English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 231
Total Replies: 248 722
Total Views: 83 111 406
topics: 11 383
replies: 136 490
views: 39 265 545
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Lockdown stelselmatig opgehef?

replies: 39
views: 652
16 Apr 2020 @ 16:35:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/die-sektore-mag-nou-weer-werk/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 16:39:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het n skrywe van voorstel van skole ook gesien. Graad 7 en 12 klink of eerste hervat gaan word en dan stelselmatig die res. Dit sal ook seker baie afhang wat ons Corona getalle in die nabye toekoms gaan doen?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 17:16:50 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4285
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek weet nie hoe om die berig te interpreteer nie.

Is die veranderinge wat sy aankondig onmiddelik van krag? 

Dit klink of die opheffing van die ander maatreels na 30 April nog verleng kan word.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 19:20:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9394
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hoop dit werk en word menslik hanteer.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 21:01:40 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4285
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die opheffing wat vandag aangekondig is hou nie veel in vir jan alleman nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
16 Apr 2020 @ 21:41:08 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3103
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Dis positiewe nuus. 

Regering wil stelselmatig besighede oopmaak sodat mense nie mekaar vertrap nie

Eskom sal beslis nie die lading kan hanteer nie.

Moenie dink alles gaan soos ouds wees nie. Ek glo mense gaan terug werk toe gaan en maskers moet dra. Die virus gaan nog baie maande met ons wees.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 21:47:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis positiewe nuus. 

Regering wil stelselmatig besighede oopmaak sodat mense nie mekaar vertrap nie

Eskom sal beslis nie die lading kan hanteer nie.

Moenie dink alles gaan soos ouds wees nie. Ek glo mense gaan terug werk toe gaan en maskers moet dra. Die virus gaan nog baie maande met ons wees.

Ek wens hulle wil maskers in winkels verpligtend maak. Mense sanitize sy hande by die deure....maar wat as hy hoes of spoeg as hy praat op produkte?  Hande kan kiemvry by deur gemaak word, maar kan sommer weer optel met 1ste produk waaraan jy raak 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 22:00:01 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4285
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek wens hulle wil maskers in winkels verpligtend maak. Mense sanitize sy hande by die deure....maar wat as hy hoes of spoeg as hy praat op produkte?  Hande kan kiemvry by deur gemaak word, maar kan sommer weer optel met 1ste produk waaraan jy raak 

Ek stem Geert. Wat ek doen is, hou die hande weg van die gesig en maak seker om die hande weer te reinig wanneer ek die winkel verlaat. Nog raad is, tel die produk net op as jy dit wil koop.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 22:13:49 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9394
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek stem Geert. Wat ek doen is, hou die hande weg van die gesig en maak seker om die hande weer te reinig wanneer ek die winkel verlaat. Nog raad is, tel die produk net op as jy dit wil koop.

Was darm lanklaas in n Winkel.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 22:21:12 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4285
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Sedert die lockdown nog net apteek toe en verlede Vrydag kosvoorraad aangevul. Hopelik nie weer nie tot einde April.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 02:50:55 am
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ek stem ek sien of hoor ook nie van waneer die maatreels van krag sal wees nie. Maar dit is n positiewe stap voorentoe om die ekonomie weer aan die gang te kry. Ons moet maar net almal ons bes doen om by die reels te hou. Ons sal seker maar dalk binne kort n aankondiging hoor wanneer dit in werking gaan tree. Alhoewel ek n permit het, het ek ook maar laag gele in hierdie tyd sover ek probeer dit maar los vir die jonges. Ek was ook nog net by die apteek en 2 keer in die winkels vir kos. Ek stem ook vir maskers op publieke plekke dit sal die risiko verminder maar dat daar n ernstige tekort daaraan is, is ook so. Ek sien daar is nou baie mense en materiaal besighede wat die geleentheid sien en wat dit self begin maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 11:12:44 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As mense na die opheffing gaan dink alles is maar weer soos hulle gewoond is, wat in baie gevalle gaan gebeur, gaan ons 'n dramatiese toename van besmettings en sterftes kry.  Ek dink almal, veral ouer mense en ander risikogroepe, moet eerder maar hulleself steeds beskerm deur sover moontlik van skares af weg te bly en al die maatreëls vol te hou wat hulle nou toepas.  Wanneer 'n oorlog tot 'n einde kom, kom almal gewoonlik in die strate saam en vier die einde van die aaklige tyd baie geesdriftig.  Hierdie oorlog is egter nog lank nie verby wanneer die huidige inperkings opgehef word nie, en vroegtydige vierings sal dit net baie laat toeneem.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 13:21:36 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 726
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek dink die Lockdown het die hele wereld vir ewig verander.

