Ek sien nou ‘n mens kry verskillende soorte lodges, Classic, luxury en Premium Lodges in en om Kruger
Ek weet julle kamp graag maar partykeer bly ‘n mens vir ‘n verandering in ‘n chalet of ‘n lodge Wie van julle het al in en om Kruger in lodges gebly en wat was julle ondervinding
Hoor graag julle kommentaar
Familie van my hou daarvan om in n fancy plek in Hazyview te bly....hulle sê die kostes in daai fancy plek is dieselfde prys as n eenvoudige chalet in KNP.
My keuse is om binne in die KNP self te bly. Ek is nie gepla met basiese geriewe binne park nie. Ons het al hele paar keer in hutte en tent huise gebly waar jy kombuis en badkamers deel met kampeerders......ek verkies dit liewer as om in n fancy plek buite die park te bly. As ek nie plek kry op my verlangde datums nie, skuif ek aan tot datum wat hul my wel kan akkomodeer.....ek google nooit vir plekke buite park nie
So het elkeen maar sy voorkeure.......
Ek besef dit verskil van mens tot mens - maar ek bly baie eerder in die park (hetsy in 'n "fancy" lodge of 'n gewone ruskamp - alhoewel ek nog nooit in 'n "fancy" lodge gebly het nie). Maar buite die park is maar (vir my) net nie dieselfde as binne die park nie. Dit is een van die redes waarom ek Kruger verkies bo ander wildtuine (bv Etosha). Die atmosfeer in die wildtuin se kampe is (weereens in my opinie) net totaal anders as enige ander wildtuin - en dít is vir my die hoogtepunt van 'n wildtuinbesoek.
Ek stem, Chris. Saans kan jy die vure tel: of jy nou kamp of in een van die sirkels chalets bly.
Dan ook, vroeg uit by die kamphek en later in laat middag. Almal gesels by ablusies of opwasplekke oor alles wat gesien is.
Dit is wat ek erg mis.
Ons bly soms by Kruger Park Lodge of Sanbonani ( Hazyview ) of Ngwenya Lodge ( Komatipoort ) en doen dan maar 2 of 3 dagritte deur die Wildtuin. Die oorde is sommer baie naby aan ingangshekke na die Wildtuin met Ngwenya Lodge ( River View eenhede ) wat op die Wilduin aan die oorkant van die Krokodilriver uitkyk .
Die voordeel is dat ons ook die omgewing buite die wildtuin kan gaan verken. Met RCI se uitruil proses is dit vir ons meer bekostigbaar as soortgelyke verblyf in die wildtuin. Ek weet dit is nie dieselfde atmosfeer as om in die wildtuin te oornag nie en sal ons soms sommer n aand of twee se basiese verblyf in die wildtuin ook bespreek.
Die nadeel van dagritte is dat jy gewoonlik die hele dag rondry om dit die moeite werd te maak en dan eintlik "moeg" gery is in die aand.
Ons sien egter baie uit na volgende jaar se kamp in die wildtuin en het besluit om dit rustig te vat en nie die hele dag rond te ry nie.
Ek sal vanaand fotos van ons 2016 river view eenheid by Ngwenya Lodge prober laai.
Pieter - ek het dieselfde ervaring tydens dagbesoeke, naamlik dat ek myself so te sê die hele dag op die pad bevind - wat altyd meebring dat ek na 'n dagbesoek pootuit voel. Dus - ek vermy dagbesoeke.
Tydens ons verblyf in die wildtuin doen ons kort ritte. Ons dagprogram bestaan gewoonlik uit 'n korterige rit in die oggend - hoogstens 3 uur. Met ons terugkeer kamp toe gaan ons gewoonlik eers stort (die ablusies is dan stil en gewoonlik al skoongemaak). Daarna volg 'n lekker "brunch". Ons maak deesdae selde ontbyt by piekniekplekke. Ons neem gewoonlik soggens koffie en beskuit saam om daardie ergste honger-kolletjie te vul.
Namiddae se rit sal gewoonlik hoogstens 2 uur duur. Verder spandeer ons, ons tyd rustig in die kamp. Sommige dae (selde) sal ons selfs glad nie gaan ry nie.
Maar nou ja - as jy 'n maand en 'n half in die wildtuin kuier is jy waarskynlik rustiger as wanneer jy net vir 'n paar dae daar is.

Ek sien dit was in 2012 en nie 2016 soos ek gesê het nie.
Ons het sommer op die stoep gesit en die wild in die Wildtuin besigtig
Pieter - ek het dieselfde ervaring tydens dagbesoeke, naamlik dat ek myself so te sê die hele dag op die pad bevind - wat altyd meebring dat ek na 'n dagbesoek pootuit voel. Dus - ek vermy dagbesoeke.
Tydens ons verblyf in die wildtuin doen ons kort ritte. Ons dagprogram bestaan gewoonlik uit 'n korterige rit in die oggend - hoogstens 3 uur. Met ons terugkeer kamp toe gaan ons gewoonlik eers stort (die ablusies is dan stil en gewoonlik al skoongemaak). Daarna volg 'n lekker "brunch". Ons maak deesdae selde ontbyt by piekniekplekke. Ons neem gewoonlik soggens koffie en beskuit saam om daardie ergste honger-kolletjie te vul.
Namiddae se rit sal gewoonlik hoogstens 2 uur duur. Verder spandeer ons, ons tyd rustig in die kamp. Sommige dae (selde) sal ons selfs glad nie gaan ry nie.
Maar nou ja - as jy 'n maand en 'n half in die wildtuin kuier is jy waarskynlik rustiger as wanneer jy net vir 'n paar dae daar is.
Virseker rustiger ja!
Ons ry baie rond....geen probleem om daagliks 6am tot 6pm rond te rits nie.....doen so vir 6 dae agter mekaar. Ons het met laaste besoek aan Lower Sabie oor n tydperk van 6 dae gemiddeld 180km per dag gery
Ek het al in Sabi-Sabi 2 nagte deurgebring en my suster op Hamilton's in die KNP.
Verskriklik duur as jy met ZA Rand betaal - dit is bedoel vir $$$$.
Wildritte is 'n langdraadige affere en ek sal 10 keer meer sien binne KNP. Stop slegs een keer en drink slegs een bier as die son onder gaan. Dit is ook waneer die biltong eers uitgehaal word. Dan jaag jy terug vir aandete of ontbyt.
Kos buffet is baie goed maar jy moet kieskeurig/uitsoekerig wees.
Kamers is pragtig (maar slegs gelykstaande aan Thailand wat goedkooper is).
Ek verkies KNP ervaring.