Ek kannie onthou dat daar êrens in die pad wetgewing enige regulasie is wat dit verbied nie. (Help my asb reg as daar is.) Die volgende info het my ouers my gegee toe hulle my leer bestuur het jare terug. Dit is net 'n feit dat 'n persoon die rem van 'n voertuig harder kan trap indien dit met skoeisel aan die voet gedoen word.
Veral in gevalle waar die voertuig redelik oud is en die rubber op so pedal reeds goed verweer het of dalk al af is.
Ander toestand is mens trap maar altyd vuilgoed soos skerp klippies, doringtjies en dies meer in jou voertuig in. Van dit sit ook op die rubber van die voertuig pedale vas en dit opsig self gaan jou verhoed om 'n pedaal te trap soos wat dit in 'n situasie mag vereis.
Daar is seker nog 'n paar voorbeelde/redes wat mens kan noem om te motiveer waarom dit nie 'n goeie idee is om kaalvoet te bestuur nie. Deesdae se voertuie het allerhande beheer stelsels wat die beheer van 'n voertuig te vergemaklik ABS en so aan.
Ek ry wel met kaalvoete. En ek doen dit baie. Ander kere met plakkies wat opsigself seker meer gevaarliker is as kaalvoet bestuur. Maar dit 'n bespreking op sy eie.
Volgens n verkeersbeampte mag mens nie.. by daspoort tonnel my afgetrek vir roetine check en als was fine tot hy sien eks kaalvoet.. ekt verduidelik ek kan nie met my plakkies bestuur nie, toe laat hy my gaan
Tydens die jare dat ek hoëspoed bestuurskursuuse vir die Instituut van Gevorderde Motoriste (die Suid Afrikaanse weergawe van die Engelse Institure of Advanced Motorists of "IAM") en Porsche Suid Afrika aangebied het, was dit 'n duidelike NEE-NEE op hierdie vraag.
Die vereiste was dat jy ordentlike skoene moes aanhê wat nie jou sou verhinder of pla terwyl jy die pedale gebruik nie. Ek moet erken ek is onseker of daar enige sodanige verwysing in die (huidige) padreëls is, maar indien nie, behoort dit so te wees. Sonder ordentlike skoeisel kan jy nie behoorlik rem trap nie, maar nou ja, reëls is daar om verbreek te word, en dan kry jy ook daardie mense wat kaalvoet oor dorings kan loop sonder om iets te voel .....
Ek is ook geleer dat kaalvoet bestuur is uit. maar dit staan nie in enige regulasie wat ek kon naslaan nie. Plakkies sou ek dink is gevaarlik.
Hoe vrouens met daai ellelange hoë hakke van die hakskoene en mans met daai lang gepunte kabouterskoene bestuur, weet ek ook nie.
groete
Kaalvoet bestuur is Nie onwettig Nie. Hier is 'n skakel na 'n K53 web-ruimte wat dit beskryf.
http://k53.gavinhoole.ws/driving-licence-test-driving-barefoot/
Ek kan net dit bysê. Ek bestuur altyd kaalvoet wees voet probleme. Ek het 'n afskrif van die blad skakel wat ek geplaas in my kar. Ten alle tye. Ek het ook altyd 'n SAP klaring van my kar by my. Al die goedtjies so in 'n plastiek sakkie.
Ek gaan gereeld Namibia toe. Daar dra jy maar skoene. Die wets toepassers daar weet niks nie, hoor ook niks en is al te gretig om 'n boete kaartjie te skryf.
As ek deur 'n pad blokkade gaan, gee ek die sakkie aan nog voor die ou vra. Vir mense wat 'n Uno ry en een besit, sal weet van die nonsens met die enjin nommers op die betrokke kar. Saam met die klaring is daar ook 'n duidelike foto van dié nommer.
In SA het ek nog nooit 'n probleem gehad met kaalvoet bestuur nie en selfs nog nooit ondervind dat 'n spietkop daaroor iets te sê gehad het nie.
As jy kaalvoet bestuur, die spietkop vra jou... gooi hom met 'n skoen. As jy mis gooi, het jy nog een! hehehe ... ok moenie dit doen nie.
Baie goeie vraag. Dankie dan ook aan die korrekte antwoord. Ek bestuur meestal sonder skoene/plakkies en is bly dat mens wel 'n uitsluitsel hieroor het.
In die 50's en 60's het die ou NPA in Natal jou beboet as jy kaalvoet bestuur. Op die suidkus het hulle die karre met visstokke geteiken. Die kanse dat die visserman skoene aantrek wanneer hy van die strand kom was skraal.
My vraag is: Waarom wil jy, tensy dit om 'n wettige mediese rede is. Dieselfde vraag geld vir grootmense wat kaalvoet in winkelsentrums rondloop. Dit is soos hulle in Benoni sê, so 'n bietjie zef. Ek voel altyd die behoefte om an sulke ouens van my skoene aan te bied.
