English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 812
Total Replies: 256 670
Total Views: 83 381 825
topics: 11 739
replies: 141 593
views: 39 414 480
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Lugversorgers

replies: 45
views: 761
11 Oct 2020 @ 19:43:39 pm
Great-White
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 42
Joined: 15 Jan 2019
Experience: 32 years

Naand almal

Ek het bietjie deur die ou forums gewerk aangaande lugversorgers in karavana. Dit lyk of daar baie pro's en con's is en dat daar baie menings daaroor is.

Ek sal graag wil weet wat die nuutste tegnologie ons kan gee want ek wil nie graag he dat ons en ons bure ongerief ervaar deur 'n lugversorger te gebruik nie. Sekerlik is daar nou baie beter opsies wat stil en prakties is. Ek sal ook nie graag enige pakplek daaraan wil afstaan nie. Is daar nie iets beskikbaar wat in die Raven se oplig dak kan gemonteer word nie? Kompakte verkoelers moet tog teen nou al beskikbaar wees.

Groetnis

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 11:20:14 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5844
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Pieter, kontak Johan Breedt van Caravan Cooling by 016 981 9812.  Hy is in Vanderbijlpark maar kan jou dalk help.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 12:34:05 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 419
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ek weet ek gaan n paar warm klappe kry, maar n lugversorger is n pyn. Ek het nou al n paar keer langs n karavaan gestaan waar die lugversorger reg deur die nag raas en my uit die slaap hou. Hou niks van die goed nie, hulle raas net waar jy wil rustig sit in stilte of wanneer jy wil slaap.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 14:32:16 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1180
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ek verkies my Lugversorger,  een van die beter beleging wat ek in my wa gedoen het.  Het van 'n man in Vallala gebruik gemaak en hy het die binne eenheid bokant een van my vensters geinstaleer. so geen pak spasie binne die wa verloor nie maar wel in die neuskas waar die kompressor staan.

Hy werk 24/7 as ek kamp en so ook in my huis.

Ek verpes weer die mense wat musiek speel vir almal op die kamp terein.

Kom ons gaan kamp
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 14:44:00 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2272
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

En so het ons maar almal ons voorkeure en afkeure. Party hou van Ford, ander van Toyota en diens meer. Daar sal altoos rede gesoek word om te verskil en dit is wat die Forum interresant maak. Hou so aan ek leer baie daaruit.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 15:23:58 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1619
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Ja hulle raas en dit is sekerlik nie aangenaam in die natuur nie. Die raas is van die waaier en gaan nie in my leeftyd uit geskakel kan word nie.

Daar is ander raas wat meer iriteerend is.

Bo op die dak soos die Exclusive Delux en Sensation is die minste rus verstoorend.

In die meeste plekke in RSA in die somer is n' lug versorger die eerste lukse vir ons.

Dan movers.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 16:13:21 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1252
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Nee wat, sit in die koelte van ons silwer seil (met 'n waaier indien nodig) deur die dag, en die gaasnet vensters oop in die Pophuis se dak deur die nag is heel goed genoeg vir ons, dankie! En. ek is 'n warmbloedige mens - gooi selfs kombers af in die nag, maar geensins 'n lugversorger vriendelike mens nie, dankie, maar nee dankie!!laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 16:59:49 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Die amptenare wat in Giyan in die voormalige Gazankulu tuisland diens gedoen het, was van die mense wat die meeste verkoues gehad het waarvan ek weet.  Die rede was dat Giyani in die somer so warm soos die hel word, en al die regeringshuise het lugversorging in gehad asook die regeringskantore.  Jy kan n ie heeldag in 'n lugverkoelde vertrek sit nie, jy moet soms uitgaan in die hitte.  As jy dan terugkom in die heerlike koel vertrek, is verkoue jou voorland.  Ek is ook nie 'n lugreëlingmens nie en het baiemaal eerder in hotelle gelê en sweet as om die hele nag wakker gehou te word deur 'n raserige lugreëlaar.  In 'n karavaan is dit waarskynlik nog erger.  Dit is nie net die waaierdeel wat geraas maak soos iemand hierbo genoem het nie.  Ek dink die kompressor maak die meeste geraas. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 17:18:59 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4469
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Naand almal

Ek het bietjie deur die ou forums gewerk aangaande lugversorgers in karavana. Dit lyk of daar baie pro's en con's is en dat daar baie menings daaroor is.

