English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 318
Total Replies: 204 835
Total Views: 80 950 755
topics: 9 836
replies: 110 282
views: 38 213 578
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ligskakelaar aan Karavaandeur

replies: 39
views: 704
06 Aug 2017 @ 16:38:26 pm
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years
Ek dink daaraan om 'n ligskakelaar aan my karavaandeur te sit sodat 'n LED aangaan sodra die deur oopgemaak word om die trappie te verlig.
Het enige kamper dit al gedoen, wat se tipe skakelaar kan gebruik word, of enige ander raad asseblief?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2017 @ 16:58:22 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Johan ek het presies gedink om te doen wat jy ook wil doen. Tydens my besoek aan KNP het ek dit op my to do lys gesit. Ek het 2 banana sockets naby die trappie wat ek maar die LED lig indruk in die aand en haal dit weer uit deur die dag maar omdat die LED lig so min krag gebruik kan mens dit seker maar altyd laat brand ook.

Mens kry switches wat altyd kontak maak tot jy hom druk dan word die krag onderbreek. Hier is 'n foto wat ek in my breekware kas ingesit het wat 'n LED lig aansit sodra mens die deur oopmaak. Die knoppie sit langs die magneet wat die deur toehou.

Dieselfde kan mens by die deur doen maar weens die rubbers beteken dit mens gaan groterige "brackets" moet maak en die een wat op die deur sit om die vaste "switch" te druk kan dalk onooglik wees.

Verder kan mens 'n alarmstelsel se magneet "switch" gebruik wat dan die 12V aansit na die LED lig met die deur oop.

Dalk wil jy ook dit oorweeg om 'n klein switch te gebruik wat mens net aan en af sit soos hierdie een.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2017 @ 17:33:23 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years
Hier is ook iets wat kan werk.

https://www.pricecheck.co.za/offers/95201134/Motion+Sensor+LED+360+Infrared+Motion+Activated+Lights?rc=2
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2017 @ 18:45:45 pm
Anonymous

Johan, ek het 'n LED met beweging sensor aan gekoppel by die deur gesit. Dit werk baie kekker.

Het dit by Outdoor Warehouse so paar jaar terug gekry. Hardloop dit deur die ou lig se skakelaar vir wanner nens gaan slaap. Sal bietjie kyk of ek iewers 'n foto het en vir jou op sit hier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2017 @ 19:18:24 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Johan hier is ook 'n ander beweging sensor beskikbaar van LEDSelect in die Kaap. Dit is te kry by bidorbuy. Ek het al heelwat by die persoon gekoop en alles werk altyd perfek. Die beste diens wat mens van 'n verkoper kan kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2017 @ 06:03:11 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Dieselfde tipe micro skakelaartjie wat in die krane is kan gebruik word met 'n baie klein plaatjie van plastiek wat teen die skakelaartjie werk.

Baie klein en dus bykans onsigbaar. Elektronika plekke soo "Comunika" hier in PTA verkoop van die wat bietjie groter is as dit wat gebruik word in die karavaan krane en hulle het gaatjies in wat dit maklik monteerbaar maak. laasgenoemde het ook drie soldeer punte vir "normally close" of "normally open" se gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2017 @ 08:27:32 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Oulike idees hierdie. Laat die ou oom biki dink.

Sal dit net stilletjies en baaaaaie netjies moet installeer, want as ek ve mammie se daarvan dan se sy gou ... nee los die ding standaard.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2017 @ 14:54:42 pm
Anonymous

Hier is die lig wat op die Penta is, die klein swart knoppie is om sy alarmpie aan of af te sit. Die alarm gebruik ons glad nie, het 'n ordentlike alarm in gesit.

Jy kan ook die lig omdraai dat die sensor wyer kan opvang, maar vir my was dit die beste uitweg om die bestaande lig te vervang.

Ek hou ook baie van daai LED liggies wat Piet (PWV) voorstel, dit kan ook baie oulik werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2017 @ 15:03:55 pm
Anonymous

Skuus Piet, ek sien nou dat ek jou sommer herdoop het, dit moet lees Piet (pwven), jammer vir die eenlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 09:14:35 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years
Kyk nou net hoe vinnig kry mens sulke goeie idees onder ons mede kampers. Dankie aan almal.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 12:23:06 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Dankie Johan vir die herinner om my liggie te doen. Nou is dit nie meer nodig om 'n los lig daar te sit as mens gaan kamp nie. LEDs in plek en skyn mooi in die middel v d trappie.

