Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21828 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17659 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6075 |
Bostoe | 5439 |
BrianB | 5153 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3209 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2502 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2141 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1978 |
Swanie | 1854 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1745 |
steamer | 1690 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1664 |
Dansan | 1528 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1211 |
Louvan | 1197 |
RichardJ | 1111 |
Gerden | 1092 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 838 |
JohanMarais | 819 |
Fanie | 746 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 661 |
snys | 631 |
Benkie | 588 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Harv | 424 |
Willie54 | 422 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 408 |
LEEN | 379 |
Kamp is Koning | 369 |
1Pierre2 | 355 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Dieter | 265 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Fienie | 229 |
Merweville direk vanaf Sutherland grondpad langs
Ons het mos die afgelope reis gedoen met die doel om sover moontlik grondpad te reis. Ons het onsself voorberei vir die stof en sinkplaat en om baie stadig te ry.
En ons het ook, teerpaaie ook, nie meer as 50kpu gery nie - maar ons het na n dag of twee gladnie meer daarvan gehou om teerpad te ry nie.
Grondpad is Koning! Dit is eenvoudig net so dat grondpaaie baie meer natuurlik is, n mens die ware gevoel gee van die streek waardeur jy reis en van die ware veldkleure, -reuke en aardsheid. Jy sien: teerpaaie is uitgemete goed, goed wat reguit gebuig is deur landmeters en padmakers - grondpaaie is nie so nie. Grondpaaie bevat al die ware bultjies, opdraandes, afdraandes en skurfgeit van die terrein... dit was heerlik. Om die waarheid te se ons is nou geheel verslaaf aan grondpad ry. So erg dat ek dink ons nooit weer teerpad sal wil ry as ons met vakansie gaan nie. Teerpad is hiper-boring en steel n mens se reisgevoel... in elk geval dis hoe ons voel.
Nietemin, so lei ons reis ons toe tot by Sutherland, en vertrek ons die oggend vandaar af, om die grondpad Merweville, so 6km duskant Sutherland te vat... aan te pak... te beleef... en ons ry stadig...
Gelukkig, het ons n jaar of twee gelede baie goeie ondervinding opgedoen met die pad anderkant/duskant Joubertina oppad na Kouga Wildernes. Ek het voorheen al daaroor geskryf... dit was +-35km grondpad - wild, rof, soms bykans onbegaanbaar, heerlik, maar vir ons n vuurdoop.
Want, so vat ons toe die grondpad Merweville toe, want, so het ons besluit, ons sal nooit ooit rede he om Merweville te besoek nie, en die enigste rede wat ons kon vind was ons nuuskierigheid om ook, soos vir Van Wyksdorp, met n wilsbesluit te gaan sien...
En ons ry... bult op en bult af, verby Springbokplase en Skaapplase... en later stop ons vir tee... gasbottel uit, pieknieksak en ons eet beskuit...
En ons reis verder... tot ons by hek nommer een moet stop... heel onverwags. Ons lag. Sadia klim uit en maak oop... toe... en ons lag, en neem foto's. Waar het jy nou al ooit in jou lewe nog, in 2024, 'n pad gekry met plaashekke... en nogal nege van hulle wat mens moet oopmaak en toemaak... te heerlik... by die ander is daar tralies waaroor mens ry... wat noem mens dit nou weer?
En toe klim die pad bergop... en ons ry hom soos n ou Bobbejaan met n knopkierie, niks bang nie, braaf, en ons monde hang oop vir die natuurskoon, die wildernes... en dis stroompie deur, skurwe bult op en af, en mik en meet en pas padlangs... asemrowend... baie dapper... want ons het ten minste ons vuurdoop by Kougas Wildernes gehad... En ons het nooit die "diflock" nodig gehad nie... ook al wat ons het, nie eers 4X4 nie.
Toe ons anderkant deur is...
Toe ons anderkant deur is en weer gegruisde grondpad ry soos konings... die bande suis sommer so... toe weet ons dat ons die pad baie geniet het, en dat ons vakansie baie armer sou wees sonder die ervaring... en dat ons dit met die grootste opgewondenheid kan aanbeveel.
Dit is waarlik die probeer werd - as jy nog nooit Merweville grondpadlangs vanaf Sutherland besoek het nie, dan het jy nog nie klaar gereis nie.
En ons het dit baie geniet by die Springbok Lodge aldaar wat 'n hele klompie staanplekke het... meesal in die son, maar vier onder skadunet...
En hulle ablusiegeriewe is skoon en netjies en mens kan sommer lekker daar kamp. Jy moet net genoeg muskietweerders inpak.
Ons het heerlike brekfis geniet by "Die Boekklub" eetplek...