Ek sal graag wil weet wat die nuutste tegnologie ons kan gee want ek wil nie graag he dat ons en ons bure ongerief ervaar deur 'n lugversorger te gebruik nie. Sekerlik is daar nou baie beter opsies wat stil en prakties is. Ek sal ook nie graag enige pakplek daaraan wil afstaan nie. Is daar nie iets beskikbaar wat in die Raven se oplig dak kan gemonteer word nie? Kompakte verkoelers moet tog teen nou al beskikbaar wees.

Groetnis

Moet nie toelaat dat die ouens sonder lugreelaars jou afsit nie Pieter.

'n Goeie een se buite eenheid is skaars hoorbaar. Ek het al talle bure gevra of myne hulle pla en die antwoord was nog altyd nee. Hou in gedagte dat in die aande die temperatuur gewoonlik so daal dat die kompressor min of nooit aankom nie. Die binne eenheid se waaier is baie stil.

Go for it!

The Happy Campers.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 17:35:07 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Naand almal

Ek het bietjie deur die ou forums gewerk aangaande lugversorgers in karavana. Dit lyk of daar baie pro's en con's is en dat daar baie menings daaroor is.

Ek sal graag wil weet wat die nuutste tegnologie ons kan gee want ek wil nie graag he dat ons en ons bure ongerief ervaar deur 'n lugversorger te gebruik nie. Sekerlik is daar nou baie beter opsies wat stil en prakties is. Ek sal ook nie graag enige pakplek daaraan wil afstaan nie. Is daar nie iets beskikbaar wat in die Raven se oplig dak kan gemonteer word nie? Kompakte verkoelers moet tog teen nou al beskikbaar wees.

Groetnis

Lugverkoeler wat in die dak gemonteer word is baie duur en ek het nog nie een teëgekom wat in 'n oplig dak ge-instaleer is nie.

Die tegnologie wat in nuwe lugverkoelers gebruik word maak dat die kompressors baie stil is. Persoonlik glo ek nie dat alle lugverkoelers mense wakker hou nie maar dat hulle om een of ander rede nie kan slaap nie. 

Die probleem met buite eenhede wat in die neuskas gemonteer is dat daar nie genoeg lug gesirkuleer word om die eenheid nie en dan word die druk in die sisteem baie hoog en die kompressor kry swaar wat tot die geraas bydra. 

As dit enigsins moontlik is installeer die buite eenheid buite op die agterkant van die woonwa of voor op die A-raam buite die neuskas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 06:52:30 am
Great-White
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 42
Joined: 15 Jan 2019
Experience: 32 years

Dankie aan almal vir die insette. Ek sal maar by my klein waaiertjie bly

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 16:34:19 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1910
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Ek is nou by my vierde wa, waarvan die eerste 3 nie lugversorgers in gehad het nie. Nie geweet wat ek mis nie.

Ek bly al 30 jaar op Malelane. Ek weet van warm kry en lugversorgers.

Lugversorgers gee jou nie verkoue nie. Dis 'n 'ouvrou storie'. Jy kry verkoue van 'n virus infeksie, nie van koue en hitte nie.

Ek het in my huidige 2017 Penta (Spenta volgens my dogter) 'n lugversorger. Dis die moeite werd.

Ons kom agter dat hoe ouer ons word, hoe moeiliker hanteer ons die hitte.

Vir die wat nie Malelane ken nie, die temperatuur kan hier van 4°C in die winter, tot 51°C in die somer raak. Ons leef van einde September tot middel April met lugversorgers in kantore, winkels, huise en motors. As jy hier met jou motorvensters oop ry in die somer, het jou motor nie 'n lugversorger nie of dit is stukkend.

