English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 129
Total Replies: 227 681
Total Views: 82 279 098
topics: 585
replies: 3 589
views: 3 312 269
Share all those nice recipes with everybody...

Lekker Sop

replies: 23
views: 11941
14 May 2016 @ 17:03:46 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ek kan my nou nie juis uitgee ve n kok nie maar het jou wrintie waar nou lekker sop gemaak.
Dis vir die snaakse reenerige, kouerige nat weer in Bliem.
Braai 400 gm mince met n kleinerige ui en groot eetlepel peppadews. Sout vleis.
As dit nou mooi bruin is gooi., n pakkie pick n pay sopgroente, minestrone, ene met klompie sous bone in. Ongeveer 1.5 liter water en laat stadig kook ve so n uur tot groente en bone sag is.
Gooi nou een blikkie tamatie en uie mix by. Eetlepel masala spice en eetlepel lemon pepper. Klompie tamatie sous want kleur moet reg lyk.
Toets ve nog spices en sout.
Laat nog half uur stadig kook . Maak fyn met stick blender.
As dit reg proe, sout gewys.. EET.

Hoe lyk dit, kommentaar asseblief. Net nie negatief nie. Nee nee nee.
Hierdie is eintlik n moer-by resep wat mens so proe proe deurgaan.
As jy dit like, kom kamp saam met my innie koue junie julie, dan maak ek dit. HOWZIT.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 18:46:03 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Johan, ek kan nie kommentaar lewer nie want ek het dit nog nie geproe nie.  Maar dit is die vreemdste sop resep wat ek nog ooit van gehoor het.laughing  Peppadews en Masala!!  Beslis 'n moer-by resep.  Maar jy kry tien uit tien vir oorspronklinkheid.  wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 19:55:42 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3620
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Paar jaar gelede op Scotties maak my vrou so 'n "Moer-By" sop en gee 'n bakkie vol vir ons vriende.

Vra die een wat se sop is dit? Vrou se dit is "Moer-by" sop. Vriend se, sy het nie geweet mens kan sop maak met "moerbeie" nie.

Ander engelse vriendin se man vra wat se sop is dit. Sy se vir haar man sy dink dit is "Moer Sop".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 20:49:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13450
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Klink interesant...sal in gedagte hou.....is mal oor sop...dankie vir die deel van resep👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 22:13:29 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Von se dit klink na goeie plan, lekker spicy groentesop, en, sy gaan hom probeer.
Btw, sy is n uithaler voor die AGA, so n kompliment Oom Koos.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 05:11:20 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1167
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Enige sop is n wenner vir my. Daar moet net tuisgebakte vetkoek of brood by wees. Gaan die resep probeer, gaan net vars groente gebruik. Vang my onder n wip met vars groente sop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 18:26:17 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Sal hom bere virrie winter en probeer
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 20:54:04 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 31 years

Klink soos my"proe tot hy reg is" sop. Teen die tyd dat hy reg is is die pot al half geproe....

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 07:15:37 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Sal hom bere virrie winter en probeer

Shaun

Dit is mos die meeste van die jaar winter daar ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 07:51:55 am
Anonymous

Paar jaar gelede op Scotties maak my vrou so 'n "Moer-By" sop en gee 'n bakkie vol vir ons vriende.

Vra die een wat se sop is dit? Vrou se dit is "Moer-by" sop. Vriend se, sy het nie geweet mens kan sop maak met "moerbeie" nie.

Ander engelse vriendin se man vra wat se sop is dit. Sy se vir haar man sy dink dit is "Moer Sop".

Hahahaha nou lekker gelag

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 08:38:54 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7603
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Braai eerder die vleis as om dit op tekook, glad nie n sop mens nie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 15:40:24 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Jy braai mos die mince Chuck, dan moerby jy die res. En daai groente is so te sÍ vars groente,,, eks net te lui om groot stukke fyner te sny....

Probleem met moerby kos, as dit lekker is weet jy nie die volgende keer wat om te moerby nie. Elma vra elke keer as iets ve haa lekke is....het jy neergeskryf..

Herman, dink next time, moerby ek n rissie ook.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2016 @ 11:25:15 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Johan, ek kan nie kommentaar lewer nie want ek het dit nog nie geproe nie.  Maar dit is die vreemdste sop resep wat ek nog ooit van gehoor het.laughing  Peppadews en Masala!!  Beslis 'n moer-by resep.  Maar jy kry tien uit tien vir oorspronklinkheid.  wink

"Hilda special" ?????

