English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 709
Total Replies: 268 667
Total Views: 83 819 619
topics: 12 259
replies: 148 831
views: 39 646 846
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ligte dim

replies: 26
views: 410
24 Mar, 2022 @ 06:18:14 am
Shortie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 03 Mar, 2022

Help asb. Wanneer ek kraan oopmaak in woonwa en ligte is aan dan dim die ligte. Alles is op 220V. Is maar dom met elektrisiteit. Is dit normaal of nie. Het woonwa nou so 3 weke gelede gekoop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar, 2022 @ 10:47:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar, 2022 @ 12:13:10 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1752
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Help asb. Wanneer ek kraan oopmaak in woonwa en ligte is aan dan dim die ligte. Alles is op 220V. Is maar dom met elektrisiteit. Is dit normaal of nie. Het woonwa nou so 3 weke gelede gekoop.

 

Hi Chris

Nee dit is nie.

As jou ligte 12 v is en die ligte dim kan dit jou Water pomp wees wat hoe krag trek.

As jy battery het laat die toets  

As jy weet hoe kyk na die ampere wat die pomp met aanskakel trek as jy die water oop maak

 

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar, 2022 @ 13:29:25 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Welkom op die forum.

Jou pomp trek te veel krag (amps) of/en jou 12V krag bron is te swak. Die pomp werk van 12V af nie 220V nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar, 2022 @ 15:32:26 pm
Shortie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 03 Mar, 2022

Dankie vir raad. Sal oopmaak en loer wat daar aangaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar, 2022 @ 17:58:49 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4662
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dis nie duidelik watter karavaan jy het en of die ligte 12 of 220V is nie. Met ons ou Sprite Supersport het ons ook die probleem gehad.  Die waterpomp trek blykbaar 'n groot stroom en die drade was duidelik nie dik genoeg om voldoende stroom aan beide die 12V buisligte en die waterpomp te verskaf nie.  Ook as ek die radio- 'n motorradio wat ek ingebou het- aangeskakel het, het die ligte verdof.  Daar was 'n bystandsbattery so ek dink my aanname dat die bedrading te lig was en dus te veel weerstand gebied het, was waarskynlik waar.  Na ek die buisligte met 12V LED's vervang het, het die siduasie baie verbeter en daar was nie juis meer 'n probleem van ligte wat verdof het as die pomp of die radio geloop het nie.

Ek is nie seker hoe die karavaan bedraad is nie (het ook nie myne nagegaan nie) maar dit is dalk moontlik dat die probleem nie by die drade was nie, maar by die krageenheid.  Dis moontlik dat die krag vir alle 12V apparaat deur die krageenheid via die bystandsbattery of die 220/12V transformator verskaf word en dat die nie instaat is om 'n voldoende stroom te lewer nie.  Indien dit die geval is, sal 'n omlyning direk van die battery na die ligte moontlik die probleem oplos.

Laat weet wat jy vind en hoe jy die probleem oplos.  Ons leer baie van mekaar se probleme en oplossings.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar, 2022 @ 22:46:01 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1875
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Shortie, my raaiskoot -  jy noem dat alles op 220 volt is, dus is daar nie ‘n battery gekoppel nie, Die waterpomp wat van 12 volt af werk het dus stroom getrek direk van die battery laaier af wat nie sonder die bystand van ‘n battery genoeg stroom lewer om alles gelyktydig normaal te laat funksioneer nie. Koppel die toepaslike battery en laat weet of die situasie verander.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar, 2022 @ 17:45:32 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 624
Joined: 04 Jan, 2021

Ek hardloop ook slegs op 220V sonder battery.

Al wanneer myne "Dim", is wanneer ons die "Mini -Geyser" gebruik.

Miskien moet jy kyk na jou "Earth Konneksie"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar, 2022 @ 13:08:10 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16778
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Ek het die selfde probleem op 'n stadium in my eerste Penta gehad.  Het toe agter gekom dat die battery basies daarmee heen was.

Die charger master het altyd die battery volgelaai gehou maar siende die battery nie meer gelaai het nie, het die chargemaster al die krag aan die wa voorsien.  En dis toe dat die ligte dim as jy die waterpomp gebruik.  Want die chargemaster kannie gemaklik daai stroom verskaf nie.