So, Pieter, soos Hendrick bo sê, moenie dat die ouens sonder lugversorgers jou afsit nie. Ek is altwee, met en sonder lugversorger.

Die nuwe generasie sorgers raas nie meer nie. Ek vra gereëld my bure wanneer ek die wa se versorger gebruik. En ek gaan luister self, mens moet teen die kompressor waaier staan om dit te hoor loop.

Ek vermoed die ouens sonder versorgers kan nie slaap nie as gevolg van hitte en reken dan dit is die buurman se versorger wat hulle wakker hou.

Jy sal oor die langtermyn nie spyt wees nie, sit een in.

Daar is 'n oplossing vir die warmlug vloei om die kompressor eenheid indien in die neuskas. Jy herlei net die warm lug uit die neuskas uit (gebruik silwer aircon 'ducting') en jy het nie probleme nie.

Lekker kamp.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 18:04:16 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 606
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Baie goed gestel Pottie.

Ek wonder hoeveel manne wat teen ligversorgers is  gebruik hulle lugversorgers in hulle voertuie?  Dit maak die lewe net makliker.  Dis dieselfde om vuur te maak om koffie te maak.  Deesdae sit ons sommer n ketel aan.  Dinge word makliker en dit hang van jouself af hoe gemaklik jy dit vir jouself gaan maak.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
14 Oct 2020 @ 07:11:53 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1619
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Baia mooi Proffie.

Niemand kan vir my se dit is nie lekker om op n' warm dag in die laeveld (40C plus) in n' lug gereelde winkel of resturant of kar in te loop nie. Dit is amper so lekker soos n' ys koue bier.

Hulle raas defenitief nie so veel dat hulle steur nie.

Hulle vat plek en is nogal swaar, ~30Kg. But definitly worth it!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 07:22:11 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek aanvar die mening van mense wat moderne lugreëlaars het dat hulle stiller is as ouer generasies.  En as jy dan 'n stil lugreëlaar gebruik om gemaklik te slaap, maak dit sin.  Maar uitkamp beteken buite leef.  As jy dus in die dag die hitte ontduik deur in die lugversorgde karavaan te sit, dink ek jy mis die uitkamp-gevoel en kon maar eerder tuis gebly het.  En as iemand beweer dit gebeur nie, sê ek ek het dit wel in die Kruger wildtuin gesien dat mense, as hulle nie in hulle voertuie gaan wild besigtig nie, met toe deure en vensters binne hulle karavaan sit met die lugreëlaar aan.  Dit lyk net  nie vir my aangenaam nie.

Maar ek kritiseer dit nie- dis hulle karavaan, geld en tyd, so hulle kan dit gebruik soos dit hulle behaag.  Ek wil dit nie hê nie.  Ek kan dit wel bekostig.

Daar is natuurlik 'n groot verskil tussen uitkamp en op 'n warm dag met jou voertuig ry, so die verwysing is myns insiens ietwat misplaas.

Hierdie is so terloops, 'n doodnormale "kampvuur gesprek".  Ons wissel menings maar oortuig niemand tot ons siening nie. Dit is tog waarom hierdie Forum bestaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 07:36:24 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1619
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Net so Fred.

Ek glo ook party mense gaan in hulle woonwa om die hitte te ontsnap en ook om n' oogie te knip. Dit is hulle besigheid. Ek slaap net in die nag. My vrou rus in die middag vir mediese redes.

Ons gaan nie in die woonwa in om weg te kom van die hitte nie. Die rede is as jy dan weer moet uitkom voel dit twee keer so warm buite. Ons verkies ook om so lank as moontelik liewer sonder die lug versorger in die woonwa en voertuig oor die weg te kom. As jy eers hom aan het kan jy nie maklik sonder hom nie.

In die kampe sonder krag kom ons ook goed oor die weg met 12V waaiers.

Ek sal nie weer n' woonwa sonder lug reeling will he nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 07:54:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16356
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ons het ook 'n aircon in die Maia maar gebruik dit regtig baie min.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 14:38:51 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Ongelukkig is ek allergies vir n lugvekoeler.