Ai die ouderdom wat mens so laat vergeet van dinge. Gelukkig is ek nie alleen nie en dit frustreer my met tye maar gelukkig irriteer dit my nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 18:22:54 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Johan ek het nou behoorlik jou draad gekaap met my fotos.

So skyn my trap liggie wat ek vandag klaar gemaak het as dit donker is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 19:46:51 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Wat gebruik jy om dit aan en af te skakel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 20:50:09 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Leon my antwoord direk na Johan se vraag oor wat mens kan gebruik is daar so wit boksie met 'n groen switch op.

Vir daai foto is die boksie nog onderstebo en net daar neergesit vir die voorbeeld van wat mens kan gebruik. Langs die waterpas en switch is my breekwarekas wat ek ook 'n foto  geplaas het wat lig voorsien vir al die potte en panne en ander breekgoed wat aangaan as mens die deur oopmaak.

Ek sal moontlik later "upgrade" na 'n klein PIR. Ek wil nie die groot tipe wat ek ook 'n foto van geplaas het gebruik nie. Mens kry kleiner modules wat jy in jou eie kassie kan sit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2017 @ 21:01:06 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek oorweeg om so module later te bestel. Kyk nog bietjie rond vir iets wat klein is. Hierdie een is 40x40mm. Ek kan dan dieselfde wit boksie gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 07:22:46 am
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years

Ek het gister die LED liggie by die trap klaargemaak. Ek het 'n skakelaar van 'n stukkende flitslig gebruik, heel voldoende lig nou as die karavaandeur oopgemaak word. Die LED is in die houer van die brandblusser, heeltemal uit die pad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 07:31:59 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Boer maak 'n plan.  Ek hou van die feit dat die lig aangaan as jy die deur oop maak. Ek sal dink aan 'n oorbruging skakelaar wat die liggie kan af sit in die dag as die deur oop staan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 07:41:52 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 527
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

Baie netjies Johan.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 08:01:02 am
Karoo Klong
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1441
Joined: 22 May 2014
Experience: 5 years
n Goeie plan wat werk, ons sal almeer planne moet impleminteer veral die ouer geslag om ons te verskans teen die donker asook moonlike besoekers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 08:08:26 am
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years

Boer maak 'n plan.  Ek hou van die feit dat die lig aangaan as jy die deur oop maak. Ek sal dink aan 'n oorbruging skakelaar wat die liggie kan af sit in die dag as die deur oop staan.

Dankie Leon, nie daaraan gedink dat die lig die hele dag as die deur gewoonlik oop is, aan sal wees nie. Ek het plek vir so 'n skakelaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 09:46:05 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek het gister die LED liggie by die trap klaargemaak. Ek het 'n skakelaar van 'n stukkende flitslig gebruik, heel voldoende lig nou as die karavaandeur oopgemaak word. Die LED is in die houer van die brandblusser, heeltemal uit die pad.

Baie slim plan van jou om die lig af te sit. Ek het ook daai deel v d raam bekyk en nie aan 'n maqnier gedink om 'n skakelaar daar in te kry want die skakelaar sou baie vlak moes wees en dan by dit sal die lig brand deur die dag.

Leon net 'n observasie rondom die krag verbruik as mens bv 'n klein LED lig nie sou afsit nie. Die LED in my geval sal in 14 dae as dit 24/7 sou brand slegs die krag gebruik wat 'n mover in 5min gebruik uit die battery en dan weer gelaai moet word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 11:18:24 am
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years

Ek het nou 'n oorbruggingskakelaar ingesit om die LED gedurende die dag te kan afskakel.

Ek het ook 'n tyd gelede LEDs in die onderste kassies onder die wasbakke ingesit wat aanskakel wanneer 'n deurtjie oopgemaak word, by die scrapyard deurskakelaars van karre gekry en daarvoor gebruik.

Ek het ook LEDs in die boonste kassies ingesit wat met gewone skakelaars werk.

LEDs is baie lig op elektrisiteit, maar dit sal seker gouer "groet" hoe meer dit gebruik word, daarom dat ek dink dit is beter om dit eerder af te skakel wanneer dit nie gebruik word nie.

