English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 239
Total Replies: 248 940
Total Views: 83 116 185
topics: 11 388
replies: 136 647
views: 39 268 726
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Leuens, verdomde leuens en statistieke.

replies: 55
views: 840
page 1 of 2
19 Apr 2020 @ 11:50:12 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Volgens vandag se Rapport voorblad sê prof. Salim Abdool Karim, die regering se hoof gesondheidsraadgewer, dat hulle weens "data wat deurmekaar geraak het" geen idee het hoeveel van die mense wat deur gemeenskapwerkers gesif word as potensiële Covid-gevalle, uiteindelik positief getoets het nie. Met ander woorde, ons het geen idee wat die ware toedrag van sake is nie.

Mense raak blykbaar ook al hoe meer gefrustreerd met die arbitrêre inperkingsregulasies en ministeriële besluite met onverklaarde bedoelings.

Daar word selfs gesê mense kan nie onderskei tussen regulasies en sosiale media berigte nie.

Die vraag is nou, wat gaan in ons land meer mense dood maak, die virus, of hongersnood.

Die President se tyd om drakoniese maatreels wat mense laat honger ly op te hef raak blykbaar baie min.

Indien Global Traveller se inset oor statistieke onder Covid-19 after lockdown worries egter betroubaar is, laat dit ‘n mens met ander oë na die pandemie kyk.

My mening is dat, tensy ‘n anti-virus middel baie vining ontwikkel word, die ouer geslag, myself ingesluit, binnekort uitgewis sal wees tensy ons ingeperk bly.

Dus, dit lyk nie vir my of ons ouer kampeerders gou weer sal gaan kamp nie, om nie eens te praat van die oorlewing van oorde nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 12:17:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek lees relatief baie op oor Corona virus....nie dat mens veel van n keuse het nie, want dit pop orals op. Ek weet nie meer wat om te glo en wat om nie te glo nie. Soms dink mens bron is betroubaar.....dan op ou einde kom dit af op leuens. Selfs getalle oor wêreld vertrou ek nie meer nie. Oorsee berig begrafnis plekke dat hulle vir die afgelope 2 weke nie een lyk gesien het wat dood is as gevolg van hart aanval, kanker of dergliks nie...alles agv Korona. Privaat mense ry in Amerka rond en besoek hospitale....dan is dit doodstil daar.....hul wys dit met videos, maar daar word berig hoe hulle aansteek en doodgaan by die duisende. Wie moet mens glo?

Ek begin nuus maar baie ligtelik opvat.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 12:32:22 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2198
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Het News24 gereeld 'n paar keer daagliks gelees maar vir die laaste paar dae glad nie want daar is niks anders as die pandemie nie. 

Ook  whatsup groep verlaat want een persoon kan nie ophou om alles wat negatief is wat hy lees te plaas. Wag maar geduldig op oom Cyril  se volgende afkondiging en pas my lewe maar daarby aan. 

Daar is net te veel bespiegelinge en mense glo wat hulle wil waar of onwaar.  Intussen hou ek myself besig en berus oor wat gaan gebeur want ek kan gelukkig nie die toekoms lees nie en wil nie neerslagtig word nie. 

👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 13:24:36 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit is waar Pieter, dis moeilik om te onderskei tussen feite, menings, bespiegelinge en sommer net opgemaakte stories.  Ek glo daar is nog nooit in die geskiedelis soveel gelees oor een enkele onderwerp nie. 

Ons is ook van die ouer, waarskynlik meer vatbare groep, en ons gaan beslis nie oor-optimisties wees en haleluja skree as die beperkings opgehef word nie.  Ek dink elke mens moet maar vir hom of haar self besluit hoe versigtig hulle wil wees.  Wat ons twee betref, ons sal eers uit ons gat kruip as ons seker is die doodsengel vlieg nie meer rond nie, en dan ook steeds baie versigtig.  Ons maskers sal vir eers maar deel van ons standaard toerusting bly.  Ons het sederd the imperking ook maar nog net eenmaal gaan voedsel koop en ons sal dit maar min doen tot ons seker is dinge is weer redelik normaal.  Sal dit ooit weer redelik normaal wees?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 15:28:46 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3104
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ek vermy alle negatiewe berigte. 

