English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 503
Total Replies: 234 915
Total Views: 82 550 400
topics: 1 130
replies: 11 564
views: 4 810 679
Jokes and everything else that makes you laugh

Mag jy n ander ou se draad kaap.

replies: 37
views: 4276
15 Nov 2016 @ 17:12:10 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Sit hierdie spesinjaal onder comedy corner net ve ingeval Geert en Danie dalk dink ek was ernstig oor Geert se diefstal storie.

Is dit rerig so n groot sonde om n ander ou se draad te kaap.

Party manne lyk so ernstig dat ek dit nie durf waag nie.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 17:23:18 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Eerste kaap.

Sien onder Classifieds se opsomming geen pad wa te koop nie. Oky. Een wat slegs op teerpaaie mag loop, soms as die eienaar wil, op stukkie grondpad ook.
En dan " new" maar geen beskrywing. Is dit n foutjie, oepsie ????
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 17:45:34 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Moeilike vraag, Johan.   Ek glo nie daar is 'n reël of regulasie wat sê jy mag nie.  Dit is eerder 'n ongeskrewe reël dat as iemand 'n draad begin het oor 'n onderwerp is dit verkeerd (onbeskof?) om sy onderwerp na iets anders te verander.   Soms is dit half onvermydelik, amper soos in 'n geselskap waar een ding lei tot 'n ander.  Daar is lede wat baie sterk hieroor voel en dit nie goedkeur nie.   Ek persoonlik gee gladnie om as iemand my draad kaap nie, maar elkeen het sy eie gevoel daaroor.   Ek was self al skuldig daaraan en probeer maar om dit nie te doen nie, al val mens soms in die versoeking.laughing

Ek wil darem net noem, die forum het lede verloor, vir watter redes ookal.  Mense wat net stil geraak het.  Kyk maar na die ou drade, jy sal sien daar is baie name wat gereeld geskryf het, wat nie meer deelneem nie.   Ons moet miskien daarteen waak om nie toe te laat dat die ongeskrewe reëls, soos kaping, dalk een van die oorsake kan wees nie.   Of kaap ek nou jou draad????wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 18:21:02 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

As mens na iets soek kan dit 'n probleem wees.

"Ons moet miskien daarteen waak om nie toe te laat dat die ongeskrewe reëls,.......... "

Stem.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 18:24:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14524
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
As mens iemand se hout steel, mag jy seker sy draad kaap? Lol...grap net😁. Ek weet oom is altyd reg vir humor....ek geniet oom se postings...hou so aan!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 19:16:30 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Waarom word dit "ge-kaap" genoem?

Hoekom nie"ge-polokwane" nie?

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 19:42:57 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Waarom word dit "ge-kaap" genoem?

Hoekom nie"ge-polokwane" nie?

Of ge-Soweto nie? laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 20:49:43 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Oom Koos, lyk my jy wil nie leer nie. Jy is gedurig in die sop, plydooi dan dit maar al die tyd net n grappie was. Almal deel nie dieselfde humorsin nie, partykeer gaan dit ook maar bo-oor n kop sonder om raak te sien.
Stil bek, is n heel bek, of praat ek twak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 21:25:54 pm
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May 2016
Party mense praat makliker as ander. Party is lief om op die forum te kuier terwyl ander dit net gebruik as 'n bron van inligting of om hulp te aan te bied.
Ek is van die laasgenoemdes. Ek raak net betrokke as ek iets wil weet of as ek 'n sinvolle bydrae kan lewer. Daaroor is ek soms vir lang rukke stil.
Dit beteken nie dat (en ek dink ek praat namens ander wat soos ek is) kwaad is of nie belangstel nie.