Gebruik nie eers die kar sin nie.

Het ook darm nog nie so warm gekry dat dit nodig was nie.

Die waaier doen sy ding in Mozambique oor Desember.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 15:14:28 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Luukshede bederf 'n mens maar.  Ek sal nie nou op 'n warm dag sonder lugreëling lang afstande wil ry nie.  Soms, as ons in die somer deur die Karoo gery het, was dit tot 37 grade en dan kom jy by die stop-ry plekke en skakel die voertuig af.  Die lug is egter so warm dat jy onmiddelik weer aanskakel.  Ons het vir amper dertig jaar met 'n Kombi sonder lugreëling gesleep en gereeld Desembers gaan toer.  Soms was dit uiters warm soos 42 grade by Addo en Augrabies, maar ons kon dit vat en die kinders het ook nie gekla nie.  Nou is ons bederf deur die koel voertuig en ek weet nie of ek dit meer daarsonder sal kan doen nie.  Ek trek egter die streep by uitkamp- ek sal nie 'n lugreëlaar aanskaf nie want dit sal die kampgevoel bederf. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 16:55:41 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1252
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Ek het ook hierdie "ding" teen lugversorgers. Ek gebruik dit in die motor vir kort(er) periodes, maar skakel dit daarna af.

Interessant dat tydens my (talle!) besoek aan die Emirate, ek gevind het dat, veral in Abu Dahbi, voertuie vir ure (tot soveel as 5 ure!) buite winkelsentrums staan en luier om die versorgers aan die gang te hou totdat Arabier se kind weer inklim. Ek het eenkeer na so 'n Toyota gekyk en besef dat sommige (?) van hierdie voertuie met ekstra groot verkoelers toegerus is om die versorger aan die gang te hou. Natuurlik , in daardie wereld, met die prys van brandstof baie laag,  is so 'n geluier nou nie juis 'n probleem nie!embarassed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 07:02:37 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ons ou wêreld is darem vol teenstrydihede!  Nico sê in die Emirate het voertuie ekstra groot verkoelers.  Volgens my vorige VW Kombi se handboek, was Kombi's in die koue lande toegerus met 'n verhitter wat petrol verbrand om die nodige verwarming in die kajuit te verskaf want die hitte wat die masjien afgee, was nie voldoende nie.  Ons is gelukkig om hier in 'n redelik gematigde klimaat te woon.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 08:26:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16356
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Naand almal

Ek het bietjie deur die ou forums gewerk aangaande lugversorgers in karavana. Dit lyk of daar baie pro's en con's is en dat daar baie menings daaroor is.

Ek sal graag wil weet wat die nuutste tegnologie ons kan gee want ek wil nie graag he dat ons en ons bure ongerief ervaar deur 'n lugversorger te gebruik nie. Sekerlik is daar nou baie beter opsies wat stil en prakties is. Ek sal ook nie graag enige pakplek daaraan wil afstaan nie. Is daar nie iets beskikbaar wat in die Raven se oplig dak kan gemonteer word nie? Kompakte verkoelers moet tog teen nou al beskikbaar wees.

Groetnis

Daar is 'n paar opsies vir die lugversorger in 'n karavaan.  Die Split Unit tipe,  Die Dometic Roof mount Tipe,  Dometic under Bunk mount tipe, Los staande Aircon en dan die ou konvesionele venster monteer tipe.

Net die Dometic roof mount en Venster tipe het nie 'n implikasie op die verloor van pak spasie nie.

As ek nou weer sou beplan vir 'n Aircon in 'n karavaan, sal ek die Venster monteer tipe gebruik.

  • Jy plaas hom los in die karavaan en by jou bestemming moteer jy hom in enige van die karavaan se vensters soos wat 'n skinkbord by 'n padkafee/roadhouse op jou kar se venster geplaas word.
  • Sny net 'n stuk perspex wat om die Aircon pas om die res van die venster opening af te seel.
  • So vat jy hom net saam as jy hom verseker gaan gebruik.
  • Verloor nie stoor spasie in die karavaan nie
  • Geen modifikasies aan die karavaan nie
  • Kan hom ook by die huis gebruik.