Baie goeie vraag. Dankie dan ook aan die korrekte antwoord. Ek bestuur meestal sonder skoene/plakkies en is bly dat mens wel 'n uitsluitsel hieroor het.
Danie, Ons het die regte antwoord, maar weet die wets-toepasser dit? Daar is baie verskillende wets-toepasers, bv, Provinsiale Verkeer, Munisipale Verkeer, dan nog die Metro ouens en selfs gewone SAP wat soms die diens doen.
Daarom ry ek met 'n stuk papier sodat hy/sy self kan lees. Dis is baie belangderik om nie met die mense te argumenteer nie. Sou die jou 'n issue hê en die argument wil dryf sal dit baie moeilik raak sonder papierwerk.
Fred, ek loop oral kaalvoet, met natuurlik 'n rede daarvoor. Somtyds dra ek wel my stukkende gemaklike skoene omdat dit net meer higienies is. Daar bestaan etiket. In 'n Mall loop mens met skoene. Kerk-toe, met skoene... Die etiket en persoonlike openbare voorkeure is nou nie hier die onderwerp nie. (die anti met die wit deurskynende broek in die mall... iets om na te kyk!)
Ek dink ek kon nog iets van belang aanraak. Doen moeite, druk die blad uit en bêre dit onder die son skermpie bokant die bestuurder sitplek. Eendag het jy dit dalk net nodig!
Terloops ek was/is self 'n K53 Instrukteur en Toetser (met papiere) en baie mense, veral dames, se bestuurs vernuf het verbeter sonder skoene. Die enigste hersiende module is by motorfiets bygewerk, alreeds in die 2002 uitgawe soos deur die ou Nasionale Pad-veiligheidsraad ... Direktoraad Pad-verkeers wetgewing... nou weer iets anders...
Hierdie is die tipe drade wat 'n forum bou. Ek wil na afloop van Geert se vraag hier iets anders bespreek in 'n nuwe draad. Sleepstange. Sal dié onderwerp belangstelling trek?
Laat weet sommer in so 'n kort sin, ja of nee en of dit dalk al bespreek was. Hoeveel van u sleep met 'n tuis-gemaakte towbar en hoeveel sleep met vervaardigers towbars wat aangepas is vir u voertuig?
Is die vervaardigers spesifikasie plaatjie jou voertuig?
Hierdie is die tipe drade wat 'n forum bou. Ek wil na afloop van Geert se vraag hier iets anders bespreek in 'n nuwe draad. Sleepstange. Sal dié onderwerp belangstelling trek?
Laat weet sommer in so 'n kort sin, ja of nee en of dit dalk al bespreek was. Hoeveel van u sleep met 'n tuis-gemaakte towbar en hoeveel sleep met vervaardigers towbars wat aangepas is vir u voertuig?
Is die vervaardigers spesifikasie plaatjie jou voertuig?
Die onderwerp is al bespreek. Maar jy is meer as welkom om weer 'n mening te lig daaroor.
Gooi hom dan gesels ons daar.
Ek sien niks verkeerd daarmee nie, maar ek kan nie sonder skoene bestuur nie. Ook as ek met vakansie by die see is kan ek nie sonder n hemp bestuur nie. Dit voel net vir my verkeerd. Seker die mag van gewoonte?
Daai arm wat by die venster uithang of aan die dak hang, is "image" (Kyk Ma, ek kan net met my linkerhand bestuur!) Ander stylvariasies is om so met jou rug teen die deur te leun of om jou regterpols op die stuur te rus dat jou hand voor afhang. Die "body language" sê die bestuur is vir jou so maklik, jy raak skoon verveeld. (Dit sê egter vir my dis 'n kortgat agter die stuur. Gewone grootte ouens kan nie so naby die stuur kom nie.) Ek wonder hoeveel kere het sulke bestuurders al te laat agtergekom daar is 'n rede waarom jy beide hande op die stuur moet hê. Stel jou nou voor 'n F1 of ralley bestuurder hang so met sy arm by die kar uit- wat gaan jy van hom dink?
Neef Herman, Ek ken nie 'n Landrover nie- nog nooit een bestuur nie en 50 jaar gelede laas in een gery, maar ek beloof ek sal nie bevooroordeeld wees as ek 'n Landrover bestuurder so sien bestuur nie. Ek kan egter nie onthou dat ek sulke ouens al so sien bestuur het nie- meestal ouens met sulke lewensmoë sedans of minibus taxis..
As Zola Budd beter kaalvoet kon hardloop, aanvaar ek ouens met sulke reuse trappers bestuur ook beter kaalvoet. Steeds geen rede om in winkelsentrums kaalvoet te loop nie. Ek het toe ek nog gewerk het, 'n kollega gehad wat nr 13's gedra het. Ons het altyd gewonder hoe hy slegs die regte pedaal raaktrap tot hy 'n bakkie gerol het omdat soos hy beweer het, die voertuig se remme vasgeslaan het. Ons glo egter ons weet beter.