Ek glo ons gaan nog langtrane huil na die

Oorde sal hulle Ablusies moet verander / swemgeriewe / resturante  end nog velle meer

Ek glo die sosial distancing is hier om te bly..

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 13:44:52 pm
mulderpm
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1230
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek wens hulle wil maskers in winkels verpligtend maak. Mense sanitize sy hande by die deure....maar wat as hy hoes of spoeg as hy praat op produkte?  Hande kan kiemvry by deur gemaak word, maar kan sommer weer optel met 1ste produk waaraan jy raak 

Net so Geert. Ek wens hulle will maskers verpligtent maak wanneer jy jou huis verlaat. Ons het ons eie gemaak en ek glo dit vang alle moontelike druples. As almal maskers dra en die ander maatregels ook volg glo ek die virus se verspreiding kan drasties beperk word. So beskerm ek myself en die ander om my. Die probleem is seeker daar is helewat mense wat nie maskers het nie maar tot n dubble gevoude sakdoek of stof lap stop meeste druppels. Daar is eintelik geen verskooning nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 13:53:26 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3103
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Maskers gaan verpligtend wees by skole en die werksplek.

Ek hou maar botteltjie hand reiniger in die kar. Moet dit net nie op leer stuurwiel of rathefboom spuit nie. Dit laat die leer kraak

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:02:03 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4285
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Daar word beweer die maskers keer net die moontlike verspreiding van die virus. Jy kan nog die virus kry van iemand wat onbeskermd is, al dra jy 'n masker. Dit kom daarop neer dat mense wat nie maskers dra nie is onbedagsaam, om dit ligtelik te stel.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:31:59 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jy kry maar altyd mense wat hulle nie aan reëls steur nie.  Dink maar hoe gaan dit op die paaie.  En mense wat so subtiel indruk in rye.  In hierdie geval stel sulke eiewyses ons almal ook in gevaar, maar hulleself loop die grootste gevaar.  Miskien sal sommiges begin saamwerk as mense na aan hulle vanweë die virus omkom, maar daarvan is ek ook nie oortuig nie.

Dit laat my dink aan 'n bok wat toekampte boontjies wil hê.  Hy sal aanhou tot hy daarby uitkom al gaan hy dalk daaroor geslag word.  Hy dink nie daaraan dat hy geslag kan word nie want hy dink doodeenvoudig nie oor sulke dinge nie.  Wat is mense se verskoning?  Ons hoërskoolhoof het baie waarhede verkondig, een daarvan was dat hy wat die weg ken en dit nie bewandel nie, met dubbele slae geslaan sal word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:33:41 pm
mulderpm
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1230
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Mense wat siek is moet n masker dra. Dit is die fundimenteele beginsel. So versprei hulle nie die siekte nie. Maar as jy gesond is verhoed dit dat drupples op jou mond en neus beland. So beskerm jy jouself. Maar self beskerming is jou saak. Dit is nie onbedagsaam nie dit is bedagsaam.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 17:44:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9394
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar word beweer die maskers keer net die moontlike verspreiding van die virus. Jy kan nog die virus kry van iemand wat onbeskermd is, al dra jy 'n masker. Dit kom daarop neer dat mense wat nie maskers dra nie is onbedagsaam, om dit ligtelik te stel.

Ek dink hulle is rondlopende toekomstige moordenaars.

En moet vir poging tot moord aangekla word.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 21:35:43 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek stem saam met wat twee van die kundiges gisteraand op KykNet Verslag gesê het.

Die publiek gaan vinnig hulle samewrking opsê as hulle nog langer met onrealistiese drakoniese onverstaanbare en onverklaarbare inperkingsmaatreels gekonfronteer word. Waarom meer as twee weke wag voordat pasgebore baba benodighede aangekoop mag word? Het ons kabinet dan nou stapelgek geword? 

Ons aanvaar dat met haastige besluite foute kan insluip, maar dit kan mos vinnig reggestel word deur mense wat onbedoelde gevolge verstaan. Of is dit dalk die groot probleem, soos met die geboorte sertifikaat gemors wat ons toerisme bedryf gekelder het?

Hoe gaan, na veertig jaar se rook,  een of twee maande se onthouding van nikotien jou help indien jy die virus opdoen?