Ek het by Bosfontein gekamp en die idee by 'n paar lede van 'n karavaan kamp groep gesien.  Hulle het hout panele gebruik om die venster opening rondom die aircon toe te maak.

Carrier Aircons verkoop nog sulke venster monteer modelle.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 08:51:46 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1619
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Die los staande een en die venster een vat nie plek nie maar dit moet rond geskuif word met in en uit pak. Ons het n' los staande een gebruik in die Gypsey en dit het goed gewerk maar is n' beslomernis met in en uit pak. Dit is well die minste steurend vir die buure. 

Die dak eenhede is baia duur, R48 000 het ek gehoor van n' kamper met n' Swift Atlantic.

Great-White, ek sou voorstel jy kontak n' instaleerder of Campworld en vra hulle om iets voor te stel.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 09:00:15 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek het op die oomblik 'n situasie met ons yskas en het daarom heelwat gaan oplees.  Ek het gevind daar is 'n nuwe tipe kompressor (wat in yskaste sowal as lugreëlaars gebruik word) wat van 'n sogenaamde "inverter compressor" gebruikmaak.  Ek wil nie nou die tegniese aspekte hier noem nie- ek dink ek verstaan dit, maar ek is nie 'n deskundige nie.  Wat wel van belang is, is dat die kompressors glo aansienlik stiller loop as die nie-inverter tipe, maw die ou soort en minder krag gebruik.  Dit sal dus 'n goeie idee vir lugreëlaars in 'n karavaan wees.  Ek weet nie of dit daar gebruik word nie, maar dis die moeite werd om uit te vind.  Dit sal waarskynlik ook duurder wees as die ouer tegnologie.

Dan is daar ook sogenaamde liniêre kompressors waar die suier nie deur 'n radiale motor aangedryf word nie maar waar die suier so ontwerp is dat die elektro-magneties heen en weer beweeg word.  Dit is glo nog stiller as die met 'n masjien en is baie kompakter.  Ek weet dit word in mobiele yskaste, ook 12V, gebruik, maar ek is nie seker van lugreëlaars nie.  Dit klink of dit perfek sal wees vir 'n karavaan oor die stiller loop en aansienlik laer gewig.

Vir die ouens wat beter ingelig is as ek, jammer vir die leke-verduideliking- ek hoop dit is darem naastenby korrek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 09:27:50 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 419
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Ek aanvar die mening van mense wat moderne lugreëlaars het dat hulle stiller is as ouer generasies.  En as jy dan 'n stil lugreëlaar gebruik om gemaklik te slaap, maak dit sin.  Maar uitkamp beteken buite leef.  As jy dus in die dag die hitte ontduik deur in die lugversorgde karavaan te sit, dink ek jy mis die uitkamp-gevoel en kon maar eerder tuis gebly het.  En as iemand beweer dit gebeur nie, sê ek ek het dit wel in die Kruger wildtuin gesien dat mense, as hulle nie in hulle voertuie gaan wild besigtig nie, met toe deure en vensters binne hulle karavaan sit met die lugreëlaar aan.  Dit lyk net  nie vir my aangenaam nie.

Maar ek kritiseer dit nie- dis hulle karavaan, geld en tyd, so hulle kan dit gebruik soos dit hulle behaag.  Ek wil dit nie hê nie.  Ek kan dit wel bekostig.

Daar is natuurlik 'n groot verskil tussen uitkamp en op 'n warm dag met jou voertuig ry, so die verwysing is myns insiens ietwat misplaas.

Hierdie is so terloops, 'n doodnormale "kampvuur gesprek".  Ons wissel menings maar oortuig niemand tot ons siening nie. Dit is tog waarom hierdie Forum bestaan.

