
17 Aug 2016 @ 21:50:45 pm
125ml suiker
500ml koekmeel
15ml bakpoeier
2ml sout
1 blik geroomde mielies
3 eiers geklits
Meng al die droe bestanddele saam
Voeg nou die geroomde mielies en geklitse eiers saam met die droe bestanddele en meng goed deur
N mens kan gerasperde kaas ook byvoeg as jy wil.
Smeer nou n yster brood pot met botter of margarine, sit die deeg daarin en maak deksel toe
Bak oor matige kole en sit n paar kole op die deksel
Dit sal so ongeveer 40 na 45 minute vat om gaar te word
Geniet