English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 830
Total Replies: 240 353
Total Views: 82 831 208
topics: 11 142
replies: 130 982
views: 39 104 498
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Mapungubwe

replies: 9
views: 5281
28 Feb 2015 @ 18:51:43 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Met die wat inligting omtrent die pad-toestand in en om Mapungubwe nie duidelik was nie, het ons een aand in die tentkamp gaan oorbly. Jurgie het hier in Tshipise agtergebly. Ook maar goed, die pad van hier na Mussina en Mapungubwe is vol slaggate, en dan vreeslike sinkplaat stukke grondpad in en om die park.
Kamp in Mapungubwe is defnitief net vir tente en offroad waentjies.

Tentkamp lekker, en toe dit begin reen, was ek eers bly, vanoggend baie modder. Die watergat skuiling is werklik n hoogtepunt van die park, volgende keer bly ek vir n paar dae daar, en ry net tot daar en kyk heeldag die diere se aktiwiteite en natuurlik die baie vols.

Hier op Tshipise is meer as net swem. N lekker groot area vir bergfiets ry in n wildtuin, met baie wild, perdry, en my gunsteling, stap in die veld. Die kamp self se tuine is pragtig, ablusies 5 ster, staanplekke baie mooi. Ons staan onder n masiewe Njalaboom, Vonnie se nuwe gunsteling.

More n lang trek tot by Marakele. Met die draai wat ons maak is die pad nog so 3000km voor ons tuis is. By die huis gekom, sal ek al wat n ou vlenter ding is moet opsny vir scrap yster.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2015 @ 18:54:52 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6450
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Herman ek is bly jy geniet ditlaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2015 @ 21:04:30 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1128
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Herman. jy bevestig wat my buurman van Omgewingsake sê oor die pad na Mapungubwe se kampeer area, nl dis so sleg selfs boswaens kry seer op die pad. Bly julle geniet die natuur tot dusver.  'n Klomp van ons beny julle die ondervinding en vertrou julle reis is sonder voorval.  

groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2015 @ 21:15:09 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 229
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Ons het die vorige keer die fout gemaak om die grondpad na Mazhou kamp te vat. Ons het behoorlik uit mekaar geskud, maar daarna het ons elke keer van Pontdrif se kant ingegaan. Dan is dit nie sovêr nie, maar met die omgewing bly dit die mooiste kamp terrein.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 09:55:42 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Herman bly jy geniet dit ons gaan ook vanaf Pontdrif se kant na die kamp plek dan doen ons sommer die 4x4 roete ook 

 

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 12:21:35 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3936
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die skuiling by die watergat is beslis 'n hoogtepunt. Behalwe vir die mooi voels deur die dag het ons so twee ure voor sononder daar gaan sit en die diere wat kom drink bewonder. Dit was nie nodig om voor 'n sekere tyd by die kamp te wees nie, en het soms in die donker teruggekeer kamp toe. Weet nie of hulle nou strenger is nie.

Is die Den Staat pad tussen Mazhou en die Pontdrif pad ook sleg Herman?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 15:43:23 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hendrik, vir my was die paaie heel begaanbaar met die Toyota. Net jammer mens kan nie band druk verlaag vir die ry daar nie, my pompie gaan te lank vat, daar is nie lug by die park nie.

So 2 uur by Marakele aangekom, gaan nou lekker staan vir 3 dae. Moet more gaan soek vir n plek om olie te ruil in Thabazimbi en n slaghuis wat n skaaprib het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 15:48:37 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Sien jurgie is klaar staan gemaak. Hoop die renorsters kom slaap ook onder jou afdakie gedurende die nag

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2015 @ 19:28:12 pm
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 40 years

Herman, jy sal Marekele se ruim staanplekke geniet. Toe ons daar was, so 6 jaar gelede, was die wit renosters amper " mak". Ek het sedertdien gelees een van die bulle is doodgemaak vir sy horing. Jy is ook reg oor die paaie by Mapungupwe. My Echo 4 se spaarwiel, wat agter aan 'n pypstruktuur was, het morsaf gebreek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2015 @ 11:57:49 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Herman geniet dit, weilig sleep.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First