English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 531
Total Replies: 252 826
Total Views: 83 250 244
topics: 11 577
replies: 139 237
views: 39 343 365
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ligte in kamp

replies: 5
views: 5969
30 Mar 2004
Anonymous
Ek wil net so klippie in die bos gooi. Ek nie kan verstaan wat die mense met hulle mobiele spreiligte wat die kamp probeer verlig se denke is nie. Ek hou nie daarvan om in die dag te slaap nie. Waarom dink sommige mense nie daaraan dat ander mens moeilik slaap met n 200 000 kerskrag lig wat in sy o skyn? As jy dan jou plek wil verlig, sit die lig so dat hy na jou karavaan skyn, as jy nou wil sien hoe jy slaap daarvan hou om te slaap in die dag. As iemand wil kom steel gaan hy hom tog nie laat afsit deur jou lig nie en jy wys buitendien net vir hom waar die ander mense se goed rond staan. Kan ons nie maar soms bietjie aan die ander mense dink nie, ons is tog kampers.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2004
Anonymous
hein

ja dit is nogal n groot frustrasie. wat heerlik is van die plekke wat ons by gaan kamp het in namibie is by die krane is n klein ronde liggie vasgesit. in okauekuejo byvoorbeeld is daar n lig by die braai wat jy kan afsit sodra jy klaar is by die braai. dan is daar ligte langs die pad af, maar dit is nie so helder nie.
ek glo die mense kan tog n ander plan maak met die te sterk ligte. ons het ook kamp ligte wat ons saans gebruik wat ons monteer het op n stand. sodra ons gaan inkruip is dit gewoonlik manlief andre se werk om die ligte buite af te sit. die kamplig word net van die stand gelig en wolla net die stand staan daar in die grond vasgekap met penne wat my pa - pensionaris kampeerder - gemaak het.
luanda
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2004
Anonymous
ek stem saam as jy gaan slaap sit aseblief jou ligte af
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2004
AWOD
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 13 Sep 2004
Ek stem saam. Ligte behoort oordeelkundig gebruik te word. groot skerp spreilig tipe is beslis taboe. Dit steur tien teen een ander. dit sluiut ook aan by die krag probleem in parke en luukse of onnodige toerusting. Awod (Andries)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2004
NicoBo
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 220
Joined: 04 Jul 2007
Hi, weer ek en my 2 sent werd.

Ek stem saam oor die ligte, wat van die resegte parafien lampies, genoeg lig by jou eie staanplek, dit vrek in elk geval as die parafien op is, dit gebruik nie krag nie, dit hou die goggas weg en dis tog so romanties.

Hoes daai!!

Groete
Nico
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2004
Anonymous
Ek Ja en Amen vir al die dinge wat julle manne kwyt geraak het. Veral stem ek saam met Nico. Selfs wanneer ek en die vrou eet saans, het ons net die 4 lampies aan. Dis 'n mengsel van citronella olie en paraffien. Ek verdun dit selfs verder met skoon paraffien verkrygbaar by meeste plot/plaaswinkeltjies en motorhawens. Die citronella op sy eie is darem te dm duur.Dis egter nie so erg nie. So 'n R35 bottle saam met die skoon paraffien gemeng hou my meer as 3 maande se kamp. Dis sowat 15 aande se deurnag-brand.

Dit werk baie goed om die muskiete en goggas weg te hou.Soos Nico s skep dit ook die romantiese atmosfeer. Dit skyn nie so skerp in jou o nie en het ook nog daardie lekker citronella reuk wat in die lug hang.

Ek is ook een van daardie wat donkerte soek as ek slaap. Ek sou natuurlik die skuldige met sy ligte tromp-op loop en versoek dat hy dit afskakel of ten minste weg van my wa af draai.Gelukkig het ek nog nie nodig gehad. Sies, ek is ook maar lelik met die mense.

Ek sou graag wou tuisbring aan die stadsjapies wat gewoond is dat ons alles tuis agter slot en grendel moet hou die volgende :

Meeste kamp-plekke wat ek al besoek het is plattelandse areas.Moet asb nie oor-reageer en met allerlei voorvalle tevore kom nie, maar dit is so dat die "platte-plekke" meer leefbaar is wanneer dit by veiligheid, tw diefstal en geweld kom.
My punt is dat die mense moet leer ontspan wanneer hulle gaan kamp. Is dit nie tog maar die idee wanneer jy jou wa haak vir 'n naweek of 'n wegbreek-vakansie nie ?

Ek was uiters skepties om enigiets buite die karavaan te los toe ek die eerste keer saam met my vrou gaan kamp het.Ek het daardie "slot-en-grendel" mentaliteit gehad.
In die paar jare wat ons nou so kamp, was die enigste insident waar iets mee gepeuter is/gesteel is, 'n paar eekhorinkies in die bosveld wat 'n brood gate in gevreet het. Die stofie, ketel, rakke met kos ens ens staan alles buite. Stoele, tafels en al.

Ek het omtrent nou leeggemaak, maar ek hoop van harte dat die "regte" mense ook hierdie boodskap lees.Ons is almal kampers, en ek glo as elkeen sy deel doen om te kyk na jou buurman se goed wanneer hulle nie daar is nie, sal daar ook minder moeilikheid tussen die kampers ook wees.

Lekker kamp en rustig slaap.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za