English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 305
Total Replies: 250 376
Total Views: 83 152 907
topics: 11 431
replies: 137 644
views: 39 291 145
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Metodes vir n koel Karavaan en tent

replies: 17
views: 9566
04 Jan 2016 @ 09:07:17 am
Chops
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 18 years
Goeie more mede kampeerders.
Ons was die vakansie by Mabalingwe waar ons lekker warm gekry het en dit het my laat dink om idees te kry by julle oor wat julle gebruik om julle karrevane koel te hou. Die silver reflective sheets en air cons is maar die algemene metodes, maar met die prys van die goed moet daar ander maniere ook wees. Ek sien een van die kampeerders die vakansie het n skadunet met hoe pale reg om sy staanplek opgeslaan nwat my bietjie laat dink het. Ek dink ventilasie is belangrik. Die ding met die hittige vakansie plekke is dat wanneer dit op die warmste tyd van die dag is, dat die fan eintlik als warmer maak want hy blaas warm lug op jou.

Julle idees sal waardeur word baie dankie.
Groete
Tough times never last. Tough men do.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 09:39:33 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Halo
Die silwer seil oor die tent is al wat tent koel hou van bo-af.
In kimberley waar dit so warm was,,,, meesal 40 grade het ons n koeler fan wat ons n paar jaar terug gekoop het by makro wat met water werk, ingespan. Behalwe water het ons hom ook gestook met ys. (Gelukkig het ons n ysmasjien saamgeneem)
Dit het die tent gedeelte relatief afgekoel tot ongeveer 25 grade. Ons het gevind dat die tent se kante wat aan die weste kant toe gemaak is in die middag baie gehelp het want dan kom die sonhitte nie deur nie. In die oggende is alles weer oop en die ventilasie help. Ons het ook n skerm aan die noordekant teenaan (30 cm weg) langs die karavaan opgeslaan. Dit het ook gehelp om son weg te hou van die karavaan. en ook seker gemaak die karavaan is oos/wes opgeslaan. Met sowat 5 grade oos van noord. Dws die meeste v.d. son kom regoor die opgeslaande kamp en minimum aan die kante.

Ons het nie n aircon in nie en het n flyscreen geinstalleer by die voorste venster wat die hele tyd oop was en met die dakluike oop en n waaier binne wat die lug sirkuleer het ons nogal koel geslaap.
Persoonlik dink ek dat die oos/wes opslaan n groot faktor is.
(Gaan probeer om n foto te laai)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 10:04:07 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Oos/wes opslaan met skerm.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 10:04:13 am
Anonymous

Soms spuit ek nat onder die karavaan op die grond / gras, dan sit ek die waaier by die draft seil, dit suig dan koel lug onder wa deur. Het altyd die portable aircon saam gery, maar die rug en skouers kom nie meer reg met daai ongemaklike ding nie.

Het Des so warm gekry by Nkwe, dat ek maar water air cooler gaan koop het, en maak soos Johan, vol ys en sit dit in die tent dan blaas dit in die deur in en koel darem tent en wa so effens af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 10:43:49 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2020
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Johan, dit lyk na Riverside langs die Rietrivier by Modderrivier  -  ons voorkeur oornag-kamp tussen die Kaap en die Kruger Wildtuin.

Wat hitte betref, niks so lekker soos 'n aircon in jou wa nie  -  netso lekker soos 'n stel movers en DStv in jou wa !  Ek weet dis luukse goed, maar hoekom nie jou kamplewe so aangenaam as moontlik maak nie ? Lekker man lekker.......!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 11:01:26 am
Chops
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 18 years
Dankie Johan en Johan. Dit is goeie raad!
Ek hou van die skerm aan die middae son kant. Ek het van dit, maar volgens my is dit nie so hoog nie. Miskien so 1.2m? Werk dit al van die middag son af of eers bietjie later middag son?

Ons het dieselfde warm dae gehad in Mabalingwe (Naby 40 grade). En met die silver syl op my skoonouers se karrevaan tent het my fan steeds warm lug geblaas (Dit was wel beter as sonder die syl, maar nie onder 30grade nie, so ek hou baie van die idee van die water air cooler of mist fan wat ek sien hulle maak. Maak hulle al n meer portable een vir die karrevane?

Ek het ook gesien by die oord dat die een kampeerder sy karrevaan elke middag afgespuit het wat ek aaneem om van die hitte onslae te raak.

Iets wat ek ook probeer het wat tot n mate gewerk het vir binne my waentjie is ek het n emmer gekoop met n lid bo, toe sny ek n gat (die size van my fan blade) in die lid en nog n gat langs die een kant van die emmer. Ek het die emmer vol ys gepak in die aande en die fan dan deur die ys laat waai en by die gat langs die kant uit wat koeler lug gemaak het. Dit kan beter werk met n grotter ou collerbox (vir meer ys en isolasie dat die ys nie te vinnige smelt nie) en n sterker fan (maar nie te sterk dat die lug te vining deur die cooler box gaan nie).
Tough times never last. Tough men do.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 11:06:33 am
Chops
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 18 years

Johan, dit lyk na Riverside langs die Rietrivier by Modderrivier  -  ons voorkeur oornag-kamp tussen die Kaap en die Kruger Wildtuin.

