English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 300
Total Replies: 230 500
Total Views: 82 401 029
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 316 149
Share all those nice recipes with everybody...

Maalvleis pap ontbyt

replies: 10
views: 3270
23 Dec 2016 @ 20:37:34 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
500 gram maalvleis
1 heel naeltjie
1 lourieblaar
1 kaneelstokkie
1 steranys
1 et asyn
kwart teelepel borrie
kwart koppie appelkoos konfyt
1 tl matige kerrie
kwart koppie kookolie
1 klein blikkie tamatie paste
sout en peper na smaak
1 groot aartappel in klein blokkies gesny
1 ui fyn blokkies gesny
maak die olie warm en braai die ui tot sag en gooi naeltjies, lourieblaar, kaneelstokkie, steranys by en braai tot ui deurskyned is.
Gooi nou kerriepoeier , borrie by en braai vinnig deur, gooi asyn by, roer deur en gooi die maalvleis by en meng deur
prut vir so n paar minute.
Gooi die aartappel by en gooi net genoeg water by om die aartappels toe te maak, kook tot aartappels sag is en amper droog gekook oor matige hitte kan dit sommer op die vuur maak
Gooi nou die appelkoos konfyt en tamatiepaste by roer geod deur en laat stadig prut toets om te proe of sout en peper moet by gegooi word.
laat stadig prut en die mengsel goed deur gekook is.
Maak nou jou stywe pap of krummel pap

Bak nou die eiers na smaak.
Skep die stywe , slappap of krummelpap in jou bord.
Skep maalvleis oor jou pap en plaas die gebakte eier of twee bo op die maalvleis en geniet die ontbyt.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 10:18:06 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Dankie Herman - lyk erg lekker! Die Kapenaars sal maar 'n braai broodjie moet bysit in plaas van die pap!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 12:36:21 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14126
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Hierdie een doen ons ook al baie.

Moenie die gebakte eiers ook vergeet nie. Sit dit sommer boop alles.

Lekker
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2016 @ 16:17:05 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Herman dankie gaan hom doen
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Dec 2016 @ 09:25:51 am
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Ja nee Kruger die kapenaars is nou nie eintlik pap eters soos die Vaalies nie net my kleindogter is mal oor my krummel pap
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Dec 2016 @ 10:52:37 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ja nee Kruger die kapenaars is nou nie eintlik pap eters soos die Vaalies nie net my kleindogter is mal oor my krummel pap

Ek is baie lief vir die Valies se pap en sous.  Ek verkies stywe pap bo krummelpap.  Miskien omdat ons Kapenaars dit nie reg kook nie.  Dit voel altyd vir my of mens dit nie lank genoeg kan kook sodat dit ordentlik gaar word nie.  Verduidelik bietjie hoe doen mens dit sonder dat dit aanbrand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Dec 2016 @ 13:37:51 pm
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Freda dit is eintlik baie maklik - tel net, 1 teelepel sout, 2 koppies water, 3 koppies mieliemeel. Laat die water met sout kook, gooi meel op 'n hopie in en draai plaat baie stadig. Laat prut so vir 5 - 7 minute en roer dan goed. Deksel op en los - roer weer so elke 15 minute. Ek kook hom sommer so vir 2 ure dan is hy lekker gaar en smaaklik, kuns is stadig, moet hom nie jaag nie. Skil sal onder in pot vorm - daai is die lekkerste more oggend met melk en suiker!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Dec 2016 @ 20:00:54 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dankie Kurper.  M.a.w. as meel op 'n hopie in die middel lê, dan los ek dit eers so vir 5 - 7 minute, dan begin ek roer.  Vorm dit dan vanself die krummels?  So, al lyk dit droog, ek voeg nie weer water by nie, roer net en maak nie saak as dit onder begin kors vorm nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Dec 2016 @ 20:24:06 pm
Anonymous

Freda dit is eintlik baie maklik - tel net, 1 teelepel sout, 2 koppies water, 3 koppies mieliemeel. Laat die water met sout kook, gooi meel op 'n hopie in en draai plaat baie stadig. Laat prut so vir 5 - 7 minute en roer dan goed. Deksel op en los - roer weer so elke 15 minute. Ek kook hom sommer so vir 2 ure dan is hy lekker gaar en smaaklik, kuns is stadig, moet hom nie jaag nie. Skil sal onder in pot vorm - daai is die lekkerste more oggend met melk en suiker!

Gerhard, daai "pap brandsel" is lekkerder as die pap self. Ek oorreet my aan brandsel met regte botter en bruin suiker.

Kyk nou smag ek na pap brandsellaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jan 2017 @ 19:29:22 pm
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Naand Freda. Skuus was so bietjie van lyn af. Ja jy los hom vir die paar minute om 'n skilletjie te vorm voordat jy begin roer. Gooi niks verder by nie, roer elke nou en dan en soos Johann se, daai korsie is die lekkerste die volgende oggend as jy hom in melk week met bietjie suker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jan 2017 @ 20:19:53 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Naand Freda. Skuus was so bietjie van lyn af. Ja jy los hom vir die paar minute om 'n skilletjie te vorm voordat jy begin roer. Gooi niks verder by nie, roer elke nou en dan en soos Johann se, daai korsie is die lekkerste die volgende oggend as jy hom in melk week met bietjie suker.

Ek gaan dit probeer, so gou ek kan.  Ek maak gewoonlik net pap en sous in die winter.  Het ook al gesien hoe mense die aanbrandsel eet soos 'n sny brood.smile  Dankie Kurper.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required