbel het, daar het ek die streep getrek en alles opgepak. "
Mev. Smit leun vorentoe en prewel droë-mond: "Jy bedoel hulle het aan jou toerusting gekou?"
"Dit is waar, Mevrou, ja dis waar.”
“ Wel, as u tevrede is, sal ek solank my driepoot opstel en dan kan ons aan die werk spring."
"Driepoot?"
"O ja Mevrou. Ek het dit nodig om my Canon op te laat rus. Dit is veels te groot om baie lank in een hand vas te hou."
Mev. Smit het summier flou geval!!!!!!!!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2016 @ 08:09:42 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 531
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
EINA!! ☺☺☺
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2016 @ 08:22:03 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Omtrent 'n misverstand!  laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2016 @ 08:22:46 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5114
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Lekker


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2016 @ 10:19:05 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2028
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Die misverstand laat my onthou van jare gelede in Nelspruit toe ons 'n wedloop aangebied het en die atlete se nommer en T- hemp in 'n groot koevert gesit is.  Die atleet moet dan sy naam sê en dan kry hy sy koevert. Soos gewoonlik is dit besig die oggend voor die wedloop en 'n atleet kom aan en sê hallo. Ons maat Piet Smit antwoord ook hallo en die atleet sê toe weer hallo.

Vir 'n derde keer sê die atleet hallo en nou staan die twee mekaar en aankyk. Piet sê maar ek het nou al twee keer hallo gesê wat is jou naam waarop die atleet antwoord hy is H.Louw. 

Ons het hom lank daarna nog gespot.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2016 @ 10:51:49 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Lekker glimlag in die koue. Dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2016 @ 12:46:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8232
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

LOL
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2016 @ 15:47:31 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ja jy wou mos he he
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required