Dis waar Fred, as jy op n warm dag op die lang pad is, is dit veiliger om seker te maak dat jy gemaklik is en waker bly. As n lugversoger daarvoor help, is dit n goeie ding.

In die Wiltuin ry ons altyd met die vensters oop (behalwe as dit reen natuurlik). Wil alles hoor en baie foto's neem. Het al verby mense gery met toe vensters en musiek hard genoeg dat ek dit kan hoor ..... dit gaan my verstand te bowe.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 11:58:53 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Netso Piet, ons doen presies dieselfde in die wildtuin, en dan natuurlik ook sonder die lugreëlaar.  Om met oop vensters in stilte te ry, is die naaste wat jy by die ideaal kan kom, naamlik om die wildtuin te voet te verken.

Sommige mense moet eerder maar tuis bly want wat hulle ervaar, kan hulle netsowel op videos tuis doen. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 16:32:31 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1910
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Ek verstaan die Okto Gravellor karavaan is toegerus met 'n 12volt staan yskas/vrieskas van Defy.

Wat is die kanse dat mens op 'n punt 12v lugversorgers gaan kry met genoeg kapasiteit om 'n wa koel te hou.

Dit kan 'n omwenteling bring in die optimering van lugversorgers effektiwiteit.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 17:31:01 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek dink 'n lugversorger trek soveel meer krag as 'n yskas dat dit nie prakties sal wees om dit met 'n battery te dryf nie, tensy jy 'n aantal wil saamdra en hulle kos geld en is swaar.  'n 105AH weeg ongeveer 25 Kg.  En hoe kry jy weer die klomp batterye gelaai?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2020 @ 18:38:14 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Die 12/24volt lugverkoelers is met dieselfde tegnologie(inverter compressor) toegerus en gebruik minder krag as die ou 12volt yskaste. Oorsee is dit standaard in al die motorhomes. Is 7200BTU'S  of 2.1KW groot wat normaalweg genoeg is vir 'n woonwa. 

Vir jare al word in Amerika maakskappye wat met nuwe tegnologie energie bespaar vergoed deur die regering. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2020 @ 09:53:16 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Volgens my berekening sal 'n 2.1Kw eenheid 175 A trek teen 12V.   As ek reg is, beteken dit die lugreëlaar sal 'n 105AH battery in ongeveer 'n halfuur leeg trek.  Dus nie juis 'n praktiese reëling vir uitkamp nie. 'n Klein kompressor karavaan-yskassie trek ongeveer 110W, of 0.11Kw  so dis nie korrek om te sê die lugreëlaar trek minder krag as 'n yskas nie.  My ou '3-way' yskassie het maar ongeveer dieselfde hoeveelheid watt getrek. As ons dus op 'n plek sonder 220V kampeer, is ons maar verplig om die hitte te trotseer.  Maar as jy op sulke plekke kampeer, is jy in elkgeval iemand wat hou van avontuur en bietjie rof leef en sal jy sekerlik nie 'n lugreëlaar wil gebruik nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2020 @ 14:15:17 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Die  motorhomes in die VSA is nie afhanklik van 'n battery om hulle lugreëlaars aan te dryf nie.  Dit sal vir hulle ewe onprakties as vir ons wees.  Hulle het groot kragopwekkers aan boord wat voldoende is vir die doel. Ek meen hulle sal dit ook gebruik as hulle verkies om die hele wa koel te hou terwyl kulle beweeg.  In parke, wat spesiaal ingerig is vir motorhomes, koppel hulle aan die netwerkkrag asook aan vars water toevoer en riool afvoer.    Ons kan gladnie ons omstandighede met hulle s'n vergelyk nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2020 @ 19:58:01 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Die 2.1KW (7200 Btu's) is die groote van die lugverkoeler in die motorhome en nie die krag verbruik nie. Volgens die berekening verbruik die lugverkoeler dan met 250 volt 8.4 ampere wat nonsens is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
17 Oct 2020 @ 10:55:09 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Die metrieke ekwowalent van BTU is Kilojoules, nie Kw nie.  7200 BTU gee ongeveer 7600 KJ.  Die 2.1 KW lyk beslis soos die kragverbruik van die lugreëlaar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2020 @ 11:20:25 am
Anonymous

Wou kommentaar lewer maar sal net dit se, Jan wat jy se is reg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2020 @ 13:26:00 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Chris, is net so. As ek na 52 jaar met kwalifikasies in die elektriese en verkoeling bedryf is en ek weet nou nog nie wat BTU'S en KW is nie moet ek dit los as 'n slegte job en my skoolgelde gaan terug vra. 