Soos ons nou in die laaste 2 weke van lockdown ingaan, gaan jy 100e doemprofete kry......lockdown gaan extend word en ...dit en dat.

Snert.

Getalle???? China se getalle is groot bewys van die leuns en hulle lieg nogsteeds.

Verbasend hoe min getalle in Afrika is, veral Zimbabwe en kyk Lesotho het 0. Zero, niks??????

Die Media is die probleem. 

N Kokkerot kan nuclear oorlog oorleef. Maar jy slaan hom dood met n koerant. Wys jou hoe gevaarlik media is

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 15:57:11 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Oulike laaste sin Hannes.

Ek dink die feit dat daar nog relatief min besmettings in Afrika voorgekom het, is maar te wyte daaraan dat die inwoners dalk nie veel oorsee gaan of oorsese besoekers ontvang as die Eerstewêreldlande nie. Hier by ons het dit ook maar met net een geval begin en kyk waar trek ons nou. Ons kan ook maar sê hier in ons provinsie is daar maar 26 gevalle op die oomblik, maar die kans dat dit steeds so laag sal bly, is te betwyfel.  Wanneer die inperking opgehef is en die mense van die stad af in hulle duisende aan die einde van 'n maand huistoe kom sal dit dalk heel anders lyk.

Die res van Afrika sal waarskynlik ook dieselfde paadjie as die res van die wêreld loop, maar hoe suksesvol hulle sal wees met stappe om dit te bekamp, is 'n ander kwessie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 17:42:14 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 228
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Ons vertrou al vir jare nie meer die media nie, en nog minder die politisie maar nou ja , as die inperking opgehef word sal ons nog steeds net vir die noodsaaklike winkels toe gaan soos nou Tot die dag wat daar n teenmiddel is en die virus hok geslaan is, soos reeds gese ons ouer garde is baie vatbaar vir die virus

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 17:56:30 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Volgens vandag se Rapport voorblad sê prof. Salim Abdool Karim, die regering se hoof gesondheidsraadgewer, dat hulle weens "data wat deurmekaar geraak het" geen idee het hoeveel van die mense wat deur gemeenskapwerkers gesif word as potensiële Covid-gevalle, uiteindelik positief getoets het nie. Met ander woorde, ons het geen idee wat die ware toedrag van sake is nie.

Mense raak blykbaar ook al hoe meer gefrustreerd met die arbitrêre inperkingsregulasies en ministeriële besluite met onverklaarde bedoelings.

Daar word selfs gesê mense kan nie onderskei tussen regulasies en sosiale media berigte nie.

Die vraag is nou, wat gaan in ons land meer mense dood maak, die virus, of hongersnood.

Die President se tyd om drakoniese maatreels wat mense laat honger ly op te hef raak blykbaar baie min.

Indien Global Traveller se inset oor statistieke onder Covid-19 after lockdown worries egter betroubaar is, laat dit ‘n mens met ander oë na die pandemie kyk.

My mening is dat, tensy ‘n anti-virus middel baie vining ontwikkel word, die ouer geslag, myself ingesluit, binnekort uitgewis sal wees tensy ons ingeperk bly.

Dus, dit lyk nie vir my of ons ouer kampeerders gou weer sal gaan kamp nie, om nie eens te praat van die oorlewing van oorde nie.

Snaaks dis nie Jan van Riebeeck se skuld nie.......

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 18:34:27 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 18 Sep 2019

Ek glo nie wat vir ons gesê word nie. Ek hou vas aan ons HEMEL SE VADER. Daar is een Groot Baie Groot wens wat ek baie graag wil hê wat moet gebeur. Daar moet sewe bybels op die grond wet boek in die parlement kom. Dat ons regering elke oggend die woord en die wil van GOD uitvoer. Maar dit moet die ware woord wees en nie verdraaide woord nie. Ek is seker dit sal baie beter gaan in die land van ons.

👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 18:55:03 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Morelig, ek vermoed 'n klomp van ons parlementariërs sal eers 'n geloofsmetamorfose moet ondergaan.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 20:27:58 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Kan ek nie worry nie dood gaan ek dood.   Media het die in 'n fiasko verander en paniek gesaai'

Toe ek my weermag opleiding gedoen het het ons donderbuis en dies meer gebruik om pankie en disooreentering te veroorsaak. 

Die sosial media kry dit goed reg.

Niemand kan verewig opgesluit bly nie solank mense beweeg gaan jy die potensiaal he om een of ander siekte / virus te kry.

Ook glo ek dat suiwer Corona sterftes is minder as wat getel word, en oorsaak van dood word tegou op die Corona geplaas. Corona het dalk bygedra maar as die persoon nie een of ander siete of toestand onderlede gehad het nie sou hy/sy oorleef het..

SARS 2 CoV aka Corona Covid 19

severe acute respiratory syndrome (SARS).

Symptoms COVID-19 SARS
Common symptoms fever,
cough,
fatigue,
shortness of breath
fever,
cough,
malaise,
body aches
and pains,
headache,
shortness of breath
Less common symptoms runny or stuffy nose,
headache,
body aches and pains,
sore throat,
nausea,
diarrhea
chills,
diarrhea

 

Dis my  2 cent oor die saak

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 08:59:59 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

En wat van die Moslems, Hindus en ander nie-Christene en ongelowiges in die Parlement, en dalk op hierdie Forum Kobus en Pieter? 

Kom ons bly eerder weg van Godsdiens en politiek op hierdie Forum, dit kan net onenigheid veroorsaak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 11:04:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15972
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My opinie is dat net die mense wat groot risiko is moet afgesonder bly.  Elke individu weet wie hy is want hy het gesonde verstand.

Los die res van die mense om te gaan werk en die land se ekonomie aan die gang te hou.  Hierdie getalle storie kom al ver,  en die vraag is hoeveel mense is eintlik al oorlede weens die Conid 19 virus self en nie as gevolg van die gewone normale ander oorsake nie.  Die mense word meestal gediagnoseer dur die simptome en nie die virus self nie.

Dis alles hoor se en bespiekgelinge.  Geen wonder dat Amerika net op werklike getalle werk nie en hulle ekonomie gaan voort soos altyd.

Kom ons kyk maar hoe loop die dinge.

 

Tans is alles maar gebaseer op leuns, al van lankal af.  Dit mos hoe die samelewing al 'n geruime tyd hardloop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 12:03:11 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Fred, ek het juis die ander gelowe in gedagte gehad toe ek na 'n geloofsmetamorfose verwys het.

Ek self hou niks daarvan dat mense hulle oortuigings by elke geleentheid ongevraagd met ander wil deel nie. Ek glo dit is 'n baie persoonlike saak. 

Baie ander forums laat politiek, seksuele- en godsdiens gesrekke glad nie toe nie as gevolg van die wrywing wat dit veroorsaak. 

Ek het van my beste lewenslesse by wyse van voorbeeld by 'n ateis geleer. Een daarvan was "Do onto others as you want done onto yourself". Tog 'n jammerte dat dit so moeilik is.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 12:47:32 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jammer dat ek jou reaksie verkeerd geïnterpreteer het Pieter.  Ek sou ook eerder wou hê dat die onderwerpe wat jy noem, hier verbied word.  Nie noodwenbdig omdat ek nie met die bydraers saamstem nie, maar omdat ons 'n gemeenskap met verskillende oortuigings is.  Dit gaan immers hier oor kampering, hoewel Covid19 hierdie Forum, soos ook baie ander gespreksforums, gekaap het. Maar ek dink nie iemand maak beswaar daaroor nie, mits ons nie valse stories verspre nie.  Daar is op die oomblik immers maar min anders om oor te gesels.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 13:02:13 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2009
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dis interessant Pieter (Kanneman),  die ateïs waarna jy verwys se lewensles kom ook voor in Matt.7:12 vir diegene wat wel die Bybel lees.