My voorstel is gaan die battery na.  Want as die volgelaai is sal die battery al die krag aan die wa voorsien sonder probleme.  En die Chargemaster kan dan net die battery volgelaai hou wat maar sy eintlike doel is.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar, 2022 @ 15:19:28 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1875
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Ditto

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar, 2022 @ 16:42:53 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4662
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek weet nie of dit die hele antwoord is nie Leon.  Die 12V word deur die Chargemaster verskaf en dit kry die krag van die battery en/of die netwerk.  Ek dink dit hang af hoeveel stroom die CM kan verskaf en dit kom onder normale omstandighede van beide die CM se stroombaan plus die battery.  As die ligte en die pomp of watookal sê 5A trek en die eenheid kan slegs 4A verskaf (met beide bronne van krag), dan gaan alles te min kry.    Die battery kan so te sê 'n onbeperkte stroom lewer en so ook die 220 netwerk, maar dis aan die 'input' kant van die CM.  Die bottelnek is egter aan die CM se uitset kant en as dit te laag is, gaan die ligte dim.  Dit is gewoonlik so dat die CM se transformat 'n beperkte stroom kan lewer en die battery die res, maar alles hang steeds af van hoeveel die CM kan uitsit. Onthou die battery voorsien nie direk krag aan die 12V apparaat in die karavaan nie- alles loop deur die CM.  As die dim van die ligte 'n probleem is, kan die CM omlyn word met 'n direkte draad vanaf die battery na die ligte ens, maar dit skakel natuurlik weer die beveiliging wat die CM verskaf uit en die gevaar va  'n brand raak dan 'n moontlikheid.

Oor die nagaan van die battery is ek eens maar ek het aanvaar dis reeds gedoen.

Ek is steeds nuuskierig om te weet watter karavaan ons van praat.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar, 2022 @ 18:34:22 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4657
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Ek het die selfde probleem op 'n stadium in my eerste Penta gehad.  Het toe agter gekom dat die battery basies daarmee heen was.

Die charger master het altyd die battery volgelaai gehou maar siende die battery nie meer gelaai het nie, het die chargemaster al die krag aan die wa voorsien.  En dis toe dat die ligte dim as jy die waterpomp gebruik.  Want die chargemaster kannie gemaklik daai stroom verskaf nie.

My voorstel is gaan die battery na.  Want as die volgelaai is sal die battery al die krag aan die wa voorsien sonder probleme.  En die Chargemaster kan dan net die battery volgelaai hou wat maar sy eintlike doel is.

Ditto.

Dit kan wees dat die battery verwyder is en die CM al die werk moet probeer doen.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar, 2022 @ 20:24:49 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1875
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Fred sê dat hy steeds nuuskierig is om te weet watter karavaan ons van praat.

'n Baie algemene uitdaging op hierdie forum is dat advies met oplossings vir probleem situasies nie na wense gebied kan word nie aangesien die vraesteller gebrekkige en onvoldoende inligting verskaf.

As voorbeeld, watter kans het 'n dokter om jou toestand te diagnoseer indien die enigste inligting tot sy beskikking is dat jy nie lekker voel nie.

Miskien moet ons ouens wat wil hulp aanbied daarop aandring dat alle relevante inligting beskikbaar is, dan sal aannames nie nodig wees nie.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 09:37:24 am
Shortie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 03 Mar, 2022

Dit is n Sprite Splash en hy het nie n battery in waarop ligte ens vanaf werk nie maar wel n transformer. Die transformer wat in is, is nie voldoende om die lading van ligte en pomp op een slag te hanteer nie. Ek gaan derhalwe die ligte van transformer afhaal en werk vanaf mover se battery met n breker ingebou. 

Het menings van verskeie handelaar werks winkel voormanne gekry en dit is ook uiteenlopend. Almal is dit egter eens dat dit n beter opsie is om ligte vanaf battery te laat werk.

Dankie vir al die raad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 12:26:49 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1875
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Ek veronderstel jy het viir die verskeidenheid bronne wat jy geraadpleeg het voordat jy jou probleem hier gestel het ook sulke skrapse inligting gegee, daarom was dit nodig om verskeie handelaar werkswinkel voormanne te raadpleeg. Ek vind dit vreemd dat die mover se battery met sy eie laaier nie terselfdertyd aan jou ander 12 volt behoeftes gekoppel was nie. Seker nie 'n gerekende handelaar koop gewees nie.

 

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 12:59:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16778
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

As die wa van die begin af nie 'n battery ingehad het nie en die CM moet al die krag verskaf.  Is dit 'n goeie ding om al die konneksies na te gaan want iewers sukkel die krag om normaal te vloei.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 13:14:14 pm
Shortie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 03 Mar, 2022

Kanneman, sal jou antwoord behandel met die minagting wat dit verdien, aan names is baie gevaarlik.

Leon, jy is reg dit kan ook n aard probleem wees en sal konneksies nagaan vir gemoedsrus..

Dankie vir ander positiewe bydraes. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 13:55:18 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1875
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Shortie, ek neem kennis van jou vriendelike reaksie wat seker maar ook op 'n aanname gegrond was. Ek neem aan jy slaan die spyker op sy kop. Gesien in die lig van Albert Einstein se aanhaling hier onder respekteer ek jou siening. Deur gebrekkige inligting deur te gee laat diegene wat egter sou wou reageer nie 'n ander keuse anders as om aannames te maak nie of om liewer verby te hou. 

