Goeie more almal
Ek het n 2004 Raven gekoop en kamp tans heerlik by Buffelspoort. ons het egter oornag heerlike reen gehad en my hooftent lek opn paar plekke. Dit lyk of die vorige eienaar kolle aan die buitekant verwyder het en nou lek dit orals op die merke. Wat is die beste manier om die tent weer waterdig te kry? Ons vertrek weer so oor 2 weke terug Durbanville toe.
Julle raad sal waardeer word.
Hi Pieter,
Mens kry 'n spray wat jy op die plek spray.
Weet nie of daar 'n kamp plek in Rustenburg is nie weet Brits het een Bel en hoor of hulle kan help met die spray
Brits Woonwaens
Contact Details
Daar is ook 'n vloeistof in 'n blik wat jy met 'n kwas kan aanwend. As ek reg onthou, is die naam NUPROOF. Ek dink dit kan ook met 'n paraffienspuit aangewend word. Dit is, lyk dit vir my, 'n was opgelos in paraffien. Dit is raadsaam om maar altyd so-iets byderhand te hou en te behandel soos daar lekke kom. As jy dit eers by die huis kom doen, het jy gewoonlik vergeet waar presies die probleem was.
Dag sê.
Camp drip block.
Dis n concentrated reproofing compound.
Hy werk op canvas, sodra jy dit opspuit seek dit in die materiaal en sodoende seël dit.
Dis gewoonlik daar waar Doom vir die muskiete gespuit word waar dit lêk. Doom haal die scotch gard uit.
Brit karavane het nie van dit nie. By hardeware winkels gaan jy nie kry nie, net waar seile is of groter karavaan Winkel.
By Discovery in Waterkloof is hulle R 105.00.
Ek ry met n blik in my wa.
Sterkte.
Sterkte daar dis n geneek maar kamp bly lekke
Dankie almal. Ek sal opvolg
Verkrygbaar by Outdoor warehouse teen R 269
Onthou daar is twee tipes beskikbaar.
Die Nuproof wat genoem is word hoofsaaklik vir canvas/Seil tipe materiaale gebruik.
Die in die aerosol kannetjies word meestal vir die nylon tipe tente gebruik van Camp master.