Party mense wil net beter wees😂😂

Terloops was nou die dag weer by Swadini en bly maar 'n lekker kamp.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
1
18 Oct 2020 @ 05:38:30 am
Anonymous

Jan het gelees julle was oppad daarheen. Was lekker jaloers  gewees. Dit is n baie lekker plek. Hoop daar kom nou n inenting vir covid 19, dan met Genade is ons weer daar volgende jaar.

Sorry vir kaping van draad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2020 @ 08:35:24 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

'n Kenner het my daarop gewys dat ek verkeerd is wat betref die meting van verkoeling en kragverbruik van 'n lugreëlaar en yskas.  Dit is toe nie so voor die handliggend as wat ek logies gedink het nie.  Ek vra dus om verskoning vir my uitlatings Jan.  'n Mens moet duidelik eers weet waarvan jy praat voor jy 'n mening lug.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2020 @ 08:52:44 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Fred, geen probleem ons leer maar almal byna elke dag iets nuut en as ons nie vrae vra nie sal ons nooit weet nie.

So deel ons inligting en kan dalk iemand anders voorentoe help. 😁

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2020 @ 19:57:44 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 50 years

Ek het n 3 way split eenheid in my Sprintet bus Froggy. Ek het die bus se spaarwiel agter onder die Srinter bus uitgehaal en op een van die agter deure gesit. Daarna is die kompressor uit die buite eenheid gehaal en in sy eie kas gesit wat onder die bed geplaas is. Die kas is so 300mm x 300mm x 400mm hoog. Die kompressor moet vertikaal staan. Die buite kas is toe horizontaal gedraai en plat in die spaarwiel se plek gesit. Daar is ook n swaerdiens "fan" in kas gesit wat na onder blaas. Eintlik is dit meer die skerm wat swaerdiens is. Het ook al heelwat grondpad gery en daar is geen teken dat klippe hom tref nie. Ek het hom seker nou al amper 10 jaar in en hy het nog nie probleme gegee nie. Mens moet net sorg dat jy waterpas staan vir die uitloop kondensasie water.

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2020 @ 14:00:41 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 960
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Shoe, hoier word baiiiiiiiie gesê, maar niemand noem n prys nie. Wat dink julle gaan dit kos om n êrkon in n Fleetline te laat sit?

Ons het mense by Tsipise ontmoet wat n portabal êrkon gehad het, hy het pragtig gewerk in hulle tent en kan verskuif word na die karavaan, indien nodig. Wat dink julle van so-een? Hy is blykbaar een derde van die koste van n ingeboude een.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2020 @ 14:16:00 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1619
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Shoe, hoier word baiiiiiiiie gesê, maar niemand noem n prys nie. Wat dink julle gaan dit kos om n êrkon in n Fleetline te laat sit?

Ons het mense by Tsipise ontmoet wat n portabal êrkon gehad het, hy het pragtig gewerk in hulle tent en kan verskuif word na die karavaan, indien nodig. Wat dink julle van so-een? Hy is blykbaar een derde van die koste van n ingeboude een.

Die los staande een en die venster een vat nie plek nie maar dit moet rond geskuif word met in en uit pak. Ons het n' los staande een gebruik in die Gypsey en dit het goed gewerk maar is n' beslomernis met in en uit pak. Dit is well die minste steurend vir die buure. 

Die dak eenhede is baia duur, R48 000 het ek gehoor van n' kamper met n' Swift Atlantic.

Great-White, ek sou voorstel jy kontak n' instaleerder of Campworld en vra hulle om iets voor te stel.

