English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 640
Total Replies: 236 856
Total Views: 82 686 601
topics: 1 136
replies: 11 613
views: 4 815 717
Jokes and everything else that makes you laugh

Mind your own business....!

replies: 4
views: 4514
25 May 2016 @ 12:33:59 pm
ZamEden
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 11 May 2016
Experience: 34 years
Hierdie is 'n goeie les .....

How I learned to mind my own business.

I was walking past a mental hospital the other day, and all the patients was shouting, 13..,13..,13...!! The fence was to high to see over, but I saw a little gap in the planks, so I looked through to see what was going on. Some idiot poked me in the eye with a stick, then they all started shouting, 14...14...14.!!!!

KOM ONS HOU OP INMENG.

Vandag se samelewing is so anders as wat dit veronderstel is om te wees. Ons ken almal iemand wat inmeng in 'n ander se sake, wat voorskryf hoe ander dit of dat moet hanteer, ons ken nie dalk net so iemand nie ons is dalk self so iemand. Ja as ons mooi dink sal ons agterkom, dit het al so in die lewe posgevat dat onsself ook skuldig staan.

Ons kan maar almal erken dat wat ons ookal in die Bybel soek, ons sal dit daar kry....ja selfs hierdie onderwerp waaroor ons nou hier praat, is in die Bybel oor geskryf. Baie mense verdraai ook hierdie tekste om by hulle aan te pas, maar lees dit en verstaan dit soos dit geskrywe staan. Spreuke 26:17 "Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie." Dit s hier dat elkeen wat inmeng in iemand ander se besigheid, gaan heel waarskynlik vir homself net moeilikheid op die hals haal. Hier in 1 Petrus 4:15 is vir ons 'n waarskuwing. "Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van 'n ander bemoei nie." Almal van ons wat twyfel dat dit nie 'n ernstige saak is,- om ons te bemoei met ander se sake nie,- moet goed na hierdie vers kyk. Soos ek dit lees staan daar dat iemand wat inmeng in ander se sake onder dieselfde katogorie as diewe en moordenaars val. Wat 'n ontnugtering n !!

Die Bybel stel dit duidelik dat Christene nie moet inmeng in ander se sake nie, maar om te fokus op hul eie lewe. Hierdie skrif s nie ons moet nie iemand reghelp wat teen God en ander in opstand kom nie, maar s ons moet ophou "nosy" wees. Moet jou nie bemoei met wat jou nie aangaan, dit skep net probleme. Baie mense meng in met jou sake, nie om te help, maar om te weet wat in jou lewe aangaan sodat hulle iets het om oor te skinder. Glo my dit is waar.!!! Wanneer ons lewe en gedagtes op Jesus ingestel is, sal ons nie tyd h om in te meng in ander se sake nie. 2 Thessalonicense 3:11-12 "Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is. Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet." Lees ook Johannes 21:15-23 -ek haal vers 21 en 22 waar Jesus vir Petrus op sy vraag antwoord. ...."Here maar wat van hom? en Jesus antwoord hom 'As Ek wil h dat hy bly totdat Ek kom, WAT GAAN DIT JOU AAN? Volg jy My!'

Kom ons hou ons besig om ons eie lewe reg te kry. Dit is ons wat eendag moet rekenskap gee oor ONS EIE LEWE, nie iemand anders s'n nie.

Vriendelike Vaste Anker Groete,

Tonie & Linda
Ons web adres : www.VasteAnkers.co.za Ons e-pos vir enige terugvoer en gebedsversoeke, vasteankers@gmail.com
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 01:06:11 am
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May 2016
Ja, dis 'n goeie les!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 07:09:36 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5676
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Dankie Bertus en Paula

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 07:13:14 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Meer as dit kan ek getuig.

Dis die waarheid.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 13:16:14 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5657
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Prys die HERE.
AMEN
Dankie mater, party keer laat die bose jou inmeng en jy dink jyt nou eintlik reg gedoen maar intussen is dit soos jy s.
My motto is om te leef soos Galasiers 5 vers 22. En dan soos ........ Johannes 10. EK het gekom dat hulle die lewe in oorvloed kan h. Soms is ons geneig om te dink dat die lewe in oorvloed slegs bedoel is na die einde van aardse bestaan maar dis vanaf nou tot in ewigheid. Die lewe in oorvloed is daar ons moet dit net vat.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First