English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 118
Total Replies: 227 470
Total Views: 82 269 221
topics: 10 743
replies: 123 313
views: 38 802 514
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

MARK LOWE - TOWING WITH COMBI

replies: 4
views: 6159
07 Jan 2004
Anonymous
Haai Soutie, volgens verskeie E-mails van jou, wil dit vir my voorkom asof jy 'n baie goeie kennis van verskillende voertuie se data het. As jy kan, help my asseblief met die volgende een.
Ek het met 'n VW Combi 2,3I gesleep (4 spoed ratkas). Ek sleep nou met 'n VW Combi 2,6I met 'n 5 spoed ratkas. Die 2,3 se masjien rewolusies op 120kpu was 4000rpm in 4de rat. Die 2,6 sin is dieselfde in 5de rat.(ook 4000rpm teen 120kpu). Dit wil amper vir my voorkom asof VW net 'n addisionele 1ste rat bygesit het, wat wegtrek met 'n vrag natuurlik 'n plesier maak, al is dit teen 'n opdraend. Almal huil altyd, en dit maak vir my sin, sleep in 4de rat en nie in 5de rat nie! Wat nou in my geval, want dit lyk my ek het in elk geval maar net 'n 4 spoed ratkas met soos ons boere daarvan praat 'n "donkie low".
Ek sal jou kommentaar baie waardeer. Baie dankie. Willie von Molendorff.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2004
Mark
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 13 Aug 2002
Middag Willie,
Ek het ongelukkig nie al die detail oor die twee verskillende enjins nie, maar weet ek dat die 2,3 model 'n ou Audi motor was met ongeveer 90kW. Die 2,6 (asook die 2,5) motor was 'n VW eenheid wat 100kW uitgestoot het.

Ek stem saam met Jacques oor sy teorie met betrekking tot die ratverhoudings. Die 2,6i motor sou heelwat meer wringkrag as die 2,3 gehad het en dus voel ek dat die 5 spoed ratkas ontwerp was om wrinkrag eienskappe ten volle te benut om beter "drivability" te bewerkstellig, veral met versnelling en verbysteek.

4de rat is gewoonlik 'n direkte aandrywingsrat met 'n verhouding van 1:1, maar 'n die geval van die 2,6i Kombi kan dit wel wees dat die 5de rat 'n ware dryf rat is...probeer erens in jou handboek die rat verhoudings nagaan...of raadpleeg 'n VW werkswinkel.

Net 'n laaste opmerking...die aanbevole veilige sleepspoed vir karavane is 100kph....

Groete
Mark (Soutie!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2004
Anonymous
Ek het 'n 2.5 bus, en voel dat die omwentelingspan tussen 3de en 4de rat te groot is. Ek sleep 'n 7vt Venter met al ons kamptoerusting. Die omwentelinge val amper 1500 rpm tussen die ratte. Op 'n gelyk pad of effense helling maak dit nie saak nie, maar as daar 'n lekker fris opdraende is, raak dit 'n gesukkel. (Of anders moet ek eers leer om bus te ry en nie soos 'n gewone kar of bakkie nie) Tussen 4de en 5de rat val die rpm =+/- 500.
Ondervind ander mense dieselfde, of is dit net ek??

'n Vriend van my het 'n 2.3 bus en sleep sy karavaan en 'n 5vt Venter met dit. Hy reken die kambinasie werk baie goed.

JAPIE
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2004
Anonymous
Manne, Baie dankie vir al jul inligting en terugvoering. Ek geniet elke kilometer wat ek sleep, voel nou net beter, het altyd in 5de rat gesleep, maar ook maar altyd gewonder of dit die regte opsie is. Mark, my stelling van 120kpu was solo, my sleepspoed wissel tussen 90 en 110kpu! Ek sal ook graag van nog ander persone se ondervinding wil hoor. Groete en lekker sleep. Willie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2004
Piet
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 412
Joined: 01 Jan 2007
Willie, ek wil maar net sÍ dat ek dink nie jy kan vir Mark 'n "soutie" noem nie, as ons boere maar net so goed engels kan praat as wat hy afrikaans praat!† Sleep in 5de pal die Volksie kan dit vat sonder probleme.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required