Dave,
Daar is nie 'n manier dat jy die twee teenkekaar kan skuur nie.
Louw
Is die merke nie op die buite deel nie ? Want dit is waar daar gewoonlik merke op kom as die "travel blanket" op gesit word en af getrek word.
Gewoonlik by ons "trevel blanket" op met naweek kampe en as ons lank kamp haal ek hom af en dan sit ek 'n son dakkie voor op, so niemand sien regtig die voor ruit nie.
Louw as dit skaaf merke is: Kan jy dit minder sigbaar maak deur die perspex op te vryf met braso. Terloops Braso werk beter op perspex as enige ander blink maak politoer.
As dit soos sulke fyn kraakies lyk: Is dit veroorsaak deur die son en kan jy niks doen om dit weg te kry nie jy sal die perspex moet vervang.
Jou aanduiding is dat dit meer lyk asof dit binne tussen die twee perspex lae is: Ek het al opgemerk dat karavane se vensters fyn spinnekop web tussen die lae het. Hoe 'n spinnekoppie daar in kom gaan my vestand te bowe. Maar ja dis nie moontlik dat die venster aan die binne kant van die lae gekrap kan word nie tensy dit gedoen is tydens die vervaardigings proses nie.
Laastens moet mens versigtig wees met enige seil, caravan cover en self silver seile wat jy oor die karavaan trek. As daar stof op die wa lê en die wind roer daai seil, skuur dit sulke bruin merke in die wit veselglas in wat jy met niks af kry nie. Nie eers Petrol of thinners werk nie. Selfde gebeur met die vensters hulle word net nie bruin nie maar kry sulke dowwe kolle en vlekke soos die seil hom skuur.
Ons het 4 jaar lank die reis kombers op die Classique gebruik en nou rapsie meer as 4 jaar op die Exclusive en die kombers het nog nooit enige krapmerke veroorsaak nie. Dan staan hy elke dag by die huis met hom ook op.
Ek saL dit net so los en maak of ek dit nie sien nie want daai ruit gaan jou sak ruk.
Chris
Daar is klein gfaatjies bo en/of onder aan die binne deel vir lug anders gaan die kou hom inmekaar suig en die hitte hom buble (bars). Volgens my kon hulle die gaatjies kleiner gemaak het sodat vlieg se kind nie kan in kruip nie.
Johan dis nou voorwaar 'n blink idee om daai plak materiaal met die gaatjies in op die vensters te sit. Dit gaan ook verseker die wa koeler aan die binnekant maak.
"Give that man a BEllS"
Johan, nou hoekom die geheim so lank gehou, blink idee. Ek gaan ook die idee hier rond ondersoek.
Johan dis nou voorwaar 'n blink idee om daai plak materiaal met die gaatjies in op die vensters te sit. Dit gaan ook verseker die wa koeler aan die binnekant maak.
"Give that man a BEllS"
Plak dit binne of buite, en kan mens dit self op sit. Ek het self my big five prent wat Frans vir my gemaak het geplak volgens Frans se instruksies. Al moet ek self so sê, dit het mooi gekom.
LouwL, jammer vir die kaping van die draad.
Johan, ek gaan jou wats aap vir inligting
Johan (Oom Koos) het gevra ek moet asb vir hom die fotos hier laai van daai gaaitjies goed wat hy op sy Jeep geplak het.
Die fotos is van binne en buite die Jeep se venster geplak.
Johan, jy kan maar meer breedvoerig verduidelik.
Het ook nou die karavaan gewas, so wraggues, in die voorruit is daar in die middel sulke saaf merke.
Met die vinger druk toets kom ek agter, dit is redelik maklik om die buite venster tot teen die binne venster te druk. Om teen 100kpu te sleep, druk daai voor venster dus redelik maklik teen die binne venster.