Hoe vergelyk mishandeling van vrouens en kinders deur alkohol afhanklike mans met mense wat hulle gewone lewe kon lei met 'n gereelde dop? Voeg daar by ontrekking simptome van 'n rook verslaafde. Om nie eens te praat van die 1,3 biljoen Rand wat per dag aan tabak belasting verbeur word nie.

Het die kabinet heeltamal uit voeling geraak met die mense op voetsoolvlak?

Ek was vandag, op dieselfde tyd, met dieselfde roete na dieselfde winkel as laas Vrydag  op pad om vars voorraad aan te vul. Laas week was die strate heelremal leeg. Vandag het dit soos 'n Vrydag twee maande gelede gelyk. Ek kon my oë nie glo nie.

Iets is besig om te verander, en ek is nie seker of ons parlement in voeling is met hoe  gemeenskappe oor drakoniese onverklarbare inperkings voel en dit ervaar nie. Veral nie gesien in die voorbeelde waar hulle self hulle nie daaraan steur nie.

Daar word alreeds gesê die vrees vir hongersnood en kos vir hulle kinders is baie meer belangrik in baie gemeenskappe as die moontlikheid van 'n virus.

Ek dink dit is maklik om te oordeel en te veroordeel vanuit die gemak van 'n luukse woning met oorgenoeg van alle lewens benodighede. 

Toe die gepeupel vir Marie Antoinette gesê het hulle het nie brood om te eet nie, toe antwoord sy "waarom eet julle dan nie koek nie?"  Kom ons vertrou dit, en die uitkoms daarvan, word nie bewaarheid t.o.v. ons kabinet nie.

Ek bevraagteken bloot die drakoniese inperkings en die gebrek aan hulp vir behoewendes met die katastrofiese gevolge wat dit kan inhou. Nie die nodigheid van realistiese maatreels nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 23:04:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het n klein besigheid en was bevoorreg om my werkers te voorsien met fondse om kos te kan koop tot einde April. Ek het einde Maart vir hulle genoem om spaarsamig te leef....genoem dat lockdown heel moontlik langer gaan aanhou as 3 weke. Gister kontak een werker my oor hy nie geld het om nog 2 weke te kan eet nie. Ek vra toe oor die geld wat hy reeds ontvang het. Dis toe op verf en kombuis opgradeer gebruik. Nou verstaan ek die doel van net nodige items koop. Omdat hy nou geld elders spandeer het as noodsaaklike items soos kos, moet ander nou pa staan vir sy honger en kos. My ander werker het op dag 3 n boodskap gestuur.....lekker gekletter....sy geld ook blykbaar op. Ek weet vir n feit as hy weer geld gaan kry, gaan sy eerste aankope weer bier en sigarette wees. Dan stem ek saam met regering se besluit....ongelukkig is daar baie onskuldiges wat daar onder lei, maar waar trek mens die streep? Ongelukkig is dit ook so dat daar waar die armoede die grootste is, drank en sigarette maklikste bekombaar is.....en dit natuurlik teen n stywe prys

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 08:30:55 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As 'n verslaafde vir etlike weke sonder nikotien oor die weg kan kom, kan hy dalk net daar besef dis nie moeilik om die afhanklikheid te breek nie.  Daar is ook g'n noemenswaardige ontrekkingsimptome om in ag te neem nie- ek weet, ek het ook opgehou.  Met alkahol weet ek, gelukkig nie uit eie ondervinding nie, dat ontrekkingsimptome ernstiger is en in uiterste gevalle selfs die dood kan veroorsaak.  Maar die meerder die mense wat kla oor die nie-bekombaarheid van drank is nie verslaaf nie, miskien wel aan die gewoonte, maar die breek van 'n gewoonte lei nie tot onttrekkingssimptome nie.  Daar is ook 'n stelling- ek kan nie 'n bron aanhaal nie- wat sê as jy 'n nuwe ding vir twee weke doen, dan is jy in die gewoonte.  Dus as jy vir hierdie vyf weke nie drink nie, is jy van die drinkgewoonte ontslae.  Die verslaafdes wat aan onttrekkingsimptome gely het, is beslis lankal daar oor.  Dit vind maar gedurende die eerste paar dae plaas, so as hulle dit oorleef het, kort dit net 'n klomp selfdissipline om sober te bly.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 10:11:15 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sê altyd....as iemand sê hy kan sigarette net so los, het hy nooit eintlik gehou van rook nie. As jy hou van rook, gaan daai lus nie weg binne n maand nie. Ek het baie van rook gehou, maar moes ophou...anders was ek al 6vt onder. Ek staan nou op 3.5jaar sonder n sigaret en kortkort smag ek nog na n sigaret. As ek weet n sigaret gaan nie my gesondheid negatief raak nie, koop ek vandag nog vir my sigarette en begin weer. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 10:42:46 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek vermoed ons gaan lekker vir onsself lag wanneer ons oor vier maand terug kyk en weer hierdie drade lees.

