English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 516
Total Replies: 252 646
Total Views: 83 242 280
topics: 11 568
replies: 139 137
views: 39 339 388
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Lekkende Karavaan Tent

replies: 3
views: 3887
30 Apr 2004
Pieter
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 16 Feb 2002
Is daar enigiemand wat advies kan gee oor hoe om 'n lekkende karavaan tent weer dig te kry.

Ek het die tent al by twee geleenthede laat herseel sonder enige sukses.  Dit lek steeds.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2004
Louis
New Member
11% Profile Strength
Posts: 0
Joined: 19 Jul 2012
Alhoewel ek self nog nie nodig gehad het om die resep te volg nie, wil ek dit tog aangee vir jou.
Tydens 'n onlangse gesprek met 'n verkoopsman by 'n Campworld aan die Natalse suidkus het hy die volgende aanbeveel:
* Die tent moet behoorlik skoongemaak word en dan met slegs skoon water (ek sou dink dat 'n hoëdruk spuit ideaal sou wees) want 'n seep neerslag op die meteriaal veroorsaak 'n chemiese reaksie wat die effektiwiteit van "NUSEAL" negatief beinvloed.
* Sodra die tent kurkdroog is word die "NUSEAL" verdun met 30% WIT paraffien wat dan daartoe bydra dat die weefsel van die materiaal gepenetreer word en sodoende 'n behoorlike seël vorm.

Hoop jy kom reg
Louis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2004
Anonymous
Ek het 'n soortgelyke probleem gehad in Januarie, ek het in Augustus laasjaar vir my 'n Sprite Swing op die PTA Skou gekoop. Januarie was ons op Scottburgh en dit het omtrent vir 'n week aan en af gereen. Op die kante van die tent waar dit "gestitch" is het die water ingestroom. Ek het my lot gaan bekla by Pta Karavane en hulle het vir my gesę dit is omdat dit 'n nuwe tent is, met die volgende reen sal dit nie weer gebeur nie. Kan ek dit glo of nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2004
Johan
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 270
Joined: 18 Apr 2007
Daar is 'n storie dat 'n nuwe tent eers natgespuit moet word sodat al die vesels kan opswel en sodoende die 'gate'kan toestop. Nadat die tent dan uitgedroog het, behoort dit nie weer te lek nie. In jou geval was dit duidelik nie die geval nie en ek glo dat Mark se verduideliking korrek is. Persoonlik het ek nog geen probleem met 'n nuwe tent ondervind nie, behalwe met 'n nuwe Multiroom wat twee keer moes omgeruil word in 1994 voordat dit nie meer gelek het nie!
Lekker droog kamp!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za