Ek geniet dit om alles te lees wat aangaan maar raak nie betrokke as ek nie veel van die onderwerp weet nie.
I know that my redeemer lives.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 21:42:15 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2051
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Herman, ek stem saam met jou.  So met die tyd ek al geleer wie se deelname en skrywe om te lees en ander maar te laat gaan. Dit het nou lank goed gegaan hier en ons moet nie loop krap waar dit nie jeuk nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2016 @ 23:20:42 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2048
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Eerstens wil ek se dat ek dalk iets gemis het ten opsigte van reels en regulasies op die forum, waar is dit en wanneer mag jy dan iets se?     Ek is op die forum om kennis in te win en kennis te deel. As ons praat van kaap wil ek net noem dat in die paar jaar wat ek deel neem het ek baie kapings gesien en is self skuldig aan dit. Ek dink kaping is onvermydelik want in die gesprek raak iets jou aan wat jou pas of nie, en jy wil kommentaar lewer en so beweeg dit in n ander rigting en kom tog wel later weer terug op die oorspronklike saak. Ek het baie agter gekom mense raak kwaad en dit is onnodig en soms grappig. Elk een het die reg tot sy opinie en as ons verskil van mekaar of iemand dink n persoon praat twak then so be it en se dit ook. Ek glo jy  groei en ontwikkel deur veskille, grille van mense om jou. Wat ek wel agter gekom het tussen al die kapery het ek baie by jul almal geleer en dit is waarom ek op die forum is en dit moet die hoof doel van die forum wees of ek groet ook. Soos Jan Meyer se, lees wat jy wil lees en los dit wat jou nie pas. So gee jy elke lid n geleendheid om ons te help, laat lag of ons die donn*&#r in te maak.

Hierdie is n lekker forum en lekker lede. Ons moet dit bewaar. Verseker is daar van ons wat se koppe raas dalk myne ook maar ek geniet elke lidmaat good or bad en ek geniet die forum.

 

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 06:34:26 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Nope.... no such thing....

Once you press POST, it's alive and becomes everyone's property...

Besides, it's fun to see where it started, where it goes and where it ends....

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 06:48:42 am
Anonymous

You want to write something that differs from current post, create your own post or are you just lazy and ignorant.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 07:04:04 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Mag ek nou ernstig wees en se. KENNIS GENEEM. Dankie

Dis soos dit is.
Ek kaap, of polokwane, of soweto nie noodwendig moedswillig nie. Meesal word jy soort van uitgelok om te dwaal na aanleiding van. Iemand praat oor vuurmaak, dan onthou ek van die bondel hout wat ek by Geert vasgele het, dan onthou iemand weer van sy baaisiekel wat iemand gesteel het, dan begin almal weer praat oor fietse op n karavaan.. etc etc etc .
Presies soos John gesÍ het.

Glo my ek probeer niemand kwaad aandoen nie. Elkeen reageer op die forum soos sy innerlike gevoelens. Ek probeer humoristies wees omrede dit immer my persoonlikheid is om te terg.

Soos gesÍ. Ek weet hier is heelwat lede op die forum wat nie deelneem aan alles nie. So what...
Eks nie kwaad nie en Herman is ook nie.

Geniet maar die forum. Hiers genoeg drama in my komplx waar ek werk wat maak dat ek op kroniese bloeddruk medikasie is.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 07:11:42 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Jammer vir die "vrystaat-het -die -curriebeker gewen" van die draad.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 07:27:53 am
Anonymous

Ek kaap noooooooit drade nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 11:06:26 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 50 years

Je nee Speknek - nie eers kopper draad nie ne!

 

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 12:43:44 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6430
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Oom Koos maak soos jy wil jy is mos al mooi groot foot-in-mouth

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 12:51:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Elk een het maar sy mening, solank dit net geregverdig word.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 14:31:38 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 191
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 46 years
Ek het nou al die kommentaar gelees en weet julle wat !!daar is niks op die forum wat aan enige lid behoort nie.Kom ons los die KAAP van drade en gesels net lekker saam
Stem saam wat Frieda te se het
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 15:03:22 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 291
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years
Ek gee myself vrywaring. As ek 'n draad kaap was dit per ongeluk en as ek dalk iemand kwaad maak, was dit 'n grap.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 15:19:05 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1064
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dit herinder my aan die keer toe ons die Argus fietswedren gedoen het ..... o gaats, JAMMER!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 16:04:13 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1941
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Manne en Maninne......die lewe is gans te kort dat ons moet toelaat dat die klein jakkalsies die wingerd vernietig. Lewe maar en laat lewe. Lees wat jou pas en vermy waarvan jy nie hou nie en beweeg aan. n Goeie dosis lag elke dag is die beste medikasie ooit.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 16:12:10 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Manne en Maninne......die lewe is gans te kort dat ons moet toelaat dat die klein jakkalsies die wingerd vernietig. Lewe maar en laat lewe. Lees wat jou pas en vermy waarvan jy nie hou nie en beweeg aan. n Goeie dosis lag elke dag is die beste medikasie ooit.