Daar word geredeneer oor die rook gewoonte, maar terselfdertyd verloor die fiskus nagenoeg 1,3 biljoen per dag aan aksyns, BTW ens. Dink net hoeveel armoede verligting dit kan bring. 

Miskien moet ek my kop laat ondersoek. Ek begryp party besluite nie.

Ek het al baie gewonder - met hoeveel sou die jaarlikse sterfgevalle op ons paaie verminder indien ons Amerika se spoedgrense sou handhaaf? Oorweeg ons owerhede dit? Nee. Ons redeneer dat dit nie prakties is nie as gevolg van ons lang afstande. Ek wonder hoeveel keer ons land in Amerika in pas?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 11:32:17 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek kan nie verstaan hoe iemand kan 'hou van' rook nie.  Is dit lekker om die rook in jou longe in te suig en jou keel te brand?  Smaak dit lekker?  Is dit lekker as almal om jou dink jy stink? Al wat lekker is, is die stimulus wat die dwelm gee.   Ek dink dis maar 'n eufemisme vir 'ek is verslaaf aan'.  Ek ken verskeie mense wat na baie jare- my broer oa na 40 jaar, 'netso' opgehou het, my oorlede pa ook.  Niemand rook vir 40 jaar omdat hy NIE van rook 'hou' nie. Dit hang maar net af of jy regtig wil en of jy die wilskrag het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 12:32:49 pm

Ek het vir presies 40jr gerook, dit was nou wel pyp en het gladnie sigarette gerook nie.

Dit kan baie bevestig dat ek lief was vir my pyp.

Ek het 6 Junie2019 laas my pyp gerook, ja dat ek vir hom lus raak is n fyt.

Maar met my siekte en die ribbes wat ek gebreek het deur nie te kom asem kry met die ribbes wat in my longe druk is ek bang on weer daai gevoel te beleef.

So na 40jr se rook het ek dadelik opgehou, ja ek wil saam stem dis net n gewoonte wat jou geld kos.

Ek tot nou het ek nog niks oorgekom of enige ontrekking simtome gehad nie.

N maat van my sukke en soos ek vir hom genoem het, hy is ontseker van hoe dit gaan wees.

Niemand moet kom en sê hy Kan nie, want hy Kan.

Ek praat niks sleg  van rook of sal sê hy stink of waar hy mag en nie mag rook nie.

Ek staan net weg want ek het nog nooit van sigarette rook gehou nie.

Sterkte met die wat rook, ja pêl jy Kan ophou.

Hou op.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 12:51:49 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek is in die ouderdomsgroep wat nege maande verpligte militere diensplig moes doen. 

Min van ons het soontoe gegaan omdat ons wou leer rook. Min het terug gekom sonder om te rook.  Al die offisiere , insluitende die kapelaan het gerook. Gedurende dril sessies het ons elke half uur 'n smoke break gekry. 'n Pakkie twintig het sewentien sent gekos.

Predikante het gerook. Dokters het gerook. Niemand het van onbedoelde nagevolge geweet nie.

Ek het 36 jaar gelede opgehou. Ek was gelukkig om die wilskrag te kon hê.

Rook is 'n bliksimse ding wat jou bekruip, en voor jy weet waar jy is is jy verslaaf.

Ek verkwalik nie mense wat rook nie. Ek het empatie met hulle. Min van hulle rook omdat hulle dit graag wil doen, maar eerder omdat hulle 'n afhanklikheid ontwikkel het.

Ek lees in vanoggend se koerant dat iemand vasgetrek is met R 1 000 000 se vervalste sigarette. 

Ek hoor die sluikhandel in drank is oral volstoom aan die gang. As jy geld het kan jy drink.

Om mense te wil stop om te drink of te rook is soos om water wat see toe wil loop te wil stop. Dit sal 'n weg vind, al moet dit ook soms terug binneland toe loop.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 22:38:17 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ek het 45 jaar gerook en altyd gese as sigarette die dag R1.00 n pakkie 20 kos hou ek op. As ek dit nie mis het nie het dit R28.00 n pakkie 20 Camel sigarette gekos toe ek ophou en is nou 10 jaar rook vry en nie spyt nie.