Ek kan nie die regte gallery select nie, sal die foto's oplaai wanner die stelsel my toelaat om dit te kies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 12:53:36 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Baie slim plan van jou om die lig af te sit. Ek het ook daai deel v d raam bekyk en nie aan 'n maqnier gedink om 'n skakelaar daar in te kry want die skakelaar sou baie vlak moes wees en dan by dit sal die lig brand deur die dag.

Leon net 'n observasie rondom die krag verbruik as mens bv 'n klein LED lig nie sou afsit nie. Die LED in my geval sal in 14 dae as dit 24/7 sou brand slegs die krag gebruik wat 'n mover in 5min gebruik uit die battery en dan weer gelaai moet word.

Ek weet die krag verbruik van die LED liggies is so min. Vir my gaan dit hoe sê mens "seker die mag van gewoonte". As hy nie doel dien nie moet hy uit eerder in die geval, as hy onnidig aan is moet ek hom kan af sit.

Seker niks fout daarmee as hy in die dag brand nie. Ek sal hom net wil kan afsit in die dag.

Dan as jy so dink daar oor  kan ek hom net so wel in die aand aan sit terwyl ons in en uit beweeg en afsit as ons gaan slaap. Dus nie (in my geval) nodig vir 'n presiese skakelaar wat die lig aan en afsit as die deur oop en toegaan nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 15:44:27 pm
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years

Ek sien die 2 ekstra foto's is bygevoeg by die gallery hierbo.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 16:59:35 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years
Leon jy stel dit perfek. Dis die mag v d gewoonte. Ek het nou onlangs eers begin om toerusting af te sit wat dalk maande aanstaan sonder om gebruik te word soos ou desktop PC. Het ook my printer afgesit want ek het agtergekom hy trek sowat 30W elke minuut vir 5 sek selfs al is geen PC aan hom gekoppel nie. Selfs my batterye vir my inverter vir in geval die krag afgaan het ek nie permanent op laai nie en sal hulle self gereeld laai. Selfs as trickle chargers min laai gebruik hulle 30-100W.

Ek kry gereeld raas by een familielid as mens bv 'n selfoonlaaier gebruik en sit dit nie by die muur af nie. Ons laaiers bly nog ingeprop en hoef dit net by die foon in te druk. Sal seker nog dit ook later aanleer.

My buurman het bv 3 buiteligte wat permanent brand. Ek gebruik dit as 'n teken of dit net my krag is wat af is of die hele buurt.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 17:39:16 pm
Anonymous

Ek het nou 'n oorbruggingskakelaar ingesit om die LED gedurende die dag te kan afskakel.

Ek het ook 'n tyd gelede LEDs in die onderste kassies onder die wasbakke ingesit wat aanskakel wanneer 'n deurtjie oopgemaak word, by die scrapyard deurskakelaars van karre gekry en daarvoor gebruik.

Ek het ook LEDs in die boonste kassies ingesit wat met gewone skakelaars werk.

LEDs is baie lig op elektrisiteit, maar dit sal seker gouer "groet" hoe meer dit gebruik word, daarom dat ek dink dit is beter om dit eerder af te skakel wanneer dit nie gebruik word nie.

Ek kan nie die regte gallery select nie, sal die foto's oplaai wanner die stelsel my toelaat om dit te kies.

Johan, die motor deur skakekaars is 'n briljante idee,  ek is besig om in al my kaste leds in te sit, sover werk amper almal van skakellaars af, somiges vanaf beweging sensors.

Jou voorstel van motor deur skekellaars gaan my baie kopseer spaar ivm bedrading en gate boor vir "on/off" skakelllaars.

Dankie vir die idee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2018 @ 20:18:05 pm
Christwo
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 16 Jun 2018
Experience: 2 years

Ek val nogal vir die alarm magnet vir LED's.

Briljante idee.. 

Ekt nie aan dit gedink nie. 

Julle ander idees is ook puik... 

Goeie initiatief ...

Ek het 'n 1984 Caravette 5

Ekt vanmiddag my buitelig florescent uitmekaar gehaal en LED's in die fitting gebou... 

Dit het 12 LED strips met 3 LED's elk. 

