English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 155
Total Views: 82 384 708
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 649
Share all those nice recipes with everybody...

Macaronislaai met biersous

replies: 6
views: 2705
08 Dec 2016 @ 22:00:54 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Water
10 ml sout
5 ml kooklolie
500 ml gewone elmboog macaronistukkies
1 pynappel
3-4 piesangs
1 blik heel, ontpitte lietjies, gedreineer
1 blikkie klein ertjies

bier sous
125 ml bier
125 ml mayonnaise

Kook die macaroni soos gewoon weg met die water sout en olie.
kook vir ongeveer 12 minute.
Dreineer en laat afkoel
Skil die pynappel en sny in blokkies.
Skil piesangs en sny in skywe
Plaas macaroni, pynappel, piesangskywe, lietjies en ertjies in groot slaaai bak en meng deur.
Klop die bier en mayonnaise tot goed gemeng.
Gooi oor die slaaibestanddele en meng liggies deur met twee groot vurke
verkoel n rukkie en geniet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2016 @ 22:13:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13782
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Sal maar stadig eet.....anders word jy dronk😆😆😆... joke net. Klink maklik en heel lekker...dankie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2016 @ 06:35:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Nee die een sal ek 'n mis gee.

Die mayonaise kan gaan maar die bier hierby nie vir my nie.

Die wat hom sal vat moet hom maar namens my geniet................... Huh uh....
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2016 @ 07:43:13 am
Anonymous

Ek sal die bier vat en die res los

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2016 @ 07:49:56 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Kyk ek is so lus vir daai bietjie, maar my bek is te seer. Sit mos DIE TYD van die jaar met tandpyn.............en ja... mediese fondse maak mos voorsiening dat jy oor die tydperk MOET pyn he tot Januarie voor jy iets kan doen. Dan is my MSA ook sommer Januarie poer in sy whatever in!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2016 @ 11:29:23 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Om van bier slaai te maak is n wonderlike idee. Sal net vra vir die bier, ander kan die res kry, so dan kry ek ook mos bietjie slaai in op die manier.
Van nou af drink ek so paar slaaie met n braai !!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2016 @ 17:22:54 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Nou lekker gelag neef Herman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required