Good Morning all.
I have a 2007 ML 500 and would like to know if anyone can share some comments regarding using this vehicle to tow an Exclusive.
Hi Gert welkom hier .Ek glo jy kan n grappie hanteer .Paar jaar gelede sê ek vir n ou wat saam met my gewerk het ,hy het n Mercedes besit, n Mercedes kan nie n karavaan sleep .Sy antwoord aan my was toe .Ja dit is dalk waar ,maar as jy n Mercedes ry ,bly jy in n hotel nie in n karavaan .
Gert,
Hy het 'n drink probleem maar hy sleep baie goed
sy krag kurwe is baie mooi en met sy 7 Spoed ratkas is sy ratte perfek.
Gert jou voertuig het meer kW en Wringkrag "Torque" as myne en ek sleep 'n swaarder karevaan as joune met gemak, al meer as 10 000 km gesleep sonder probleme. Was al by Scottburgh, Mosselbaai, Drakensberge en Swadini vanaf Secunda area.
Die ML sal die karavaan gemaklik kan sleep. Maar soos hier bo genoem. Hy is baie dors! ! !
4 kilometer per liter as jy gekukkig is. R 5000 per duisend kilos. Nou kan ‘n ou mos agterkom hoekom niemand wat self vir die brandstof betaal met hom sleep nie.
Dit laat my dink aan ‘n ou wat laasweek genoem het dat jy maar kan oplet - elke X5 BMW wat te koop is se diensplan het verstryk, want niemand wil daardie loopkostes betaal nie. Skrikwekkend wat so ‘n buiteband kos.
Miskien is dit gepas dat ek net noem dat ek sekerlik nie moet veralgemeen nie. Ander ouens kan dit sekerlik bekostig, maar vir die van ons wat al meer as sewentien jaar afgetree is sal dit maar knor.
Ons het juis laasweek vir die week teen die Weskus gaan kamp. 'n Driekwart tenk diesel later en die brandstof heen en terug kos meer die as ses dae se kamp, kos ingesluit.
Mense is geneigd om hulle blind te staar teen die krag van 'n voertuig en hulle vergeet dat krag nie verniet kom nie- dit kos brandstof. Wat doen jy in elkgeval met massas krak- die maksimum spoed is maar 120k/u en die kleinste swakste hedendaagse voertuig kan dit maklik handhaaf. Selfs as jy met 'n 300Kw voertuig teen 120k/u ry, sal sy verbruik baie hoër wees as die verbruik van 'n soortgelyke voertuig wat sê 120Kw ontwikkel. Ek meen daar moet eerder gekyk word hoeveel krag jy werklik nodig het vir jou doel. Enigiets bo dit is bloot ydele vermorsing. Onthou dat 1 ton bakkies 'n paar jaar gelede maar in die omgewing van 80KW ontwikkel het en nogtans heel suksesvolle sleepvoertuie was. Enige verstandige bestuurder sleep immers teen 'n veilige spoed en dit het nie verander oor die afgelope paar dakades nie. Ons 82KW Kombi het vir baie jare heel gemaklik ons Sprite Supersport gesleep het. As jy natuurlik reeds 'n baie kragtige voertuig het- om watter rede ookal- sleep jy seker maar met hom ten spyte van die onnodige baie krag en verbruik, maar om 'n onnodige kragtige voertuig te koop, maak vir my net die sin nie. As jy natuurlik die geld het en dit brand jou sak, moet jy seker maar daarva ontslae raak of hoe?
Fred daai som werk nie so maklik nie
Jy moet kyk waar 'n voertuig se Kw En Nm kurwe le
dan kyk jy waar die RPM op die kruising le
Help niks jy het 600 nm @ 6000rpm en 110 @ 2000 en jy sleep RPM is 2000 nie so ook vir jou Kw
Dan as jy 'n sterker voertuig het dat sleep jy gewoonlik teen Meer krag op Lae RPM wat verseker jou masjien werk ligter en sal dus 'n banstaf verbruik he wat lighter is as teen hoer RPM's
Uit my ervaaring met my MB C350 CDI het 3 gery
eerste twee het 165 kw / 550 nm met 250nm beskikbaar by 1000 rpm gehad [brandstof verbruik oor 90 000 km elk was 8.5 l/100km sleep ingesluit]
laaste het 195 kw en 620kw met 320 nm @ 1000 rpm hy gebruik [90 000 km / 7.6 l/100km] baie minder brandstof as die eerste twee omrede hy lighter werk
Lesensie massa is 15 kg meer as die eerste twee.
Alweer die verbruiksyfers. Kom ons bly eerder weg daarvan. Net 'n aanhaling uit 'n ander draad :
on my last trip to Eiland Spa I Used 80 l from Pretoria to the Eiland odo 398 that = 20l / 100km or 5km / l My best ever with the 3,2 4x4 was 7 km / l
Alweer die verbruiksyfers. Kom ons bly eerder weg daarvan. Net 'n aanhaling uit 'n ander draad :
on my last trip to Eiland Spa I Used 80 l from Pretoria to the Eiland odo 398 that = 20l / 100km or 5km / l My best ever with the 3,2 4x4 was 7 km / l
Ai ai Dudelik verstaan jy nie so hier en daar kery jy die arm siel wat meer as een kar besit. Met my BT50 het ek een stel verbruik wat ek nie skaam is oor nie.
