Maroela Ruskamp - Suidelik, Kruger
Kamp & Leef Gekose Oord
Maroela is ‘n klein kamp aan die westelike grens van die Kruger Nasionale Park, aan die oewer van die Timbavati-rivier, ongeveer 2km oos van die Orpen ruskamp. Hierdie kamp is een van net twee kampe in die park wat voorsiening maak vir gaste met slegs woonwaens en/of ander kamptoerusting. Naby die heining kan besoekers hulle verlustig aan die verskeidenheid van diere wat die klein watergat besoek. Daar is ook ‘n eenvoudige platform met uitsig oor die Timbavati-rivier.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
Ek sien só uit na Maroela. Het jare gelede slegs een aand daar oorgestaan. Vanjaar sluit ons ons 46 nagte in die wildtuin af met 5 aande in Maroela. Ek lief die Orpen-omgewing.
Maroela is ons no 2 beste Kamp.