English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 116
Total Replies: 227 424
Total Views: 82 268 107
topics: 777
replies: 12 444
views: 4 973 166
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Menings oor sleep-vermoens van Nissan d/c 2.5 tdi

replies: 7
views: 1422
25 May 2017 @ 15:32:39 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Ek het in my bakkie se enjin gekyk waar die GVM moet wees, maar daar is nie n plaatjie op nie. Volgens Nissan se handleiding beveel hulle aan dat jy nie meer as 1450 kg sleep nie. Is dit volgens wet of is dit slegs Nissan se aanbeveling?  Is daar iemand wat weet wat wettig met hierdie voertuig gesleep mag word?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 17:19:29 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Hi Riaan, jou bakkie se GVM is 2730kg. Sy Tare is 1725. Dit alles volgens 'n boekie wat ek destyds by Nissan gekry het. Jy mag dus volgens wet 1725kg sleep. Die boekie sê egter die maks sleepgewig met "overrun" remme is 1400kg. Terloops, is jy tevrede met die oortreksels?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 17:50:27 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Hi Riaan, jou bakkie se GVM is 2730kg. Sy Tare is 1725. Dit alles volgens 'n boekie wat ek destyds by Nissan gekry het. Jy mag dus volgens wet 1725kg sleep. Die boekie sê egter die maks sleepgewig met "overrun" remme is 1400kg. Terloops, is jy tevrede met die oortreksels?

Dankie, ja. Hulle pas 100%. Ek sien op Nissan se towbar dui hulle ook 1450 kg as maksimum gewig aan. Is dit net n aanduiding en sou jy reken ek kan dit oorskry? 1450 kg is volgens my baie min vir die voertuig.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 18:43:12 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Riaan jou sleep voertuig se sleep gewig spec is gemiddeld. Van vorige model tippers kon 4x2's net 950kg trek en 4x4's net 1100kg.

Ek sal voorstel dat mens maar by die spesifikasies hou veral vir versekering doeleindes.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2017 @ 20:20:58 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Die tarra gewig op jou lisensieskyfie dui aan wat jy wettig mag sleep. Jy mag tot op daardie gewig sleep.

Nissan sê weer wat die voertuig kan sleep. As jy Nissan se aanbeveling oorskry, is jy op jou eie met waarborgeise as die ratkas byvoorbeeld oppak.

Indien 'n versekeraar van die tipe is wat eerder eise weier as goedkeur, kan hulle of geslepe regslui natuurlik probeer aanvoer jy was nalatig as jy iets swaarder sleep as wat Nissan aanbeveel. Die argument sal iets wees soos jy weet mos Nissan beveel aan dat jy nie meer as 1450 kg sleep nie. Dan weet jy mos die remme, veringstelsel of wat ook al kon nie die gewig wat swaarder is as 1450 kg hanteer nie. Dit is nie te sê so argument gaan slaag nie, maar is dit die stres werd?

As goederevoertuig moet jy ook op die voertuigplaatjie gaan kyk wat is die GCM (Gross combination mass). Die voertuig tesame met die vrag en sleepding mag nie daardie gewig oorskry nie. Dit kan dalk die beperkende faktor wees wat maak dat Nissan jou tot 1450 kg beperk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 03:45:09 am
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Wel, daar gaan nou net n paar planne by die venster uit. Ek het gekyk na die Gecko en xplorer, beide sowat 1600 kg. frown

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 13:24:33 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Wel, daar gaan nou net n paar planne by die venster uit. Ek het gekyk na die Gecko en xplorer, beide sowat 1600 kg. frown



Koop vir jou n ander voertuig. Probleem opgelos.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 15:44:43 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Ongelukkig nie n opsie op hierdie stadium nie, het nou net gekoop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required