Ek moet eerlik wees dit was nie maklik nie, dit is nie net vir die pakkie neersit en se ek is nou klaar nie. Ek het stelselmaatig begin afskaal en kop skoon gemaak en in die proses myself n paar dinge belowe. 

1. Dat dit sleg proe en my proe en reuk sintuie aantas.

2. Dit is nie goed vir my gesondheid nie. 

3. Ja en dit kos n klomp geld. 4. Dat ek nooit n kla kous sal wees teenoor mense wat rook nie want dit is hulle keuse.

Vandag sit ek saam met die rokkers en eet kuier en gesels en dit pla nie. Ek kry ook nie meer lus daarvoor nie.

Ek het daai geld gevat en kamp nou lekker daarmee sonder om te hoes.

Sterkte vir die rookers.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 09:08:42 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het my lewe lank geglo ek ly aan hooikoors.  Ek het gedurig genies en kon nie sonder 'n sakdoek gaan nie.  Toe kom ek op 'n stadium agter ek nies nie meer nie.  Dit kom maar so geleidelik sodat ek dit aanvanklik nie opgemerk het nie.  Toe ek daaroor begin nadink, besef ek dit was die gevolg van die rookverbod wat deur die regering ingestel is.  Mesne het nie meer in kantore en op openbare plekke gerook nie.  Ekself het meer as 40 jaar gelede opgehou rook. Nou vra ek myself af waar mense die reg kry om ander mense te benadeel en dan te verwag hulle moet dit maar gelate aanvaar.  Die pa onder andere wat rook en sy kinders dwing om sekondêre rokers te wees en hulle gesondheid so aantas of mense wat hulle gaste berook en verwag hulle moet maar tevrede wees daarmee. Ek is beslis nie geduldig met rokers nie en sal dit beslis nie in my huis toelaat nie en as rokers daaroor aanstoot neem, is hulle welkom.

Dan moet ek arem sê die mense waarmee ek deesdae in aanraking kom wat rook, is hoflik, oa my skoonseun, en hulle sal buite gaan rook, ook in sy eie huis. Dit hang seker maar van jou opvoedingspeil af.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 09:35:30 am

Eintlik verbasend hoe mense se houding teenoor rook so verander het in die jare. In my begin stadium van rook onthou ek nog hoe ek in Pick n Pay gerook het terwyl ek inkopies doen....geen skewe kyke gekry nie. Busse waar jy in agterste 5 rye mog rook. Enige plek in n restaurant. Op vliegtuie. Binne in geboue. Ek het in middel 90's by n boekwinkel gewerk....bestuur het ons toegelaat om in die winkel te rook, moes egter net sigaret neersit in n asbak as jy fisies met n klient gewerk het.....nooit negatiewe kommentaar gehad nie. Ook daai tyd was siektes, miskrame ensovoorts nie so alledaags soos vandag nie. Deesdae kla mense binne in n kantoor as buite rook area te naby aan gebou is....mense is meer gesondheids bewus. Dan wonder ek wat het verander dan mense meer groot siektes kry.....ons leef dan gesonder? Of is stres en gejaagde lewe iets wat dit "trigger"?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 10:08:58 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis maar soos die Engelse sê 'social trends'.  Op 'n stadium was rook sosiaal aanvaarbaar en dit is as vanselfsprekend beskou dat jy sal rook en die ou wat nie daarvan hou nie, het maar bek gehou.,  Nou is dit nie meer aanvaarbaar nie, en die ou wat wil rook, moet maar bek hou.  Die houding het ook waarskynlik baie te doen met die bekende gesondheidsaspekte daarvan.

My pa het 'n ewige haat in denimbroeke gehad, en toe ek jonk was, was dit einlik maar 'n subkultuurmode.  Net die moeilike ouens, die destydse 'ducktails' het jeans gedra, so daar was 'n sterk negatiewe konnotasie daaraan verbonde.  My pa was uiters ongelukkig toe ek my eerste jeans gekry het. Deesdae is dit algemene drag en selfs aanvaarbaar by semi-deftige geleenthede.  ek kan my nie nie 'n wêreld sonder jeans voorstel nie  Ek dra dit daaglike, so te sê niks anders nie.  Netso met haarstyle en wat van Brylcream!  Sondae toe ek klein was, moes my hare, wat geneig was om soos ystervarkpenne reop te staan, eers gebrylcream word voor en ons kerk toe is.  As jy nou 'n ou met sulke olierige hare sien, loop jy 'n draai om hom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 08:19:05 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 552
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Die 4de Julie sal dit een jaar lank wees wat ek die siggies gelos het na 32 jare se rook.