Dit bly egter 'n ware lewensles om eintlik 'n eenvoudige opdrag om op te tree teenoor ander soos wat jy dit sal waardeer hoe ander teenoor jou moet optree  -  en tog spook ons mensdom om dit ten uitvoer te bring.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 14:25:45 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Lennie, ek dink ons is op dieselfde golflengte. 

Wat ek wou uitwys was dat ek by die ateïs die wel bekende les deur sy voorbeeld ervaar het. Iets wat my verras het en ook skuldig laat voel het.

Soos ek hier sit het ek reeds oorweeg om 'n boks ingelegde vis te koop vir die nabygeleë informele nedersetting. Wat my terughou is wat ek netnou ook oor die nuus gehoor het. Voedsel hulp kom nie by die bedoelde bestemmings uit nie.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 15:42:26 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

So 10 - 15 jaar gelede het ek gelees (kan nie onthou waar nie) dat die gemiddelde ouderdom van b.v. n ambagsman was iets soos 25 jaar in South Africa. Dit is n groot probleem want ondervinding kom net met tyd. Seker hoekom daar vandag so baie sub-Stasies opblaas (trail and error). 

Vandag, is dit kommerwekkend om te dink dat ouer mense dit nie kan waag om terug te gaan werk toe as daar nie n inenting teen Covid 19 is nie. Wat gaan die gemiddelde ouderdom wees van mense wat die ekonomie moet red?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 18:25:11 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

En wat van die Moslems, Hindus en ander nie-Christene en ongelowiges in die Parlement, en dalk op hierdie Forum Kobus en Pieter? 

Kom ons bly eerder weg van Godsdiens en politiek op hierdie Forum, dit kan net onenigheid veroorsaak.

Nou is juis die tyd om oor Godsdiens te gesels en Jesus te bely op elke moontlike plek. As ons Godsdiens (Jesus) nie hier intree gaan daar niks oor Bly. Ook nie n kamp of n forum nie. Mensdom gaan eerder baklei vir oorlewing. Nou is die tyd vir self ondersoek en eerder mense te motiveer om die bybel op te tel as handleiding om die gemors baas te raak. Gelowe?  Daar is die Vader die Seun en die Heilige gees niks anders. As ons nie oor die drie enige God will praat sal ons Vader nie met ons will praat. Elke knieg sal buig. As ons Hom nie erken en belei met ons daaglikse struikelblokke sal ons nie erken word voor God.

 

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 18:48:52 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Bak oor, jy het 'n ruk gelede op 'n ander draad gevra dat ek my kontak besonderhede vir jou moet stuur. Ek het toe van die toepaslike fasiliteit gebruik gemaak en vir admin gevra om dit vir jou aan te stuur. 

Het hulle al van hulle laat hoor? 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 19:21:57 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 18 Sep 2019

Bak oor baie dankie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 20:20:35 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 570
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Daar word gesê dat die eerste slagoffer in ‘n oorlog die waarheid is.

Ek dink dieselfde kan tydens ‘n pandemie / epidemie gesê word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 21:16:57 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Bak oor, jy het 'n ruk gelede op 'n ander draad gevra dat ek my kontak besonderhede vir jou moet stuur. Ek het toe van die toepaslike fasiliteit gebruik gemaak en vir admin gevra om dit vir jou aan te stuur. 

Het hulle al van hulle laat hoor? 

Nee niks nie

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 22:07:44 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek maak weer so.

Miskien werk hulle nie van die huis af soos baie ander instansies nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 09:41:22 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek maak weer so.

Miskien werk hulle nie van die huis af soos baie ander instansies nie.

I feel I must compliment Brian Du Preez at Admin's Distribution & Technical Support.

I sent the request at 22:07 last night, and at 09:03 this morning I received confirmation that my request was attended to. Brilliant response time! 

Thanks Brian.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 17:49:41 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek maak weer so.

Miskien werk hulle nie van die huis af soos baie ander instansies nie.

Loadshedding gewees.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 17:59:47 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Loadshedding gewees.

 

 

Was die steenkool weer nat?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 13:33:55 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Volgens die jongste inligting het die Wes Kaap nou vir Gauteng verby gesteek met die grootste getal Covit19 ge-infekteerdes.

