English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 443
Total Replies: 264 841
Total Views: 83 681 124
topics: 12 110
replies: 146 604
views: 39 574 682
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Mense met X-Staal sig

replies: 6
views: 270
14 Jan, 2022 @ 11:14:37 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ons het vanoggend vanaf Hartenbos na Stilbaai gery, die eerste 50 km of so is baie swaar mis. Ek het amper veilig gevoel teen ongeveer 70k/h.  Nogtans het verskeie voertuie, oa 'n passiëntevevoer ambulans en 'n Quantum minubus verbygagaan en teen 'n hoë spoed in die mis verdwyn.  Verskei voertuie het selfs oor sperstrepe verbygegaan.  Die mis was so dig dat daar geen kans sou wees om iets te doen op die oomblik dat jy die voertuig van voor sien nie.  Ek kon dit ook nie waag om links van die sperstreep te ry nie want ek sou ook nie betyds kon stop as daar dalk voergangers of 'n stilstaande voertuig was nie. Jy mag dit ook slegs doen as jy dit veilig kan doen, wat vanoggend gladnie moontlik was  nie.  Toe wonder ek hoe sien die mense deur die mis terwyl ek dit nie kan doen nie- het hulle dank spesiale X-Straalvisie?

Daar was ook verskeie voertuie van voor af wat geen ligte aangehad het nie of slegs parkeerligte. Dit is moeilik genoeg om aankomende ligte is sulke mis te sien en sonder ligte sien jy die voertuig eers as hy 'n paar tree van jou af is.  Geen wonder daar is so baie kop teen kop botsings nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 12:09:21 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10876
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Het dit baie ervaar toe ek nog vroeg oggend die pad gery het na my bestemming om inspeksies te gaan doen.

Veral op die Hoëveld na Nelspruit of af Piet Retief toe.

Daar is seker wat dink hulle het X straal visie.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 16:17:56 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 606
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Ons het hom so erg gekry een jaar op pad terug van Durban af. Dit was net voor Pietermaritzburg. Dit was so erg dat ons met die karavaan aan die geel streep moes gebruik om rigting te hou.  Al is die pad n dubbel baan, het mense nog steeds te vinnig gery in die mis. Voorentoe, het n kar onder n trok ingery omdat die trok n ander trok verby gegaan het. 

So ja.....nie slim om te vinnig te ry nie. Maar nou moet jy ook passop vir die wat in jou agter end gaan vas ry omdat jy n veilige spoed ry.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 10:24:29 am
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1638
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

deel van die mensdom is nie bang om dood tegaan nie gee ook nie om om dood temaak nie.

Dis mos hulle reg om op die pad met 'n voertuig tewees.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 15:25:55 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek dink baiemaal ons as mense oorskat ons eie intelligensie.  Ons, of altans, baie van ons, het min vermoë om probleme vooruit te voorsien en daarvoor voorsiening te maak.  Bogenoemde voorbeelde en wat Geert sê spesifiek is gevalle daarvan.  Dink ook maar aan mense wat versuim om te beplan vir hulle aftrede.  Mense bedank baiemaal uit 'n werk bloot om hulle opgehoopte pensioengeld in die hande te kry, soms om uit hulle huidige skuld te kom maar soms ook om iets te kan koop waarsonder hulle voel hulle kan nie sonder klaarkom nie. Of jy nou min of baie verdien, die enigse volhoubare plan is tog om binne jou vermoë te leef en voorsiening te maak vir reënerige dae wat kan kom.   Mense versuim soms om mediese of ander versekering uit te neem om geld te bespaar en kom dan op 'n kol tot die wrede werklikheid te staan dat hulle dit eerder moes gedoen het.  Dis nie noodwendig oënskynlik minder ontwikelde of minder intelligente mense wat so maak nie en netso is dit ook nie noodwendig oënskynlik ontwikkelde of slim mense wat voortuit dink nie.  Ons huishulp van baie jare, byna heeltemal ongeletterd,  'n enkel ma van verskeie kinders, het dit reggekry om 'n kleiner huisie uit haar inkomste te bou en later selfs 'n groter heel gerieflike een.  Sy het ook nog 'n broer finansiëel moes onderhou en dit was juis hy wat die bouwerk gedoen het met die geld wat ons huishulp voorsien het.   Dit lyk onmoontlik dat 'n bestuurder nie kan voorsien dat daar dalk 'n voertuig in sy pad gaan wees as hy teen 'n blinde hoogte oor 'n sperstreep verbysteek nie, maar dit gebeur elke dat oral op ons paaie. So 'n bestuurder beplan tog nie moord of selfmoord nie- hy dink net nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 17:40:02 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2320
Joined: 12 May, 2015
Experience: 50 years

Ons het n proffie op universiteit gehad wat ons onverantwoordelikke studente baie lewenslesse geleer het. Een wat vir my altyd uitgestaan het was " As jou uitgangspunt verkeerd is sal die werklikheid hom wreek". As jou dade onverantwoordelik is gaan jy iewers daaroor verantwoordelikheid moet aanvaar of jy daarvan hou of nie.........en dit is meestal tragies vir jouself. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 21:53:23 pm
Proffie
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2009
Joined: 04 Aug, 2017
Experience: 32 years

Dis mense wat nie die 'Superman comics' kon ontgroei nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za