English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 292
Total Replies: 230 385
Total Views: 82 395 277
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 999
Share all those nice recipes with everybody...

Maalvleis pap ontbyt

replies: 0
views: 1017
23 Dec 2016 @ 20:37:32 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
500 gram maalvleis
1 heel naeltjie
1 lourieblaar
1 kaneelstokkie
1 steranys
1 et asyn
kwart teelepel borrie
kwart koppie appelkoos konfyt
1 tl matige kerrie
kwart koppie kookolie
1 klein blikkie tamatie paste
sout en peper na smaak
1 groot aartappel in klein blokkies gesny
1 ui fyn blokkies gesny
maak die olie warm en braai die ui tot sag en gooi naeltjies, lourieblaar, kaneelstokkie, steranys by en braai tot ui deurskyned is.
Gooi nou kerriepoeier , borrie by en braai vinnig deur, gooi asyn by, roer deur en gooi die maalvleis by en meng deur
prut vir so n paar minute.
Gooi die aartappel by en gooi net genoeg water by om die aartappels toe te maak, kook tot aartappels sag is en amper droog gekook oor matige hitte kan dit sommer op die vuur maak
Gooi nou die appelkoos konfyt en tamatiepaste by roer geod deur en laat stadig prut toets om te proe of sout en peper moet by gegooi word.
laat stadig prut en die mengsel goed deur gekook is.
Maak nou jou stywe pap of krummel pap

Bak nou die eiers na smaak.
Skep die stywe , slappap of krummelpap in jou bord.
Skep maalvleis oor jou pap en plaas die gebakte eier of twee bo op die maalvleis en geniet die ontbyt.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required