Asb kan iemand help
Het jy n pdp nodig as die voertuig GVM 3550kg is
Gert, jy het net 'n PDP nodig as jy mense teen vergoeding of goedere vervoer. 'n Motorhuis word as blyplek geklassifiseer en is vrygestel. Jy het egter iets soos 'n kode C of EC lisensie nodig.
Lees regulasie 115 van die Verkeersregulasies.
Groete
Daai is maar n debat, dit hang af van watse verkeers beampte jy kry, ek het een jaar my suster se drie kinders, my ma ek en my vrou in n Quantum bus na Illanga karevaan park geneem. ek is 4 keer gestop oppad KZN toe en die 4de keer het die verkeers beampte my vir my PDP gevra. Ek het vir haar probeer verduidelik dat die mensein die bus my gesin is en ek nie n PDP nodig het nie. Na n lang verduideliking en redekabel het sy my uiteindelik laat ry, ek het die idee gekry dit was ook maar teen haar sin. Gelukkig het ek nie n boete gekry nie.
Ek vermoed as die voertuig dubbel agterwiele het dan is dit 'n ander storie.
'n Mede kampeerder met so 'n motorhome het vir my gesê die groot nadeel van 'n dubbel agterwiel motorhome is dat jy by tolhekke vragmotor tolgeld betaal.
Baie dankie vir julle insette
groete
Gert
Baie intersand sal ook bietjie gaan oplees
As ek reg onthou is die woord “vir vergoeding” uit die wet verwyder maw as jy mense met of sonder vergoeding vervoer kom die PDP hier ter sprake Kontak die SABS hulle behoort die regte inligting te gee
Hallo Gert. As jou motorhome dubbel agterwiele het is dit n Kode 10 enkel is EC. Ek het nog nooit probleme gehad nie.
Gert, gaan kyk op hierdie skakel. Volgens dit het jy nie 'n PrDP nodig nie.
https://www.gov.za/services/driving-licence/professional-driving-permit
Gert, gaan kyk op hierdie skakel. Volgens dit het jy nie 'n PrDP nodig nie.
https://www.gov.za/services/driving-licence/professional-driving-permit
Butts die is n enkel as
Hi Gert. Kyk gerus na die uittreksel gemaak vanuit die Professional Drivers Digest. Volgens die verwysing word daar nie ñ PrDP vereis nie. Dit is raadsaam om so ñ afskrif by jou in jou motorhome te hou as jy gevra word vir jou PrDP. Ek besit ook ñ motorhome en was al gevra vir my PrDP. Sonder veel verdere probleme was daar deur verkeersbeamptes verstaan. Gert skakel my gerus. 0828397554. Ek glo ek kan jou met verdere waardevolle inligting voorsien.
Net 'n moontlike vingerfout regstelling. Alle Sprinters het enkel asse. Party het egter dubbel wiele op die enkel as.
So vêr my kennis strek, as hy gerigistreer is as n Woonwa/Caravan het jy nie PDP nodig nie.
My het dubbel wiele en het voor sy ombouing twee "disks" gehad (een was PDP) na ek hom ge her registreer het het PDP weg geval. (jaar) 2009.
Tol hekke eet jou nogsteeds.
Ek het ou kode 14 lisensie
Meer as 3500kg... kode 10 (c) en jaarlikse padvaardigheid en indien as PANEELWA geregistreer is (sal operateurspermit ook by kry)
Maar as 3500kg maar as SELFAANGEDREWE WOONWA geregistreer... slegs kode 8 (B) die enigste wetlike vereistes
Ek het my vasgeloop toe ek Mercedes benz Sprinter gekoop het (Campervan ... soos verkoop deur verhuringsmaatsakkppy) en moes jaarlikse padwaardigheid bekom.. Voertuigtoets sentrum het geweier om padwaardigheid uit te reik omdat hulle motorhuis sien
Net ter inligting
Johan