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2016 @ 11:40:32 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dis net so, presies wat Hilda sal doen.laughing  Sy sal trots wees op Oom Koos.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2016 @ 11:44:30 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ek wou so sÍ maar toe vergeet ek wats die antie se naam. "Hilda"
Yeeees. Dis hy daai.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2016 @ 12:17:13 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Ja Johan - daar is net een groot verskil - ek het nog nooit gesien Hilda eet haar eie konkoksies nie wink

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2016 @ 18:37:47 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Die wat van boontjiesop hou, en jy het Huisgenoot se wenresepte no 3. Onverbeterlike bootjiesop
" Die sop is dik, kragtig -en die lekkerste kos vir n koue winterdag"
As jy nie die resep het nie, vra maar, en gee n week tyd om dit te tik, of dalk kan Freda my uithelp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2016 @ 20:07:44 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

OK Herman.  Ek gaan hom opkyk en vir jou tik.laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 07:03:25 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Jammer, Herman, ek het gegoogle vir die vale maar kry nie die resep nie.  Ek het ongelukkig ook nie die boek nie.  Ek sien Wenresepte 3 se eerste uitgawe was reeds in 1987.  Al een wat ek by Huisgenoot kon kry is 'n boerewors bonesop en ek glo nie dit is die een wat jy bedoel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 08:02:13 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Hiers n foto van daai resep.
Volg dit net so, en kook die vleis eenkant, die moet so gedoen wod want boontjies en vleis kook nie ewe lank nie. Vleis moet stukkend gedruk word voordat dit by boontjies kom.
Die finale produk lyk dan ook nes foto, so lekker dik sop. Hy maak eers so duikie waneer jy n lepel uitskep.
Die beste bonesop denkbaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 13:10:33 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Herman, ek kan min of meer die resep uitmaak.  Ek tik dit vir die wat dit dalk nie kan volg in die boek nie.  Korrigeer asb as ek 'n fout maak iewers, alles is nie baie duidelik nie.  Dit is regtig baie maklik en klink lekker!

1 pakkie suikerbone

3 liter kookwater

500g Bees skenkel

500g Skaapskenkel

1 groot ui in skywe gesny

3 blokkies biefekstrak gekrummel

1 blikkie tamatiepasta

25 ml bruin uiesoppoeier

30 ml worcester sous

Sout en peper na smaak

Week die bone oornag in koue water.  Spoel af en kook tot sag in die soppot saam met 2 liter van die water.  Kook die vleis en ui in 'n ander pot in die oorblywende liter water tot sag.  Verwyder die bene en druk vleis fyn.   Voeg vleis met vloeistof by die bone in die soppot.  Meng die biefekstrak, tamatiepaste, soppoeier en worcester sous in 'n bietjie water en voeg by die sop.  Laat alles deurkook en geur met sout en peper.

Ek wil net noem dat my ma my geleer het om nie suikerbone in kookwater op te sit nie.  Jy moet kou water gebruik en alles moet saam warm word.  Sy het gereken die bone trek saam van die kookwater en kook dan moeiliker sag.smile  Jy moet ook nie sout voeg by bone wanneer jy dit sag kook nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 19:54:51 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Freda, jou ster, daar is n paar verskille, maar het nie n idee hoe om te " fix" nie.
1 blokkie biefekstrak,
10ml Woestersous
25ml bruinsous poeier ( Bisto)
Verder als doodreg.
Von kook so Heksepot vol op n slag, en vries dit dan in die groot joghurt bakkies vir ons. Vir my is dit die beste saam varsgebakte vetkoekies, daai kleintjies wat suikermielies in het, sommer n groot bak vol. Warm vetkoekies, warm dik sop, en n glasie sjerrie, dis winterkos vir die aand.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 20:26:57 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dankie Herman.  Ek kon toe nie so mooi sien as wat ek gedink het nie.  Ek kook ook altyd  'n groot pot sop en vries dit in die jogurt bakkies.  Colin is baie lief vir sop.  Een waarvan hy hou is tamatiesop, maar dit vries nie goed nie.  Hy maak 'n maaltyd van sop, ongelukkig nie ek nie.laughing  Ek kook ook boontjiesop vir hom, maar gaan definitief die maklike resep probeer.

Een van sy gunstelinge is ook ertjiesop wat ek sonder fieterjasies doen:

Kook in 'n pot saam, 1 kleinerige gerookte varkskenkel (eisbein), driekwart koppie "3-in-1 soup mixture" en een ui opgekerf, in heelwat water.  Voeg so 2-3 teelepels sout by.  Kook tot vleis sag is, verwyder vel en been en maak vleis fyn.  (Die hond love die vel!!)   Voeg nou so 2 tot 3 koppies droë ertjies by  en kook tot ertjies sag is.   Meng een pakkie "Cream of chicken soup" met kou water, voeg by en jy kan nou ook nog kookwater byvoeg volgens dikte.    Proe vir soutinhoud en voeg peper by na smaak en prut alles finaal 'n rukkie saam.  Ek maak dit in 'n drukpot, sommer gou klaar.   Sê vir Vonnie sy moet dit probeer.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2016 @ 17:58:27 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Daai lyk soos n uithaler Freda. Het hom afgeskryf vir Vonnie. Die gerookte Eisbein gaan dit in n ander klas sit, en daai cream of chicken sop vir ietsie ekstra ook nog.
Self ook baie erg vir sop in die aand, te veel vleis hou my deesdae wakker, veral bees.
Bledie ouderdom seker.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required