Oeeee dankie Piet.
Dis darem op "Comedy corner"
:-)
:-)
:-)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 19:50:47 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year



Oeeee dankie Piet.
Dis darem op "Comedy corner"
:-)
:-)
:-)

Koos, ek dink meeste mense het jou al opgesom met jou manier van dinge sê en aanvaar jou so.   Dit is nie te sê as ons iets onder "Comedy Corner" sit dat almal dit as 'n grappie gaan beskou nie.   Soos Herman sê, almal deel nie dieselfde humorsin nie.  Sekere insette is soms skuldig daaraan dat dit voorkom of ons 'n grappie maak, maar intussen sweep ons dalk die mense op om te sien wat se reaksie ons gaan uitlok.  Dan veroorsaak ons weer 'n situasie waar Spekkies die draad kan kaap deur 'n "faaaiiit" aan te kondig.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2016 @ 21:31:12 pm
Anonymous

Na my beskeie mening is daar "kaping" en "kaping".

As mens so in die gesêls iets byvoeg, beskou ek dit nie as kaping nie, maar as jy bv vra vir advies oor hoe om jou penne beter te anker, en iemand sê bv op daai gesprek, wie kamp die naweek in gamtoos vallei, is dit mos radikaal iets anders.

Sou mens streng wou wees, en sê "hou by die "reels"", dan mag ons mos ook sê geen gesprek wat nie kamp verwant is nie, is taboe.

Ons gesels mos om die  vuur van krieket, politiek, str@nt, ens reg deur tot by kamp.

Kaap maar gerus "my gesprekke" ek beskou dit as deel van gesprek voering.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 08:29:50 am
Anonymous

Ok so wat dink julle gaan die Bokke dit maak die naweek?

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 08:40:32 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ok so wat dink julle gaan die Bokke dit maak die naweek?

 

 

Nee. laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 08:46:36 am
Anonymous

Ek kan nie glo ons begin twyvel of hulle dit gaan maak as hulle teen Italie speel nie.  Die moes 'n toe oe wen gewees het en ek is ook nie so seker dat hulle net gaan opdaag en wen nie.

 

Maar die krieket ouens doen goed.

 

Waaroor gaan die draad nou weer?

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 09:27:30 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1941
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Koos,Freda , Johan en ander. Ja Oom Koos het my ook gevang met die "Comedy " een. Ek kon nou vir myself ook lag en dit maak weer my dag.

Spekkies gelukkig is Rugby ook deesdae n "Comedy". Jy het dit mos so bedoel ne.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 09:40:39 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Als toelaatbaar Spekkies, net nie by ernstige gesprekke nie. Tentpenne is n baie ernstige onderwerp, asook stormtoue, sien dit het te doene met skadebeheer, en of dalk oorlewing.

Dan weer sal ons nie betrokke raak by ernstige gesprekke soos politiek nie, dit is in elk geval bo-oor meeste se begrip, en dan raak ons hewig aan die stry. Dit is so taboe soos .......
gaan nie se nie, lelike voorbeeld.

Rugby praat mens nie meer oor nie, die reaksie is als negatief, en so tussen al die slegte diens en spietkops gaan dit bitter sleg met die kampers. Tot so mate dat ek besluit het om op te hou kamp vir n ruk, al is dit net om in solidariteit te wees met die wat kla oor die duur staanplekke.