Ek wil 'n leeslamp vir die bed agter monteer ...daar is 'n oorspronklike skakelaar... Maar dit het nie krag nie... Kan iemand sê waarvoor daai skakelaar was/is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2018 @ 20:31:07 pm

17 Jun 2018 @ 20:43:17 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Christo as ek so na die foto kyk sou dit 'n 12V switch wees en al my switches in 'n Caravette 6 v dieselfde ouderdom was ook so bruin met geel drade. Dalk is dit iewers gediskonnekteer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 06:05:28 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek vermoed dat dit 'n ander skakelaar is om die gewone lig in die karavaan af te sit. Met ander woorde jy sit die lig aan as jy by die deur in kom en sit weer af as jy jou lê gekry het op die bed.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 17:01:22 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Normaalweg as mens wel 'n lig van 2 plekke kan aan en af sit dan is daar 3 drade by elke punt en die foto wys net 2. Ek dink nie die jare 1980's was dinge al so "grand" om op 2 plekke te beheer nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 17:14:20 pm
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 287
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years

Miskien nie in karavane nie, maar ek het in die laat sestigs van “2-way switches” op skool geleer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2018 @ 20:35:22 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Miskien nie in karavane nie, maar ek het in die laat sestigs van “2-way switches” op skool geleer.

Johan jy is reg dat mens alreeds vanaf baie vroeg 2 rigting switches gebruik het. Dalk sal jy onthou dat daar 3 drade op die 2 way gebruik word. Dis altyd die maklikste manier om 1 rigting of 2 rigting te identifiseer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2018 @ 00:24:20 am
Christwo
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 16 Jun 2018
Experience: 2 years

Baie dankie vir die insette

eks self elektrisien... maar nie karafaan kenner...alhoewel  12volt en 220 volt nie verskillend in konsep is nie

dit is my eerste karafaan.

 het aanvanklik ook so gedink (2way switch).

maar... die 3de draad daar kan ook n loop wees vir (+) na ander switches ensooorts.

as mens een deel inligting het kan jy net afleidings maak...daarom weet ek nie wat om verder te doen.

as ek vir n feit weet dat dit 2way is...sal ek dit so her-koppel.

daar is in die switch 3 drade. (skuus...3de nie sigbaar...dis saam gelas na eenkant van die skakelaar met dai geel ferrule...)

nou volgende inligting.. die skakelaar het net 2 kontakte ...

weereens weet ek nie of die persoon wat daar gefroetel het, dalk die derde switch kontak verwyder het

alhoewel dit ontwerp is vir 4.. maar het net 2 punte beskikbaar...

dus sal dit nie 2way wees nie... daar kort nog 1 kontak om 2way te wees.

dus neem ek aan dat die switch moontlik vir die agterste daklig is en die een by die deur vir die daklig by die deur.

by die deur is 2 switches...een switch dakligte alby aan (huidiglik).. en ander vir buitelig...

dit mag wel iewers ontkoppel wees ,ja.

Goed,,, volgende bevinding

ekt die drade oopgemaak wat deur die seil sleeve gaan na die pop-up dak..daar is dit so snaaks oorgedoen...en een is afgeknip,, en stop daar,,,ander twee wat verder gaan is saam opgedraai en dus maak ek afleiding dat die twee ligte afsonderlik moet werk..

ek sal maar nou my tester moet begin gebruik,,,

baie dankie vir jul insette...dit stimuleer gewoondlik bietjie ons brein

ekt paar dinge herhaal wat julle in elk geval reeds genoem het... ek erken julle daarvoor

praat weer as ek paar minute het..om verder te krap aan die "van"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2018 @ 11:01:24 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Sterkte Christo. As daar eers gepeuter is aan drade dan is dit altyd moeilik om uit te werk wat moontlik gedoen is.

Ja ek glo die tester en "trace" is maar jou voorland om dit reg en veilig te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2018 @ 11:15:01 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Baie dankie vir die insette

eks self elektrisien... maar nie karafaan kenner...alhoewel  12volt en 220 volt nie verskillend in konsep is nie

dit is my eerste karafaan.

 het aanvanklik ook so gedink (2way switch).

maar... die 3de draad daar kan ook n loop wees vir (+) na ander switches ensooorts.

as mens een deel inligting het kan jy net afleidings maak...daarom weet ek nie wat om verder te doen.

as ek vir n feit weet dat dit 2way is...sal ek dit so her-koppel.

daar is in die switch 3 drade. (skuus...3de nie sigbaar...dis saam gelas na eenkant van die skakelaar met dai geel ferrule...)

nou volgende inligting.. die skakelaar het net 2 kontakte ...

weereens weet ek nie of die persoon wat daar gefroetel het, dalk die derde switch kontak verwyder het

alhoewel dit ontwerp is vir 4.. maar het net 2 punte beskikbaar...

dus sal dit nie 2way wees nie... daar kort nog 1 kontak om 2way te wees.

dus neem ek aan dat die switch moontlik vir die agterste daklig is en die een by die deur vir die daklig by die deur.

by die deur is 2 switches...een switch dakligte alby aan (huidiglik).. en ander vir buitelig...

dit mag wel iewers ontkoppel wees ,ja.