Met die HONDA JAZZ 1.5 is daar 'n tweede stel verbruik syfers
Met My MB C350 CDI is daar 'n ander stel verbruik syfers.
Met My Nissan NV200 1.5 Combi is daar 'n ander stel syfers
Dan is daar nog die Motorfiets Ons praat nie van sy verbruik nie hy het geen vrees of respek vir brandstof nie nog nooit 10 km per lieter gesien nie.
Ek kan jou met my GARAGE kaarte bewys dat die C350 CDI is ligter op brandstof as die JAZZ
So ook kan ek vir jou wys dat die Nissan NV 200 1.5 diesel is die ligste van almal maar daar haal sy diens koste my in. om my Kost per Km uit tewerk
Die DC 3.2 is die vraat hy het 'n drink probleem en hy maak jou seer
So ek verstaan nie wat jy probeer se met jou aanhaaling nie? dalk moet jy die aanhaaling/vergelyking duidelikker stel... ek sal jou met graagte antwoord Daai syfers is vir die BT50 3.2 147 kw / 470 nm factory claimed.
Die ML sal enige caravan met gemak sleep, dit hang maar net af hoe swaar jou voet is, petrol verbruik sal meer wees maar nie buitespooring hoog nie. Geniet die sleep 😃
Die ML sal enige caravan met gemak sleep, dit hang maar net af hoe swaar jou voet is, petrol verbruik sal meer wees maar nie buitespooring hoog nie. Geniet die sleep 😃
Omtrent enige bekende sleepvoertuig "sal enige karavaan met gemak sleep", Hiermee stem ek saam. My vrou se klein karretjies het vir jare al ons karavane gesleep tot waar ons sleepvoertuig dit verder kon neem buite in die straat, bloot omdat die draaitjies waar ons woon te skerp was vir die groter kombinasie.
Ons het destyds 'n kampeerder raak ge-kamp wat 'n yslike karavaan met 'n maatskappy Mazda 323 gesleep het - baksteen op die pertol pedaal, oop ketel al die pad buite die stad. 'n Sinnelose oefening vir gewone ouens, maar sy redenasie was bloot, hoekom jou eie geld spandeer wanneer jou maatskappy motor die ding kan beweeg tot waar nodig?
Het die voertuig waarmee jy jou karavaan na die kampeer perseel sleep al ooit 'n verskil gemaak aan die eintlike kampeer ervaring? Die weer, die bure, die atmosfeer? Buiten natuurlik waar egos kampeer ervarings bepaal. 😄
Enige motor kan n karavaan sleep, maar dit is gladnie veilig ,mense besef nie hoe belangrik die gewigsbalans tussen die sleepvoertuig en karavaan is .Jy kry n sistuasie waar die stert die hond begin rondswaai .Dit is dan ook die rede waarom dit altyd beter is om jou sleepvoertuig agter swaar telaai, en nie jou karavaan .Jou karavaan is nie n sleep wa .
Die ML sal enige caravan met gemak sleep, dit hang maar net af hoe swaar jou voet is, petrol verbruik sal meer wees maar nie buitespooring hoog nie. Geniet die sleep 😃
Johan, hoe het jou ML350 met die ou ML500 vergelyk? Ek vra hierdie vraag aangesien ek weet jy het ook met die ML gesleep.
The ML500 proves that Mercedes is back on track following the wobbles it experienced at the turn of the century as it expanded aggressively (and possibly too fast) in markets it has never competed in before. Right now, this seems to be the SUV to beat.
We like:
Build quality
Ride refinement
Cabin comfort
Performance
Status appeal
We don’t like:
Fuel economy
Fast facts
Engine: 5.0-litre, V8, petrol
Power: 225 kW @ 5 600 rpm
Torque: 460 Nm @ 4 750 rpm
Transmission: seven-speed automatic
Wheels: 18-inch alloy
Top speed: 240 km/h
0-100 km/h: 6.9 seconds
Fuel economy: 13.4 litres/100 km
Die Amerikaners het destyds geglo dat"if you want power, give it cc's" Moderne ingineurswese lag vir hierdie konsep.
Van vandag af kos brandstof aan die hoëveld meer as R 20 per liter, met geen vooruitsigte dat dit vorentoe beter sal gaan nie. Oor 'n paar jaar sal jy waarskynlik 'n V8 nie verniet kan weggee nie, want twee liter masjiene skop net soveel wringkrag en meer uit teen 2000 omwentelinge met 'n baie beter brandstof verbruik per nm wringkrag.
Toe ek jonk was het ons geglo hoe harder 'n masjien kan raas, hoe vinniger en meer krag het dit. Baie van die oortuigings van destyds word deesdae as onsinnig bewys. Die motor met die beste krag uitset vandag is ook die stilste - 'n elektriese motor.
Kyk gerus na die video hier onder. Dit is insiggewend.
https://www.youtube.com/watch?v=b9OnI3j5G7g
Swanie, I see you omitted resale value under things you don't like. Like fuel economy it also impacts monetary value. In fact, a second hand 500 ML may even appear to be attractive for that very reason!
Swanie, I see you omitted resale value under things you don't like. Like fuel economy it also impacts monetary value. In fact, a second hand 500 ML may even appear to be attractive for that very reason!
Quite right. Resale value is not the end all to any vehicle
I buy a vehicle to use, deduct from Tax 5 Year write off so what ever i get when I dispose of it is money for JAM
Welkom hier op die forum.