Wat hitte betref, niks so lekker soos 'n aircon in jou wa nie  -  netso lekker soos 'n stel movers en DStv in jou wa !  Ek weet dis luukse goed, maar hoekom nie jou kamplewe so aangenaam as moontlik maak nie ? Lekker man lekker.......!



Ek hoor jou Lennie. Ons is baie bederf met n aircon. My skoonpa het n portable aircon in sy wa gehad en ons het amper in die aande daar gaan slaap. Ek kan nie sien dat n aircon kan werk in my Skipper nie. Hy is te kompak. Ek sal moet kyk na alternatiewe oplossings:-)
Tough times never last. Tough men do.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 11:55:05 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Dankie vir advies ek moet gaan kyk vir daai waaier wat julle se water in kry, is daar nie daai "mist sproeiers wat hulle by restaurante gebruik wat n mens kan koop nie, ek het ook nie aircon maar het darem silver seil sal hom moet meer gebruik.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 13:20:01 pm
Chops
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 18 years
Dankie vir advies ek moet gaan kyk vir daai waaier wat julle se water in kry, is daar nie daai "mist sproeiers wat hulle by restaurante gebruik wat n mens kan koop nie, ek het ook nie aircon maar het darem silver seil sal hom moet meer gebruik.


Ja mens kry van dit. Hulle begin by so R500 by Campworld. Dit is nog n opsie. Dit is n lekker ding om die hitte te breek. Ek het bietjie gaan kyk hoe werk een by n kampeerder en daar is n duidelike verskil tussen onder die tent en langs die tent.
Tough times never last. Tough men do.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 13:31:42 pm
Anonymous
Die idee met die blink seil is om hom bietje te lig sodat die wind onder deur kan sirkuleer.
Blink seil moet nie op die tent dak l nie. Dit maak `n groot verskil in temp. een manier om die seil te lig is om "pool noodles" in te sit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 15:24:15 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ja lennie, dit is riverside country by ritchie. Langs die rietrivier. Baie besonderse oornag plek, net soos die eienaars.. ons het twee weke daar gekamp.
Die skermpie is die gewone ene wat ek by makro gekry het.
My travelblanket gebruik ek as afdak vir die neus gedeelte met pale en al.
Nous daar n skadu oor die neus en die voorvenster..
Daardie water koeler is omtrent so hoog soos n portable aircon, gooi water onder in, help jy hom met "eish"
Ek like ook die " homemade"idee van die ou cooler box. Gaan ve my ook ene maak. Ysmasjien moet maar sy ding doen.
Die aircon in die karavaan. ? Dis ve mammie n probleem. Waar moet die binne unit inkom en waar staan die buite unit.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 15:24:52 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Daar is maar min wat mens kan gebruik om afte koel as jy kamp. Ons is mos maar dan oorgelaat aan die natuur. Bo en behalwe die silver seil en 'n portable aircon maak ons gebruik van ou airosol water spuit kannetjies. Spuit jou self met die fyn mis sproei. As daar vliee by die hitte probleem is meng ons so bietjie Detol in die water. Dit ruik aangenaam en die vliee kom sit dan ook nie so gemaklik op jou nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 16:39:03 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Spuit ook maar om en die wa entent na middag af dit dit kan afkoel.
Le dan maar op n klam handdoek en hang een agter die waaier dat hy die koue lug suig.
Explorer is te knap vir n aircon.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2016 @ 19:33:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17159
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years


Ja mens kry van dit. Hulle begin by so R500 by Campworld. Dit is nog n opsie. Dit is n lekker ding om die hitte te breek. Ek het bietjie gaan kyk hoe werk een by n kampeerder en daar is n duidelike verskil tussen onder die tent en langs die tent.

Hulle het van daai mis sproeiers by die Mbizi skou gedemostreer....hy werk maar maak baie nat...die grond waar hulle dit gedemo het was n behoorlike modderasie gewees. Die wat in restaurante is spuit baie fyner en maak nie oppervlak nat nie
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2016 @ 14:45:00 pm
Desmond
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 40 years
Nothing can beat the shade of a tree.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2016 @ 14:54:18 pm
Chops
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 18 years
Nothing can beat the shade of a tree.


Ek het na die gekyk in die restaurant by Zebula en ek het nou weer daar gesien die grond is nat. Dit was so warm in Mabilengwe dat daar nie tyd was vir natword daar nie.
Ek het nog nie die nozzle van nader af beskou nie, maar kan dit nie adjust nie?
Tough times never last. Tough men do.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2016 @ 14:58:52 pm
Chops
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 18 years
Hahaha Sorry Desmond.

I wanted to quote Geert's post.

But yes, If you can mimic the shade a tree gives, you would only need the reflective sheet for the bird droppings:-)
Tough times never last. Tough men do.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2016 @ 16:20:37 pm
Oupa Giep
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 131
Joined: 17 Aug 2012
Experience: 13 years

Nee wat daar is net twee goed wat werk Aircon en silver seil n entjie bokant jou tent gespan koop ekstra pale vir silwer seil.

WEES POSITIEF EN DINGE SAL GEBEUR
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za