Goed,,, volgende bevinding

ekt die drade oopgemaak wat deur die seil sleeve gaan na die pop-up dak..daar is dit so snaaks oorgedoen...en een is afgeknip,, en stop daar,,,ander twee wat verder gaan is saam opgedraai en dus maak ek afleiding dat die twee ligte afsonderlik moet werk..

ek sal maar nou my tester moet begin gebruik,,,

baie dankie vir jul insette...dit stimuleer gewoondlik bietjie ons brein

ekt paar dinge herhaal wat julle in elk geval reeds genoem het... ek erken julle daarvoor

praat weer as ek paar minute het..om verder te krap aan die "van"

Soos wat jy hier verduidelik vermoed ek die skakelaar bedien twee ligte. Dus as jy hom aansit gaan ligte op twee plekke aan.

Ek sien daar is 'n kassie bokant die skakelaar. Was daar nie iewers lees lampies of so iets dergliks onder daai kassie gemonteer nie?

Enigste ander manier is om die battery te ontkoppel alle ligte en skakelaars oop te maak en deur "continuity" op multimeter te kyk watter drade loop waar heen.

SJy weet mos so sal jy dan sien wat is met mekaar verbind wat kom van waar af en wat gaan waar heen. Beste is die lang manier dan weet jy wat gaan vir wat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2018 @ 11:19:06 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

O ja druk 'n spieeltjie in die kaste en hoeke en draadjies.

Ek het so op 'n klos draad punte afgekom in die kassie bokant my Penta se eethoekie.

Op die manier afgekom op 'n lewendige punt en dit apart gebruik vir die liggie bokant die tafel en die skakelaar by die deur se krag direk gelei na die downlighters wat ek in die opwip dak gemonteer het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2018 @ 21:28:12 pm
Christwo
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 16 Jun 2018
Experience: 2 years

goeienaand vrinde

ekt weer die naweek tyd gehad om bietjie verder te gaan op my wa.

ekt nou al die drade "uitgelui"

die skakelaar wat geen krag gehad het aan agterkant van wa, se + (geel) draad was afgeknip by skakelaar by deur.

ekt dit weer gelas om agter skakelaar lewendig te kry.

die skakelaar was bedoel vir die agter daklig.

ek gebruik dit nou vir n leeslamp .

ekt n gaaitjie geboor vanaf die buitelig se gaaitjie na die binnemuur in die boonste kassie in om n permanente en geskakelde (+) daar te he

ek het n  (-) van die buitelig ook deurgetrek

om die (+) daarbo te kry, het ek n staaldraad geneem en die hoek geskat vanaf die skakelaar na die gaaitjie. druk die draad reguit daarheen deur die polystyrene , toe trek ek 2 (+) drade terug na die skakelaar.

dankie vir julle saampraat en idees

ekt die thread ge Hijack..sory

moes eintlik nuwe begin het.nie geweet dit gaan sover strek nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2018 @ 21:36:22 pm
Christwo
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 16 Jun 2018
Experience: 2 years

Ek moet hiedie ook deel..

dis relevant..hahaha

ekt die naweek by my dogter in Vryheid gaan kuier.

sien toe n gadget le op die tafel.

dis n magneet LED kombinasie.

as dit vanmekaar weggeneem word, skakel die LED aan

dit is ideaal vir so deurliggie wat hier veronderstel is vir bespreking

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2018 @ 19:20:41 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10089
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek moet hiedie ook deel..

dis relevant..hahaha

ekt die naweek by my dogter in Vryheid gaan kuier.

sien toe n gadget le op die tafel.

dis n magneet LED kombinasie.

as dit vanmekaar weggeneem word, skakel die LED aan

dit is ideaal vir so deurliggie wat hier veronderstel is vir bespreking

Ja ek stem saam. Kan jy 'n foto plaas van hoe dit lyk.

Dan wat van die alarm goedjies wat ook by die huis deure is en die alarm aktiveer as die deur oopgaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First