My vraag is, behoort sulke statistieke nie in verhouding met die hoeveelheid gevalle wat getoets is gerapporteer word nie? Sê maar net as voorbeeld, waar die een provinsie net 1000 toetse uitgevoer het en 20 geaffekteerdes gevind het, terwyl die ander provinsie 3000 toetse uitgevoer het en 30 geaffekteerdes gevind het is dit mos verkeerd om te sê die een met die meer toetse het meer infeksies. 

In werklikheid het die een met die hoër aantal positiewe infeksies in hierdie voorbeeld mos 'n laer infeksie koers. Of het ek nou die kat aan die stert beet?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 13:55:54 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jou redenasie klink reg.  Ek wonder of die Weskaapse toetsing nie dalk meer effektief is nie.  'n Ander ding wat my hinder, is dat die internasionale sterftesyfer as persentasie van die aantal bevestigde gevalle tussen 7 en 10% is.  Dit is nogal hoog.  Ek wonder of die aantal bevestigde gevalle nie dalk heelwat hoër is as die gepubliseerde syfers nie.  Ek dink nie enigiemand kan daaroor verkwalik word nie- dis net nie moontlik om almal te toets nie, maar die toetssyfers neem darem oral toe, wat die persentasie van sterftes dan behoort te laat daal.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 16:27:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek antwoord maar hier om nie die Sanparks draad te kaap nie. Dit wil vir my voorkom of daar n tendens is om negatiewe kommentaar af te skiet....ongelukkig is dit somtyds dat negatiewe nuus ook maar net die ryne waarheid is....of mens nou daarvan hou of nie.

Ons is nou in week 5 van lockdown....die gevalle wat nou positief geidentifiseer word behoort mense te wees wat aangesteek is gedurende lockdown tydperk....en afgelope paar dae sit ons met rekord stygende getalle. Maak dit nou sin as mens sê lockdown word nie deur almal gehandhaaf nie? Waarvan anders die rekord stygende getalle?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 16:48:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek antwoord maar hier om nie die Sanparks draad te kaap nie. Dit wil vir my voorkom of daar n tendens is om negatiewe kommentaar af te skiet....ongelukkig is dit somtyds dat negatiewe nuus ook maar net die ryne waarheid is....of mens nou daarvan hou of nie.

Ons is nou in week 5 van lockdown....die gevalle wat nou positief geidentifiseer word behoort mense te wees wat aangesteek is gedurende lockdown tydperk....en afgelope paar dae sit ons met rekord stygende getalle. Maak dit nou sin as mens sê lockdown word nie deur almal gehandhaaf nie? Waarvan anders die rekord stygende getalle?

......of is dit dalk essential werkers wat mekaar aansteek? Jan publiek by die huis kom niks oor nie? Weet nie....het nie daai statistiek gesien nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 17:01:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

En terwyl ons op hierdie onderwerp is van leuens wil ek die volgende vra. Net na begin van lockdown is daar oral gesels van dat niks minder as n 3-ply masker of N95 masker voldoende gaan wees nie...alles anders is afgeskiet en is aan ons vertel dit werk nie. Nou einde laasweek moes ons by ministers hoor dat mens Tshirts en serpe voor jou mond kan hou. Werk dit nou skielik wel? Of is die regering miskien bang hulle moet aan almal nog maskers ook voorsien? Weet nie...vra maar net....sulke veranderinge laat my in die duister. Werk dit of werk dit nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 17:14:45 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2173
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Geert ek sal ook graag wil weet. Een oomblik word vertel dat dit werk en almal moet dit dra. Volgende oomblik vergader dit skynbaar meer organismis wat jy dan oral saamdra en dan aan jou gesig vat. Daar is n groep daarvoor en groep daarteen. Ek weet ook nie wat nou is reg en wat nie. Ek is (effens) doof en as iemand agter daardie masker praat hoor ek net mooi niks(of verkeerd). Susan beweer dit is omdat ek lippe lees. Nooit gesien nie. Ek se mos ek is net effens doof!!!!!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 17:25:18 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1176
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Vrou: "Liefie, dink jy ek het gewig opgetel tydens hierdie Inperking?"