7000 BTU ~ R8000

12000 BTU ~ R9000

Installed.

Kry liewer quotes.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2020 @ 21:40:31 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1910
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Shoe, hoier word baiiiiiiiie gesê, maar niemand noem n prys nie. Wat dink julle gaan dit kos om n êrkon in n Fleetline te laat sit?

Ons het mense by Tsipise ontmoet wat n portabal êrkon gehad het, hy het pragtig gewerk in hulle tent en kan verskuif word na die karavaan, indien nodig. Wat dink julle van so-een? Hy is blykbaar een derde van die koste van n ingeboude een.

Ek het beide ingeboude een en losstaande eenheid.

Toe ek gekoop het was die losstaande eenheid se koste ongeveer 60% van die koste van die ingeboude eenheid.

Voordeel van die losstaande lugversorger is sy veelsydigheid vir gebruik binne jou wa of in die tent, of die huis of waar ookal.

Ingeboude lugversorger is net vir die wa bedoel.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2020 @ 16:35:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Ek verkies my Lugversorger,  een van die beter beleging wat ek in my wa gedoen het.  Het van 'n man in Vallala gebruik gemaak en hy het die binne eenheid bokant een van my vensters geinstaleer. so geen pak spasie binne die wa verloor nie maar wel in die neuskas waar die kompressor staan.

Hy werk 24/7 as ek kamp en so ook in my huis.

Ek verpes weer die mense wat musiek speel vir almal op die kamp terein.

Swannie Bel my ASB.

082 vyf vyf drive 7 agt vier 4

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2020 @ 11:37:48 am
Shirundu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 76
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 34 years

My 3 vorige waens het almal lugversorgers ingehad. Ek het nou 'n Explorer. Ek het self 'n "window wall" voor in die neuskas geinstalleer. Dit is 'n New Alliance model van 9000btu wat warm en koud maak. Prys verlede November afgelewer by my huis was R5599-00. Die verkoeler gebruik 787W/3.49A en die verwarmer 707W/3.14A. Die geraas word aangegee as 46,4db(A) binne en 55db(A) buite.

Ons kamp ook baie op plekke sonder krag en gebruik hom dan net nie. Maar in die widtuin, eiland en Mosambiek werk hy soos 'n droom. Ek hoor gereeld manne wat sê dit was darem warm gister-aand. Ons het buite gaan lê met 'n nat handdoek maar toe vreet die muskiete ons op.

Al probleem wat ek al ondervind het was dat die kragprop by sekere oorde veral in Mosambiek nie genoeg amps (16A) het om die kompressor te "start" nie. Maar mens kan nie altyd wen nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2020 @ 21:13:12 pm
FritzF
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 31 May 2018
Experience: 61 years

Het 9000 BTU Infinity split eenheid laat insit deur Philly, werk soos 'n droom, buite eenheid baie stil, jy moet by hom gaan staan om hom te hoor.  Die 9000 BTU meer as genoeg vir die CLassique.

Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2020 @ 06:49:26 am
Bigman
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 24 Nov 2020

Lugverkoeler wat in die dak gemonteer word is baie duur en ek het nog nie een teëgekom wat in 'n oplig dak ge-instaleer is nie.

Die tegnologie wat in nuwe lugverkoelers gebruik word maak dat die kompressors baie stil is. Persoonlik glo ek nie dat alle lugverkoelers mense wakker hou nie maar dat hulle om een of ander rede nie kan slaap nie. 

Die probleem met buite eenhede wat in die neuskas gemonteer is dat daar nie genoeg lug gesirkuleer word om die eenheid nie en dan word die druk in die sisteem baie hoog en die kompressor kry swaar wat tot die geraas bydra. 

As dit enigsins moontlik is installeer die buite eenheid buite op die agterkant van die woonwa of voor op die A-raam buite die neuskas.

Hulle kan nie slaap nie asgevolg van iets anders wat hul pla nie die aircon nie of dalk kfy hul te warm om te slaap sonder een

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za