Ek is al oor dit, maar soms raak ek tog lus vir n siggie.

As ek vandag hoor dat ek n ongeneeslike siekte het met n paar maande oor om te leef gaan koop ek vir my onmiddelik n boks siggies en rook dit op.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 09:50:45 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Afgesien van die gesondheidsvoordele en koste besparing is die enigste ander voordele wat ek kan onthou van ophou rook in die vroeë tagtigs, is die sosiale aanvaarbaarheid in meeste mense se huise, die wonderlike verandering in jou smaaksintuie, en dan, 'n twyfelagtige voordeel, of miskien 'n nadeel, jy ruik 'n poep 'n myl te perd!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 12:39:07 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2194
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Het ook in die weermag begin rook in 1967 en in 1970 opgehou. 

Maklik opgehou want het verkoue gehad en dan is rook in elk geval nie lekker nie. Het sigaret aangesteek en toe ek eerste suig neem gestik en begin hoes. Sigaret weggegooi en nooit weer gerook nie. 

Vir my was die ergste dat ek daarna nie geweet het wat om met my hande aan  te vang nie want daar is niks om vas te hou nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 18:28:05 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ons ouens kan 'n onderwerp darem in 'n oogwink in 'n ander rigting stuur! wink

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 17:23:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek vermoed ons gaan lekker vir onsself lag wanneer ons oor vier maand terug kyk en weer hierdie drade lees.

Daar word geredeneer oor die rook gewoonte, maar terselfdertyd verloor die fiskus nagenoeg 1,3 biljoen per dag aan aksyns, BTW ens. Dink net hoeveel armoede verligting dit kan bring. 

Miskien moet ek my kop laat ondersoek. Ek begryp party besluite nie.

Ek het al baie gewonder - met hoeveel sou die jaarlikse sterfgevalle op ons paaie verminder indien ons Amerika se spoedgrense sou handhaaf? Oorweeg ons owerhede dit? Nee. Ons redeneer dat dit nie prakties is nie as gevolg van ons lang afstande. Ek wonder hoeveel keer ons land in Amerika in pas?

Buiten die geld wat die regering verbeur daagliks, help hierdie verbanning van sigarette die armoede net meer aan. My werkers rook....en solank daar sigarette beskikbaar gaan wees, gaan hy rook....ongeag die prys. Hy het vandag vir my genoem dat hy gewoonlik so R15 per dag spandeer het aan sigarette {Voor lockdown}. Tans sê hy kos dit hom tussen R60 en R70 per dag. Vandag in Centurion was daar n hawelose wat sy grootsak meel en 5x blikkies kos wat hy as n kospakkie gekry het wil verkoop vir R100 of vir sigarette aan my werker. 

Hierdie is net my ervaring.....dink miljoene ander kan ook derglikse stories vertel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 23:18:15 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

My seun se nou die dag hy het nooit gedink hy sal die dag belewe dat dagga wettig en sigarette onwettig is nie. Al wat die regeering reg kry is om die ondergrondse markte in sigarette en drank te versterk en eenkant te sit en geld te verloor. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2020 @ 09:47:16 am
mulderpm
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1230
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Vandag in Centurion was daar n hawelose wat sy grootsak meel en 5x blikkies kos wat hy as n kospakkie gekry het wil verkoop vir R100 of vir sigarette aan my werker. 

Dit wys jou die bedelaars/hawelose bedel om geld te kry om dwelems te koop. Die "fix" is baia meer belangrik as om kos te eet. Geen wonder dat hulle nie werk kry nie en dat hulle so verwaarloos en maar is. Die welsyns organisasies het al menigde keere ons hieroor gewaarsku. Ek kry hulle nog steeds jammer maar nie omdat hulle nie kos het nie.... Waneer ek iets gee is die left-over gaar kos wat hulle nie kan verkoop nie.

My seun se nou die dag hy het nooit gedink hy sal die dag belewe dat dagga wettig en sigarette onwettig is nie. Al wat die regeering reg kry is om die ondergrondse markte in sigarette en drank te versterk en eenkant te sit en geld te verloor. 

En die regering verloor miljoene daagliks aan belasting wat gebruik kan word om COVID te bekamp!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 06:50:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

🤔

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 06:51:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za