Man: "Engel, jy was nooit eintlik maer VOOR die Inperking nie"

Oorsaak van dood: Covid-19, 27 April 2020

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 17:30:28 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Vrou: "Liefie, dink jy ek het gewig opgetel tydens hierdie Inperking?"

Man: "Engel, jy was nooit eintlik maer VOOR die Inperking nie"

Oorsaak van dood: Covid-19, 27 April 2020

 

In watter provinsie? Dit moet gerapporteer word sodat die Covid-19 statistieke bygewerk kan word.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 17:42:48 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink die maskers is eerder 'n geval van dat daar te min is.  Ons word nou aangemoedig om enige masker te maak en te dra solank ons darem iets voor ons mond en neus het.  Van Vrydag af mag ons nie op straat verskyn sonder maskers nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 11:05:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

UK....afgelope 3 dae. 1586 sterftes. 0 gesond geword.

πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”πŸ€”

 

Dis volgens info op worldometers....nie my info nie (ek sou al agtergekom het iets is nie lekker nie)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 11:16:27 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Geert, jy is op 'n missie uit om te bewys inligting wat vir ons gegee word, is vals.  Pasop vir die Covid polisie- jy oortree dalk die verbod op die verspreidingn van vals inligting.  Ons het regtig nie nodig om agterdog te wek nie.  Dis nou 'n tyd dat ons moet saamstaan en die pogings om die gogga te bestry moet ondersteun.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 11:25:11 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jy raak aanvallend as mens negatiewe goed raaksien. Help my dan reg as ek statistieke verkeerd lees en insien.....of is dit maar n geval van oogklappe opsit en maak asof dit nie raaksien nie? Ek het al op n ander draad ook vir jou gevra om vir my die positiewe van hierdie tipe statistiek uit te wys....geen antwoord nog gekry nie. En dis nie vals info wat ek versprei nie.....dis info wat ek oordra van worldometers en nie info wat ek uit my kop uit dink nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 11:47:36 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Glo ons alles wat ons hoor of sien kom ons antwoord vir ons self daai vraag wat ek wel kan se is dat almal moet saam staan en vertrou die ding gaan oor sterkte

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 12:24:47 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit krap net aan my as daar verdagsaaing is in 'n tyd wat ons almal at baie traumaties beskou. Ek vra jou mooi om eerder maar jou kritiek op hierdie tydstip terug te hou.  Ek wil jou nie aanval nie, en ook nie van jou 'n vyand maak nie, eerder net ontmoedig om negatiewe dinge uit te lig.  Ek het jou nie op die ander draad geantwoord nie omdat ek nie feite wil verdedig of aanval nie want ek het nie die antwoorde nie.   Alles is beslis nie 100% seker nie, maar ek glo ons word nie opsetlike mislei nie, die werklike feite is dalk net nie so maklik bekombaar nie.  Jou probleem met die maskers dink ek is ongegrond.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 13:14:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Miskien moet ons maar na die opskrif van hierdie draad kyk....dan is my plasing nie iets wat uit verband geruk word nie. Die opskrif gee al reeds n voorsmakie wat jy kan verwag om te lees en moet dan liewer deur sensitiewe lesers vermy word 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 13:24:10 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Wat is leuens en wat word nie bekend gemaak aan die publiek nie?  Wat word gesien as conspiracy?  Het jy bewyse of is jy ‘n gekwalifiseerde dr/viroloog sodat jy feite kan weerlê wat iemand anders bekend maak. 
Ek het gekyk na hierdie video van Dr Rashid Buttar op you tube (https://youtu.be/CxBwLSpmmvc wat op hierdie oomblik groot opslae maak wêreld wyd. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 13:52:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Gaan op worldometers en maak eie somme. Ek sê nie dis leuens nie....ek verstaan dit nie, ek is te dom om dit te verstaan....daarom die vrae