Nou sal ook net by die huis gedrink en gebraai word, mense hou jou dop waneer jy kamp, waneer dit ook al gebeur. Seker eers vogende jaar, as die JSE nie te swak doen nie, en dit is nog iets om oor te kla. Dink daar is n 3de mag wat my wil verarm.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 10:31:01 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Sien julle nou wat het ons gedoen?   Met al ons geklaery oor alles, wil Herman nie eers meer kamp nie.yell    Ag nee, Herman, jy "comedy corner" ons nou.   Jy sal nie Jurgie so afskeep nie, die Triumph kry juis al die aandag die afgelope tyd. wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 10:37:15 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Daai derde mag ??

Hy ons nou gekaap.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 11:13:20 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Moeilike vraag, Johan.   Ek glo nie daar is 'n reël of regulasie wat sê jy mag nie.  Dit is eerder 'n ongeskrewe reël dat as iemand 'n draad begin het oor 'n onderwerp is dit verkeerd (onbeskof?) om sy onderwerp na iets anders te verander.   Soms is dit half onvermydelik, amper soos in 'n geselskap waar een ding lei tot 'n ander.  Daar is lede wat baie sterk hieroor voel en dit nie goedkeur nie.   Ek persoonlik gee gladnie om as iemand my draad kaap nie, maar elkeen het sy eie gevoel daaroor.   Ek was self al skuldig daaraan en probeer maar om dit nie te doen nie, al val mens soms in die versoeking.laughing

Ek wil darem net noem, die forum het lede verloor, vir watter redes ookal.  Mense wat net stil geraak het.  Kyk maar na die ou drade, jy sal sien daar is baie name wat gereeld geskryf het, wat nie meer deelneem nie.   Ons moet miskien daarteen waak om nie toe te laat dat die ongeskrewe reëls, soos kaping, dalk een van die oorsake kan wees nie.   Of kaap ek nou jou draad????wink



Hi Freda,
Ernstige puntjie op hierdie "comedy draad"

Die feit dat ons lede verloor is nie a.g.v. iets anders nie as punt.
Sommige oukies voel persoonlik aangekla deur sekere opmerkings. Ek weet van lede wat ook baie fyngevoelig is oor sekere aanmerkings. Jy weet self dat ek ook fyn gevoelig is oor sekere opmerkings.
So wat ek vir jou sÍ is. Sommige van ons lees soms tussen die lyne. Soms maak iemand n sarkastiese aanmerking. Dan voel diť persoon sy persoon word aangekla. Ander lees die drade en kommentare en gaan verby. Ek het al persoonlik soos ook met jou met Herman gepraat en hy verstaan en ek glo jy verstaan ook.
Gaan met n kritiese oog deur al die drade... ek lees ook so ver as moontlik alles en as ek kans kry kommentaar ek. Jy sal verbaas wees oor die verkleineerde maniere van sommige kommentare.
Soos jy gesÍ het. Kom ons vergeet maar en stap aan. Hierdie is n lekker forum met 100de verskillende deelnemers. Elkeen het sy siening waarop hy geregtig is.
Ek watts app jou gou gou oor n lekker grappie. En die kampers wat wil deel, stuur jou nommer dan stuur ek ve jou ook.

Gatiep loop agter maraai en sÍ. "Wha". Sy se hom ve wat doe jy dit ek kon my broek afgeskrik het. Gatiep... "wha wha wha".
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 12:49:23 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Soms is iemand die dag miskien net bietjie gepla oor iets en sien dan draad kaping as n probleem. Party keer sluip dit sommer net in. Mens moet maar bietjie verdraagsaam wees en dan word dit sonder geraas gou reggestel.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 14:36:47 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ja, soms ....................

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2016 @ 22:28:03 pm
PietRiana
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 148
Joined: 23 Oct 2015
Experience: 5 years
Hier by ons in Odendaalsrus as hulle die draad kaap is ons ligte af.
Mooi loop by die lelike plekke
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2016 @ 04:40:35 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1222
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Daar is n draad vir diefstal. Gebruik hom. Haha Is mos "comedy"

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required