Hoor!Hoor! Grondpaaie voel nie so 'opgekyk' soos teerrpaaie nie. Ons sleepvoertuig en Skipper kan ongelukkig net goeie grondpaaie ry, maar dis ook voldoende. Ons het al per ongeluk op paaie beland waar ons eintlik nie behoort te gery het nie, maar die Kuga en Skipper het dit gelukkig sonder enige skade gemaak. Stadig, soms baie stadig is die ding. Nog nie met die Peugeot dit gedoen nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fanie, ek hou van hoe jy dink. Ek verkies ook grondpad bo betrokte (lees”baie vragmotors) teerpaaie. Die klein dorpies, veral in die Karoo, is spesiaal. Ons moet net bietjie tyd daar deurbring en met die locals gesels om effe te verstaan hoe dit is om daar te lewe. Dis Å ander wereld vir die meeste van ons.

Ek hou van jou nuwe woord: "betrokte"... ek gaan dit onthou... ha ha ha
Jys reg... en die ding is, die plantegroei en natuurskoon is baie mooier en digter en sigbaarder langs die grondpaaie. Ons het ervaar dat mens nie net die geil Karoo plantegroei meer kan geniet en waardeer, omdat jy in elk geval stagiger moet ry op grondpaaie, nie, maar dat die verskillende kleure en geure Karoobossies net eenvoudig mooier en reiger is langs die grondpaaie... tot teenaan die ryvlak.
Ons het byvoorbeeld gestop vir tee, soos ek vertel het, toe kon ons die karoobossies in al hulle verskillende kleure reg hier by die pad geniet... en daar was tot twee tonnels ook van wat-ook-al hulle nes so naby aan die ryvlak, onder die droe takkies van die veld, gemaak het...
En in die 30minute wat omtrent daar was, het daar nie een voertuig verby gekom nie. Ek probeer altyd om op grondpaaie so af te trek, dat as daar n voertuig verby sou kom, dit in elk geval stadiger sou moes ry weens of n opdraande, of en rowwer pad...
Die koffie en beskuitstoppe langs die pad is een van die groot genietinge op n reis. Toe ons nog met die drie dogters getoer het, het ons soms vroeg oggend vanaf n staning vertrek en langs die pad gestop om n regte ontbyt met spek, eiers en Rose's Marmalade aanmekaar te slaan. Ons het dit eenmaal selfs by die uitkykpunt oor die Visrivier Canyon naby ek dink Broekkaros gedoen. Ook halfpad tussen Luderitz en Aus in die middel van die woestyn. Hie verlang ek nou daarna! Met net ons twee doen ons dit nie meer nie en dalk is dit nie meer so veilig nie.

Fred, ek probeer my bes om nie ge-intimideer te word deur my eie gevoelens van onsekerheid en onveiligheid nie. En ek moet se dat ek nie tydens die afgelope reis een oomblik onveilig gevoel het nie. Of was nie.
Ek dink hoe ouer mens word, hoe meer skrikkerig raak mens... en dat ons gevoelens van onveiligheid, omdat ons nou al bietjie ouer is, eintlik vals is.
Wel, ek vertrou dat ons tog nog lank veilig sal wees, al voel ons dikwels nie so nie.
Die veiligheid of gevoel van onveiligheid is nie eintlik die rede dat ons nie meer sulke ontbyte maak nie, eerder dat dit nie so gesellig is met net ons twee nie. Vrees vir die langpad hou my nie wakker nie. Ons hudige opset maak dit ook nie meer so maklik as met ons vorige Sprite Supersport nie. Ek dink as ons net nie lawwe dinge doen of ingaan waar dit beslis nie veilig is nie, hoef ons nie te vrees nie.
Ons het seker so 20 jaar gelede met 'n toer buite Kimberley oorgestaan. Daar was ook 'n groep mense wat saam getoer het waarmee ons gesels het. Een kêrel was verbaas dat ons alleen getoer het en wou weet of ons nie bang is nie. Dit het eintlik nog nooit by ons opgekom nie. Ons, veral ek, geniet steeds om die lang pad te vat. Ek begin op die oomblik onttrekkingssimptome kry omdat omstandighede ons op die oomblik verhoed om te gaan toer en beelde van plekke waar ons was en graag weer sal wil uitkom, flits geduring in my kop. Maar sodra ons ons huis verkoop het en in die Suidkaap gevestig is, sal ons weer oppad wees- kan nie wag nie!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, dit klink vir my of julle tans julle Pietersburg huis in die mark het. Is ek reg? Gaan julle dan maar settle by julle huis in Stilbaai?
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Netso Hennie. Ons het die huisie al 14 jaar en het in totaal seker minstens 5 jaar daar gebly, deur alvier seisoene. Hoewel ons amper 50 jaar in Ptg woon, dink ek nie ons aanpassing gaan moeilik wees nie. Mense maak die fout om aftrede by die see se romantiseer- dis die ding om te doen- en dan trek hulle daarheen en kom gou agter dit pas hulle gladnie. Die wind waai te veel, dit is te koud, die reën in die winter is onaangenaam en alles roes, dan verlang hulle terug na die binneland. Daar is reeds een van ons naby bure wat nou wil terugtrek. Ons vind Stilbaai in alle seisoene, weerstoestande, vakansietyd of stiltyd, altyd baie aangenaam. En my broer bly ook daar.