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 14:22:48 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Ek volg die syfers  en niks maak sin nie dis hoekom ek bogenoemde inligting gegee het    Baie interessante inligting.  Kry nie die link gepaste nie is wel op you tube Dr Rashid Buttar|Covid 19 Conspiracy & The Truth /Toxicity Ignored 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 14:35:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Miskien moet ons maar na die opskrif van hierdie draad kyk....dan is my plasing nie iets wat uit verband geruk word nie. Die opskrif gee al reeds n voorsmakie wat jy kan verwag om te lees en moet dan liewer deur sensitiewe lesers vermy word 

Buitendien lewer ek nie kommentaar om vir mense boodskappe te skryf met woorde wat hy  graag sou wil hoor nie....ek lewer hoe ek dit sien of ervaar. As jy dan egter verskil, lewer jou kommentaar....maar dit help nie om net vir een party te sê hy moet stil bly, omdat hy nie hou van sy komentaar nie {maar kan ook nie die teenoorgestelde bewys nie}. Hier is verskillende mense met verskillende opinies.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 14:49:37 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Dis wat dit interessant maak om elk een sy opinie te hoor sonder om iemand te na te kom 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 15:32:02 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Daar is 'n sêding wat lees: "As jy wil weet moet jy meet".

T.o.v. ons land sou ek graag die volgende akkuraat gemeet en gerapporteer wou sien in beide syfers en persentasies t.o.v. gevalle onder en bo vyftig jaar oud.

1. Hoeveel virus sterftes het geen onderliggende siektes gehad nie.

2 Hoeveel virus sterftes het wel onderliggende siektes gehad.

3 Hoeveel virus sterftes was rokers.

4 Hoeveel sterftes was gedurende dieselfde tydperk a.g.v. motorongelukke

5 Hoeveel sterftes was verlede jaaar gedurende dieselfde tyd a.g.v. griep verwante simplome.

Miskien wil van julle nog kategorieë byvoeg.

Ek wil nie die epidemie weg redeneer of die gevaar en impak ontken nie - inteendeel, maar ek sou graag net meer perspektief wou kry t.o.v. sterftes waarop nou gefokus word.

Maak nie 'n fout nie, hierdie ding is soos 'n dief in die nag. Ek het nounet gehoor van 'n polisie beampte wat 'n positiewe persoon gearresteer het, en nou is sy onmiddelike familie van 8 persone in die huis met wie hy kontak het moontlik geaffekteer.

6 Hoeveel sterftes was verlede jaar gedurende dieselfde tydperk a.g.v. moord.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 17:13:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Om aan te sluit.....wek ons onsself nie op tot onnodige kommer nie? As ons kyk na ons jaarlikse Influenza dodetal syfers van tussen 6000 en 11000, nou raak ons angstig van 90. Wat nog om by te las soos TB wat oral tussen ons is.

Miskien omdat syfers nog nooit so op ons gehammer is nie en nooit besef het hoe groot is sterfte syfers van ons alledaagse siektes nie, dat ons nou angstig raak? Of is dit oor die feit dat daar nog nie n cure is wat ons angstig maak nie?

 

Ek moet erken....ek is self bang vir covid19,  maar is daar goeie rede? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 17:46:27 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daardie was me gevoel heel aan die begin en toe hoor ek dit was ook Trump se redenasie  Maar toe ek hoor hy dink so, toe besef ek ek is verkeerd want Trump is altyd verkeerd.  Hierdie siekte is maar in sy beginstadium, ek dink nie ons moet te gou opgewonde raak nie.  Ek dink ons moet ook aanvaar die hele wêreld sal nie op loop gaan met iets wat nie nodig is nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2020 @ 17:54:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daardie was me gevoel heel aan die begin en toe hoor ek dit was ook Trump se redenasie  Maar toe ek hoor hy dink so, toe besef ek ek is verkeerd want Trump is altyd verkeerd.  Hierdie siekte is maar in sy beginstadium, ek dink nie ons moet te gou opgewonde raak nie.  Ek dink ons moet ook aanvaar die hele wêreld sal nie op loop gaan met iets wat nie nodig is nie.

Dis hoe ek ook maar probeer redeneer....nie die hele wereld kan n fout maak nie.

Maar net om by te voeg....ek het ge-google hoeveel mense daagliks in SA sterf aan hongersnood, geen water, Aids, TB en Malaria.....dis scary!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za