English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 270
Total Replies: 230 088
Total Views: 82 379 960
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 522
Share all those nice recipes with everybody...

Lekker kamp ontbyt

replies: 12
views: 2598
02 May 2017 @ 12:36:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13774
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Watter idees het julle vir lekker kamp ontbyte. Eiers en spek is altyd n wenner...maar mens raak soms moeg daarvoor en soek ander idees.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2017 @ 13:47:05 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Blik boelie beef, nie die meat nie. Die BEEF ene. Deesdae nogal duur. +-R35. As hulle op special is koop ek gewoonlik n paar en bre.
Braai in Paela plat boom pan met uie,,, fyn gesny... gooi blik INDIAN style tamatie by.
Sny soetrissies in ringe, groot genoeg om eier in te bak. Sit tussen die BEEF relish en bak eiers daarin.
Is biki skerp maar baie lekker, veral in die winter.
Skep eier in en v.d.BEEF op n toast broodjie.
Hoeveelheid hang af van die saam eters.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2017 @ 13:58:54 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Nog een.
Groot tamaties. Sny bolangs, net die koppe af en hol versigtig uit.
Braai nou gesnipperde bacon. Of ham met mushrooms en knoffel en fyn gekapte uie in n pan, gooi uitgeholde tamaties oorblyfsels (pit gedeelte) by.
Vul die uitgeholde tamatie met di mengsel deurmekaar met gerasperde kaas bo-oor en bak in oond of braai op kole. Kyk dat dit nie te gaar word sodat die tamatie uitmekaar val nie.
Bedien saam met toast. En nog wat, soos gebraaide worsies. Salami. Kaaswors. Viennas
Kan dit ook op n pannekoekie bedien.

Kom kom nou julle
NOU MAAK EK MY SELF BAIE HONGER.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2017 @ 18:49:54 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

boelie beef koekies- meng fyngemaakte boelie beef met sweetcorn( creamstyle) mielies en klits n eier in. Voeg bietjie koek meel by.Vorm die mengsel as koekies(soortgelyk aan viskoekies) en braai in olie. Maklik en lekker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2017 @ 06:22:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Omelette met kaas  en een van volgende vulsels:

  1. Bacon stukkies, gesnyde mushrooms en uie (vooraf gebraai)
  2. Stukkies hoender en mayo (hoender borsies vorige aand gebraai)
  3. Savory mince
  4. Bully met uie 
  5. Perri Perri hoender lewertjies

Rotti/Wraps met smeersel (Eetlepel of twee) mayo en Sweetchilly of chutney asook blaarslaai en stukkies tamatie. Voeg volgende by:

  1. Enige van die boonste vulsels.
  2. Uie en niertjies vooraf gebraai.
  3. Vis vingers in stukkies gesny.
  4. Crumbed chicken in stukkies gesny.
  5. Vorige aand se oorblywende wors in stukkies gesny.
  6. Enige braaivleis van vorige aand in stukkies gesny.

Dan in plaas van Bacon saam met eier en toast probeer:

  1. Cheese grillers
  2. Room peri peri hoender lewers
  3. Uie en niertjies met mushrooms
  4. 'n Skilpadjie vorige aand gebraai en sommer in die microgolf warm gemaak
  5. Pof adder wors is altyd 'n wenner as jy dit in die hande kan kry.

Gebruik 'n Muffin pan. (Klein muffins). Spuit met koekkie spray. Lê shoulder bacon in elke gat. Gooi vooraf gebraaide baconstukkies,uie en mushroom mengsel in elke gat. Klits eiers in beker en vul elke gat verder op. Bak op indirekte hitte in die weber tot eier gaar is. Sal ook werk op gewone rooster maar plaas groot deksel bo oor om effens van oond konfeksie te kry sodat eier bo op ook gaar word.

Sakkie ommelette in kook water ook 'n wenner.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2017 @ 06:38:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die room Peri Peri hoender lewers is lekker saam met Rye Brood getoast.

Vir die room peri peri hoender lewers het jy nodig.

  1. Ek koop altyd 1 x gewone  en 1 x peri peri hoender lewers(Klein houers) want Ma is nie so lief vir baie peri peri nie.
  2. 1 x gesniperde bacon
  3. 1 x groot ui opgesny
  4. 3 x Eetlepels Mrs Hall Hot Chutney
  5. 1 x houertjie vars room.

Braai die uie en stukkies bacon tot gaar.  Sny die hoender lewers in stukkies (Duim nael groote). Doen dit terwyl dit gevries is en verwyder terselfde tyd meeste van die ys. Voeg by die bacon en braai tot gaar. Sout kan ook by gesit word na smaak. Skep die chutney in en gooi die room by en roer deur.

As jy meeste van die ys verwyder het sal die gereg roomerig wees anders moet jy meeste van die water laat uit kook voordat jy die room by voeg.

Die gereg is net so lekker as dit koud is saam met sout beskuitjies of Provitas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2017 @ 08:52:18 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Al hierdie kossies is soos hulle s... nam nam
"To die for"

En ek is al so dik. LOL
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2017 @ 13:00:42 pm
EstelleJ
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 85
Joined: 16 Jul 2013
Experience: 9 years
My gesin is lief vir maalvleis (savoury) saam met pap.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2017 @ 17:22:02 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Belowe julle sal nou nie lag vir my ontbyt toebie wat ek maak nie.laughing  Dis maklik en vinnig en geen vuil skottelgoed nie.  

2 snye vars brood, gebotter en albei gesmeer met 'n laag chutney.   Verhit twee Rainbow Chicken Viennas in die mikrogolfoond op 'n papierbord.  Sit die twee viennas op een van die snye brood en sit 'n lekker laag gerasperde kaas bo oor.  Sit die sny terug in die mikrogolfoond en verhit tot kaas gesmelt is.  Sit ander sny brood bo-op, sny in twee en eet saam met 'n lekker koppie koffie of tee.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2017 @ 21:30:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13774
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Lyk of hier n paar goeie sjefs is...julle kan maar gerus langs my kom kamp....lol😆
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2017 @ 13:32:45 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Koffie en tuisgebakte beskuit...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2017 @ 14:20:07 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Lyk of hier n paar goeie sjefs is...julle kan maar gerus langs my kom kamp....lol😆


Janee Geert.
Ek dink ook so.
Se net wanneer.
😁😁😁
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 04:29:03 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13774
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Neem groot ronde pita brood. Plaas 2-3 snye ham opgesnipper in kleiner stukkies en gerasperde kaas in die middel. Breek1-2 eiers en gooi bo-oor kaas en ham. Voeg sout en peper by na smaak.Vou kante van pita brood so 2/3des oor sodat dit n vierkant vorm. Draai toe in foelie en braai oor matige kole vir so 15-20 min
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required