En wat ons nie kan verstaan nie, is dat so baie afgtredenes blykbaar nie regtig die see geniet nie. Soms kry jy die mooiste volmaakste dag wat jou veral soggens noop om op die strand te gaan stap en dat kry ons bittermin van die paar duisend mense in die dorpie wat dit ook doen. Hoekom wil hulle dan by die see bly?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons woon ook by die see (Kleinmond) - reeds langer as 23 jaar. En dit ís maar so - 'n mens raak al hou meer blasé oor die feit dat jy by die see woon. In die beginjare het ons graag tydens 'n mooi dag 'n bottel wyn en 'n paar versnaperinge onder by die see gaan geniet. Deesdae sit ons op die balkon, staar na die see in die verte (1 km in 'n reguit lyn van ons huis af) en geniet ons sondonnertjie sommer net hierso. Soms sal ons (veral op 'n Sondagmiddag) sommer onder by die strand gaan sit en die mooi van die branders sit en bewonder. Agter ons huis is 'n veldblomplaas teen die hange van die Kogelberge. Die vaalribbokke en Kaapse grysbokkies wei graag tussen die fynbos en proteas. Terloops, die speldekussings is nou in volblom - en prentjiemooi. Ons woon dus in 'n kusdorp, maar geniet die veld agter ons huis baie meer as die see.
Maar die rondekop-gedierte bly maar 'n wonderlike ding. Toe ons in die 80's na Tzaneen verhuis het, het ons aanvanklik in die wildtuin geboer. Na 'n tyd het ons gewens ons kan net vir 'n naweek see toe gaan. Toe ons terugtrek Kaaptoe, het ons aanvanklik sommer middae na werk see toe gery om te gaan swem. Maar ons was nie baie lank terug nie, toe begin die verlange om sommer net vir 'n naweek wildtuin toe te kan gaan.

Ha ha ha ...
...sing Leon Beukes: "...die mens is n ding vol snert"... in sy liedjie: "die Ou Bobbejaan"
Julle bly in die Paradys Chris, see en veld! Kan jy nou meer hê!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek en Joanie is nie eintlik see-mense nie ...... het al by die see (tydens toere) gekamp, ook eenkeer saam met die kinders na Arniston/Waenhuiskrans toe gegaan - oorspronklik vir 4 weke, maar toe net vir so 12 dae gehou en toe is ons vort. Kinders was nie tevrede met ons nie (ons karavaan is geriefliker opgestel as hulle s'n), maar nou ja.
Weens die feit dat ek 'n aktiewe fietsryer is (wat, glo dit as jy wil, ons genoodsaak het om te kamp - gelukkig ook!) het ek verskeie fietswedrenne in Parys en omgewing gedoen. Uiteindelik hier 'n meenthuis in 'n kompleks laat bou, en toe - na 14 jaar - hierheen getrek en afgetree ...... wonderlike besluit! Eintlik ook agtergekom dat die naam "Parys" afgelei was van "Paradys" en dit is ook waar. Lieflike klein dorpie, wel met water en kragprobleme (soos in die res van die land), maar met watertenks en Solar is ons beskut van daardie probleme. Misdaad is hier wel, maar 90+% laer as aan die Rand waar ons vandaan kom.
Mense hier is ook van 'n ander, kan ek sê, gehalte. Almal vriendelik, behulpsaam, groet-met-die-hand-mense. My vrou loop soggens ook ver draaie alleen en voel nie onseker nie. Ek ry in die veld (300 meter van my) en, daar word ek gegroet en aangespreek as "N'Tati" - lekker!

Het julle darem al die Weskaap getoer Nico?
Dis gelukkig dat mense verskillende smake het anders was een plek heeltemal oorbevolk en die res leeg. Ek wil net nie in 'n stad gaan woon nie. Ptg is amptelik 'n stad maar dit voel soos 'n groot dorp.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fanie, ja dit was ons al drie keer ons roete - eens met 'n blomme toer waar ons 2 karavane was, en twee maal net ek en Joanie. Dan Noord Kaap gedoen, (ongelukkig nog nooit by Augrabies uitegkom nie!!!!) maar deur Weskus toe en al langs die kus afgery, (Darling se bouerye besoek, Klawer se wynkelders!) tot in Oudtshoorn, Swartberg pas die tweede keer en dan op terug huis toe
Een maal die Ooskus toer gedoen, al die wildreservate besoek, PE deur (kan nie die nuwe naam spel nie), tot weer verby Hartenbosch, Mosselbaai en deur Oudtshoorn terug.
Ek persoonlik hou van toer .... om drie, vier weke by dieselfde kamp te sit (alhoewel ons al by verskeie kampe dit probeer het) is vervelig vir my. Ry wel fiets, loop baie, besoek die besigtighede rondom die kamp, maar nee, kan nie stil sit nie!!
Trouens, beplan weer 'n toer, maar ai, die brandstofpryse byt