Ek weet nie watter aanname jou moermeter vermoedelik die rooi ingejaag het nie, jammer, dit was nie die bedoeling nie  - 'n aanname van my. Die slim ouens sê mos oor kommunikasie dat dit wat gesê word hoegenaamd nie so belangrik is as dit wat verstaan word nie - en aannames is tog sekerlik ook in daardie kategorie.

Jy sien, my verstaan van jou woorde "Het menings van verskeie handelaar werks winkel voormanne gekry en dit is ook uiteenlopend." is bloot net dat die rede waarom dit nodig was om verskeie te raadpleeg  en uiteenlopende menings gekry het was waarskynlik omdat kundige ouens met genoegsame  inligting maklik tot 'n eenstemmige slotsom behoort te kon kom, en hulle, net soos ons, dus waarskynlik ook besluite moes neem op gebrekkige inligting.

Indien jy die aanname sou maak dat hierdie inset in ligter luim bedoel is om met jou gebruik van die woorde "minagting wat dit verdien"  die draak te steek sou jy heeltemal korrek wees. Groetnis 😉

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 13:59:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11138
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Fred sê dat hy steeds nuuskierig is om te weet watter karavaan ons van praat.

'n Baie algemene uitdaging op hierdie forum is dat advies met oplossings vir probleem situasies nie na wense gebied kan word nie aangesien die vraesteller gebrekkige en onvoldoende inligting verskaf.

As voorbeeld, watter kans het 'n dokter om jou toestand te diagnoseer indien die enigste inligting tot sy beskikking is dat jy nie lekker voel nie.

Miskien moet ons ouens wat wil hulp aanbied daarop aandring dat alle relevante inligting beskikbaar is, dan sal aannames nie nodig wees nie.

Ek het dit al vele kere genoem dat, die een wat die vraag vra dit so volledig vra dat Hy sinvol en volledig geantwoord kan word.

Halwe vraag, halwe antwoord.

Of lees dan my antwoord ook tussen die lyne waar jou vraag is.

Of wat van n goeie begrip.

 

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 17:22:52 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4657
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Chris. Is daar 'n aparte laaier wat die mover se battery laai?

Indien wel, dan sal ek oorweeg om die pomp, wat die meeste amps trek, aan die battery te koppel.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 20:24:11 pm
JohanMarais
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 702
Joined: 04 Mar, 2014
Experience: 33 years

Mediese dokters gee ook dikwels verskillende antwoorde wanneer ons as pasiënte vir ‘n tweede opinie vra, ek dink werkswinkel bestuurders doen dieselfde, nie noodwendig as gevolg van gebrekkige inligting nie, maar bloot dat verskillende mense verskillende agtergronde, opleiding en ondervinding het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar, 2022 @ 06:51:23 am
Shortie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 03 Mar, 2022

HM,  Ons gebruik die ligte en water so min dat dit n goeie roep is. Ek wil net die naweek kyk of hulle nie op dieselfde draad hardloop nie, wat ek vermoed die geval is. Ek het die wa ver van my af gekoop so die kool is nie die sous werd om hom terug te vat na die handelaar toe nie.

Ek maak dit eerder self reg dan weet ek dit is reg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar, 2022 @ 14:03:24 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Chris, as dit n' Whale of Comet pompie is trek hy so 1.5 Amps. As dit n' ShurFlo is trek hy 4 Amp. As my ShurFlo pomp start dim my ligte ook vir so n' halwe seconde. Sy start up stroom is seeker ±10 Amp. Ek moes die standaard 2 Amp fuse vervang met n' 10 Amp T (T=slow blow) fuse na die vervanging. Ook n' Hella (fog light) 30A slave relay ingesit.

Check jou bedraading en krag bron (battery en charger) se kapaciteit.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar, 2022 @ 18:05:29 pm
JohanMarais
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 702
Joined: 04 Mar, 2014
Experience: 33 years

Dieselfde soos Paul s’n met myne, ek gebruik nog die blou Jurgens pompie, dim net vir ‘n baie kort tydjie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 18:25:28 pm
Shortie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 03 Mar, 2022

TERUG VOER

Transformer is getoets en dit is die probleem. Is te klein om ligte en water pomp saam te hanteer. 

Ons het transformer ontkoppel en krag vir ligte en en pomp word nou verkry vanaf battery wat aan n slim charger gekoppel is.

Die probleem is opgelos.

Baie dankie vir al die positiewe raad dit word waardeer. So leer ek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 18:31:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19835
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

TERUG VOER

Transformer is getoets en dit is die probleem. Is te klein om ligte en water pomp saam te hanteer. 

Ons het transformer ontkoppel en krag vir ligte en en pomp word nou verkry vanaf battery wat aan n slim charger gekoppel is.

Die probleem is opgelos.

Baie dankie vir al die positiewe raad dit word waardeer. So leer ek.

Dankie Shortie. Ek het op n tyd gedink die naam Shortie is miskien die leidraad op probleem......kortsluitingkie🤣

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 18:41:03 pm
Shortie
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 03 Mar, 2022

🤣 Skerp Geert

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required